By die nuwe kragstasie wat deur Eskom by Medupi gebou word, kry swart werkers elke dag verniet kospakkies vir ete.
Daar was ‘n ooreenskoms met Eskom dat werkers geregtig sal wees op ‘n warm maaltyd.
Een van die subkontrakteurs, MPS-JV, se mense is nou moeg vir hulle “afskeepkos” en hulle het aan die begin van die week op die bestuur afgestorm en hulle kantore met kos begin gooi!
Dit gee ‘n mens ‘n idee van hoe Eskom met hulle begrotings handel. Duisende werkers by Medupi kry gratis kos, gratis verblyf, gratis vervoer en allerlei ander voordele.
In die lig van 900 000 mense wat verlede jaar hulle poste moes ontruim en wonder waar die volgende maaltyd vandaan kom, moet die toestand by die aanleg se konstruksieterrein die belastingbetaler tot kommer stem.
