Buthelezi veroordeel Kasrils se bedorwe stem-veldtog

IVP-leier Buthelezi
IVP-leier Buthelezi

Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi het die veldtog “Sidikiwe Vukani! Vote No” van Ronnie Kasrils veroordeel.

Kasrils wil Suid-Afrikaners aanmoedig om hul stembriewe in die 7 Mei-verkiesing te bederf of vir oppossisiepartye te stem.

Buthelezi het Kasrils se manewales as uiters onverantwoordelik bestempel.

Buthelezi het by ‘n IVP-saamtrek naby Vryheid in die noorde van KwaZulu-Natal dié besluit veroordeel.

Hy het gesê talle mense het hul lewens opgeoffer sodat alle Suid-Afrikaners mag stem, en gemaan dat kiesers hulself benadeel indien hulle dié reg geringskat.

Die voormalige adjunk-minister van gesondheid, Nozizwe Madlala-Routledge is deel van die veldtog vir bedorwe stembriewe.

Kasrils voer aan dat dit uit protes teen korrupsie in die regering is, maar sy beweegrede klink onoortuigend aangesien hyself deel was van die skepping van die korrupte ANC.

Die geen-stem veldtog is Dinsdag bekend gestel.

Kasrils het aan John Robbie tydens ‘n onderhoud op 702 gesê dat hy kiesers afraai om ANC sowel as DA te stem.

President Jacob Zuma het ook sy verbasing oor die veldtog uitgespreek.

Zuma het tydens ‘n besoek aan die Nelson Mandelabaai-metro gesê hy is verbaas Kasrils ‘n saak kan ondersteun wat mense hul stemreg ontneem, aangesien hy self deel was van die stryd vir swart stemreg.

 

ANC steun OVK-voorsitter na korrupsieklag

Eisj, onbeweegbaar
Eisj, onbeweegbaar die Pansy

Die regering sê geen geweld of ontwrigting sal tydens die algemene verkiesing op die Mei 2014 geduld word nie, het RSG berig.

Die ANC sê hy is vol vertroue dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie ‘n geloofwaardige en regverdige verkiesing sal aanbied.

Die ministers in die veiligheidsgroepering het Maandag die media in Pretoria toegespreek en verklaar dat die regering gereed is vir die verkiesing. Hulle sê hulle verwag dat alles vlot sal verloop, ondanks sekere interne kwessies by die OVK.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het intussen op sy beurt die versekering gegee dat hy voorbereid is op enige uitdagings wat moontlik tydens die komende verkiesing kan opduik.

Dit sluit in die moontlikheid van bedorwe stembriewe, nadat die voormalige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils ‘n beroep op kiesers gedoen het om dié uitweg te kies indien hulle nie vir die huidige ANC kan stem nie.

Nelson Mandela se lewenslange vriend, George Bizos, sê om stemme te bederf of nie te stem nie, weerspreek alles waarvoor Madiba gestaan het.

Hy het in Johanensburg gereageer op veldtog wat vandag deur onder meer die voormalige intelligensie-minister, Ronnie Kasrils geloods word.

Bizos sê hy sal definitief sy stem op 7 Mei bederf nie, want dit is ‘n reg waarin Nelson Mandela baie sterk geglo het. Die veldtog is deur verskeie politieke partye veroordeel.

Die hoof van die OVK in die Noord-Kaap, Bonolo Modise sê daar was bykans 7000 bedorwe stembriewe in die 2009 verkiesing.

‘n Stembrief word as bederf geklassifiseer indien dit nie duidelik is vir wie die kieser gestem het nie.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa sê regstappe sal geneem word om die voorsitter van die OVK, Pansy Tlakula te dwing om te bedank.

‘n Groep opposisiepartye het Tlakula tot die einde van sake-ure gister tyd gegee om te reageer op hul oproep dat sy moet bedank.

Die groep sluit na bewering die UDM, die EFF, Cope, Agang SA, Azapo, die ACDP en die UCDP in.

Hulle eis Tlakula se bedanking as gevolg van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela se bevindinge dat Tlakula skuldig is aan ongerymdhede in verband met ‘n tenderproses by die OVK.

Die leier van Agang, Mamphela Ramphele het vroeër gesê die verkiesingskommissie kan nie deur iemand gelei moet word wat onder verdenking van korrupsie is nie.

Polisie waarsku motoriste om R55 te vermy

oproerDie Tshwane metropolisie het motoriste gewaarsku teen gewelddadige oproer wes van Pretoria.

Dit is nie bekend waaroor die protesoptrede gaan nie.

Die metropolisie het motoriste afgeraai om die R55 tussen Pretoria-wes en Sandton te gebruik en gewaarsku om alternatiewe roetes te kies.

Die pad is tydelik gesluit nadat oproerige inwoners van Olievenhoutbosch, suid van Pretoria motoriste bedreig het.

Die polisie is in die gebied ontplooi.

SA en Guinee teken verdrae na Ebola versprei

ebolaSuid-Afrika en Guinee sal voorts gesamentlike navorsing onderneem om die uitbreking van dodelike siektes in albei lande te voorkom en te bekamp.

Die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane en haar Guinese eweknie, Francois Fall het gister in Pretoria 8 bilaterale ooreenkomste onderteken.

Dit volg nadat ‘n uitbreking van die dodelike Ebola-virus in Guinee reeds meer as 100 lewens geëis het. Guinee het ‘n bevolking van 12 miljoen, ‘n versameling van 40 etniese groepe.

Die siekte het nou na van Guinee se buurlande versprei.

Ebola kry selde ‘n kans om te reis en te versprei omdat die siekte vinnig uitwoed, maar is tans in die hoofstad Conakry, met 2 miljoen inwoners wat naby aan mekaar in krotbuurte woon.

Kommerwekkend is dat dit net ‘n kort afstand van ‘n internasionale lughawe is, en vrese dat dit globaal kan versprei is geopper.

Verskeie medici sê dit is moontlik, maar onwaarskynlik. Die meeste pasiënte met Ebola kom uit klein gehuggies in die bos en onderneem nie internasionale reise nie.

Met Ebola is daar ‘n inkubasietydperk van twee tot 21 dae. Dit is die tyd wat dit neem om die simptome te ontwikkel nadat iemand blootgestel is.

Met ‘n internasionale lughawe naby, kan ‘n geïnfekteerde aan die ander kant van die wêreld wees voordat hy hoofpyn , koors, moegheid en gewrigspyn, die vroeë simptome van ‘n Ebola-infeksie ervaar.

Die diarree en bloeding kom later. Hikbuie beteken dat dit veels te laat is, want die diafragma is onherstelbaar aangetas.

Dit is ‘n vinnige, doeltreffende en bloedige moordenaar. Die sterftesyfer is hoër as 50% en in sommige uitbrekings 90%.

Die meeste pasiënte sterf van skok binne 10 dae. Van die 112 sterftes tans is 14 mediese personeel omdat net ‘n mikroskopiese hoeveelheid bloed die virus oordra.

Comrade Kasrils loods sy rugryer-veldtog

Kasrils in sy misbakseluniform
“Frank” oftewel Comrade Kasrils in sy misbakseluniform wat hy vir terreur verdien het

‘n Groep Suid-Afrikaners wat ontevrede is dat hulle nie meer invloedryke posisies in die ANC het nie, loods vandag ‘n veldtog om stembriewe te bederf en/of vir opposisiepartye te stem.

Die groep politieke rugryers wil daarmee duidelik opposisiepartye se stemme vir hulself opeis sonder om deel te neem aan die verkiesing, ‘n manifes te produseer oor werklike kwessies soos grondroof en plaasmoorde, of die deposito te betaal.

So ‘n veldtog van bedorwe stembriewe kan beduidend wees omdat onopgevoede kiesers dikwels onwetend stembriewe bederf deur die stembrief verkeerd in te vul.

Daar was by vorige verkiesings reeds meer sulke stembriewe as kiesers wat vir die VF+ gestem het in totaal.

Die groep sal hul veldtog by Wits-universiteit in Johannesburg loods. Die veldtog staan onder leiding van die voormalige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils. Kasrils was ondergronds bekend as “Frank”.

Die voormalige adjunk-minister van gesondheid, Nozizwe Madlala-Routledge het ook haar stem by die groep gevoeg.

“Comrade” Kasrils poog glo om Kgalema Motlanthe, Pallo Jordan, Zola Skweyiya, Ben Turok, Desmond Tutu en Matthews Phosa ook te oorreed om die Zoeloemag in die ANC te breek.

Hulle sê ontevrede kiesers wat teen korrupsie beswaar wil aanteken, kan óf hulle stembriewe bederf óf vir ‘n ander party stem. Hulle wou nie ‘n oppossieparty uitsonder nie.

Volgens berigte sal die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach en adv. Barney Pityana ook deel van die veldtog wees.

Die veldtog is met gemengde reaksie deur politieke partye ontvang. Die ACDP sê dit is onverantwoordelik om kiesers aan te moedig om hul stembriewe te bederf, terwyl die UDM sê die veldtog moet verwelkom word.

Cope sê die veldtog is ‘n klap in die gesig vir mense wat geveg het vir die reg om te stem, terwyl die DA dit as lafhartig afgemaak het.

Stropers ontsnap uit polisieaanhouding

renoster2Drie vermeende renosterstropers is oor die naweek in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het SANParke Maandag gesê.

Een persoon wat Saterdag vasgetrek is, het egter ontsnap, en Sondag het drie van die groep wat aangekeer is, weggekom.

Reynold Thakhuli, woordvoerder, het in ’n verklaring gesê drie vermeende stropers is in hegtenis geneem, alhoewel die aangehoudenes ontsnap het.

Die polisie het beslag gelê op ’n jaggeweer, ammunisie en strooptoerusting.

Volgens Thakuli is ’n soektog na op tou gesit na die vermeende stropers.

Bejaarde met byl doodgekap in derde bylaanval noord van Pretoria

plaasmoordeVyf swart aanvallers het ‘n bejaarde man en sy vrou van Bon Accord, noord van Pretoria, Saterdagmiddag met ’n graaf en ’n byl op hul kleinhoewe aangeval.

Laszlow Bercsényi (87) het vroeg Sondagoggend aan sy wonde beswyk nadat vyf rowers hom en sy vrou aangeval het.

Dit is die derde byl-aanval die afgelope week in dié omgewing.

Sy vrou, Carol (68), het die aanval oorleef. Sy verkeer tans in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die hospitaal.

Carol is herhaaldelik met ’n graaf geslaan buite die huis, en Laslow met ’n byl gekap waar hy binne die huis was.

Carol het die bure geroep, waarna die polisie ontbied is. Sy weet skynbaar nog nie dat haar man oorlede is nie.

 

Paaie sluit in Johannesburg-suid, Oosrand weens oproer

tyres2Oproerige inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, het Maandagoggend die strate ingevaar.

Die oproermakers het die R554 afgesper. Die polisie is in die gebied ontplooi.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar sê die pad is gesluit tussen die Goue Hoofweg en die R81, aangesien dit nie veilig is vir motoriste nie.

Minnaar sê hulle weet nie wat die rede vir die oproer is nie.

Hy sê oproeriges het buitebande aan die brand gesteek en gooi klippe na motoriste.

Aan die Oosrand van Gauteng word ‘n aantal paaie ook deur oproeriges in Tsakane versper.

Skole in die gebiede waar daar verlede week geweldadige oproer was, het nog nie almal teruggekeer na normaal nie.

Swart skole by Bloemhof, Christiana en Itsoseng in Noordwes, is weer oopgestel, maar in Khunotswana naby Zeerust word skole nog ontwrig.

Klasse is onderbreek deur oproeriges wat kinders aangeraai het om weg te bly oor “dienslewering”.

In Khunotswana het oproeriges paaie versper, nadat `n streekskantoor en `n raadslid se huis gedurende die naweek aan die brand gesteek is.

In die ander gebiede waar die paaie steeds begaanbaar is, het taxi’s en busse kinders na skole vervoer.

Byna 100 swart skole in Gauteng staan leeg

lokasieskoleMeer as 4 500 township-skole regoor die land het in die afgelope 20 jaar gesluit omdat hulle deur swart leerlinge en onderwysers in die steek gelaat is.

Swart ouers stuur hul kinders graag na voormalige Model C-skole wat voorheen vir wittes gereserveer is.

Ondersoeke deur The Citizen het gevind dat hierdie eens florerende skole in die lokasies verlate, gevandaliseer en leeg staan.

Die departement van basiese onderwys het nie ‘n saak met die eens skaflike fasiliteite nie.

Woordvoerder Elia Mhlanga gesê die departement is nie meer verantwoordelik vir die fasiliteite wat gebruik is vir openbare skole nie.

In Soweto is sommige van die gederegistreerde skole – onder hulle Hlengiwe Sekondêr en Thulari Sekondêr – leeg en vervalle.

Baie van hierdie geboue onwettig deur plakkers beset en sommige word as motorwerkswinkels en sake-ondernemings gebruik.

Die woordvoerder vir Gautengse departement van onderwys, Phumla Sekhonyane, het gesê soveel as 88 skole is gesluit in die provinsie in die afgelope vyf jaar, terwyl 45 ander saamgesmelt is.

Ten spyte van die oorvloed beskikbare ruimte, wil die Gautengse LUR vir onderwys die oorblywende Afrikaanse skole nogtans laat verswart, ‘n duidelike aanduiding van die ideologiese projek wat Barbara Creecy in die mou voer.

Gautengse departement het gesê ‘n oudit en statusverifikasie van onbenutte skoolfasiliteite in die provinsie sal van stapel gestuur word.

The Citizen het ook die naburige voormalige bruin en Indiër- townships besoek en gevind dat ongeveer 40% van die leerlinge van Soweto afkomstig is ten spyte van hoë fooie om hulle uit te hou.

By die Trinity Sekondêr in Lenasia vra die skool R1 300 per jaar om geregistreer te wees en by Eldorado Park R700.

Greenpeace weier walvisvleisvragskip in Durban

Walvisjagter skiet harpoen
Walvisjagter skiet harpoen

Greenpeace, die internasionale omgewingsorganisasie, het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om Ysland se vragskip in hul hawens te verbied en ander Afrikalande tot soortgelyke stappe te oorreed.

Suid-Afrika is gevra om druk op Afrika-lande uit te oefen sodat die vragskip met bedreigde vin-walvisvleis aan boord, nie toegelaat word om by hulle hawens aan te doen nie.

Die skip is in Durban geweier en kon nie in die hawe aandoen nie, nadat sowat 21.000 Suid-Afrikaners Greenpeace in die protesaksie gesteun het.

Die skip, Alma, is met die walvisvleis op pad na Japan. Die vleis van die bedreigde walvis is veronderstel om in Tokio afgelaai te word en die skip moet halfpad brandstof inneem.

Die protesaksie volg nadat die Internasionale hof van Justisie Japan twee weke gelede gelas het om die jag van walvisse dadelik te staak.