Suid-Afrika sal die eerste land in Afrika wees om graad-vier meisies in te ent teen servikskanker.
Jong meisies tussen 9 en 10 in die armste staatskole gaan voorsien word van ‘n baie duur entstof teen MPV.
Wêreldwyd is MPV die mees algemene seksueel oordraagbare infeksie in volwassenes en meer as 80% van Amerikaanse vroue sal ten minste een stam opdoen teen die ouderdom van vyftig.
Die meeste sterftes kom egter in ontwikkelende lande voor.
Die inentingsveldtog wat in Bloemfontein bekendgestel is, sal op die staat se koste onderneem word.
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die program sal ‘n deurslaggewende rol speel om serviks- of baarmoederkanker te verhoed.
Die gesondheids- en MIV-instituut van die Universiteit van die Witwatersrand sê die entstof kan sowat 70 persent van baarmoederkankergevalle wat deur die papilloomvirus veroorsaak word, verhoed.
Daar heers vrae oor die entstof Gardasil en sommige studies beweer die risiko’s word nie genoeg beklemtoon nie.
Die Universiteit van die Wes-Kaap se visekanselier en rektor, Porfessor Brian O’Connell, sê daar is ‘n verskuilde agenda agter studente wat eis dat hy bedank.
Die universiteit se studenteraad (SR) het dié week ‘n protesoptog gelei wat in geweld ontaard het. Swart studente met ANC en EFF-T-hemde het amok gemaak op die kampus.
Die voorval word deur die media asook die regering doodgeswyg.
Vroeër het die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, teen Noordwes-universiteit uitgevaar oor “Nazi-salute”, maar het nog geen sprook gesprak oor die grootskaalse intimidasie, geweld en vandalisme by UWK nie.
Die SR het ‘n beroep op O’Connell en die adjunk-visekanselier, Ramesh Bharuthram gedoen om hul poste te ontruim, weens “wanadministrasie”.
By ‘n mediakonferensie in Kaapstad, het O’Connell die onlangse geweld as jammer beskryf, en bygevoeg dat die SR interne prosesse kon gebruik het om sy griewe te lug.
“Ons het gewonder waarom sou die SR in Maart begin toyi-toyi en klasse ontwrig om ontslae te raak van die kanselier en visekanselier. Hoe sou dit ontslae raak van ons? Ons het nou tot die gevolgtrekking gekom dat dit veel dieper is as wat ons gedink het dit was, en dit is nie regtig ‘n SR-saak nie.”
Die Studenteraad sê studente het hulle ‘n mandaat gegee om O’Connell se onmiddellike bedanking te eis.
Die SR-president, Msingathi Kula sê, “wanadministrasie van fondse, onreëlmatige tenders wat toegeken is, nepotisme, oortreding van die Raadsreëls, chauvinisme en boelie van personeellede. Uiteindelik al daardie dinge is waaronder studente ly.”
Die groep oproerige swart studente het mede-studente aangeval, eiendom beskadig, klasse ontwrig en die universiteit tydelik tot stilstand gedwing.
Swart studente het glo mede-studente wat nie registrasiegelde kan betaal nie, aangehits om ‘n staking te reël. Die “staking” het vinnig hand uit geruk en die swart studente het hulself tot vernielsug, geweld en intimidasie gewend.
Die oproeriges het klasse binnegestorm, handgemeen geraak met studente wat wou lesings bywoon, studiemateriaal gevandaliseer, rekenaars en selfone stukkend gegooi en nie-stakende studente met die dood gedreig.
Een van die studente moes berading ontvang nadat sy erg deur die voorval getraumatiseer is.
Die swart studente het veral wit en bruin betalende studente aangerand.
‘n Nuwe politieke party, Front Nasionaal, het gister ná betaling van die deposito’s en inhandiging van kandidatelyste, formeel tot die verkiesingstryd toegetree. Die party sal op die nasionale lys vir die parlement, asook die provinsiale lys vir die Gautengprovinsie verskyn.
Front Nasionaal beywer hom vir Afrikaner- en ander minderheidskiesers waarteen die huidige Afrosentriese stelsel in Suid-Afrika diskrimineer.
Die leier van die party is mnr. Hannes Engelbrecht, ‘n joernalis van Potchefstroom en die onderleier dr. Dan Roodt, die bekende skrywer en politieke kommentator van Johannesburg.
Die party is verbind tot die herstel van Afrikanersoewereiniteit en die terugkeer van eie skole, universiteite, gesondheid, bejaarde- en kindersorg, asook veiligheid. In die party se verkiesingsmanifes word die volgende geëis:
die onmiddellike afskaffing van alle rassistiese en chauvinistiese wetgewing wat ons burgerskap van die huidige eenheidstaat aantas;
dat ‘n moratorium op die verengelsing van Afrikaanse skole geplaas word;
dat twee of meer universiteite tot hul vorige voertaal, Afrikaans, herstel sal word en;
tesame met die Afrikaanse skole aan ‘n komitee of raad van Afrikaners oorgedra sal word, met ‘n begroting om vir die bestuur en befondsing van ons onderwysinstellings voorsiening te maak.
Sedert die party se bekendstelling, heers groot opgewondenheid onder opposisiekiesers omdat daar nou uiteindelik ‘n beweging bestaan wat onbeskaamd vir hul regte veg.
Front Nasionaal is gekant teen grondhervorming en staan ekonomiese vryheid met minder staatsinmenging voor.
“Steun vir ons party is besig om eksponensieel toe te neem,” sê dr. Dan Roodt. “Te veel kompromieë is reeds deur ander opposisiepartye aangegaan, terwyl die land sienderoë, veral op munisipale vlak, agteruitgaan.”
Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrika se adjunk-president wees na die verkiesing as die ANC wen en sal getaak word met die bestuur van Afrika se grootste ekonomie .
Die regering beplan om die Nasionale Ontwikkelingsplan ten uitvoere te bring.
President Jacob Zuma sal Ramaphosa, 61, in beheer plaas van die Nasionale Ontwikkelingsplan wat hy help opstel het.
Die plan sal blykbaar 11 miljoen nuwe werkgeleenthede skep teen 2030, met minder beperkings op sakebedrywighede en die uitbreiding van die spoorweë en hawens om uitvoere te verhoog .
In 1982 Ramaphosa was die mede-stigter van die National Union of Mineworkers, Suid-Afrika se grootste vakbond en lid van die vakbond Cosatu .
Hy het die onderhandelingspan van die African National Congress teen die ou Nasionale Party-regering gelei.
Hy homself toegewy aan sy sakebedrywighede nadat Thabo Mbeki die pos as adjunk-president onder Mandela ingepalm het.
Die ANC het in Desember 2012 Ramaphosa as sy adjunk leier verkies nadat Jacob Zuma se leiding vir ‘n tweede termyn van vyf jaar goedgekeur is.
Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, sê Suid-Afrika se besluit om diplomate van DRK-buurlande uit die land te sit, was geregverdig.
Radebe het die media in die Parlement toegespreek oor die onlangse diplomatieke onderonsie met Rwanda.
Suid-Afrika het drie Rwandese diplomate en een van Burundi die deur gewys, omdat daar bewyse was dat hulle by misdaad betrokke was, sê Radebe. Volgens hom was die indiwidue by onwettige bedrywighede betrokke.
Omdat hulle diplomatieke immuniteit geniet, kon die vier nie in hegtenis geneem word nie.
Rwanda het in reaksie ses Suid-Afrikaanse diplomate uit die land gesit.
Dié diplomatieke voorval volg nadat die voormalige Rwandese intelligensiehoof, Patrick Karegeya, in Desember in Suid-Afrika vermoor is.
‘n Week gelede was daar ‘n aanslag op die huis van nog ‘n Rwandese uitgewekene, die voormalige weermaghoof, Kayemba Nyamwasa.
Radebe het egter gesê diplomatieke betrekkinge met Rwanda is nog steeds op koers ten spyte van die stappe wat teen die onderskeie lande se diplomate geneem is.
Ingevolge die grondwet moes die regering teen hulle optree, het Radebe gesê.
Die hoop is gekelder dat wrakstukke van die vermiste vliegtuig van vlug MH370 van Kuala Lumpur in Maleisië gevind is, het RSG berig.
‘n Skrale hoop het opgevlam dat ‘n leidraad in die see opgespoor is, wat die deurbraak sou kon verskaf.
China het satellietbeelde gepubliseer wat moontlik wrakstukke is van die passasiersvliegtuig wat Saterdag onderweg na Beijing spoorloos verdwyn het.
Die drie voorwerpe is in die see aan die suide van Viëtnam en oos van Maleisië gevind. Daar is egter geen bevestiging dat dit dele van die vermiste Boeing 777 is nie. Daar was 239 mense aan boord.
Ná ‘n soektog wat reeds byna ses dae lank duur, het Chinese satellietbeelde vreemde drywende voorwerpe in die see getoon, na aan die plek waar die vliegtuig se kommunikasie verbreek is.
Viëtnamese en Maleisiese soekvliegtuie kon egter niks in die omgewing kry nie.
Amerikaanse ondersoekers beweer intussen dat die vliegtuig nog vier uur in die lug was, nadat sy laaste bekende bestemming opgeteken is.
Dit veroorsaak dat die internasionale soekspan steeds in die duister is oor die lot van die 239 passasiers aan boord.
Die wetsontwerp op Eiendomswaardasie is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur wat die beginsel van gewillige koper/verkoper sal prysgee.
Die maatreël het glo ten doel om “buitensporige grondpryse” te verhoed, maar die gees daarvan is anti-wit.
Wit grondeienaars sal voortaan op grond van hul ras gedwing word om afstand te doen van hul plase en eiendom wat oor geslagte lank ontwikkel is weens die “skuld van die verlede”.
Hierdie oordrag sal danksy die wetsontwerp ten nadele van die huidige wit eienaars geskied.
Kenmerkend reeds van die Groenskrif op Grondhervorming is dat die onteiening gerig is “teen blankes wat grond gesteel het”.
Die doel van die wetsontwerp is oënskynlik om aan die regering die geleentheid te gee om grond vir grondhervorming teen “billike pryse” te bekom.
‘n Kantoor van die Waardeerder-generaal sal geskep word om die “waarde” van grond vas te stel wat die regering vir herverdelings-of hersteldoeleindes wil aankoop.
Die Waardeerder-generaal se verantwoordelikhede sal wees om “finansiële vergoeding na afloop van onteiening [te bepaal] ingevolge die Wet op Onteiening.”
Volgens artikel 25(2)(b) van die Grondwet, kan “[e]iendom slegs ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word – onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word, aanvaar is, óf deur ’n hof bepaal of goedgekeur is.”
Die regering se inmenging in die vasstelling van grondpryse is dus strydig met vrye mark-beginsels en gesonde ekonomiese bestuur soos in die Grondwet vervat.
Tans bestaan geen eiendomsreg of huurbesit van boere in die tradisionele tuislande ten opsigte van grond nie.
Die swart bevolking het met ‘n verstommende 920% sedert 1913 toegeneem, hoofsaaklik te danke aan ‘n oorvloed kos wat deur wit boere en Westerse infrastruktuur voorsien is.
Suid-Afrika se wit bevolking het byna geen groei getoon nie vanaf 1913 nie. Van die 1,2 miljoen blankes destyds is daar ‘n 100 jaar later slegs 3,4 miljoen in die land.
Ten minste 1 miljoen blankes het reeds gevlug sedert die begin van die swart regering in 1994 en ‘n geskatte 70.000 blankes is reeds vermoor deur swart rassistiese moordbendes in ‘n etniese suiweringsveldtog, waarvan ten minste 4000 wit boere en hul familielede in landelike gebiede.
Die wetsontwerp sal nou na die Nasionale Raad van Provinsies gestuur word vir goedkeuring.
Johannesburg was die mees aktiewe Twitterstad in Afrika oor die laaste drie maande van 2013 het ‘n studie oor twieters aangedui.
Johannesburg is nommer een met 344.215 twiete, gevolg deur Ekurhuleni met 264.172 en die Egiptiese hoofstad Kaïro met 227.509, het die kommunikasie-agentskap Portland in ‘n verklaring gesê.
Durban is vierde met 163.019 twiete en Alexandrië, ook in Egipte, was vyfde met 159.534.
Twitter-aktiwiteit in Afrika het ‘n hoogtepunt bereik op die dag oud-president Nelson Mandela se afsterwe op 5 Desember.
Sokker bly egter by verre die gewildste onderwerp op Twitter in Afrika, met Mandela se dood reeds vergete. Politieke onderwerpe is beperk en sny nie oor grense nie.
Engels, Frans en Arabies was die mees algemene tale op Twitter in Afrika , wat vir 75,5 % van die totale twiete tel, terwyl Zoeloe, Swahili, Afrikaans, Xhosa en Portugees die tweede meeste groep verteenwoordig.
Dinsdae en Vrydae was die mees aktiewe twieterdae. Twitteraktiwiteit styg geleidelik deur die middag en aand, met die piekvolumes om 09:00.
Die koningshuis van Koning Goodwill Zwelithini in KwaZulu-Natal het meer as R54 miljoen vir die nuwe geldjaar gekry. Die bedrag is minder as in die vorige boekjaar.
Die provinsie se R90.5 miljard begroting se toewysing van die nasionale regering het met R1 miljard in 2013-14 gekrimp as gevolg van ‘n laer bevolking wat in die laaste sensus aangedui word.
Die LUR vir Finansies in die provinsie, Ina Cronje sê die geld sal deur die koning aangewend word vir sy deelname aan staatseremonies en die aanbied van tradisionele feeste soos die Eerste Vrugtefees en die Rietdansseremonie.
Cronje sê daar is voorsiening gemaak vir nasionale en internasionale reise. Die begroting sluit ook die aanplanting van gewasse en veeteling in
KwaZulu-Natal is Suid-Afrika se tweede grootste in terme van die grootte van sy ekonomie.
Sedert 2010 het KwaZulu-Natal ‘n gesonde bankbalans gehandhaaf.
Die besparingsmaatreëls wat vroeër deur Cronje, LUR vir finansies aangekondig is, sluit ‘n moratorium op nie-kritieke poste, ‘n hersiening van die personeelorganogramme, beperkte oorsese en lugvervoerreise, verlaagde motorvoertuigverhuringsklasse, en amptenare wat so veel as moontlik op oornaghotelbesprekings bespaar.
Cronje het spyseniering vir vergaderings gestaak, en jaareindefunksies moet nou deur personeel self betaal word, terwyl alle promosiehemde, -pette en -sakke gestaak is.
Die koning sal reise nasionaal en in die buiteland onderneem as ‘n ambassadeur vir KwaZulu-Natal.