Skoolkinders gestrand

Omtrent 5000 skoolkinders is die week sonder vervoer gelaat toe busbestuurders geweier het om leerders by die skool te besorg totdat hulle ‘n verhoging in tariewe kry.
Leerders in Mpumalanga word daardeur geraak.

Die bestuurders kla dat brandstofpryse te veel gestyg het die afelope paar jaar. Die Departement van Onderwys betaal busbestuurders 20 sent per kilometer vir elke kind.

Die bestuurders het met hulle busse na die Departement se streekskantore in KaNyamazana opgeruk. Hulle vra ‘n verhoging van 15 sent of 35 sent per kilometer per kind.

Dié vervoerstelsel is ‘n regeringsinisiatief waar privaat buseienaars deur die Onderwys Departement gekontrakteer word.

бань вФильчаков прокурор харькова