Vlug MH370 het spoorloos verdwyn

MH370Die hoop is gekelder dat wrakstukke van die vermiste vliegtuig van vlug MH370 van Kuala Lumpur in Maleisië gevind is, het RSG berig.

‘n Skrale hoop het opgevlam dat ‘n leidraad in die see opgespoor is, wat die deurbraak sou kon verskaf.

China het satellietbeelde gepubliseer wat moontlik wrakstukke is van die passasiersvliegtuig wat Saterdag onderweg na Beijing spoorloos verdwyn het.

Die drie voorwerpe is in die see aan die suide van Viëtnam en oos van Maleisië gevind. Daar is egter geen bevestiging dat dit dele van die vermiste Boeing 777 is nie. Daar was 239 mense aan boord.

Ná ‘n soektog wat reeds byna ses dae lank duur, het Chinese satellietbeelde vreemde drywende voorwerpe in die see getoon, na aan die plek waar die vliegtuig se kommunikasie verbreek is.

Viëtnamese en Maleisiese soekvliegtuie kon egter niks in die omgewing kry nie.

Amerikaanse ondersoekers beweer intussen dat die vliegtuig nog vier uur in die lug was, nadat sy laaste bekende bestemming opgeteken is.

Dit veroorsaak dat die internasionale soekspan steeds in die duister is oor die lot van die 239 passasiers aan boord.

11 thoughts on “Vlug MH370 het spoorloos verdwyn”

  1. Terroriste sal baie graag wil weet hoe om ‘n vliegtuig te laat verdwyn. Miskien soek hulle net op die verkeerde plek. Sedert AF447 in die Atlantiese osean geval het, was daar sprake van ‘n nuwe real-time status versending apparatus vanaf vliegtuie wat iets soos $60k sou kos – lyk my daar het niks van gekom nie.

  2. Vanmore op Jakaranda se nuus sê hulle Malysië het nou hulle toordokters ingebring om die vliegtuig te vind!! MENSE DAAI VLIEGTUIG IS NOU MOERTOE! As hy no êrens was is hy nie meer nie! ek verstaan die Malsiërs (toring) kon nie eens sê in watter rigting die vliegtuig gevlieg het nie. Nou het die koerante ‘n Suid Afrikaner (blonde) uitgekrap wat glo verlede jaar in die vliegkajuit saam met die einste vliënier gerook en kuier het terwyl hulle gevlieg het! Pluk hulle die man uitmekaar voor hulle nog lyf gevind het om te pluk! Ai die mensdom!

  3. Daar is baie visserigge dinge rondom hierdie vlug – Niemand weet regtig waarheen dit oppad was nie. Die posisie senders het ophou werk midde vlug en dit was nog sigbaar op die radar – blykbaar het dit ook nie gevlieg waar dit veronderstel was nie ens ens ens

    Ons sal maar moet wag vir wat daar gebeur het – seker apartheid se skuld.

  4. In die lig van onruste oral oor die wêreld en die ope vraag of ons WOIII nader, wonder ek of hierdie miskien die een of ander toetslopie was vir ‘n nuwe wapen? Kan ons nkandla teiken asb., verkieslik wanneer die lot tuis is? Niemand gaan agterkom die president doen niks nie.

      1. Daar is ‘n berig op rense.com wat die storie aan die kaak stel. Die vraag is hoekom word dit verswyg. Vir dieselfde rede wat die Titanic se keldering verswyg was. Daar was op die Titanic ‘n klomp here wat teen die stigting van die Federal Reserve van die VSA was was. Die res is geskiedenis…………maar nie die waarheid nie.

Maak 'n opvolg-bydrae