Ventersdorp geraak deur diensleweringsgeweld

Minister Sicelo Shicka het inwoners van die Tshinglokasie Maandag ontmoet na grootskaalse protes en geweld oor swak dienslewering gedurende die pas afgelope naweek plaasgevind het, het die ANC van Noordwes bevestig.

Die vergadering is in die stadion van Tshing  gehou nadat ontevrede inwoners die strate  in die omgewing van Ventersdorp die naweek ingevaar het.

Ontmoetings tussen regeringsamptenare en inwoners van Boikhutso, Welgevonden, Goedgevonden, en Tsetse word vir Woensdag in die vooruitsig gestel.

Die naweek se protes het in geweld ontaard met dele van die N14 wat afgesper is.

Volgens die polisie is een persoon Saterdag weens openbare geweld in hegtenis geneem, nadat sowat 70 inwoners ‘n motor onder die klippe gesteek het en probeer het om paaie in Goedgevonden af te sper.

Die ANC het ‘n beroep op inwoners in dié gebiede gedoen om hulleself van openbare geweld te distansieer.

машины для мальчиковФільчаков прокурор

e-tv vandag in die hof

Die twee e-tv joernaliste wat tans gedagvaar word, sal vanoggend in die Johannesburgse-landdroshof verskyn, het ‘n woordvoerder gesê.

Ben Said, nuusredakteur en Mpho Lakaje, verslaggewer, wou nie die identiteite, adresse of kontakbesonderhede van die vermeende misdadigers waarmee hulle onlangs onderhoude gevoer het, aan die polisie verskaf nie. Hulle wou ook nie hul onverwerkte beeldmateriaal van die onderhoude oorhandig nie.

Dié kanaal het op 16 Januarie beeldmateriaal van twee vermeende misdadigers vertoon, waarin hulle gedreig het om toeriste gedurende die Wêreldbekersokkertoernooi te beroof.

Lucky Phungula, wat glo die twee vermeende misdadigers aan e.tv se span voorgestel het vir onderhoude, het verlede week in Soweto selfmoord gepleeg.

 

the big badтопкарго кидалы

Vrystaatse boer keelafgesny

’n Vrystaatse boer, Ernest Giefeke, is vroeg Saterdagoggend aangeval en na bewering deur drie mans op sy plaas in Ficksburg vermoor, het Beeld berig.

Hy het sy diere en plante gaan water gee toe hy deur die swart mans oorval is, het die polisie gesê. Die voorval het vroeg Saterdagoggend op die plaas Goeiehoop plaasgevind.

Giefeke is met ‘n klip agter kop geslaan en sy keel is met ‘n mes afgesny.

Die aanvallers het daarna geld en vuurwapens by sy vrou geëis, maar sy het daarin geslaag om die noodhulpknoppie te druk. Die mans, gewapen met ‘n mes en ‘n skroewedraaier, het daarna van die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

сауна проектированиелобановский супермаркет класс

Negentienjarige duik na sy dood

’n Negentienjarige het Sondag in die swembad van die Cedara Landboukollege buite Howick verdrink, olgens paramedici in KwaZulu-Natal.

“Die man was saam met sy vriende toe die voorval plaasgevind het,” het Derrick Banks, ’n ER24- woordvoerder gesê.

“Die man het van ’n duikplank in die swembad geduik, maar het glo met sy kop teen die bodem van die swembad vasgeduik.”

“Sy vriende wat die ongeluk gesien gebeur het, het ‘n ambulans ontbied.”

Die man was klaar dood toe die paremedici op die toneel aankom.

насосные станции джамбоалександр лобановский супермаркет класс

Hartebeespoortdam loop tans vol riool

Rioolafval van miljoene liter van die Madibeng-munisipaliteit stroom al sowat ’n maand lank elke dag in die Hartbeespoortdam luidens ‘n berig in Beeld.

Madibeng sluit Brits, Hartbeespoort, Mothlutlung, Damonsville en Letlhabile in waar ‘n groot aantal pompe buite werking is en die water ná uitgebreide toetse onrusbarend hoë E. coli-tellings wys.

Strafregtelike klagtes ingevolge die Waterwet is teen die aanspreeklike munisipaleit ingedien.

Patrick Morathi, munisipale woordvoerder, het aan die dagblad gesê ’n vergadering is met amptenare van waterwese en lede van die Hartbeespoort-gemeenskapsforum gehou en ’n tekort aan geld is as een van die grootste struikelblokke geïdentifiseer.

 

?5 free bet no depositпрокурор Фильчаков

Biskop Verryn geskors

Die Metodistekerk van Suid-Afrika het biskop Paul Verryn geskors. Dié omstrede biskop ontferm hom oor die Zimbabwiese vlugtelinge wat in die Sentrale Metodistekerk in Johannesburg skuil.

Die situasie by sy kerk is haglik en die Gautengse regering is bekommerd oor die swak omstandighede waarin die vlugtelinge woon.

Biskop Ivan Abrahams, leier van die Metodistekerk, sê Verryn het sonder die kerk se steun opgetree om voogskap oor swart kinders te probeer beding. Volgens kerkreëls het hy buite sy magte opgetree.

Dit kom nadat Verryn ’n aansoek gebring het dat daar ’n wettige voog aangestel word oor 56 kinders wat in sy kerk skuil. Dr. Ann Skelton, ’n kinderregtekenner van Pretoria, is toe as wettige voog aangestel.

Bongani Khoza, die Metodistekerk se prokureur, het bevestig Verryn is geskors en dat die saak intern in die Sentrale Metodistekerk ondersoek gaan word, maar het nie redes vir die besluit gegee nie.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke asook die DA het Verryn ondersteun en hom onder meer vir sy “menslikheid” geloof.

Luidens berigte in die Star-koerant is die kerk se aktiwiteite ook deur die Nasionale Intelligensieagentskap ondersoek asook die Nasionale Vervolgingsgesag.

сайты детских товаровДанильченео

Vrou met MIV besmet

‘n Vrou van Bedfordview is met die MIV-virus besmet nadat ‘n nooddienswerker haar op die toneel van ‘n ongeluk behandel het, het die hof Woensdag beslis.

Die ongeluk, waarin die vrou kopbeserings opgedoen het, het in Augustus 2000 naby die Mooi Rivier-tolhek in KwaZulu-Natal plaasgevind. Drie doktors en twee spesialiste het bevestig dat sy min of meer in die tyd van die ongeluk met MIV besmet is.

Sy is in die Pietermaritzburg Mediclinic behandel.

Die nooddienswerker het glo die vrou behandel nadat hy ‘n voetganger, wat tydens die ongeluk dood is, behandel het. Regter Shimon Patel het beslis dat die nooddienswerker nie die nodige maatreëls toegepas het om te verseker dat die MIV-virus nie van een pasiënt na die ander versprei nie.

 

скважинные насосы pedrolloДанильченко Юрий отзывы

ANC-jeugliga dreig koerantredakteurs met geweld

Die ANC-Jeugliga in Mpumalanga het ‘n herrie veroorsaak toe hulle verskeie lede van die media in ‘n verklaring gedreig het.

Isaac Mahlangu, die provinsiale sekretaris van die ANCYL, het Maandag dreigemente in die vorm van ‘n verklaring aan City Press gestuur, en Dinsdag aan ander nuusredakteurs.

“Ons masjiengewere is gereed,” lui die verkalring, met ‘n paar onsamehangende dreigemente daaby ingesluit.

Die verklaring is aan City Press gestuur nadat twee artikels Sondag in die koerant geplaas is wat beweer dat Steve Ngubeni, die jeugliga se adjunk-sekretaris-generaal, tenders aan vriende in Delmas oorhandig het, waar hy tot verlede jaar as munisipale bestuurder werksaam was.

‘n Ander artikel het melding gemaak van ‘n tref-en-trap-ongeluk in Delmas waarin Ngubeni op Nuwejaarsaand na bewering in betrokke was.

 

Все для крещенияtopcargo отзыв

Naspers bied senior personeel skeidingspakette

Die mediareus, Naspers, bied vrywillige skeidingspakette aan sy senior redaksionele personeellede, het die maatskappy Woensdag gesê.

Rikus Delport, hoofbestuurder van Finweek 24 het gesê dat geen afdankings gaan plaasvind nie.

“Ons bied vrywillige skeidingspakette aan al ons senior redaksionele personeellede by ons koerante soos Rapport, City Press, Beeld, Volksblad en Die Burger.”

Delport het gesê dat personeellede by die navosingsarm, McGregor BFA en redaksielede by FinMedia sal ook vrywillige skeidingspakette aangebied word.

“Niemand word spesifiek geteiken nie, en daar gaan geen afdankings plaasvind nie,” het Delport gesê.

Meloy Horn, hoof van beleggingsverhoudinge by Naspers, het gesê slegs ‘n geringe aantal mense was skeidingspakette aangebied.

Volgens Horn word die skeidingspakette nie verbind met die huidige ekonomiese toestande nie.

“Verlede jaar het mense hul werke by Naspers verloor weens ekonomiese toestande, maar hierdie keer is dit anders en nie verwant daaraan nie.

 

clue online gameтопкарго отзывы

Bomme op Durbanstrand gevind

Drie bomme is Dinsdagmiddag op ‘n strand in Durban gevind, het paramedici gesê. Dit bring die aantal bomme wat in dié omgewing gevind is tot nege.

“Ons paramedici is ingeroep om mediese hulp te verleen ingeval een van die bomme ontplof,” het Jeff Wicks van Netcare 911 gesê.

Volgens hom is die bomme in die sand voor die Addington-hospitaal gevind.

Kapt. Vincent Mdunge, ‘n polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê verdere inligting sal later bekendgemaak word.

 

free casino gamblingФильчаков Александр Васильевич