Die Zimbabwiese president Robert Mugabe gaan een van ongeveer 20 staatshoofde uit Afrika wees wat vanmiddag se openingswedstryd van die wêreldsokkerbeker gaan bywoon, het die regering gister aangekondig.
Mugabe is onderworpe aan ‘n reisverbod na die Europese Unie en die Verenigde State, maar Suid-Afrika het besluit om hom tesame met elke ander staatshoof vir die aanvang van die eerste wêreldbeker op Afrikabodem uit te nooi.
Die direkteurgeneraal van die departement van internasionale verhoudinge en samewerking, Ayande Ntsaluba, het gesê: “Suid-Afrika het elke Afrikastaatshoof vir die opening uitgenooi om ons dankbaarheid vir hul ondersteuning te toon en om die Afrika-aard van dié gebeurtenis te beklemtoon.
“Daar mag drie meer wees wat nog op ons uitnodigings gaan reageer, maar by hierdie punt beskik ons oor 20 bevestigings.
“Presidente Robert Mugabe en Mwai Kibake van Kenia sal as staatshoofde die wedstryd bywoon.”
Sowel Mugabe as Kibake is deur die Westerse druk gedwing om eenheidsregerings te aanvaar met hul tradisionele mededingers wat as eerste ministers in hul regerings dien.
Ntsaluba het gesê dat die Zimbabwiese eerste minister Morgan Tsvangirai en sy Keniaanse eweknie “as vooraanstaande Afrikane uitgenooi is”, maar het nie hul bywoning bevestig nie.
Die leiers van Madagaskar, Guinee en Niger is nie uitgenooi nie omdat hulle deur staatsgrepe aan die mag gekom het.l
