praag.co.za

Iran kritiseer Obama

Iran het president Barack Obama gekritiseer oor “absurde opmerkings” en ‘n huldeblyk gebring aan vredesbetogers wat tydens sy aanvaardingstoespraak vir die Nobelprys vir vrede, oproer gemaak het.

Manouchehr Mottaki, minister van buitelandse sake het gesê “die Amerikaanse president het voortgegaan om absurde opmerkings gemaak omdat hy die situasie verkeerd ontleed”.

Hy het gewaarsku dat “Obama en die Amerikaners gevaarlike en komplekse gevolge in die gesig staar as hulle aanhou om die situasie verkeerd te verstaan as gevolg van foute wat die voormalige Amerikaanse president, George Bush, gemaak het”.

“Die Amerikaners moet leer om te luister en die realiteit van ander lande te verstaan,” het hy gesê.

Volgens Mottaki het Obama “halfgebakte opmerkings” gemaak oor die omstrede herverkiesing van pres. Mahmoud Ahmadinejad in Junie.

Maar kenners in sy administrasie het hom later “verhoed om verkeerde opmerkings vir ‘n ruk lank te maak”.

Obama, wat onderneem het om Iran te praat ten spyte van drie dekades van verbreekte bande, het verlede Donderdag in Oslo gesê Amerika sal altyd aan die kant staan van diegene wat vryheid soek, insluitend Iran.

“Ons sal die getuies wees…aan die honderde duisende wat vreedsaam deur die strate van Iran betoog het,” het Obama gesê.

Iranse leiers het die Westerse magte, veral Amerika en Brittanje, die skuld gegee vir die geweld tydens die herverkiesing van Ahmadinejad.

 

длядевочеклобановский александр биография

Comments

Leave a Reply