Bly eerder in Gauteng

Image

Oos-Kapenaars

Inwoners van die provinsie Gauteng leef langer, het beter kwalifikasies en verdien meer as mense wat in ander provinsies woon. Dit is van die bevindings in ’n verslag wat pas deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge uitgegee is.

Die verslag meld voorts dat provinsies meer magte gegee moet word, byvoorbeeld ten opsigte van belastinginvordering, om die provinsies onder aan die leer te help om vinniger te ontwikkel.

Gautengers verdien gemiddeld 300-400% meer as inwoners van die Limpopo-provinsie. Verder bring vigs mee dat mense in Gauteng teen 2010 20% langer gaan leef as burgers in Kwazulu-Natal. Sowat 6% van Gauteng-inwoners beskik voorts oor grade, wat dubbel die nasionale gemiddeld is. Bykans ’n derde van die land se Bruto Binnelandse Produk word in Gauteng geproduseer.

Image

Krot in die Oos-Kaap

Die provinsie wat volgens die verslag die slegste daaraan toe is, is die Oos-Kaap. ’n Kwart van inwoners hier het nog emmertoilette en net 50% van behuising is formeel van aard.

Die verslag wys voorts ook op rasseverdelings per provinsie. Sowat 97% van Limpopo se bevolking is swart, teenoor slegs 23% in die Wes-Kaap.

прожектор 50wалександр лобановский харьков класс

Afrika verdwyn van voorblaaie

Thabo Mbeki het Maandag tydens die Wêreldmediakongres wat op die oomblik in Kaapstad gehou word die feit dat internasionale nuus minder voorkeur geniet,  bekla. Veral Afrika ly daaronder, het hy by die openingsgeleentheid gesê.

Hy het joernaliste ook daarna uitgenooi om die hele kontinent te besoek en oor die "suksesse" en "probleme" te berig. "Ons verstaan dat vele redaksies nie afvaardigings oral op so ‘n enorme kontinent met sy moeilike geografie kan aanhou nie."

"Ons verstaan ook dat liewer as om ‘n paar redaksies elders in die buiteland aan te hou, die gedrukte media verkies om een korrespondent vir die hele streek te gebruik."

"Maar ek wil nogtans ‘n oproep op die betrokkenes doen: Kom en kyk soveel as wat moontlik is, rond! Gaan na die hart van onderwerpe (…). Loop groot onderwerpe vooruit, daardie dinge wat miskien ‘n enorme impak op die lewens van u lesers, luisteraars en kykers mag hê," het hy voortgegaan.

Mbeki het gesê dat internasionale nuusdekking afgeneem het omdat redaksies moes investeer om aan te pas by nuwe beskikbare tegnologie wat die medialandskap ingrypend verander het. Hy het uit ‘n studie aangehaal wat beweer dat internasionale aangeleenthede op die voorblaaie van Amerikaanse koerante vanaf 1977 tot 2004 met 13% verminder het.
 
Vanweë die mededinging wat deur die internet geskep word, moes sekere groot Amerikaanse nuusblaaie soos die LA Times byvoorbeeld onlangs heelwat internasionale korrespondente herroep om te probeer besnoei.
Die visie van Afrika wat deur die media oorgedra word, help hierdie tendens aan omdat dit konsentreer op die plae van armoede en konflik sonder om die  vordering van sekere lande na demokratisering in ag te neem. Ook die voorkoming en bestuur van streekskonflik kan deur mediabelangstelling verbeter word, het Mbeki bygevoeg.
"Ek doen ‘n beroep op alle media om Afrika met soveel diepte en noukeurigheid as moontlik weer te gee en om fisies die kontinent te deurkruis om ons suksesse en drome te identifiseer."

Die Internasionale Koerantevereniging asook die Internasionale Redakteursforum sal tot Woensdag in Kaapstad vergader. Dit is die eerste keer dat die kongres  in Suid-Afrika gehou word.

раскрутка сайтаОлександр Фільчаков прокурор

Help Zimbabwe weer opbou

Image

Blair in SA

Tony Blair het gister ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om finansieel by te dra om ’n ”vernietigde” Zimbabwe weer op te bou. Tydens ’n toespraak in Pretoria het Blair verder sy regering se steun uitgespreek vir Thabo Mbeki se bemiddeling tussen die Mugabe-regering en die Zimbabwiese opposisie.

Blair het daarop gewys dat dekades van onderdrukking ’n derde van die Zimbabwiese bevolking die land laat verlaat het. Hy het ook genoem dat die lewensverwagting in Zimbabwe van 60 in 1990 tot 37 in 2006 gedaal het en dat Suid-Afrika 3% van sy BBP weens die ekonomiese agteruitgang in sy buurland kwyt is.

Die internasionale gemeenskap moet die land weer help opbou. “Die wêreld wag en wil weer betrokke raak by ’n Zimbabwiese regering wat hervormings deurvoer,“ het hy gesê.

Net twee dae tevore het minister Nkosazana Dlamini-Zuma egter die Suid-Afrikaanse parlement toegespreek en gesê dat Suid-Afrika nie drastiese aksie teen Zimbabwe beoog nie.

Intussen reken ’n lid van die Movement for Democratic Change (MDC) dat Zimbabwe se inflasiekoers nou al 10 000% verbygesteek het.

Eddie Cross, wat ’n bakkery in Bulawayo bestuur en die MDC se ekonomiese segsman is, baseer hierdie persentasie op wat hy in sy eie besigheid ervaar. In sy nuusbrief, wat op 30 Mei uitgestuur is, vertel hy onder andere dat sy personeel onlangs ’n 100% verhoging ontvang het, maar dat dit steeds nie hulle basiese lewenskoste dek nie. Hy was genoodsaak om hulle ook van kos te begin voorsien, want hulle kon nie meer hulle gesinne aan die lewe hou nie. Hy moet verder deesdae 600 km ry om sy meelvoorraad te gaan haal. Petrol word tans vir 45 000  Zimbabwiese dollar per liter verkoop. Die plaaslike geldeenheid verhandel teen 50 000 Zimbabwiese dollar teen 1 Amerikaanse dollar. Cross reken dat pryse met ongeveer 20% per dag styg.

Volgens Cross is ’n humanitêre krisis aan’t opbou in die land en word die lewens van miljoene mense bedreig. Baie Zimbabwiërs bly tans aan die lewe danksy skenkings wat hulle van familielede in die diaspora ontvang. Hy reken dat sowat 4.5 miljoen volwasse Zimbabwiërs hulle tans in die buiteland bevind. Dit is dalk al wat die land nog min of meer stabiel hou, meen hy.

мультик про роботов трансформеровtopcargo отзыв

Immigrante stroom na ryk Suid-Afrika

Sowel die ANC as die DA meen dat "armoedeverligting" eerders as onwettige immigrasie of misdaad die vernaamste politieke kwessie in Suid-Afrika sou wees. In hierdie artikel wat in gister se Sake-Beeld verskyn het, wys die ekonoom Mike Schüssler egter daarop dat Suid-Afrika nie ‘n arm land is nie. Trouens, ‘n restaurant-skoonmaker in ons land is 25 keer ryker as ‘n junior dokter van Zimbabwe en die gemiddelde Gautenger is 70 keer ryker as die gemiddelde Kongolees.

Suid-Afrikaanse politici kla dat baie mense in die land arm is.

Dié storie word verder gevoer deur die Cosatu’s van hierdie wêreld en mense word vertel dat die staat meer vir die armes moet doen.

Die departement van arbeid het onlangs ook daarop gewys dat min swart mense hulle in bestuursposte bevind. Ander kommentators sê die meeste swart mense is arm en wit mense word bevoordeel.

[snit]

Dié feite is egter in meer as een opsig heeltemal vals.

Eerstens, as ons Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) per capita volgens provinsies neem, het Gauteng en die Wes-Kaap die rykste mense in Afrika, gevolg deur die Noord-Kaap.

Sewe van Suid-Afrika se nege provinsies sou onder die rykste tien lande wees.

Gautengers is minstens 70 keer so ryk as die mense in die DRK en sowat 25 keer so ryk as die mense van Zimbabwe.

Die meeste gesinne in Suid-Afrika besit grond en ’n huis as bate en dit is geregistreer by die akte­kantoor. Minder as 2% van die res van Afrika is in private besit.

Suid-Afrika se armes besit deesdae ’n selfoon. Meer as 70% van die bevolking het ’n eie huis. Meer mense in Suid-Afrika het verlede jaar vir die eerste keer ’n motor bestuur en gekoop as die totale getal motors in Zimbabwe.

’n Skoonmaker in die restaurantbedryf in Suid-Afrika kry meer as ’n junior dokter in Zimbabwe. Daar is geen vergelyking tussen die rykdom van die gewone Suid-Afrikaanse burger en die meeste van Afrika se burgers nie.

Elke jaar sedert 2002 het mense in Gauteng ryker geword en meer mense het groter welvaart beleef.

Daar is baie gevolge van hierdie verwronge situasie.

Die eerste is dat verlede jaar meer as ’n miljoen mense Suid-Afrika wettig ingestroom het, maar nie die land verlaat het nie. Sowat 112 000 mense per maand kom soek ’n toekoms in Suid-Afrika. Die getal mense wat onwettig inkom is natuurlik nie bekend nie, maar die totale getal mense wat van Angola tot Zambië na Suid-Afrika kom, is waarskynlik meer as 1,5 miljoen per jaar.

Dit is belangrik omdat Suid-Afrika se eie bevolking maar met net sowat 42 000 per maand groei. Suid-Afrika is besig om ’n land van immigrante te word. Die immigrante bring hul vaardighede saam en daar is beslis in Suid-Afrika ’n tekort aan vaardighede.

Die punt is egter nie net dat daar vandag waarskynlik meer as 55 miljoen mense in Suid-Afrika is nie (teenoor die 47,4 miljoen volgens Statistieke SA) maar dat Suid-Afrikaners nie besef hoe gelukkig hulle is nie. Baie politici en kommentators, veral van die linkse kant van die spektrum, het nog nie agtergekom dat die res van die wêreld wegbeweeg van staatsinmenging en “handouts” nie.

Daar is reeds in Suid-Afrika meer as 12 miljoen mense wat elke maand welsynbetalings ontvang. Dit is 2,3 keer soveel as die getal mense wat vir belasting geregistreer is. Maar selfs die armes wat welsyntoelaes ontvang, leef beter as baie mense in ander Afrika-lande.

Dus stem die mense van Afrika – wat oorwegend swart is – nie saam met die “wit is ryk en swart is arm”-stelling nie. Hulle sê eenvoudig Suid-Afrikaners is ryk en daarom kom soek hulle ’n toekoms hier.

Ten tweede groei die middelklas in Suid-Afrika baie vinnig. Tans is daar meer as 2,6 miljoen mense wat voorheen as arm beskou is, wat nou stewig in die middelklas sit. Die ergste kommentaar word hiér gelewer dat die swart middelklas nie in ’n 4×4 ry nie en dat dit mense wat slegs R4 500 per maand verdien, ook insluit.

Sulke kommentators is heeltemal die kluts kwyt omdat die meeste mense in die wêreld nié ’n 4×4 ry nie – dit is ryk mense wat dié tipe voertuig ry.

’n Inkomste van R4 500 per maand is ’n redelike aanwyser, selfs in wêreld-terme. In Oos-Europa is meer as ’n paar lande waar ’n inkomste van R4 500 per maand as meer as middelklas beskou kan word.

[snit]

Ten laaste, as ’n mens die data van Statistieke Suid-Afrika ontleed, wys dit dat baie meer swart mense as ’n persen­tasie van die werkmag vandag werk as ooit tevore. Die feit dat wit mense, Indiërs en selfs swart vroue vir hulself werk geskep het, word nooit genoem nie.

Die feit dat veral wit mense en Indiërs­ vir ander mense in die formele sektor werk skep, word nooit erken nie. Daar word heeltyd op rassistiese maniere gewys dat die bestuur steeds te wit is.

Altesame 69% van alle werkers is swart, maar twee derdes van werkgewers in die formele sektor is nie swart nie (bruin mense, wittes en Indiërs). Sê dankie vir hierdie mense wat die land se mense die rykste in Afrika maak. As jy deel is van die regering, ondersteun dié mense eerder as om net klappe uit te deel oor hul velkleur.

Schüssler, van T-Sec, is ’n vorige wenner van Sake24 se Ekonoom van die Jaar-wedstryd.

Lees die volledige artikel hier. 

карданный светильник фотоФильчаков Александр Васильевич

Blair se nalatenskap

Tony Blair, tans op besoek aan Suid-Afrika, wil Afrika weer hoog op die internasionale agenda plaas. Hy het ook besoek aan Sierra Leone en Libië gebring waar hy Vigswesies se gesinne ontmoet het.

Een van die sleutelrolle wat Brittanje graag op die vasteland wil speel is om armoede te verlig. Organisasies wat dien as verlengingstukke vir Britse buitelandse politiek, soos Oxfam, DATA en die Anglikaanse kerk, speel ‘n belangrike rol om die openbare mening te probeer fokus op Britse suksesse in hierdie verband.

Oxfam het onlangs dan ook bekend gemaak dat nog $30 van die $50 miljard belowe in hulp aan Afrika teen 2010, nog uitstaande is en ook by monde van Sir Bob Geldof is ‘n oproep aan die G-8 lande gedoen om hul beloftes van skenkings gestand te doen.
 
Njongonkulu Ndungane, Anglikaanse geestelike leier en president van die NRO African Monitor, was Woensdag hoogs teleurgesteld dat so min fondse wat tydens die Gleneagles-beraad in 2005 belowe is, in Afrikane se bankrekenings oorbetaal is.

Die 54-jarige Britse premier wat die einde van sy bewind vier, hoop kennelik dat dit sy morele leierskapsrol beter sal belig. Hy het al in die verlede verwys na Afrika as "die letsel op die wêreld se gewete".

Kenners meen egter dat Brittanje se eertydse koloniale vergrype Blair noodsaak om klem op hulpverlening te lê en dat sy dekadelange betrokkenheid by die kontinent etlike negatiewe aksente bevat.

Alhoewel Britse troepe die 10-jaar lange burgeroorlog in Sierra Leone kon besleg, ‘n staatsdepartement, die Department for International Development (DfID), tydens sy bewind opgerig is en sekere Afrikalande se skuld danksy Britse druk afgeskryf kon word, bly Blair se aandeel in die inval in Irak ‘n teer punt.

Paul Williams, skrywer van British Foreign Policy under New Labour 1997-2005, meen voorts dat die verkoop van ‘n Britse militêre lugverkeer-stelsel aan Tanzanië ‘n absolute fiasko was. Die wapenverkope aan Suid-Afrika voldoen daarby ook nie aan die vereistes van die DfID se siening van hulp en ontwikkeling nie.

Brittanje beskik ook nie noodwendig oor die morele hoë grond om Afrika oor korrupsie te betig nie; die ondersoek na Britse omkopery met BAE se wapenvoorsiening aan Saoedie-Arabië is ‘n voorbeeld van hoe dit nie gedoen word nie.

Daarby is daar kritiek teen Britse maatskappye wat minerale onwettig op die vasteland ontgin en Britsvervaardigde wapens word oral in konflikgebiede opgemerk. Die grootste twee mislukkings is egter Zimbabwe en Darfoer, waar Brittanje geen invloed ten goede kon laat geld nie.

Brittanje se ondersteuning van ander korrupte leiers soos Meles Zenawi van Ethiopië besorg die Afro-optimiste verdere hoofbrekens. Zenawi het ‘n prominente rol op Blair se Commission for Africa gespeel terwyl hy tuis besig was om sy politieke opponente op die hardhandigste wyse moontlik af te skud.

Alex Vines van Chatham House dink dat meer realisme nodig sal wees in Brittanje se buitelandse betrokkenheid in die toekoms en dat Afrika nie net gereduseer kan word tot ‘n humanitêre kwessie nie.

Nie veel word verwag van die G-8 se Heiligendamm-Spitsberaad nie tov Afrika nie, maar van Blair se opvolger, Gordon Brown, blykbaar wel. Hy het reeds sy morele verpligting teenoor die vasteland uitgespreek.

хороший стоматологФильчаков прокурор харьков

Afrika kry sy eie TV-sakekanaal

Op 1 Junie vanjaar begin CNBC Africa, Afrika se eerste TV-kanaal gewy aan ekonomiese aangeleenthede, vanuit Johannesburg na die hele Afrika suid van die Sahara uitsaai.

Die kanaal behoort aan Africa Business News, wat ’n ooreenkoms met CNBC gesluit het. Die kanaal sal 24 uur per dag uitsaai en op die besigheidswêreld in Afrika fokus. Daar sal ook insetsels wees van CNBC in die VSA, Europa, Indië en die Midde-Ooste.

Trevor Ormerod sal aan die hoof van die Afrika-kanaal staan. “Verskeie Afrika-ekonomieë, insluitende dié van Suid-Afrika, toon tekens van regte groei en ontwikkeling. Die res van die Afrika-vasteland toon beslis belowende potensiaal en ons is opgewonde om dit te help ontwikkel,” aldus Ormerod.

Die CNBC-belegging verteenwoordig ’n bedrag van 25 miljoen dollar. Die plaaslike Nywerheidskorporasie het R144 miljoen in hierdie projek belê.

Mbhazima Shilowa, premier van Gauteng, het die nuwe kanaal verwelkom en gesê dit wys net weer watter belangrike rol Suid-Afrika speel. Volgens hom sal CNBC Africa ekonomiese inligting verskaf wat Suid-Afrika in staat sal stel om ’n beeld van ”ekonomiese voorspoed” aan die wêreld voor te hou.

Peter Ndoro, wat die kanaal se openbare skakeling gaan hanteer, het egter daarop gewys dat daar nog ’n ver pad is om te stap. Die kanaal gaan op kwessies soos die gebrek aan handel tussen Afrika-lande fokus. Handel word belemmer deur doeane-unies wat nie funksioneer nie. ”Afrika is steeds hoofsaaklik net ’n uitvoerder van grondstowwe en invoerder van vervaardigde goedere. Totdat die vasteland begin om meer goedere te vervaardig, gaan daar min wees om van ander Afrika-lande in te voer,“ het Ndoro verder gesê.

CNBC Africa sal op DSTV-kanaal 54 uitsaai.

wedding hair combsтопкарго кидалы

Aan vaardighede skort dit nie!

Image

Mlambo-Ngcuka

Jimmy Manyi, voorsitter van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming, is gedeeltelik reg wanneer hy sê Suid-Afrika se gebrek aan vaardighede is ’n mite, meen adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka. Sy het dit verlede week in die parlement kwytgeraak.

Die feit dat daar swart gegradueerdes is wat werkloos is, kan toegeskryf word aan die feit dat hulle vaardighede nie altyd ooreenstem met wat die mark wil hê nie. Dan is dit ook waar dat diegene met “tegniese vaardighede” nie altyd oor sogenaamde “sagter” vaardighede beskik nie. Dit maak hulle volgens die adjunkpresident slegte ”spanwerkers” en minder bedrewe as dit byvoorbeeld kom by aanbiedings. Sy meen verder dat daar ook baie swart gegradueerdes is wat in posisies sit wat benede hulle kwalifikasies is. Hierdie swart werknemers bedank uiteindelik en vind werk elders.

Manyi het vroeër verlede week opslae gemaak toe hy tydens ’n sessie met die parlementêre arbeidskomitee gesê het dat daar genoeg gekwalifiseerde swart werknemers is om vakante poste in die land te vul. Volgens hom word bestaande vaardighede net nie reg aangewend nie en is daar nie ’n gebrek aan vaardighede nie. Hy het ook gesê dat daar weer gekyk moet word na die kwessie van blanke vroue wat bevoordeel word in aanstellings. Volgens hom is “diepgewortelde rassisme” verantwoordelik vir die feit dat soveel blanke vroue in die boonste drie lae van die arbeidsmark aangestel word, want werkgewers wil nie werklose swart gekwalifiseerde persone in diens neem nie. Die “hekwagters“ by meeste Suid-Afrikaanse maatskappye is blank en dit veroorsaak dat transformasie in die arbeidsmark so stadig plaasvind. Volgens Manyi meen hierdie blankes dat hulle oor “meerderwaardige gene“ in vergelyking met swartes beskik.

Volgens Manyi is die rol van swart werknemers in die plaaslike ekonomie beperk tot seremoniële rolle en pogings van maatskappye om hulle uit te stal as teken van hul verbintenis tot transformasie. Beheer oor die ekonomie is steeds in blanke hande. Swart werknemers word verder dikwels vir kursusse gestuur wat hulle permanent “in opleiding“ hou en hulle sodoende van normale loopbaanvordering weerhou. Manyi wil voorts hê dat boetes verhoog moet word vir maatskappye wat nie gelyke indiensneming toepas nie. Hy het voorgestel dat boetes tot 10% van maatskappye se omset verhoog behoort te word.

от кровоточивости десенДанильченко Юрий Брониславович

Zuma ontken bewerings van buitelandse steun

Image

Jacob Zuma

Die adjunkpresident van die ANC, Jacob Zuma, het deur middel van sy regsverteenwoordiger, Mike Hulley, gereageer op bewerings dat hy geldelike steun van Angolese en Libiese leiers ontvang het ten einde vir president Thabo Mbeki uit die stoel te lig. Volgens Zuma is die bewerings deel van ’n poging om hom te diskrediteer en hy hoop dat die gereg die skuldiges sal vind.

Die Sunday Independent het gister verwys na ’n “uiters geheime” verslag in hulle besit, waarin die bewerings vervat word.

Zuma voer tans ’n veldtog om Mbeki as ANC-voorsitter te vervang ter voorbereiding van die party se nasionale konferensie wat in Desember vanjaar plaasvind.

Minister Ronnie Kasrils het reeds ontken dat die verslag deur die Geheime Diens of Nasionale Intelligensie-agentskap opgestel is. Volgens hom is daar “duister elemente“ wat die huidige politieke klimaat in die land tot hulle voordeel probeer gebruik.

Die “uiters geheime“ verslag waarna die pers verwys, is op 7 Mei anoniem na Cosatu gefaks. Die vakbond het die Nasionale Vervolgingsgesag versoek om die oorsprong van die dokument te ondersoek.

City Press het met anonieme intelligensie-beamptes gepraat wat glo die verslag is opgestel deur ’n verregse faksie wat bande het met buitelandse intelligensie-organisasies.

Polisiebeamptes het verlede week gemeen dat vroeëre bewerings van ’n sluipmoordkomplot teen Zuma ongegrond is en dat hulle beplan om persone in Zuma se entourage hieroor te vervolg. Volgens beamptes van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid was dit alles net ’n poging om meer publisiteit vir Zuma te genereer.

тамбов жидкоетопкарго отзыв

FW de Klerk nou bekommerd oor grondhervorming

FW...bekommerd

FW… bekommerd

’n Verslag van die FW de Klerk-stigting, wat gister bekendgestel is, waarsku dat mislukte grondhervormingsprojekte voedselproduksie in Suid-Afrika bedreig.

Die dokument is getiteld Grondhervorming : ’n kontekstuele analise. Volgens die verslag het Suid-Afrika tien jaar gelede landbouprodukte ter waarde van R2,40 uitgevoer vir elke R1,00 van produkte wat ingevoer is. Nou staan dit op R1,40 uitvoere teenoor elke R1,00 wat ingevoer word. Die land kan gevolglik nie onderbenutting of wanbenutting van landbougrond bekostig nie.

Die boodskap agter die versigtige formulering en lomp sinne is duidelik:

“Grondhervormingsprojekte wat misluk, bedreig voedselsekuriteit…’n grondhervormingsbeleid ingevolge waarvan grond pro-aktief deur die regering verkry word en net aan swart Suid-Afrikaners oorhandig word wanneer potensiële boere geïdentifiseer is, kan selfs meer landbougrond buite die sfeer van die kommersiële landbousektor plaas.“

Die verslag meld verder dat volgens Agri-SA 71 landbouhervormingsprojekte in die Limpopo-provinsie reeds misluk het as gevolg van die “onvoldoende ondersteuning“ wat aan opkomende boere verskaf word. In die Wes-Kaap misluk soortgelyke projekte dikwels omdat die “vaardighede“ van die opkomende boere “nie betyds opgegradeer word nie.“

Volgens ’n studie wat deur die Universiteit van Pretoria uitgevoer is met betrekking tot plase wat aan swart boere oorhandig is, is dit duidelik dat produksie in 44% van die gevalle drasties afgeneem het en dat daar op 24% geen produksie hoegenaamd plaasvind nie.

Volgens die FW de Klerk-stigting se verslag is een van die uitdagings waarmee grondhervorming tans te make het die feit dat kennis al belangriker geword het om suksesvol te kan boer. Onervare boere behoort hulp van die staat of mentorskap van bestaande boere te kan geniet. Toegang tot lenings vir nuwe boere is ook belangrik. Die verslag meld verder dat daar ’n “kapasiteitsprobleem“ binne die Department van Landbou en Grondsake bestaan en dat die beamptes van die departement met blanke boere behoort saam te werk. Daar word voorgestel dat bonusse gebied word aan blanke boere wat swart opkomende boere help, maar terselfdertyd meld die verslag dat ”gegewe die huidige politieke klimaat, dit onwaarskynlik is dat so ’n inisiatief positief oorweeg sal word.”

Die verslag meld verder dat die regering behoort te besef dat landbou oor beperkte kapasiteit as katalisator vir sosio-ekonomiese ontwikkeling beskik. Die klem behoort eerder op stedelike hervorming te val.

Die regering beoog om teen 2014 ’n derde van landbougrond in Suid-Afrika in die hande van swart boere te plaas. Net sowat 4% is tot op hede al oorgedra.

Tydens die bekendstelling van die publikasie het Dave Steward van die FW de Klerk-stigting gesê dat grondhervorming “emosioneel en gekompliseerd“ is. “Dit is belangrik dat ons saam daaraan werk – hervorming ’saam met’ in plaas van ’teen’,” het hy opgemerk.

slots noФильчаков прокурор харькова

Annanias Mathe se pa met moetie gevang

Image

Annanias Mathe (middel)

Die Departement van Korrektiewe Dienste het gister bevestig dat Annanias Mathe se 80-jarige vader ondervra is nadat hy probeer het om moetie in Pretoria se C-Max-gevangenis in te smokkel.

Beamptes het deur middel van ’n skandeerder ’n bottel met swart inhoud opgemerk binne die brood wat Mathe se vader vir sy seun saamgebring het. Volgens die bejaarde man het iemand in Alexandra die moetie aan hom oorhandig om dit by Mathe uit te kry. Die brood en swart inhoud van die bottel sal nou in ’n polisielaboratorium ontleed word. Gedurende die ondervraging het dit verder geblyk dat Mathe senior se besoekpermit verval het en dat hy dus nie meer sy seun kon besoek nie.

Mathe het in Desember verlede jaar uit C-Max ontsnap. Hy staan op 76 aanklagte tereg, wat sewe aanklagte van verkragting, vier van poging tot moord, vyf van inbraak en verskeie ander van roof met verswarende omstandighede insluit.

treasures of egyptДанильченео