praag.co.za

Johannesburg is Afrika se top-Twitterstad

twitter2Johannesburg was die mees aktiewe Twitterstad in Afrika oor die laaste drie maande van 2013 het ‘n studie oor twieters aangedui.

Johannesburg is nommer een met 344.215 twiete, gevolg deur Ekurhuleni met 264.172 en die Egiptiese hoofstad Kaïro met 227.509, het die kommunikasie-agentskap Portland in ‘n verklaring gesê.

Durban is vierde met 163.019 twiete en Alexandrië, ook in Egipte, was vyfde met 159.534.

Twitter-aktiwiteit in Afrika het ‘n hoogtepunt bereik op die dag oud-president Nelson Mandela se afsterwe op 5 Desember.

Sokker bly egter by verre die gewildste onderwerp op Twitter in Afrika, met Mandela se dood reeds vergete. Politieke onderwerpe is beperk en sny nie oor grense nie.

Engels, Frans en Arabies was die mees algemene tale op Twitter in Afrika , wat vir 75,5 % van die totale twiete tel, terwyl Zoeloe, Swahili, Afrikaans, Xhosa en Portugees die tweede meeste groep verteenwoordig.

Dinsdae en Vrydae was die mees aktiewe twieterdae. Twitteraktiwiteit styg geleidelik deur die middag en aand, met die piekvolumes om 09:00.

 

Comments

5 responses to “Johannesburg is Afrika se top-Twitterstad”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Almal sit by die werk en twiet (0900) eerder as om iets nuttig te doen – gaats laat ek my mond hou en werk.

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    DHN_March_13_2014&utm_medium=email&utm_term=0_a86f25db99-5143e468df-130043637

    China-ANC alliance a threat to media freedom in SA

    Paul Trewhela

    12 March 2014

    Paul Trewhela on the disturbing implications of the Sekunjalo
    consortium’s takeover of the Independent newspaper group

    The Communist Party of China – the ruling party of a totalitarian state in
    the second biggest economic power in the world – has taken a 20 percent stake in
    the second biggest press corporation in South Africa.

    According to a statement
    of the Competition Commission on 16 August last year, a first acquiring firm is
    Sekunjalo Independent Media
    (Pty) Ltd, a private firm incorporated in South Africa. A second acquiring firm,
    Newco, is “a newly formed entity to be incorporated in the Republic of
    Mauritius.” The announcement continues: “In the Shareholders Agreement entered
    between China International Television Corporation (“CITVC”) and China Africa
    Development fund (“CADF”), it is indicated that Newco shall be called Interacom
    Investment Holdings Limited.”

  3. Willy Avatar
    Willy

    Gelukkig is dit twiets en nie hoeveel keer forumgebruikers op die forums is ss waarvan ek seker die top drie sal haal haha.

  4. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    m.a.w. die meeste Twits bly in Johannesburg

Leave a Reply