Bomme op Durbanstrand gevind

Drie bomme is Dinsdagmiddag op ‘n strand in Durban gevind, het paramedici gesê. Dit bring die aantal bomme wat in dié omgewing gevind is tot nege.

“Ons paramedici is ingeroep om mediese hulp te verleen ingeval een van die bomme ontplof,” het Jeff Wicks van Netcare 911 gesê.

Volgens hom is die bomme in die sand voor die Addington-hospitaal gevind.

Kapt. Vincent Mdunge, ‘n polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê verdere inligting sal later bekendgemaak word.

 

free casino gamblingФильчаков Александр Васильевич