Mugabe ontplooi troepe in Zimbabwe

President Robert Mugabe het gister troepe ontplooi in Zimbabwe op die vooraand van ‘n algemene staking wat deur die opposisie uitgeroep is. Die oproep om ‘n algemene staking geskied omdat die Zimbabwiese Hooggeregshof verseg het om ‘n hofbevel toe te staan wat die regering en verkiesingskommissie sou dwing om uitslae van die presidentsverkiesing bekend te maak.

Volgens die Zimbabwiese polisie poog die Beweging vir Demokratiese Verandering om chaos te veroorsaak en sal daar streng en ferm opgetree word teen enigiemand wat die vrede versteur.

‘n Verkiesingsagent van die MDC, Tapiwa Mubwanda, is reeds oor die naweek deur ondersteuners van ZANU PF doodgesteek.

ик сауна отзывыАлександр Фильчаков