Mandela het elekrisiteitskrisis veroorsaak

BHP Billiton se Hillside- en Mozal-aluminumsmelters is van die grootste ter wereld, en wanneer op vol kapasiteit, verbruik 10% van Suid-Afrika se krag.

Meneer Mandela het die openingstoespraak van die Hillside-smelter gelewer, en ook die uitvoer van goedkoop krag na die daaropvolgende aluminiumsmelter in Mosambiek, sy vrou se tuisland, moontlik gemaak.

Aangesien die smelt van aluminiumerts groot hoeveelhede elektrisiteit verbruik, maak sulke smelters grotendeels gebruik van "gratis" hidro-elektiese krag, of alternatiewelik spotgoedkoop gaskrag in Midde-Oosterse lande.

Australië wek soos Suid-Afrika 90% van sy krag met steenkool op, maar nogtans is dit vir BHP Billiton beter om hulle Australiese aluminiumerts na die anderkant van die aardbol, na Hillside en Mozal te stuur, eerder as om dit in Australië waar die erts gemyn word, self te smelt. Vanaf Suid-Afrika en Mosambiek word die meeste van die Australiese aluminium dan weer terug versend na die anderkant van die aardbol, en in China en Suidoos-Asië verkoop.

Die rede vir bogenoemde is dat die gesofistikeerde elektrisiteitskontrakte vir aluminiumsmelters van ingevoerde Australiese erts, gebasseer is op kommoditeits-marksiklus-klousules, wat die gemiddelde langtermynkoste van die krag goedkoper maak as die produksiekoste daarvan. Vandag is daardie kontrakkrag selfs goekoper as die materiaalkoste van steenkool uit nuwe myne, wat benodig word om meer krag op te wek. Waarde word dus vernietig, soos weerspieël in die onlangse R9,5 miljard-verlies deur Eskom.

Meer krag en nuwe kragstasies is nodig om Suid-Afrikaners se lewenstandaard te verbeter, en veel meer van Suid-Afrika se eie inheemse chroom-, mangaan- en platinumertse op plaaslike bodem te smelt, sodat die waardetoevoeging van ons plaaslike primêre mynprodukte ter plaatse plaasvind. Tans word miloene tonne Suid-Afrikaanse chroom- en mangaanerts jaarliks uitgevoer, weens 'n tekort aan krag. Suid-Afrika beskik oor ongeveer 80% van die aarde se ekonomies ontginbare chroom en mangaan, genoeg om aan elke Suid-Afrikaner 'n permanente en formele werk te verskaf, sou meer waarde tot hierdie plaaslike primêre produkte voor uitvoer bygevoeg word. 

Dit was presies die versiende meneer Mandela se uitgesproke bedoeling met die opening van Hillside, Mozal in Mosambiek, en die omstrede komende Coega-aluminiumsmelter in die Oos-Kaap: "By using energy generated from our abundant supplies of coal to produce aluminium, the smelter will contribute to the drive to add more value to our primary products before export."

Die vraag moet dus nou gevra word: is meneer Mandela mislei? Meneer Mandela is nie 'n myner nie. Is hy eerlik ingelig dat Suid-Afrika glad geen aluminiumerts het nie, en dat die miljoene der miljoene tonne uitheemse aluminiumerts al die pad van ver, van die Engelse Australië ingevoer sou word? Om daarna weer weggeneem te word vir werkskepping in China en ander mededingerlande?

Dít terwyl Australië genoeg steenkool het om sy eie aluminiumerts te smelt, maar dit nie doen nie, omdat Suid-Afrika se steenkool vir die smelt van Australiese aluminium, benede Eskom-produksiepryse verbrand word, sodat arm Suid-Afrikaanse verbruikers en voorheen benadeelde belastingbetalers die verliese moet betaal. Vergelyk dit – Suid-Afrika se armoede – met die mens Marius Kloppers se BHP-Billiton-salaris en ryk Australië se Bruto Binnelandse Produk, wat danksy aluminiumsmeltery deels ry op die rug van 'n arm Suid-Afrika se ontginbare hulpbronne.

Bobby Godsell van Eskom gaan nou met BHP-Billiton, Mitsubishi en die Mosambiekse regering gesels oor hulle geldige dog sondige kragkostekontrakte. As vakbonde van steenkoolmyne en Eskom beloof om Bobby by te staan met 'n nasionale regstellende aksie indien nodig, sal die oorsese aandeelhouers van Hillside en Mozal dadelik redelik wees en hulle hoogs intelligente Londen-Metaal-Beurs-gekoppelde kontrakte wettig en vrywillig opskort.

Dis beter dat twee smelters verliese maak of ly, as 'n hele land. Tans is 10% van elektrisiteitsverbruik verantwoordelik vir 90% van Eskom en die Suid-Afrikaanse belastingbetaler-verbruiker se verliese. Dié mensgemaakte situasie is wettig en regsgeldig, maar in die geheel gesien nie volhoubaar en moreel nie. Meneer Mandela se goeie bedoelings met plaaslike primêre mynprodukte, sowel as sy Mosambiekse bande, is miskien in die verlede misbruik. Die gebore Suid-Afrikaner Marius Kloppers kry nou die geleentheid om die openbare persepsie reg te stel, maar sonder die ondersteuning van Suid-Afrikaanse vakbonde gaan hy selfs as genie sukkel om Suid-Afrika se landsbelang bo dié van BHP-Billiton te stel.

посуда для детейФильчаков прокурор

Jansen veroorsaak rassespanning

Prof. Jansen wil nou regtig nog verdere rassespanning veroorsaak met geforseerde integrasie. Integrasie en die ontkenning van Afrikaans veroorsaak meer geweld/rassekonflik tussen wit en swart studente en die natuurlike vermindering van wit studente wat inskryf by KOVSIES wat ook sy slaagsyfer drasties gaan laat daal.

Weereens 'n onnosele bruine wat na die ANC se pype dans.

вопросы на полиграфе при поступлении в мвдФільчаков Олександр Васильович

SANW laat rooi ligte flikker

Die onwettige SANW-betoging op Woensdag 26 Augustus, is kommerwekkend. 'n 'Weermag' wat die staatsgesag (wat hy veronderstel is om te beskerm) uitdaag, laat rooi ligte flikker. En dit nogal teen 'n Hooggerregshofbevel. Om nie te praat van die ongelooflike gebrek aan dissipline nie – waar was die militere polisie?

Gelukkig is dit nie soldate in die ware sin van die woord wat die Uniegebou bestorm het nie; die SANW se MK-kern se "krygsondervinding" is beperk tot lafhartige sluipaanvalle op sagte, nie-terugvegtende teikens. Toe die handjie vol SAPD-lede op hulle skiet, het hulle weggehol soos wat mens sou kon verwag.

Dit word al duideliker dat die SANW 'n Vigs-besmette, ongedissiplineerde gewapende gepeupel is wat nie die naam van weermag werd is nie.

купить готовую банюДанильченко Юрий Харьков

Vlak van debat op Beeld en op Praag

Ek kyk na Praag se webblad en daar is benewens die jongste nuus oor 'n wye verskeidenheid sake, ook 'n interessante en inligtende debat tussen Johann Wingard en Buks van Rensburg oor biotiese en abiotiese olie en die moontlikheid van verdere ontdekkings.

Ek kyk na Beeld  en die hoofdebat gaan oor Habana 'n verraaier is of nie oor hy glo WP toe skuif. En al die foto's en feitlik al die berigte op die eerste drie bladsye gaan oor swartes.

Een raai na watter nuusblad ek my eerder wend. 

Ns, Hierdie brief is onveranderd na sowel Praag as Beeld gestuur.

печиФільчаков прокурор

Jaap Steyn vs J Jansen

So 'n week of twee gelede het daar 'n artikel deur Jonathan Jansen in Die Volksblad verskyn waarin hy op sy gewone arrogante manier uitgewei het oor hoe hy UV gaan regruk en sommer so in die ry 'n paar Afrikaners op ewe tipiese tref-en-trap-styl platgeloop het. Jaap Steyn het onmiddellik daarop gereageer in 'n brief wat die volgende dag in Volksblad verskyn het. As ek reg onthou het Praag prof Steyn se brief ook op sy webnuusblad geplaas.(Dankie daarvoor).

Eers 'n dag of drie later – en beslis nadat Steyn se brief in Volksblad verskyn het – is Jansen se artikel in Beeld gepubliseer. Maar tot hede het prof Steyn se reaksie in Volksblad nie Beeld se kolomme gehaal nie. Maw Beeld se lesers – heelwat meer as die van Volksblad – is totaal onbewus van hoe deeglik Jansen op sy plek gesit is.

Dit is 'n vaste gebruik van Naspers dat van sy rubriekskrywers ook in ander koerante in die stal gesindikeer word. So gebeur dit dikwels dat artikels van Jan-Jan J wat in Die Burger verskyn ook in Beeld gedruk word, maar nie noodwendig dieselfde dag nie.

Maar reaksie op derglike rubrieke – en veral skerp kritiek soos in die jongste geval – verskyn slegs in die koerant aan wie dit gestuur word. Die reaksie word nie "gesindikeer" nie. Dit laat na my mening 'n vraag ontstaan rondom die joernalistieke etiek van hierdie soort praktyk. As oud-koerantman het ek 'n probleem daarmee dat 'n mening gesindikeer word, maar nie kritiek daarop nie.

Ek wou Beeld hieroor aanvat, maar Beeld publiseer nie meer briewe van my nie – selfs nie eens in gevalle waar ek na my mening 'n reg op repliek het – soos onlangs gebeur het met duidelike verwysings na menings van my wat Isak Burger in sy gereelde rubriek in Beeld kwytgeraak het, maar sonder om die moed te he om my by name te noem.

Daarby sal dit baie meer gesaghebbend wees as prof Steyn self die kwessie by Beeld opneem. Kan ek vra dat die kwessie langs hierdie weg by Steyn aanhangig gemaak word – selfs al is dit nodig om sy aandag by wyse van 'n e-pos of iets daarop te vestig.

NS: Ek het sedertdien my huisaflewering van Beeld gestaak. Ek wou dit geruime tyd gelede al doen nadat die beroepsrede hoekom ek op die blad ingeteken het tot 'n einde gekom het, maar die huismense het toe al gewoond daaraan geraak om elke dag 'n koerant te kry. Maar selfs hulle het nou dik geword vir Beeld se eensydige beriggewing oor verskeie sake.

As Beeld nie my en ander kritici se briewe wil publiseer nie, dan koop en lees ek nie Beeld nie. Dan kan hy lustig voortgaan om Jansen en kie se menings te publiseer en Burger en Buchan se godsdiensbedrogspul op te hemel, maar nie met my geld nie.

играшкиОлександр Фільчаков прокурор

Reitz: Mengsel van humor en afgryse

Ja, ek hou ook die Reitz-spulletjie dop met so 'n mengsel van humor en afgryse. Veral snaaks om te sien hoe hulle desperaat rondskarrel om tog net een of ander iets te vind waarmee hulle die vier formeel kan aankla. Wel, as die ouens 'n selfs marginaalordentlike regsverteenwoordiger het, gaan daardie klagtes sink soos 'n baksteen.

"Mevrou Mahlangu (of wat haar naam ook al is), is dit waar dat julle vrywillig aan die maak van die video deelgeneem het? En is dit waar dat julle, soos enige ander akteurs, betaal is, hoewel dan met 'n bottel drank of twee? En is dit waar dat julle na die tyd, toe julle die video sien, baie lekker daaroor gelag het? Mag ek u net weer eens daarop wys dat u onder eed is, en dat ons vele ander getuies het wat ook gesien het wat gebeur het?"

En daar gaan die hele saak, as jy my vra. Net jammer ek en jy gaan daarvoor betaal met ons belasting, en met ons reputasie, want die doel van die saak is natuurlik nie regtig om hom te wen nie, maar bloot om as propaganda te dien. In ieder geval, selfs as hulle die saak wen gaan dit die Azaniërs nie eintlik goed laat lyk nie.

Ek het byvoorbeeld al van die liberaliste gesien redeneeer dat in hierdie geval, daar druk was op die vroue om deel te neem, en dat hulle danksy die apartheidsgeskiedenis nie die druk kon weerstaan nie, siende hulle al hul lewe lank gewoond is om opdragte van wit mans uit te voer. Dalk is dit so, maar ek wonder of mense wat hierdie argument maak besef wat die implikasies is? Naamlik dat dit beteken die sogenaamde regse rassiste was inderdaad presies reg toe hulle geredeneer het swartes is bietjie soos kinders wat nie hulle eie besluite kan neem nie?

Daardie video was straks in swak smaak, maar 'n kriminele oortreding? In ieder geval, die hele absurde Reitz-besigheid is net nog een goeie rede waarom ons ons so gou moontlik en ten alle koste ekonomies van die Azaniërs moet skei. As ons niks met hulle te doen het nie, kan niemand uitgebuit word nie.

Terloops, het ons dalk 'n paar regslgeleerdes in ons geledere hier? Ek is nogal nuuskierig om meer uit te vind oor regstellende aksiewetgewing, en hoe dit omseil kan word. 'n Vriend van my sê my dat sover hy weet, word die wetgewing vir die grootste deel nie eintlik afgedwing nie omdat dit nie prakties baie moontlik is om dit op privaatfirmas af te dwing nie, en is dit eintlik net as 'n maatskappy regeringskontrakte wil benut dat hulle seker maak sy personeelsamestelling is "verteenwoordigend." As dit so is vra ek my af waarom Afrikaanse besighede enigsins swartes aanstel. Hoe ruggraatloos kan ons dan nog word?

купить лего стар варсДанильченко Юрий отзывы

Daar was nooit ‘n saak teen Reitz-vier nie

Igmar Rautenbach is in die kol. Dit was vir enigeen wat behoorlik na die beskikbare feite gekyk het van dag een af duidelik dat daar nie 'n saak teen die vier manne is nie.

Dit was nie alleen duidelik dat dit 'n groot gekskeerdery was met die integrasieproses op UV nie, maar wat veral duidelik was, is dat die vier swart vroue presies geweet het wat aangaan. 

Dit is dus nie net 'n geval dat die bewering dat daar urine in die mengsel was nie teruggetrek word omdat dit nie bewys kan word nie, maar eerder 'n feit dat die vroue GEWEET het dit is koeldrank en nie urine nie want hulle het geweet dat met wit nuwelinge se induksie dit ook koeldrank en nie urine was nie.

Ek kan nie sien hoe 'n klag van injuria nog aanhangig gemaak kan word as die gronde daarvoor nie bestaan nie.

Ek hoop nie dat die kwessie uit die openbare oog gaan verdwyn as geen vervolging op die ou end ingestel word nie. Daar moet dan vrae begin gestel word oor hoekom hierdie ding so verdraai is om sekere politieke oogmerke te bereik.

Ek hoop die vier manne stel 'n eis in teen UV met daardie Fourie-vent in Australie as tweede verweerder.

 

масло дляФильчаков Александр Васильевич

Reitz-kwessie ‘n klug

Dis nou selfs vir 'n leek duidelik wat met die Reitz-kwessie gebeur. 'n Niksseggende gebeurtenis word doelbewus gebruik (deur dit uit verband te ruk, enorme media blootstelling te gee, en baie oneerlik daaroor te berig, deur pseudo-joernaliste, eintlik naakste propagandiste).

Dit word dan as argument en voorbeeld voorgehou om een of ander politieke doel te bereik, byvoorbeeld die herbevestiging van die beeld van Afrikanermans as wit supremasiste, die afbreek van Afrikanerkultuurinstellings, en gedwonge integrasie – wat seker die ergste vergryp in menseregte en individuele vryheid is.

Die feit dat daar egter geen saak teen die betrokkenes van dag een af was nie, word nou afgemaak as bloot 'n gebrek aan getuienis, dus word nog steeds geimpliseer dat hul iets verkeerd gedoen het.

Die eintlike slagoffers is natuuurlik die Reitz-vier self, wat deur hierdie media-sirkus gebruik word. Wat dit ook sê is dat indien iemand sou waag om 'n eerlike dokumentêre film in SA te maak, selfs al word dit bekroon, jy nie moet dink dat daar nie nagevolge vir jou gaan wees nie.

светодиодные лампы дляданильченко юрій Харків

‘n Getransformeerde Kovsies

Jonathan Jansen belowe dat Kovsies oor 5 jaar so getransformeer sal wees, dat dit onherkenbaar sal wees…

Ek is of was nie 'n Kovsie nie, maar kan ek probeer om die kampus na 5 jaar se Jansen-bewind skilder?

Eerstens, nie 'n wit gesig êrens te sien nie.

Meeste ruite flenters, voetpaaie oor eens mooi grasperke, verflenterde geboue wat verf nodig het, spaza-shops hier en daar, oorverdowende Afrika-musiek. Blombeddings verwaarloos en dood.

Dit is nou dié wat nie met 'n paar verflenterde mielietjies spog nie. Die blombeddings wat effens uit die oog is, sal moontlik geil van die 'kakiebosse' staan oftewel, Cannabis Sativa.

Oral sal tekens van onherstelde skade wees van vorige studente-ontevredenheid – rommel wat rondlê of uit oorvol vullidromme peul, gebreekte deure, los klippe en plaveistene.

Ja-nee, Prof Jansen – die ouens wat Kovsies tot 'n elitistiese bastion van "rassisme" opgebou het, kan maar hul hoë standaarde, netjiese geboue en terrein, hul sin vir orde, maniere en verantwoordelikheid hou.

U en u trawante sal sorg dat dit Afrikaniseer. En ek bedoel die woord as pejoratief, soos dit deur my mense verstaan word.

 

куртки для девочек 5 леталександр лобановский супермаркет класс

Dankie Praag!

Ek wil net vir die span agter die webtuiste van praag gelukwens met  'n kwaliteit konserwatiewe Afrikaanse nuusblad wat goeie artikels bevat asook goed op hoogte is van internasionale sake, tegnologie en plaaslike kuns.  

Ja, dis lekker om te sien dat daar mense is wat sterk voel oor Afrikaans en dit darem op 'n intellektuele en logiese manier.

Ek geniet die inligting en artikels. Dit is elke dag die moeite werd om die blad te besoek omdat daar elke dag nuwe inligting verskyn en die inligting vars is.

Groete en hou aan met die goeie werk !

(Miskien moet 'n mens maar die Praag webtuiste se datum in Afrikaans probeer kry maar ek besef dit is dalk 'n tegnologiese uitdaging)

самолигирующие брекеты damonтопкарго

Danksy Praag, speel Afrikaans weer leidende rol

Ek is bly Dan Roodt roer weer die saak van die Britse rol in SA op sy woernaal aan. Ek het die eerste twee aflewerings van Twee eeue van onreg geniet. Het Dan Roodt dalk al die derde aflewering voltooi en indien wel waar kan ek dit lees? – ek verstaan hy is besig, dis net dat ek uitsien na daardie derde aflewering.

Verder dink ek dat Afrikaans (dmv Praag) weereens ‘n leidende rol speel in SA, dié keer wat alternatiewe media betref. Daar is wel Engelse webtuistes wat die regering kritiseer, maar sonder ‘n sterk ideologiese en filosofiese ondertoon. In daardie opsig is Praag al die ander – ook Afrikaanse – webtuistes ver vooruit en kan gesien word as leidende meningsvormer en teenvoeter vir die breindooie Nasperspublikasies.

when did instagramДанильченео

Lank leef Afrikaans!

Dit is so ‘n verassing om die positiewe briewe oor Afrikaans en die Afrikaner se toekoms op Praag te sien!

Hoe meer joernaliste besef watter groot verantwoordelikheid hulle het, hoe beter. Ek wil nie heeldag lees van bedonderde, dikbek Afrikaners wat kla oor hoe hulle ingedoen is nie… al is dit waar.

Jou ware karakter kom uit in die moeilike tye. Dus behoort ons nou saam te staan en iets positiefs te doen. In plaas van om te kla en huil oor hoe onregverdig almal teen ons optree. Kom ons wys die wereld eerder watter ongelooflike mense Afrikaners is.

Ek stem saam met Martin Labuscagne, hoekom stel ons nie ‘n lys op van goed om te doen nie?

1. Praag begin ‘n internasionale fondsinsamelingsprojek om Afrikaanse skole landswyd te begin oprig. 
2. Ook kan ‘n besigheids kontaklys van Afrikaner besighede saamgestel word (om op die lys te verskyn moet die besigheid ‘n jaarlikse skenking aan die skole-projek maak en darem aan ‘n Afrikaner behoort) 
3. Praag kan ‘n T-hemp ontwerp kompetisie loods en T-hemde wat Afrikaans ondersteun aanlyn verkoop. 

Help dink mense! 

tiara hair bandлобановский обыск

Ons moet terug na Calvinisme

Eerstens beaam ek Egbert Bosman se mening en stem heelhartig saam met sy artikel oor Calvinisme. Daarby wil ek net die volgende byvoeg:

Ek is nie 'n teoloog of geleerde in Calvinisme /godsdiens/moderne teologie nie. Ek beskou myself as gelowige van die drie-enige God en wil liewers nie onder die term Christen bekend staan nie, want deesdae as ek rondom my kyk onder sogenaamde Christene, lyk dit of humanisme en die "vertoon" van charismatiese bewegings, ingesluit Buchan en Wiid se saamtrekke, die "in" ding is.

Almal volg nou weer 'n nuwe neiging na wat nog nie werklik getoets is aan die Woord van God nie. Die huidige sogenaamde Afrikaanse media propageer dit ook baie doeltreffend, asof hulle nou die kompas is om te volg. Die Bybel moet nou mos aanpas by die hedendaagse denke want dis nou "uit voeling" met elke gewilde sosiale stroming- 'n verval na "social gospell" en humanisme-waar die mens eintlik nou belangriker word as God. Na my mening bestaan ware Calvinisme by 'n minderheid van kerke en godsdiens groeperinge.

Veral die Afrikaner wat nog roem op Calvinisme, het ver afgedwaal van wat dit beteken. Ek moet erken ek en vele ander is ook skuldig daaraan. Mens moet dit net eers erken en besef en terugbeweeg daarna deur Bybelstudie en nie blindelings die stroom navolg na enige gewilde Kerk of selfaangestelde prediker nie.

Die huidige neigings na Geestelike sprekers/predikers dui ook op 'n leemte en afwesigheid van ware geestelike en politieke leiers, nie net vir die Afrikaner nie, maar in die konteks van Suid-Afrika.

teplovoyданильченко юрій броніславович

Tyd vir mooi praat verby

Johann Eksteen se brief "Praag, skaam julle!" verwys.

Ek glo nie dat Martin Labuschagne letterlik bedoel het dat Afrikaners hulle soos barbare moet begin gedra nie. Maar ek glo dat meer en meer van ons Afrikanervolksgenote besig is om ander metodes van verset te oorweeg. Die tyd van mooipraat en onderhandel is lankal verby. As jy dalk skaam is vir 'n meer aktiewe volksstryd, dan is ons as volk wragtig al kwaai ingeteel. Voordat ons ons skaamgeit en minderwaardigheidskompleks nie gaan afskud en met krag en daad begin opstaan en stem dikmaak vir dit wat ons toekom nie, gaan dit voorentoe maar bedroefd wees.

Daar is hoeveel voorbeelde in ons geskiedenis waar ons ons vyande die voordeel van die twyfel gegee het en waar hulle dit dan teen ons gebruik het. Jy weet self dat die enigste taal wat Afrika ken is dié van mag en krag. Die sterkste een is die een wat staande bly, nie dié wat die beste redenaar is nie. "Gentlemanliness" – ons ingebore Afrikaner ordentlikheid – het dalk met soortgelyke Europese kulture gewerk, dit sal beslis nie in Afrika werk nie.

Ek stel voor dat ons ons weer as blanke leiers begin gedra, dat ons weer as die draers van die beskawingsfakkel in Afrika begin optree. Los maar die redekawelry en redenering vir daai bastionne van ordentlikheid, mense soos Van Zyl Slabbert, Herman Giliomee, Theuns Eloff, Tim du Plessis, Roelf Meyer en hul soort. Jy sal vinnig agterkom dis die verraaiers wat eerste in die slag bly wanneer die groot manne kragte meet.

Nee, ons gaan nie klippe gooi en vullisblikke omdop nie. Maar ons gaan ophou om ons eie ondergang te finansier, ons gaan ophou om elke keer so groot te skrik as ons vyande sê "wha". Ons gaan ons lendene omgord en ons gaan opstaan en kragdadig aandring op ons reg. Maak jou stem dik, staan saam jou volksgenote, sterk elke Afrikaneraksie waar jy kan, gee jou geld so ver moontlik uit by volksvriendelike instansies, stuur jou kinders CVO skole toe en raak weer by hulle opvoeding en vormingsjare betrokke omdat dit hier is waar ons grootste uitdaging lê.

Ek is nie teen klaers nie want ons het elke blanke Afrikaner so broodnodig dat ons nie kan bekostig om onderlinge struwelinge te akkomodeer nie. Kom ons trek saam in 'n rigting, dis waar ons die meeste sal kan uitrig, nie om mekaar oor onbenullighede aan te vat nie. Maar ons soek mense wat kan en wil en lus is. Kortom, as jy nie saam ons is nie dan is jy teen ons.

Maar vir mooi praat en handjies vashou is dit nou verby. Dit is laat in die dag.

Ondersteun gerus aksies soos die Boerevryheidsinitiatief se volksvergadering op Vegkop, Heilbron in September. Besoek www.vryheidenreg.co.za vir verdere inligting. 'n Plan gaan hier beraam word.

free uk slots no depositОлександр Фільчаков прокурор