Hy het die wagtende skare, wat al van vroeg af opgedaag het, vermaak. Die straat was afgebaken omdat honderde betogers buite die hof verwag is vir die verskyning van Johan Nel.
Nel word bekuldig daarvan dat hy vier mense gedood het en ses ander gewond het op 6 Januarie by Skielik in ‘n rasgedrewe koeëlreën.
Swaar gewapende polisiebeamptes met anti-onlustoerusting was teenwoordig by die hof.
