‘n 26-jarige man is Donderdag in Henneman in die Vrystaat doodgeskiet nadat hy glo in ‘n argument met ‘n polisieman betrokke geraak het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê.
Na bewering het die polisielid sy wapen uitgehaal terwyl hy en die kêrel in ‘n woordewisseling beland het. Hy het die man glo ses keer in die bolyf geskiet.
Volgens Moses Dlamini, woordvoerder vir die OKD, het die slagoffer op die toneel gesterf.
Die OKD is na die toneel gestuur om ondersoek in te stel. Met hulle aankoms was die polisielid reeds in hegtenis geneem en na die polisiestasie geneem.
Die verdagte sal Maandag in die landdroshof aansoek doen om borgtog.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.