President Barack Obama het gesê sy besluit om nog 30 000 troepe na Afganistan te stuur, was die moeilikste wat hy tot dusver as president van die VSA moes neem.
Hy sê hy besef dat die besluit teegestaan word deur Amerikaners wat nou al moeg is vir die oorlog.
Dit sal egter binne ‘n jaar duidelik wees of die toename in soldate suksesvol was of nie.
Obama het bygevoeg dat sy teenwoordigheid by staatsbegrafnisse van oorlogsongevalle ‘n geweldige indruk op hom maak.
“Dit is my plig om seker te maak ek neem die regte besluite,” het hy gesê.
