Beamptes het deur middel van ’n skandeerder ’n bottel met swart inhoud opgemerk binne die brood wat Mathe se vader vir sy seun saamgebring het. Volgens die bejaarde man het iemand in Alexandra die moetie aan hom oorhandig om dit by Mathe uit te kry. Die brood en swart inhoud van die bottel sal nou in ’n polisielaboratorium ontleed word. Gedurende die ondervraging het dit verder geblyk dat Mathe senior se besoekpermit verval het en dat hy dus nie meer sy seun kon besoek nie.
Mathe het in Desember verlede jaar uit C-Max ontsnap. Hy staan op 76 aanklagte tereg, wat sewe aanklagte van verkragting, vier van poging tot moord, vyf van inbraak en verskeie ander van roof met verswarende omstandighede insluit.
