Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het ‘n dreigboodskap per SMS aan Jeremy Cronin, die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal, gestuur ná ‘n vernederende verskyning van Malema by ‘n SAKP-konferensie, het City Press Sondag berig.
“As jy dink jy het my ‘n les geleer, wag tot jy sien wat jou gaan tref,” het Malema glo vir Cronin per SMS laat weet nadat hy by die SAKP se konferensie in Polokwane uitgejou is.
City Press berig dat verskeie leiers binne die ANC en die SAKP die SMS bevestig het.
Cronin wou nie die dreigteksboodskap aan City Press bevestig nie en het net Malema se taalgebruik as “nogal ongeïnhibeerd” beskryf. “Ek ignoreer daardie soort ding.”
“Ons wil ‘n konstruktiewe verhouding hê, nie met die individue nie, maar met die ANC-jeugliga in die geheel,” het Cronin gesê.
Cronin en Malema het verlede maand ‘n vyandige woordewisseling gehad. Cronin het in die SAKP se nuusbrief gesê diegene wat wil hê myne moet genasionaliseer word, soos Malema, verstaan nie die ekonomie van die kwessie nie.
Malema het teruggeblits en Cronin as ‘n “wit messias” beskryf.
Nie die ANC-jeugliga of die SAKP kon vir kommentaar bereik word nie.
casino free gamesлобановский александр игоревич класс