Jaap Steyn vs J Jansen

So 'n week of twee gelede het daar 'n artikel deur Jonathan Jansen in Die Volksblad verskyn waarin hy op sy gewone arrogante manier uitgewei het oor hoe hy UV gaan regruk en sommer so in die ry 'n paar Afrikaners op ewe tipiese tref-en-trap-styl platgeloop het. Jaap Steyn het onmiddellik daarop gereageer in 'n brief wat die volgende dag in Volksblad verskyn het. As ek reg onthou het Praag prof Steyn se brief ook op sy webnuusblad geplaas.(Dankie daarvoor).

Eers 'n dag of drie later – en beslis nadat Steyn se brief in Volksblad verskyn het – is Jansen se artikel in Beeld gepubliseer. Maar tot hede het prof Steyn se reaksie in Volksblad nie Beeld se kolomme gehaal nie. Maw Beeld se lesers – heelwat meer as die van Volksblad – is totaal onbewus van hoe deeglik Jansen op sy plek gesit is.

Dit is 'n vaste gebruik van Naspers dat van sy rubriekskrywers ook in ander koerante in die stal gesindikeer word. So gebeur dit dikwels dat artikels van Jan-Jan J wat in Die Burger verskyn ook in Beeld gedruk word, maar nie noodwendig dieselfde dag nie.

Maar reaksie op derglike rubrieke – en veral skerp kritiek soos in die jongste geval – verskyn slegs in die koerant aan wie dit gestuur word. Die reaksie word nie "gesindikeer" nie. Dit laat na my mening 'n vraag ontstaan rondom die joernalistieke etiek van hierdie soort praktyk. As oud-koerantman het ek 'n probleem daarmee dat 'n mening gesindikeer word, maar nie kritiek daarop nie.

Ek wou Beeld hieroor aanvat, maar Beeld publiseer nie meer briewe van my nie – selfs nie eens in gevalle waar ek na my mening 'n reg op repliek het – soos onlangs gebeur het met duidelike verwysings na menings van my wat Isak Burger in sy gereelde rubriek in Beeld kwytgeraak het, maar sonder om die moed te he om my by name te noem.

Daarby sal dit baie meer gesaghebbend wees as prof Steyn self die kwessie by Beeld opneem. Kan ek vra dat die kwessie langs hierdie weg by Steyn aanhangig gemaak word – selfs al is dit nodig om sy aandag by wyse van 'n e-pos of iets daarop te vestig.

NS: Ek het sedertdien my huisaflewering van Beeld gestaak. Ek wou dit geruime tyd gelede al doen nadat die beroepsrede hoekom ek op die blad ingeteken het tot 'n einde gekom het, maar die huismense het toe al gewoond daaraan geraak om elke dag 'n koerant te kry. Maar selfs hulle het nou dik geword vir Beeld se eensydige beriggewing oor verskeie sake.

As Beeld nie my en ander kritici se briewe wil publiseer nie, dan koop en lees ek nie Beeld nie. Dan kan hy lustig voortgaan om Jansen en kie se menings te publiseer en Burger en Buchan se godsdiensbedrogspul op te hemel, maar nie met my geld nie.

играшкиОлександр Фільчаков прокурор