Bly eerder in Gauteng

Image

Oos-Kapenaars

Inwoners van die provinsie Gauteng leef langer, het beter kwalifikasies en verdien meer as mense wat in ander provinsies woon. Dit is van die bevindings in ’n verslag wat pas deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge uitgegee is.

Die verslag meld voorts dat provinsies meer magte gegee moet word, byvoorbeeld ten opsigte van belastinginvordering, om die provinsies onder aan die leer te help om vinniger te ontwikkel.

Gautengers verdien gemiddeld 300-400% meer as inwoners van die Limpopo-provinsie. Verder bring vigs mee dat mense in Gauteng teen 2010 20% langer gaan leef as burgers in Kwazulu-Natal. Sowat 6% van Gauteng-inwoners beskik voorts oor grade, wat dubbel die nasionale gemiddeld is. Bykans ’n derde van die land se Bruto Binnelandse Produk word in Gauteng geproduseer.

Image

Krot in die Oos-Kaap

Die provinsie wat volgens die verslag die slegste daaraan toe is, is die Oos-Kaap. ’n Kwart van inwoners hier het nog emmertoilette en net 50% van behuising is formeel van aard.

Die verslag wys voorts ook op rasseverdelings per provinsie. Sowat 97% van Limpopo se bevolking is swart, teenoor slegs 23% in die Wes-Kaap.

прожектор 50wалександр лобановский харьков класс