Cronin glo nie dis Malema se dreigboodskappe nie

Jeremy Cronin, die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal, het Sondag gesê hy vind dit moeilik om te glo dat dreigboodskappe per SMS wat hy ontvang het van die ANC-jeugliga-leier Julius Malema af kom.

“Ek kan nie eintlik glo dat hulle van Julius Malema is nie, maar hulle is geteken ‘Julius Malema’. Ek vind dit moeilik om te glo dat hy [hulle] sal stuur,” het die SAUK Cronin aangehaal.

Die ANC-jeugliga kon nie vir kommentaar bereik word nie.

City Press het Sondag berig dat Malema ‘n dreig-SMS aan Cronin gestuur het ná ‘n vernederende verskyning van Malema by ‘n SAKP-konferensie.

 

 

casino games slots free downloadtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae