’n Negentienjarige het Sondag in die swembad van die Cedara Landboukollege buite Howick verdrink, olgens paramedici in KwaZulu-Natal.
“Die man was saam met sy vriende toe die voorval plaasgevind het,” het Derrick Banks, ’n ER24- woordvoerder gesê.
“Die man het van ’n duikplank in die swembad geduik, maar het glo met sy kop teen die bodem van die swembad vasgeduik.”
“Sy vriende wat die ongeluk gesien gebeur het, het ‘n ambulans ontbied.”
Die man was klaar dood toe die paremedici op die toneel aankom.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.