Iran kritiseer Obama

Iran het president Barack Obama gekritiseer oor “absurde opmerkings” en ‘n huldeblyk gebring aan vredesbetogers wat tydens sy aanvaardingstoespraak vir die Nobelprys vir vrede, oproer gemaak het.

Manouchehr Mottaki, minister van buitelandse sake het gesê “die Amerikaanse president het voortgegaan om absurde opmerkings gemaak omdat hy die situasie verkeerd ontleed”.

Hy het gewaarsku dat “Obama en die Amerikaners gevaarlike en komplekse gevolge in die gesig staar as hulle aanhou om die situasie verkeerd te verstaan as gevolg van foute wat die voormalige Amerikaanse president, George Bush, gemaak het”.

“Die Amerikaners moet leer om te luister en die realiteit van ander lande te verstaan,” het hy gesê.

Volgens Mottaki het Obama “halfgebakte opmerkings” gemaak oor die omstrede herverkiesing van pres. Mahmoud Ahmadinejad in Junie.

Maar kenners in sy administrasie het hom later “verhoed om verkeerde opmerkings vir ‘n ruk lank te maak”.

Obama, wat onderneem het om Iran te praat ten spyte van drie dekades van verbreekte bande, het verlede Donderdag in Oslo gesê Amerika sal altyd aan die kant staan van diegene wat vryheid soek, insluitend Iran.

“Ons sal die getuies wees…aan die honderde duisende wat vreedsaam deur die strate van Iran betoog het,” het Obama gesê.

Iranse leiers het die Westerse magte, veral Amerika en Brittanje, die skuld gegee vir die geweld tydens die herverkiesing van Ahmadinejad.

 

длядевочеклобановский александр биография

Bob na Kopenhagen

Die eerste minister van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, president Hugo Chavez van Venezuela en president Robert Mugabe van Zimbabwe gaan die onderhandelaars by die internasionale klimaatsgesprek in Kopenhagen volgende week toespreek.

Die drie is ingesluit by die meer as 180 regeringsamptenare wat op die lys van die VN se sprekers verskyn vir die geleentheid. Elke staatshoof sal nagenoeg drie minute hê om die 700 afgevaardigdes, verslaggewers, waarnemers en burgerregtegroepe toe te spreek.

Die assistent-president van Soedan, Nafie Ali Nafie, sal Woensdag 12-uur die verrigtinge afskop.

Nafie is voorsitter van die G-77, ‘n groep van ontwikkelnde lande wat hard baklei vr meer geld van en strenger uitlaatbeperkings teen ryk lande.

Moestapha Zaher, direkteur-generaal van Afghanistan se Omgewingsbeskermingsagentskap (Environmental Protection Agency), sal die laaste spreker wees wat Vrydagmiddag sal praat.

Ander leiers wat die konfernesie sal toespreek sluit Saad Hariri, die eerste minister van Lebanon asook Franse president Nicolas Sarkozy in.

Ongeveer 110 wêreldleiers beplan om die geleentheid by te woon, ‘n ongekende aantal vir ‘n klimaatskonferensie.

Net ‘n klein aantal belangrike leiers sal egter hul verskyning maak. Pres. Barack Obama sal die byeenkoms Vrydag bywoon.

 

стенд сход развал купитьФильчаков

Tweede Woods-borg laat spaander

Die internasionale konsultasiemaatskappy Accenture gaan hul borgskap ter ondersteuning van Tiger Woods beëindig.

Hulle het gesê dat die gholfspeler “nie meer die regte verteenwoordiger” is na die “omstandighede van die laaste twee weke” nie.

Accenture se aankondiging Sondag is die maatskappy se eerste verklaring sedert aantygings van Woods se buite-egtelike verhoudings die laaste paar weke aan die lig gekom het.

Die maatskappy is die tweede sleutelborg wat van Woods onttrek het.

Gillette het Saterdag gesê dat hulle vir ‘n onbepaalde tyd gaan ophou om Woods in hul advertensies te gebruik.

Woods neem ‘n onbepaalde breuk van gholf om aan sy huwelik te werk.

 

светильники браФильчаков прокурор харькова

Besnydenis-dodetal styg

Die dodetal van die Oos-Kaap se besnydenis dié seisoen het na 15 gestyg, het die provinsie se departement van gesondheid Vrydag gesê.

Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê dat die departement ingelig is van ‘n seun wat in Sterkspruit gesterf het oor die naweek.

Nog ‘n seun is Vrydagoggend by ‘n onwettige inisiasie-skool in Cradock dood.

Die oorsaak van die sterftes is nog nie bekend nie, maar die departement sal nadoodse ondersoeke op al die slagoffers laat uitvoer.

Kupelo het bygevoeg dat ‘n 17-jarige seun in Libode in die Transkei in hegtenis geneem is nadat hy glo twee 18-jariges besny het. Hy sal Maandag in die hof verskyn.

Die twee 18-jariges word in St. Barnabas hospitaal op die dorp behandel.

 

swarovski crystal bridaltopcargo

Cronin glo nie dis Malema se dreigboodskappe nie

Jeremy Cronin, die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal, het Sondag gesê hy vind dit moeilik om te glo dat dreigboodskappe per SMS wat hy ontvang het van die ANC-jeugliga-leier Julius Malema af kom.

“Ek kan nie eintlik glo dat hulle van Julius Malema is nie, maar hulle is geteken ‘Julius Malema’. Ek vind dit moeilik om te glo dat hy [hulle] sal stuur,” het die SAUK Cronin aangehaal.

Die ANC-jeugliga kon nie vir kommentaar bereik word nie.

City Press het Sondag berig dat Malema ‘n dreig-SMS aan Cronin gestuur het ná ‘n vernederende verskyning van Malema by ‘n SAKP-konferensie.

 

 

casino games slots free downloadtopcargo кидалы

Obama regverdig sy Afghanistan-besluit

President Barack Obama het gesê sy besluit om nog 30 000 troepe na Afganistan te stuur, was die moeilikste wat hy tot dusver as president van die VSA moes neem.

Hy sê hy besef dat die besluit teegestaan word deur Amerikaners wat nou al moeg is vir die oorlog.

Dit sal egter binne ‘n jaar duidelik wees of die toename in soldate suksesvol was of nie.

Obama het bygevoeg dat sy teenwoordigheid by staatsbegrafnisse van oorlogsongevalle ‘n geweldige indruk op hom maak.

“Dit is my plig om seker te maak ek neem die regte besluite,” het hy gesê.

 

free casino games to playФильчаков прокурор

Malema dreig Cronin per SMS

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het ‘n dreigboodskap per SMS aan Jeremy Cronin, die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal, gestuur ná ‘n vernederende verskyning van Malema by ‘n SAKP-konferensie, het City Press Sondag berig.

“As jy dink jy het my ‘n les geleer, wag tot jy sien wat jou gaan tref,” het Malema glo vir Cronin per SMS laat weet nadat hy by die SAKP se konferensie in Polokwane uitgejou is.

City Press berig dat verskeie leiers binne die ANC en die SAKP die SMS bevestig het.

Cronin wou nie die dreigteksboodskap aan City Press bevestig nie en het net Malema se taalgebruik as “nogal ongeïnhibeerd” beskryf. “Ek ignoreer daardie soort ding.”

“Ons wil ‘n konstruktiewe verhouding hê, nie met die individue nie, maar met die ANC-jeugliga in die geheel,” het Cronin gesê.

Cronin en Malema het verlede maand ‘n vyandige woordewisseling gehad. Cronin het in die SAKP se nuusbrief gesê diegene wat wil hê myne moet genasionaliseer word, soos Malema, verstaan nie die ekonomie van die kwessie nie.

Malema het teruggeblits en Cronin as ‘n “wit messias” beskryf.

Nie die ANC-jeugliga of die SAKP kon vir kommentaar bereik word nie.

 

casino free gamesлобановский александр игоревич класс

Kopenhagen is irrelevant

Die waarheid wat die klimaatskonferensie in Kopenhagen bly ontwyk, is nie dat die weer warmer of koeler raak nie, maar dat die mensdom die wêreld oorbevolk.

So lui ‘n berig in een van Kanada se grootste dagblaaie, die Financial Post .

‘n Planetêre wet, soortgelyk aan China se een-kind-beleid, is die enigte uitweg om die katastrofale globale geboortekoers van een miljoen geboortes elke vier dae, om te keer.

Die aarde se ander spesies, plantegroei, hulpbronne, oseane, watervoorraad en atmosfeer is besig om ten gronde te gaan as gevolg van hemelhoë menslike reproduksie.

Ironies is China, die land se vuil steenkoolaanlegte ten spyt, die wêreldleier in terme van beleid wat omgewingsdegradasie die beste bekamp deur ‘n een-kind-beleid.

Indien die beleid wêreldwyd toegepas word, sal die aarde se bevolking afneem van die huidige 6.5 miljard tot 5.5 miljard teen 2050, volgens ‘n wetenskaplike studie wat aan Wene se Instituut vir Demografie onderneem is.

Teen 2075 sal daar 3.43 miljard mense op die planeet wees. Dit sal ‘n daadwerklike verskil aan die bestaan van ander spesies, oseane, atmosferiese kwaliteit en woude asook lewenstandaarde meebring.

Indien niks gedoen word aan geboortegroei nie, sal die aarde ‘n onvolhoubare bevolking van nege miljard teen 2050 moet dra.

Mense is veronderstel om die enigste rasionele diere te wees, maar moet dit egter nog bewys. Mediese en wetenskaplike vooruitgang het laer babasterftes en langer leeftye tot gevolg gehad. Alhoewel dit verwelkom moet word, kan die aarde net soveel mense dra as dit by speoltoilette en voertuie kom.

Die oplossing is maklik en eenvoudig en dit is dramaties. En die wêreldleiers het dit nie eens op hulle agenda geplaas in Kopenhagen nie.

In plaas van oplossings sal daar fotosessies, warm lug, armbultery en derglike oor klimaatswetenskap en klimaatsbedrog wees. Groot windplase sal aangekondig word en allerlei subsidies.

Nie een daarvan sal vrugte dra tensy die Chinese oplossing van een kind geld nie. Ongelukkig is daar magtige opponente wat die idee betref. Leiers van die wêreld se fundamentalistiese godsdienste preek voortplanting en is geweldig gekant teen geboortbeperking.

Die meeste leiers in ontwikkelende lande perpetueer ‘n kranksinnige Catch-22 situasie waar hulle kinders nie van ‘n maatskaplike veiligheidsnet of ekonomiese welvaart kan voorsien nie, wat juis beskerming en vooruitgang snoeker.

China het gewys dat geboortebeperking ‘n slim beleid is. Die middelklas groei, inwoners het almal huise, gesondheidsorg, opvoeding en kos.

Vir diegene wat dink dis aaklig dat regerings gesinsgetalle beheer, gaan ‘n verrassing aanbreek die dag as daar twee keer soveel woestyn as landbougrond is, die Amazone verdwyn het, olifante weg is en oorloë oor water, skaars kommoditeite en ruimtelike behoeftes gevoer word.

Die punt is dat Kopenhagen nie die punt is nie.

Dis trouens heeltemal irrelevant. Al wat uiteindelik sal tel is krimpende bevolkings wat hul gemors opruim en gedwing word om te bespaar.

 

светильники mdmлобановский александр отзывы

Oorlogs- of Vredespresident?

Toe president Barack Obama as Nobelvredspryswenner in Oktober aangekondig is, het sommige die hoop uitgespreek dat dit die president, wat nog geen vinger ter bevordering van vrede geroer het nie, in die rigting van vrede sal stuur.

Die vredesprysseremonie kom net nege dae nadat Obama aangekondig het dat hy ‘n massiewe eskalasie in die Afghaanse oorlog beplan. Die ironie van die gebaar was op niemand verlore in Oslo nie, selfs nie eens die president nie.

“Die president verstaan en sal weer erken dat hy nie in dieselfde geselskap hoort as Mandela en Moeder Theresa nie,” het sy woordvoerder Robert Gibbs gesê.

President Obama het gedurende sy toespraak van 36 minute gesê dat sy jongste besluit om die konflik in Afganistan te laat eskaleer, geregverdig is omdat die wêreld beskerm moet word van “terrorisme en ekstremisme”.

Dit was ‘n toespraak wat die gehoor graag wou hoor. Dit was vol oplugting alhoewel hy benewens Afghanistan ernstige kwessies soos die Midde-Ooste, Iran en Noord-Korea ook genoem het. Obama het egter nie na sy teenkanting teen die verbod op landmyne verwys nie.

‘n Noorweegse koerant, Dagbladet, het ‘n foto van Obama op die voorblad gehad met ‘n reuse opskrif wat lui: “Krigs- Eller Freds-President?”, wat vertaal beteken, “Oorlogs- of Vredespresident?”

Tydens die seremonie in die stadsaal van Oslo is die staatshoof formeel begroet deur vorige pryswenners. Hy het gesê hy is diep dankbaar en verootmoedig deur die toekenning, die 108ste hierdie jaar. Hy het daarna toegegee dat dit ‘n voortydige gebaar mag wees.

“Dit sal nalatig van my wees as ek nie die aansienlike kontroversie wat julle vrygewige besluit uitgelok het, erken nie. Deels is dit omdat ek aan die begin staan, en nie die einde nie, van die take op die wêreldverhoog,” het Obama gesê.

“In vergelyking met sommige reuse in die geskiedenis wat hierdie prys ontvang het – Schweitzer en King, Marshall en Mandela – is my prestasies gering.”

Hy het bygevoeg dat die grootste kontroversie sekerlik die feit is dat hy ‘n land lei wat homself midde-in twee oorloë bevind.

Obama het nie verder uitgebrei oor sy besluit om 30 000 bykomende troepe na Afghanistan te stuur nie.

‘n Trompetgeskal het Obama se aantog na die majestieuse seremoniële kamer aangekondig waar ‘n gehoor van 1 000 mense hom ingewag het.

Sy rede is af en toe met applous onderbreek, ook toe hy gesê het die VSA “moet ‘n standaard in oorlogvoering bly voorstaan”. Hy het voortgegaan deur sy belofte te herhaal om die Amerikaanse gevangenisbasis by Guantánamobaai, Kuba, te sluit.

“Wat die foute ookal mag wees wat ons begaan het, die doodgewone feit bly dat die VSA gehelp het om globale veiligheid te onderskryf vir meer as ses dekades met die bloed van ons burgers en die krag van ons wapens.”

Obama het sy beleid van samewerking met onderdrukkers verdedig deur te sê Nixon se bande met China en Pous Johannes Paulus se bande met die Poolse kommuniste het hom voorafgegaan. “Die afwesigheid van hoop kan ‘n samelewing van binne laat verrot.” Hy het die bevrediging van basiese behoeftes as ‘n mensereg beskryf.

Hy het ‘n dwarsklap na klimaatskeptici gemik en gesê daar is ‘n breë konsensus oor aardverwarming onder wetenskaplikes.

Noorweërs was egter omgekrap toe hulle verneem het dat die president nie die tradisionele verrigtinge wat na afloop van die prys plaasvind, wou bywoon nie.

 

online casino bonusДанильченео

Polisie skiet man na argument

‘n 26-jarige man is Donderdag in Henneman in die Vrystaat doodgeskiet nadat hy glo in ‘n argument met ‘n polisieman betrokke geraak het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê.

Na bewering het die polisielid sy wapen uitgehaal terwyl hy en die kêrel in ‘n woordewisseling beland het. Hy het die man glo ses keer in die bolyf geskiet.

Volgens Moses Dlamini, woordvoerder vir die OKD, het die slagoffer op die toneel gesterf.

Die OKD is na die toneel gestuur om ondersoek in te stel. Met hulle aankoms was die polisielid reeds in hegtenis geneem en na die polisiestasie geneem.

Die verdagte sal Maandag in die landdroshof aansoek doen om borgtog.

 

керамические брекеты с прозрачной дугойалександр лобановский класс