Die stemmery het begin in vandag se algemene verkiesing in België, met Vlaamse separatistiese partye wat sterk staan en vrese aanwakker dat die land langs sy taalgrens gaan skeur.
Die onafhanklikheidsgesinde NVA wat deur die 39-jarige Bart de Wever gelei word, gaan na verwagting 25 persent van die stemme in België se ryker Nederlandssprekende provinsie, Vlaandere, ontvang, volgens meningspeilings wat in aanloop tot die verkiesing gedoen is.
As ander saparatistiese groepe soos die Vlaams Belang hierby gevoeg word, verwag politieke ontleders dat ten minste 40% van Vlaminge vir afstigting in ‘n eie staat gaan stem, iets wat die federalistiese politici in die armer Franssprekende streek van Wallonië nie aanstaan nie. Die Wale is in ‘n groot mate ontvangers van uitkerings onder die Belgiese welvaartstelsel en loop gevaar om hul lewenstandaard te verlaag indien die Vlaminge van die land sou wegbreek. Vlaminge betaal 80% van die belastings in België.
Die twee taalgroepe gaan meer as die gewone stel probleme ervaar as daar ‘n koalisieregering saamgestel moet word in ‘n land waar slegs die hoofstad Brussel amptelik tweetalig is.
Ná die algemene verkiesing in 2007 het dit maande geneem om ‘n regering saam te stel. Ontleders vrees dat enige herhaling van dié gebeure tot verdere radikalisering kan lei en die uiteindelike skeuring van die land op die spits kan dryf.
Om te stem is verpligtend vir die 150 parlementêre setels in die land van 10,5 miljoen mense, waarvan 60 persent Vlaams is. Geen Vlaamse party probeer nasionaal, d.w.s. oor die taalgrens heen, steun werf nie.
Die stembusse sluit om 3.00 nm. waarna die eerste uitslae binne drie ure verwag word.

Terwyl Rapport en ander koerante vandag die lof van die wêreldsokkerbeker en sy Afrosentriese openingseremonie besing, staan die res van die wêreld meer krities teenoor die land. Tydens ‘n program wat op die Franse TV-kanaal Télé 1 uitgesaai is, het die vermaarde historikus en Afrikakenner Bernard Lugan Suid-Afrika as “‘n land wat deur ‘n grotendeels korrupte swart elite regeer word” beskryf.
By die nuwe kragstasie wat deur Eskom by Medupi gebou word, kry swart werkers elke dag verniet kospakkies vir ete.
Die Zimbabwiese president Robert Mugabe gaan een van ongeveer 20 staatshoofde uit Afrika wees wat vanmiddag se openingswedstryd van die wêreldsokkerbeker gaan bywoon, het die regering gister aangekondig.
Die liberale party, die VVD van mnr. Mark Rutte, het gister tydens parlementêre verkiesings die grootste party in Nederland met 31 setels geword. Voorlopige uitslae dui ook daarop dat die nuweregse PVV (Partij voor die Vrijheid) van mnr. Geert Wilders het ‘n groot sprong na vore gegee het vanaf 9 setels in die vorige parlement na 24 in die huidige.
“Hulle maak herhaaldelik misbruik van die regte waarvoor die bevrydingsbeweging geveg het ten einde ons aandag van ernstige kwessies rondom die ekonomiese emansipering van die swart meerderheid en Afrikane in die besonder af te lei. Ons word nooit geskud nie.