"Ons verstaan ook dat liewer as om ‘n paar redaksies elders in die buiteland aan te hou, die gedrukte media verkies om een korrespondent vir die hele streek te gebruik."
"Maar ek wil nogtans ‘n oproep op die betrokkenes doen: Kom en kyk soveel as wat moontlik is, rond! Gaan na die hart van onderwerpe (…). Loop groot onderwerpe vooruit, daardie dinge wat miskien ‘n enorme impak op die lewens van u lesers, luisteraars en kykers mag hê," het hy voortgegaan.
Mbeki het gesê dat internasionale nuusdekking afgeneem het omdat redaksies moes investeer om aan te pas by nuwe beskikbare tegnologie wat die medialandskap ingrypend verander het. Hy het uit ‘n studie aangehaal wat beweer dat internasionale aangeleenthede op die voorblaaie van Amerikaanse koerante vanaf 1977 tot 2004 met 13% verminder het.
Vanweë die mededinging wat deur die internet geskep word, moes sekere groot Amerikaanse nuusblaaie soos die LA Times byvoorbeeld onlangs heelwat internasionale korrespondente herroep om te probeer besnoei.
Die visie van Afrika wat deur die media oorgedra word, help hierdie tendens aan omdat dit konsentreer op die plae van armoede en konflik sonder om die vordering van sekere lande na demokratisering in ag te neem. Ook die voorkoming en bestuur van streekskonflik kan deur mediabelangstelling verbeter word, het Mbeki bygevoeg.
"Ek doen ‘n beroep op alle media om Afrika met soveel diepte en noukeurigheid as moontlik weer te gee en om fisies die kontinent te deurkruis om ons suksesse en drome te identifiseer."
Die Internasionale Koerantevereniging asook die Internasionale Redakteursforum sal tot Woensdag in Kaapstad vergader. Dit is die eerste keer dat die kongres in Suid-Afrika gehou word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.