Waarom ‘n ‘Tshwane-Beeld’?

Graag lewer ek hier kommentaar oor die brief, “Beeld is die beste waghond in die land” wat Vrydag in daardie koerant verskyn het, want op die brieweblad is daar nie plek vir kommentaar nie, seker omdat Beeld homself dan ooplaat vir kritiek.

As Beeld die beste waghond in die land is, hoe verklaar jy dan die “Tswane-Beeld”? Dít nadat die hof bevestig het:  Pretoria is nog steeds Pretoria! Twee briewe wat ek al aan Tim du Plessis, redakteur van Beeld, in dié verband gestuur het, is nie geplaas nie en Beeld probeer dit doodswyg. Nee wat Beeld, doen lustig mee aan die marginalisering van die witmense. Dis duidelik: al wat belangrik is, is ons geld.

Die berigte oor die moord en doodslag en korupsie is slegs om ons emosies op te jaag en sensasie te wek, sodat ons die koerant moet koop. Ek is diep teleurgesteld en is besig om alle respek vir Tim Du Plessis en Beeld te verloor.

Naskrif: ek het hierdie beswaar op Beeld se webwerf probeer plaas, maar weereens sonder sukses. Tim, ek probeer ’n versoenende pad stap en wil nie graag in ’n konfrontasie met Beeld betrokke raak nie. Waneer hoor ons jou kant van die saak? Ons is moeg om gemarginaliseer te word. Hoe verskil jou en Beeld se optrede van Nomvula Mokonyane s’n want vir julle almal is ons geld genoeg maar ons erfenis beteken niks? Kan nie wag om van jou te hoor nie.

гидроизоляционная смесьлобановский александр

Praat is klaar

Liewe mede-nie-liberale Afrikaner. Min van ons mense besef die uiterste gevaar waarin ons ons tans bevind. Selfs ons kinders se veiligheid is nou radikaal in gedrang. Die ANC-regime het inderdaad ons eie kinders van ons vervreem; hulle het ons geskiedenis uit hul boeke gehaal en verdwaal sonder riglyne gelaat. Die volgende generasie gaan nie eens weet wie hulle is of was nie en dit word erger.

Elke soort openbare diens is reeds in duie of is spoedig afgrond toe. Die kommerwekkendste is natuurlik ons land se veiligheidsdiens. Om korrupsie toe te smeer, is vir die kommunistiese regime baie belangriker as nasionale veiligheid. Daar bestaan reuseleemtes in ons nasionale veiligheidstelsel. Die nuutste wat kop uitsteek, is die ontvoering en uitvoer van jong wit dogters; my dogter is jou dogter as dit by hulle veiligheid kom. Ons as verantwoordelike mens behoort hulle ten alle koste te beskerm.

Daar is skielik ‘n hewige styging in dié gruwelike misdaad, ons kinders wat as prostitute uitgevoer word. Dit is so verskriklik, dit maak my naar. Dink tog daaraan: dit kan jou dogtertjie wees wat volgende is. Om staat te maak op die polisie vandag is ‘n hopelose saak en onverantwoordelik. Tog sit ons terug en wag op beter dae. Elke dag wat verbygaan, is soos ‘n dier wat brandsiek is; hy sal nie vanself beter word nie.

Het Retief nie met sy bloed aan ons gewys dat jy nie met hulle kan onderhandel nie; waarom probeer al die Afrikanerorganisasies nog? Die tyd van praat is inderdaad verby. Daar is maar een oplossing: Ons moet ons veiligheid in ons eie hande neem. Dit is nie ons reg nie maar ons plig! Paraatheid en selfbeskerming was nog altyd ‘n tradisie onder ons mense, wat die afgelope tyd verwaarloos is.

Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika. Dit het ons herhaaldelik gesing en tog net daar laat staan. Kom ons staan tog vir eenmaal op en beskerm ons vrouens en kinders. Kom ons hou op praat en wys die vyand en die wêreld dat ons nog ‘n volk is. Kom ons maak ons voorvaders trots op die feit dat hulle geveg nie tevergeefs was nie. Dit is tyd dat ons wapens opneem en onsself beskerm teen ons vyand, ons geskiedenis terug eien en ons deur ons eie mense gelei word.

Soos Prediker 3:1-8 lui:

1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek,

3 ‘n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou,

4 ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans,

5 ‘n tyd om klippe weg te gooi, ‘n tyd om hulle bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af,

6 ‘n tyd om aan te skaf, ‘n tyd om te laat wegraak, ‘n tyd om te spaar, ‘n tyd om weg te gooi,

7 ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat,

8 ‘n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede.

Die Afrikanerhaters sal my nooit onderkry nie; ek sal veg tot ek my laaste asem uitblaas.

ротор купитьtopcargo отзыв

Hulle vlieg so lekker want hulle lieg so lekker…

Onlangs maak iemand in ‘n kommentaar op ‘n woernaal-artikel die volgende “stelling” : “Hoe weet ‘n mens as ‘n politikus lieg?”

Hy antwoord self: “Wanneer sy lippe beweeg.”

Oor die jare van my skouerskuurdery met politici het ek dit self menigmaal beleef. Soms het ek die indruk gekry die leuens is kompulsief, ander kere wanneer die spreker tydens ‘n media-onderhoud nie die feite ken nie en in plaas van om te sê hy sal uitvind en terugkom, doodgewoon ongesteurd kluitjies bak.

Trouens, selfs die “uitvind en terugkom” kan in kluitjies bak ontaard. Tydens ‘n voorverkiesingstoer (ek meen voor die vorige landswye munisipale verkiesing) het die ANC op ‘n “road show” deur die Vrystaat gegaan en veral groepe boere toegespreek. In die Oos-Vrystaat het die gewone woordvoerders ander verpligtinge gehad, en moes ‘n ander ringkop instaan. Sommer gou het dit geblyk hy het nie ‘n koekieng kloe nie, en neem hy toe die vrae om later terugvoer te gee.

Die boere wag steeds, en intussen is van hulle verwag om vir die ANC te stem.

Dis egter nie al nie.

By geleentheid spreek eerw. Melkkoe ‘n groep mense in Bloemfontein toe, en ‘n bejaarde dame (toevallig die dogter van ‘n oud-president) vra hoekom die ACXP (onherkenbaar verander) niks oor plaasaanvalle uitreik nie.

Soos blits sê Melkkoe maar die ACXP doen, dis net die media wat dit nie plaas nie.

Enigeen wat meen ek bak nou kluitjies, kan op die ACXP se webwerf deur sy nuusverklarings blaai. As hulle een kry wat Melkkoei uitgereik het, moet hulle my asseblief laat weet by moegoe@voetsek.co.za

Trouens, kort tevore was daar ‘n plaasaanval in Noordwes. Ek het geweet die provinsiale leiers is op pad vir ‘n vergadering met Melkkoe, en sien ‘n kans om dié swye te breek. Ek stel ‘n mediaverklaring inderhaas in Afrikaans en Engels op, en e-pos dit na ‘n provinsiale leier wat nog  nie van sy huis af vertrek het nie, met die versoek – om die tafel – kry asb Melkkoe se OK hiervoor.

En ek wag en ek wag. Die ACXP stuur niks uit nie.

Met terugkeer by die huis laat weet daardie provinsiale leier Melkkoe sê aikôna, elke keer as hy so iets doen sê die ANC hy is ‘n Boeremeeloper. Maar die verklaring kan in die naam van daardie provinsiale leier uitgaan. En het, en het baie mediadekking gekry.

Trouens, die ACXP het heelwat mediaverklarings oor plaasaanvalle uitgereik, gewoonlik my handewerk, en deur die provinsiale leiers uitgestuur, en het heelwat mediadekking gekry. Gaan kyk bv op Volksblad, Beeld en Die Burger se argiewe. Hieroor is gereeld aan Melkkoe verslag gedoen.

Daar was ander voorbeelde met ander, soos die dominee wat met sy motorfiets in die riool gegly het, en volgens ‘n provinsiale leier ‘n eis teen die betrokke misipaal sou instel. Toe dit blyk ‘n duimsuigstorie te wees word ek sommer die sondebok gemaak.

Hierdie ellelange aanloop bloot om te kom by ‘n paar verwikkelings nou.

Seker die eerste is die onderhoud of nie onderhoud nie van Comrade Winnie. Terwyl Winnie ontken het sy het die onderhoud gevoer, plaas die Britse pers ‘n foto van Winnie saam met die artikelskryfster en dié skryfster se Nobelpryswennerman, voor Winnie se huis.

Die internetsoektog om te probeer bepaal of die verslaggeefster ‘n gewoonte maak van stories uit haar duim suig, lewer hoofsaaklik berigte op wat haar lofliedere besing, maar ook ander wat beweer dat sy begin lieg die oomblik as sy haar pen aan papier waag.

Soos die keer toe die media berig dat Zola Budd (Pieterse) wat R10 000 by die regering gekry het na aanleiding van ‘n belofte van Piet Promises dat die eerste Suid-Afrikaner na daardie toespraak wat ‘n wêreldrekord verbeter so ‘n meevaller gaan kry.

G’n niks sprake van nie, en die media het woorde in Piet se mond geplaas. En hier is ‘n kopie van die toespraak – g’n niks g’n so ‘n belofte nie. Toe speel die verslaggewer die bandopname van die toespraak, en daar is die belofte. Terloops, Zola het nié die geldjie gekry nie.

En nou die ANC se bontpratery oor Malema se kafpratery. Die Jeuliga gaan so ver om te sê Malema het g’n dié woorde tydens sy onlangse vergadering by Wits gesê nie. SAPA krap nou kop, want die media het berig dis by die UJ gesê, nie Wits nie.

Presies wat is nou ontken? Ek kry ‘n vreestoeval, want lyk mos nou kepleet Malema maak soos olie Saddam wat dubbelgangers gehad het om die Irakese nog banger te maak. Ek hoop net elkeen van hulle kry nie blouligbeskerming teen R300 000 per maand nie.

Eers haal die media pres. Jacob Zuma wyd aan dat hy sê hy gaan Malema nie aanspreek nie, want dit sou na ‘n teruggryp na apartheid lyk.

Daarna sê sy kantoor dat Zuma in sy gesprek met Afrikanerleiers onderneem het om met Malema te “praat” hieroor.

тамбов лежакидепутат лобановский

Praagwebwerf baie stadig

Met ‘n breëbandkonneksie, blaai ek deur enige webwerf so maklik en vinnig soos om blaaie van ‘n boek om te slaan.

Die Praagwebwerf laat my breëband egter soos ‘n plaastelefoonlyn lyk.

Nog erger as briewe en kommentare oopgemaak word en nog erger as daar gepoog word om kommentaar te lewer…

Disqus blyk ‘n nagmerrieslak te wees!

Doen ek iets verkeerd, of is daar ‘n tegniese probleem?

Terugvoer sal gewaardeer word, dankie.

Ons weet dat Disqus tans moeilik aflaai met Firefox, omdat daar een element op ons webwerf is waarteen Firefox protesteer. Gebruikers van Internet Explorer, Opera of Safari het nog nie hieroor gekla nie. Maar ons sal ‘n paar toetse doen en kyk of ons nie die waarbaarstige element – wat moontlik aan die advertensies verwant is – kan opspoor en verwyder nie. Ons sal ook kyk na die algemene grootte van die voorblad en die spoed waarteen dit aflaai.

Ondervind ander lesers soortgelyke probleme met spoed en Disqus? Stuur vir ons ‘n e-pos aan webmeester[aapstert]praag.co.za.

– Webmeester

uk gamblingФільчаков Олександр Васильович прокурор

Max du Preez se pa en familie die skuldiges

Mak du Preez, bietjie verwaarloos van voorkoms, was onlangs op TV in gesprek met Rian van KykNet-faam wat self sy eie probleme rondom geslagsidentiteit ervaar. ‘n Mens kan dalk die aanklank van dié twee by mekaar verstaan, gesien in die lig daarvan dat Max voel dat dr. Dan Roodt verlief is op hom.

Max voel ook dat dit sy pa se skuld is dat hy so eerlik is om intense empatie met swartes te ervaar. Hy het blykbaar gebroke gevoel oor ‘n sterwende swart SWAPO-man wat vir hom vra: “Het die baas vir my water?”  Hierteenoor vind hy die huidige wrede moorde op blankes deur swartes nie eens belangrik genoeg om oor te praat nie. Hoekom sy pa vir hom kwaad was tot kort voor sy dood is ‘n duister saak en die dominee-familie is ook skuldig weens hulle invloed op sy teder kindergemoed – dié Max het dit moeilik gehad.

Vandaar sy gereelde, beledigende uitbarstings in die media teen dr. Dan Roodt van PRAAG.

free casino games to playАлександр Фильчаков прокурор

Politieke kommentators se taai toffie

Van skrywers en digters word dikwels gesê hulle is die gewete van die volk. Hulle word ‘n ruim mate “digterlike vryheid” gegun om te kan krap en oopkrap waar dit nog net liggies jeuk, en die lot van verontregtes aan die groot klok te kan hang. Gewoonlik word die kant van die sogenaamde “underdog” gekies, en in die apartheidsjare het digters en skrywers met mekaar gekompeteer om te verwoord oor hoe die ongenadige son oor natgeswete Afrikakoppe neerbak.

Nou sit die skoen vierkantig aan die ander voet. Van die bekendes van gister en eergister sal periodiek hul ontgogeling in rubrieke verwoord, maar ons poësie en prosa bly redelik gestroop van aktuele onderwerpe soos plaasmoorde, en veral die ongelooflike wreedheid daarvan, ontevrede kligooiers wat nou weer onder rubberkoeëls en lood gesteek word, endemiese korrupsie, baantjies vir boeties en vele meer.

Politieke en aktualiteitskommentators kon dié keer nie wag vir die nasie se gewete om hul agterente in rat te kry nie. ‘n Ruk lank het politieke korrektheid nog sterk inhiberend ingewerk, maar nou kan die kommentators nie langer versiersuiker strooi deur die een of ander kontekstuele afwatering vir uitsprake soos dié van Malema en kaders te vind, en die regering se swye of goedpraat daarvan nie. Nié as hulle nog geloofwaardigheid wil behou nie.

Skielik is die Sampie Terblanche’e feitlik doodstil.

Politieke kommentators wat nog op hul sg “struggle credentials” wil terugval vind skielik dat hulle veral op die internet aan flarde geruk word – dikwels kru, maar ook dikwels deur hoogs kundige en goed ingeligte nuwe generasie kommentators wat nog gewoonlik deur die media in die doofpot gehou word. Die jongste ongeval hiervan is Die Burger se redakteur, Henry Jeffreys.

Die liberale fossiele, veral anderkant die Wingerdgordyn, het nog nie gaan lê nie. Dit het byvoorbeeld ‘n mode uit hierdie geledere geword om in rubrieke te lys hoe hulle selfs misdaadslagoffers was, maar ten spyte daarvan trots liberaal bly.

Kommentators wat oopkop aanbeweeg, word as nieu-konserwatiewes uitgekryt, asof dit die mees verfoeilike goggas op aarde is. Nou is die liberale teen hul veronderstelde aard juis diegene wat gatvas aan gister klou.

Vanoggend, in Volksblad se rubriek Brandpunt, val Tim du Plessis weg met die volgende standpunt: “’n Nuwe tydsgees is aan die ontwaak. Mense, gemeenskappe, minderhede, noem maar op, staan op en sê” ‘Genoeg is genoeg. Nou vat ons ons regte terug.”

Hy verkwalik die liberale wat die taalstryd in Stellenbosch veg onder die vaandel dat dit ‘n keuse tussen Afrikaans en uitnemendheid is.

Hy sluit af met ‘n aanhaling van DF Malan wat gesê het: Waar Stellenbosch vandag staan, staan Suid-Afrika môre. “Nie meer nie,” sluit Tim af. “Deesdae arriveer Stellenbosch eers môre of oormôre.”

Tim het self pas onder, wat hy nou die nuwe tydsgees noem, deurgeloop toe hy ‘n vrypostige joernalis wat hom met die tydsgees misreken het, tot hulp gesnel het. Terwyl hierdie tussenspel afgespeel het, het die nuwe tydsgees onverbiddelik voortgesnel, aangehelp deur die hofnar Malema se breedsprakigheid, en pres. Zuma se flaters. Selfs die mildelike inspan van gister se politieke kommentators wat nou tot weinig meer as naïewe ploeteraars gereduseer geraak het, kon die tydsgees stuit nie.

Die politieke kommentators wat die oorgang reg gelees het, het egter ook ‘n taai dilemma om mee rekening te hou. Die omgewing waarin nou waargeneem en ontleed word, is een van erge negatiwiteit. Dienste vou, korrupsie floreer, politici maak skandes…

Dis maklik om kommentaar te lewer, maar geen kommentator het jare gestudeer om dag vir dag sy mond oor riool in die strate uit te spoel nie. Rioolpolitiek het die geneigdheid om die kommentator self te bevuil, en dit stroop die nuwe gees van fatsoenlikheid.

Nuwe aankomelinge bevind hulle ook skielik in die geledere van kommentators wat al dekades in hierdie sfeer nes geskop, en dekades lank deur die gewese hoofstroom afgekraak en geminag is.

In die finale instansie: Politieke kommentators is mense en mense is feilbaar. Geen politieke kommentator kan hom voordoen asof hy alleen die kennis en insig in pag het nie. Om elke dag, afhangende van hoe die wind waai, ‘n ander deuntjie te sing, reduseer hom ook tot ‘n leibeurtprokureur wat moeiteloos van saak tot saak die rigting waarin die water in die vore vloei verander om sy nuutste saak te pas.

* Vanoggend stuur ek vir die eerste keer my nuuskommentaar afsonderlik na Praag omdat ek graag ‘n paar aspekte wat op die Woernaal opduik wil aanspreek.

* Riempies, baie dankie vir jou gereelde terugvoer. Ek hoop ek het van jou vrae hierbo beantwoord. Die instansies waarna my nuuskommentaar gestuur word en enkeles selfs voor betaal, is van taamlik links tot taamlik regs op die politieke spektrum. Praag is egter die instansie wat dit by verre die meeste gebruik.

* Ek probeer nie voorgee dat ek nie my eie standpunte koester nie, maar die hoofdoel van my werk is om politiek-wetenskaplik en staatsregtelik suiwer te wees. Die kieser het immers die reg om ook hul eie keuses te maak nadat hulle aan die spektrum, maar ook ‘n weergawe gestroop van sg klein politiek, blootgestel was. (In die aanloop tot die vorige verkiesing het ek – in my professionele hoedanigheid – twee verskillende partye teen betaling met hul nuusverklarings gehelp. Ek sou verkies om dit nie te doen nie, maar met my kwalifikasies en velkleur is werk so skaars soos hoendertande.

* In die proses weet ek baie goed ek kan nie alles vir almal wees nie. Dit is ook nie my doel nie, en daarom weet ek ook by voorbaat dat ek, soos ander, kritiek gaan kry. Wanneer iemand sy mond uitspoel omdat hy nie die werklikheid wil aanvaar nie, is een ding, maar ek is ‘n mens en boonop een met disleksie, ek kan onmoontlik nie alles van alles weet nie en het soms feitegewys die kat aan die stert beet. Ek probeer om dit tot die minimum te beperk, maar uitsny kan ek dit net doen deur op te hou om my passie te bedryf. En vir daardie blapse vra ek sommer by voorbaat en terugwerkend verskoning.

free online pokerФільчаков Олександр Васильович

Weet die linkerhand….?

Vanaand voer pres. Jacob Zuma na verwagting samesprekings met bekende Afrikaners en Afrikanerorganisasies. Buitengewoon baie is op die spel.

Dié samesprekings volg kort op die hakke van ‘n nuwe nuusstorm wat Zuma se aangewese kroonprins, Julius Malema eiehandig veroorsaak het. Dié hofnar loop hom nou minstens tien klagtes van haatspraak op die lyf.

Soos gebruiklik is die werklike probleem nie dat Malema dit sê nie, maar dat die ANC laer om hom trek.

Aanvanklik is ontken dat Malema sekere woorde kwytgeraak het, maar die SABC was braaf genoeg om aan te dui dat dié instelling beeldmateriaal het wat aandui dat hy dit wel geuiter het. Die ANC se reaksie was om te ontken dat dié bevrydingslied haatspraak behels.

Die media wys egter daarop dat die ANC die lied reeds in 1993 verbied het.

In die proses het Malema nou die minister van polisie, Nathie Mthethwa, effektief gerepudieer nadat die minister op lange laas plaasmoorde baie gekwalifiseerd veroordeel het. Mthethwa het politieke partye gevra om nie politiek van plaasaanvalle te maak nie, maar hieroor steek sy eie party nou vir hom ver tong uit.

Zuma is egter ‘n ervare Houdini. Pas het hy weer die ongeneentheid met Solidariteit se misdaadveldtog in ‘n geleentheid omskep om dié vakbond met mooi woorde ‘n rukkie lank te pasifiseer, en selfs om lof aan Zuma toe te swaai.

Gaan Zuma dit vanaand weer regkry?

Dié keer is die teerling, wat die publiek betref, egter gewerp. Zuma mag dalk vanaand die afvaardiging met sy bekende sjarme om sy pinkie draai, maar in die oë van die publiek gaan die samesprekings net nog hol woorde wees as Malema nie onomwonde vasgevat word, en die probleem op ‘n manier blywend aangespreek word nie.

In ‘n sekere sin bevind Zuma hom nou tussen die duiwel en die diep blou see, en sekere mediagroepe bespiegel kliphard oor tekens dat die president se uurglas binnekort leeggeloop gaan wees.

Zuma het inderdaad nie net te kampe met, wat Jakes Gerwel en Max du Preez verregsing noem nie, maar ook groeiende verset aan die teenoorgestelde kant van die politieke spektrum waar Comrade Winnie haar mond uitspoel. Die verregsing is in ‘n groot mate die resultaat van Malema se ongetemde losbekkigheid, terwyl ander groeperings hul pond vleis begin opeis na Zuma met beloftes Kersvader gespeel het.

Zuma besef ook dit is nie meer so maklik om Malema vas te vat en sodoende polarisasie in die land te help temper nie. Waarnemers wys al ‘n geruime tyd daarop dat Malema se radikalisme ‘n breë stroom onder die swart jeug verteenwoordig. Malema self is dus nou net die oortjies van die seekoei.

Tog het Zuma in die praktyk nie vanaand ‘n keuse nie. Geen Houdiini-toertjie om Malema te laat loskom gaan meer goed genoeg wees om polarisasie te stuit nie.

Zuma moet duidelik sy voet neersit, én dit bedoel, en daar moet sigbaar van werk gemaak word. As hy nie die ruggraat hiervoor het nie, moet hy plek maak vir iemand wat wel ernstig oor die land se toekoms voel.

купить тамбов подъемники ножничныеФильчаков прокурор

Banggatte, verdaag asseblief!

Mens kan nogal of heel bemoerd of erg naar of sommer net die bliksem in raak indien jy iets lees van iemand soos Henry Jeffreys.

Hoekom moet geld inbetaal word in ‘n bankrekening van die plaaslike munisipaliteit as raadslede dan die geld vat en partytjie hou wat soms tot R15000 per kop kos, of hulle Mercs en BMW’s en 4X4’s inneem vir dienste, nuwe bande koop en om hulle nepotisme verder uit te brei?

Dan sit ons met die holruggeryde gevolge van geen water want die pype lek vir dae en weke aanmekaar, die swartsakke lê opgehoop en die paaie lyk soos die beste 4X4-roetes wat daar is.

Omkopery en bedrog vind daagliks plaas. Die staatsklinieke in Bloemfontein en omgewing so ver as Koffiefontein en Jacobsdal het nie net geen anti-TB en ARM nie, maar ook geen gewone antibiotika en pynmiddels nie. Daarvan het ek genoeg bewyse, vra maar.

Ons moet net eenvoudig nie meer geld aan die wolwe oorbetaal nie.

Ek wens ek kan net hierdie gedagte in mense se koppe kry. Banggatte het ons eenvoudig nie meer nodig nie.

дренажный насос купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Afrikaners: Na wie het die ANC geluister…

Na wie het die ANC geluister wanneer hy gemeen  het hy na die Afrikaner geluister het?

Die vraag kom op toe ek mnr. Gwede Mantshe se reaksie op ‘n artikel van prof. Herman Giliomee lees. Mantashe klim onder Giliomee in en kritiseer verskeie van sy stellings.

Toevallig het ek self Giliomee se artikel gelees, en bykans volkome gehou van wat ek gelees het. Ek het die artikel heel duidelik met ‘n ander bril gelees as waarmee Mantashe daarna gekyk het.

(Ek, ‘n nr. 2 apteekbril, en Mantashe blykbaar ‘n donkerbril).

Die eerste waar ek meen Mantashe mistas, is dat hy ras inlees in aspekte waar Giliomee self nie ras bedoel het nie, en tweedens lei Mantashe aan die skeet om die rassisme in eie geledere mis te kyk. Byvoorbeeld, noem Mantashe, glo hy en die kaders om hom Suid-Afrika se ekonomie is groot genoeg om vir alle opgeleides, ongeag ras, volledig plek te kry.

Maar die polisie, onder regstreekse beheer van die ANC-beheerde regering, gaan appelleer teen ‘n arbeidshofbevinding wat juis rassisme in die weiering van bevordering van ‘n vroulike polisiekaptein bietjie in die bek ruk. Die arbeidshof gebruik internasionale norme, onder meer soos gemanifesteer is in ‘n New Hampshire-saak in die Amerikaanse Supreme Court. Die afleiding dat die polisie, en dus die ANC, die eintlike rasbeheptes is, is dus nie sommer ‘n plaaslike persepsie van “die (wit) Afrikaner” nie.

Die ANC is ook blind (of met baie donker donkerbrille uitgerus) om nie te kan begryp hoekom dit onvanpas is om internasionale sokker in ‘n stadion vernoem na die belangrikste eksponent van die slagspreuk, “kill the Boer, kill the farmer” te speel nie.

“Woon die verskillende rasse in dieselfde land?” wonder ek toe ek vandag so vinnig die oog laat gaan op die kommentaar op ‘n rubriek van Die Burger se redakteur, Henry Jeffreys. Jeffreys het naamlik ‘n ligte blapsie oor die nasionale belastingverenigings se trustfondse  Sondagaand op RSG se Kommentaar na ‘n rubriek oorgedra, en daarmee skynbaar die grootste sluis moontlik van helse kritiek oopgetrek.

Behalwe dat Jeffreys ‘n regsuitleg bietjie vooruit geloop het, het hy in die slaggat getrap om die minister van Samewerkende Regering se voorbeeld te gaan volg en ras te gaan soek waar ras nie die bepalende saak is nie, maar swak dienslewering en kleptokrasie, en die pligsgetroue belastingbetalers se absolute keelvolheid hiermee.

Die kern van die probleem is natuurlik dat ons mense is, en dat mense op hul persepsies van die werklikheid, eerder as die werklikheid self reageer. En persepsies word nog gans te veel gevorm teen geykte ideologiese groewe.

Kan ‘n land wat met dienslewering so in tamatiestraat is (eintlik loop iets anders gereeld in die strate af), of dit nou munisipale dienste is en of dit kerke is wat dikbek oor die nuwe prosedures vir huweliksbevestiging is, nog enigsins plek vind vir enige ander ideologie as dat daar nou so vinnig as moontlik die beste moontlike kundigheid ingespan moet word?

Verkieslik eerlike kundigheid met hoë vlakke van integriteit.

Maar so wil dit voorkom uit Mantashe se skrywe – hierdie soort stelling is nou juis weer rasgedrewe want dit “sê” swart mense is nie bekwaam en eerlik genoeg nie. Sou Mantashe en kaders so ‘n afleiding maak, dan wys dit net in hoe ‘n treurige toestand van vooropgesette idees die land vasgevang is. Want so iets is nie hier geskryf nie (gaan lees weer) en dis ook nie so bedoel nie (kyk weer).

En, mnr. Mantashe en kaders, geen mate van die hersirkulering van uitgevangde onbevoegdes of kleptokrate gaan die situasie verander nie. Al is hulle wit, en al is hulle nou ook wit lede van die ANC.

Kom ek herinner Mantashe en kaders aan ‘n gewilde sêding van die ANC, UDF en die liberaliste uit die pre-1994-bedeling: “Apartheid is so boos, dit kan nie hervorm word nie, dit kan net vernietig word.”

Dan pas ek dit by vandag se omstandighede aan: “Onbekwame en skelm kaders kan nie deur herontplooiing bekwaam en eerlik gemaak word nie, hulle kan net afgedank en vervolg word om die land weer te laat werk.”

Onlangs het Pieter-Dirk Uys soos ‘n tipiese agteros (of koei in die gedaante van miesies Evita) in die kraal ingestrompel gekom en ‘n afgesaagde deuntjie kom opdis: Ignoreer Malema.Antie, baie ander het dit al hoeveel keer tevore gesê, maar hulle dan vasgeloop in die realiteit dat dit nie so maklik is nie, want, so blyk dit, die kroonprins verteenwoordig sentimente van ‘n breë spektrum van die jeug.

En toe gebeur ‘n vreemde ding. Ek gaan kry nogal meer respek vir die SAKP se jeugleiers wat Malema kortvat, as vir die ANC se jeug, wat beteken my dunk van die SAKP-jeug is so ‘n titseltjie meer as my respek vir Max (die een met die baard), wat weer ver onder Kevin Pietersen is, voor ek by die mense begin kom vir wie ek al amper respek het.

Net so sou ek graag wou sê ons moet ons tog nie steur aan die sentimente wat Mantashe opper nie. Maar om dit te ignoreer is om met ‘n mens se kop in ‘n lugkasteel en mens se stert uiteindelik in die *&^ te sit. Boonop is daar ook enkele positiewe sentimente in Mantashe se artikel.

Maar voor ek myself vir ‘n toffie uitgee en dié positiewe elemente lys, wil ek eers een daarvan in die praktyk sien neerslag sien vind.

Terug by die vraag: “Na wie luister Mantashe en kaders wanneer hulle kers opsteek oor waaroor Afrikaners se harte warm klop, dat hulle so sleg ingelig, en eintlik oningelig is?”

Kort-kort word Bram Fischer as super-Afrikaner opgedis. Straat op straat word na Beyers Naudë vernoem. Nico Smith moet selfs nou weer taamlik die pot roer om te keer dat hy nie per ongeluk vergeet word nie.

Of is diegene wat so hoog opgegee het dat “ons sal jul stem wees” dalk meer verbaal as waarvan mens in die oopte kennis neem? Af en toe luister pres. Zuma na dr. Pieter Mulder. Maar as Mantashe so kwaad is vir Giliomee, het ek nie baie moed vir hoeveel die ANC na Mulder gaan luister nie.

Dit is blykbaar nie net die Afrikaners wat sukkel dat die ANC na die “regte” woordvoerders luister nie, ook die kerke sukkel om deur Zuma gehoor te word.

Selfs die SARK sukkel nou om gehoor te word, omdat die Prez voorkeur gee aan die National Interfaith Leadership Forum van past Ray McCauley. Mccauly se blatante politieke voortrekkery van Zuma is bekend.

En toe begin ek nou wonder: “Na wie moet die regering luister om die Afrikanerhart te hoor?”

Ek sal nie die ANC se “aanstelling” van iemand soos Bram Fischer aanvaar nie, ook nie eens omdat prof. Jonathan Jansen hom met sy intreerede as versoeningsgebaar teenoor die Afrikaner so geloof het nie. Mense wat in Stalin se tyd en die miljoene mense wat hy vredestyds vermoor het met die Komintern deurmekaar was, tel nie in my boekie as ‘n model-Afrikaner nie, nie eens met ‘n nadoodse doktorsgraad van Maties nie.

Oom Bey? Nee dankie. Ongelukkig is die meeste van my redes geklassifiseerd.

Antjie Krog? Selfs al het sy op skool van die uwe, toe ook ‘n skoolseun, gesê ek is aantreklik, moet ek verbyhou. Ek dink ook nie sy wil Afrikaners verteenwoordig nie, synde sy so “beg to be black.”

Max? Nee, die regte Max is ongelukkig ‘n paar jaar gelede in die Johannesburgse dieretuin dood.

En so gaan die lysie aan en aan.

Uiteindelik is my gevolgtrekking: Ek dink nie die ANC is toegerus om te besluit wie my Afrikanerbelange verteenwoordig nie. En dit het niks met ras te make nie.

самовсасывающий насос для грязной водыФильчаков Александр Васильевич

Reaksie op Henry Jeffreys

My reaksie op die redakteur van Die Burger, Henry Jeffreys, se rubriek oor die aksies van die Belastingbetalersverenigings. Ek wou dit as kommentaar by sy rubriek op die internet plaas, maar kon dit nie regkry nie, en so ook nie by sy blog nie.

Die howe moet nog finaal uitsluitsel gee oor waar die reg sy grense oor die “weerhouding” van munisipale belasting gaan trek. Prof. Marinus Wiechers is bekend daarvoor dat hy nie besonder simpatiek teenoor ‘n uitleg staan dat die Belastingbetalersverenigings se regsprosedure, soos die verklaar van ‘n dispuut en die betaal van die fondse in ‘n trustrekening, regmatig is nie. Tog het die verenigings al verskeie hofsake gewen, oa ook in die Vrystaat, waar munisipaliteite gedwing is om hierdie “wanbetalers” se kragtoevoer (wat volledig betaal is) te herstel.

In die grondwethofsaak van Walker versus City Council of Pretoria is, eenvoudig gestel, in die meerderheidsuitspraak beslis dat die burger nie bloot die wet kan verbreek as die staat die grondwet oortree nie. Die burger moet eers ‘n regsoptrede volg soos om die howe te nader om die staat te dwing om die grondwet nie te skend nie. (In die omgewing wat natuurlike geregtigheid klink dit vreemd dat ‘n hofsaak nodig is om te keer dat die staat nie die grondwet skend nie, maar daar was ‘n rits soos SA-burgers e belange in Zimabbawe. Vrystaat landbou is nou op pad hof toe met die regering oor veral versuim om die Lesothogrens behoorlik teen oorgrens-misdaad te verskans).

Die Pretoria-saak se belangrikste bevinding was egter ook dat ‘n munisipaliteit ook nie op grond van ras mag diskrimineer nie.

Nie almal het egter die fondse om hulle op die howe te beroep nie. Prof Herman Gilliomee het onlangs in ‘n artikel ook gewys op die vertolking wat die ANC aan die sg Hoofstuk 9-liggame heg, wat in effek neerkom om as verlengstukke van die ANC te dien. Ek tel onder diegene wat ruim meer as ‘n dekade op die Openbare Beskermer wag om ‘n finale verslag oor ‘n onreg uit te bring. In kort, min mense het nog geloof in hierdie instellings.

In die howe is die stryd gewoonlik baie ongelyk, met die staat wat kan aanjaag en die belastingbetalers wat moet opdok. Daar was enkele gevalle, maar hopeloos te min, waar die besluitnemers aan staatskant aangesê is om self die regkostes te dra. ‘n Veel regverdiger speelveld sal ontstaan as staatsaanspreeklikheid vir regskostes heeltemal onttrek word, en besluitnemers verplig word om regsaanspreeklikheidsversekering uit te neem. As die staat gedagvaar word, en die besluitnemer besluit om teen die advies van sy versekeraars die saak teen te staan, moet hy gewoon self sy regskostes dra as hy verloor.

Dit is agter te midde van hierdie ongelykheid dat getroue belastingbetalers in magteloosheid moet toesien hoe hul munisipale dienste ten gronde gaan, en geld vermors word. Terwyl ek gou ‘n bietjie navorsing vir hierdie antwoord gedoen het, het my oog geval op R100 000 wat ‘n erg sukkelende munisipaliteit (Ngwathe wat Parys en Heilbron insluit) op die begrafnis van ‘n raadslid gespandeer het. Ek kan by my voordeur uitkyk op ‘n mangat oorkant die straat waarvan die deksel weg is. As lid van ‘n munisipale wykskomitee (ek is nie lid van ‘n belastingbetalersvereniging nie) rapporteer ek dit al meer as twee jaar. Daar was al ‘n foto daarvan in die koerant, en die munisipaliteit moes al aan verskeie mense wat in onbedekte mangate geval het skadevergoeding betaal.

In die Karoo het minstens een Belanstingbetalersvereniging sy ding begin doen toe nog ‘n munisipale afvaardiging kort na voriges op pad oorsee was.

In verskeie dorpe is al munisipale dienste wat hoegenaamd gelewer word, dit wat die belastingbetalersvereniging uit die trustrekenings lewer.

Kort voor die algemene verkiesing het die aangewese, en nou Vrystaatse Premier by ‘n SALGA-kongres aangekondig dat korrupte en onbekwame burgemeesters en munisipale bestuurders afgedank gaan word. Hy is toe uitgelag. Sedertdien het die vreemdste goed gebeur, soos ‘n geskorste munisipale bestuurder wat elders as administrateur aangestel is waar die betrokke munisipaliteit onder administrasie geplaas is.

Berigte is volop waar belastingbetalersverenigings voor en na hulle dispuut verklaar het vrugteloos probeer afsprake maak het met die rade.

Uit briewe en berigte blyk dit dat die Nasionale Belastingbetalersvereniging ook van g’n sout of water weet van ‘n afspraak wat die minister sê hy met hulle het nie. Trouens, dit blyk eerder dat die minister hul pogings vir ‘n afspraak  ontduik, en selfs blykbaar ‘n kluitjie gebak het oor die rede waarom ‘n afspraak op baie kort kennis afgestel is (om ‘n Zuma-saamtrek te gaan bywoon).

Die hartseerste is dat die minister dit wys ag om ras by die kwessie in te sleep. Dit het onmiddellik die deur oopgelaat vir teenreaksies met rasse-ondertone, soos dat die (wit) belastingbetalersverenigings darem steeds hul belasting bly betaal, terwyl (swart) ontevredenes heeltemal nie betaal nie (wat blykbaar talle raadslede insluit want by Dihlabeng (Bethlehem en omgewing) sal die raad volgens die ANC self nie ‘n kworum hê as wanbetalende raadslede van vergaderings uitgesluit word nie). Die rasspeletjie kan ‘n entjie verder getrek word soos verskeie voorvalle van oproer, en waar daar deesdae weer taamlik lustig met rubberkoeëls geskiet word, al word nie met rubberklippe gegooi nie.

Die hartseer is dat ‘n moeder van hofsake soos die minister dreig, sake net sal vererger eerder as verbeter. Die oplossing is taamlik eenvoudig. Die ANC moet woord hou en van korrupte en onbekwame burgemeesters, raadslede en amptenare ontslae raak. Trouens, onlangs nog het Zuma en kie nukkerige burgemeesters weer mooi soos eendjies in die lojale ry gekry deur te dreig om van die stelsel van uitspattige burgemeesters ontslae te raak.

Dis nie altyd rade wat in ANC-beheer is wat sleg vaar nie. Die ANC het immers nie korrupsie uitgevind nie, net vervolmaak.

Intussen is dit ongelukkig dat trotse, lojale Suid-Afrikaners wat desperaat probeer keer dat die land ‘n volledige piesangrepubliek word, as verraaiers en misdadigers afgemaak word. ‘n Hofsaak (en mag die nodigheid daarvan deur gesonde verstand oorbodig raak) is nou al wat kan beslis of die trusfondsrekeningshouers werklik misdadigers is, en of hulle eintlik helde is wat deur gemeenskapspolitiek probeer beredder wat nog beredder kan word.

 

 

потолочные светильникиФильчаков прокурор харькова

Die arme Henry Jeffreys

Ten spyte daarvan dat hy bevoordeel is ver bo sy vermoë met die redakteurspos by Die Burger – kan die arme man net nie uitstyg bo sy rassistiese haat jeens die blanke wat min of meer kop uitsteek in elke artikel of skrywe van hom nie.

Nou het hy dit weer teen die blankes wat orde in die vernielde munisipaliteite probeer herstel.

Plaas dat Jeffreys liewers iets positiefs vanuit sy posisie as redakteur vir sy medekleurlingvolksgenote doen wat tot hulle voordeel en voorspoed kan strek en dankbaar is vir die blankes wat die munisipaliteite begin verbeter wat deur sy ANC-party in die rioolsloot in  bestuur is, weens korrupsie en wanbestuur.

Dit is juis van jou soort, Henry Jeffreys, wat ons wil wegkom – die soort wat ten spyte van onlogiese bevoordeling net nie oor die innerlike krag beskik om verby die “ek-kry-myself-tog-so-jammer”-sindroom te kom nie.

 

diamond dogs videoФільчаков Олександр Васильович прокурор

Mentaliteit van die familievuurtjie

In verskeie dele van die land is daar gemeenskappe wat betreklik gewelddadig raak oor diensleweringsbeloftes wat na dié beloftes gemaak is, soos mis voor die son verdwyn. Dié ongemak met owerheidsuitsprake word versterk deurdat mense via die media verneem van opmerkings en beloftes wat politici vir gehore maak wat baie duidelik net vir daardie gehore se ore bedoel is.

Tradisioneel is dit as goeie hoofmanskap beskou as die hoofman saans van familievuurtjie na familievuurtjie loop en by elk aan die uitgebreide familie vertel wat hulle wil hoor. Dit het ook nie saak gemaak dat dié aandpraatjies erg teenstrydig met mekaar kon wees nie.

Vandag maak dit wel deeglik saak. ‘n Hoë politikus kan verwag dat die media hom gaan volg en rapporteer wat hy te sê het. ‘n Boodskap by Julius Malema se tuisdorp dat Malema ‘n aangewese president van die land is, word met afsku in baie ander dele van die land aangehoor. Hierdie mentaliteit maak dit ook moeiliker om nasionalaiseringspraatjies wat in sekere kringe gevoed word, behoorlik in landsbelang dood te slaan en klaar te kry.

Omdat tribalism in hierdie selfde geledere ‘n vloekwoord bly en steeds as deel van die politieke inkorrekte spektrum bly kleef, is dit moeiliker om hierdie praktyk verkoop te kry aan gehore vir wie ‘n man se woord sy woord is en bedoel is om in dade neerslag te vind.

Met gemiddeld twee plaasmoorde per week pleit die landbougemeenskap deurlopend by die regering om dié verskynsel te veroordeel. Dit is immers nie gewone moord nie, omdat die moordkoers onder boere volgens die Vryheidsfront Plus se syfers byna tien keer hoër as die land se reeds hemelhoë moordkoers is. Die regering het egter taamlik konsekwent dawerend in al elf amptelike tale geswyg.

Tot by die regte familievuurtjie aangeland is. By Agri SA se kongres verklaar die minister van Veiligheid en Sekuriteit dat die regering plaasaanvalle ten sterkste veroordeel.

Die onvermydelike vraag is nou: Is dit weer ‘n geval van woorde wat vir ‘n sekere gehoor bedoel is? Daar is ongelukkig verskeie aanduidings dat dit wel die geval is.

–          Die minister het selfs te midde van die veroordeling hiervan plaasmoorde tot niks buitengewoon vir die land probeer reduseer nie. Dit beteken die minister is oningelig oor die statistiese moordkoerse, of hy kyk dit moedswillig mis.

–          Daar was ‘n dawerende swye binne regeringsgeldere toe minister Tokyo Sexwale die afgesaagde kulkunsie opdiep om die blaam vir plaasaanvalle op die boere te pak. Terwyl niemand stry dat daar vrot appels is nie, is die werklikheid, anders as die politici se persepsies van die werklikheid, dat hierdie kwessie al verskeie kere ten duurste deur die regering self ondersoek is, en steeds sonder bewyse vir hul opvattings sit. Die resultate van hul eie ondersoeke het die stroom kritiek op boere, en om hulle sodoende in baie se oë eintlik voëlvry te verklaar, nie beïnvloed nie. Die uitsprake op die nasionale grondberaad enkele jare gelede het byvoorbeeld gevolg op ‘n Wes-Kaapse ondersoek van meer as tagtig beweerde voorvalle in ses maande, waarvan almal vals bewys is. Wes-Kaapse afgevaardigdes by die beraad het eenvoudig hierdie feit geïgnoreer. ‘n Soortgelyke ondersoek in die Vrystaat se bevindings is eenvoudig nooit bekend gemaak toe dit dadels opgelewer het nie.

–          Die minister van samewerkende regering het pas weer die rassekaart teenoor wit belastingbetalers gespeel.

–          Die Wêreldbekersokkerstadion in Polokwane is na die voormalige ANC-jeugleier vernoem wat bekend geword het vir sy slagspreuk, Kill the Boer, kil the farmer. Enige verantwoordelike regering wat sy grondwetlike plig tot nasionale versoening ernstig opneem sou met afsku vervul gewees het.

–          Vrystaat Landbou het aangekondig dat hy met sy hofsaak teen die regering voort te gaan omdat die weermag nie, soos onderneem is, op 1 April die grensbeveiliging met Lesotho oorneem nie. Trouens, dit is nog nie moontlik om vas te stel of die SAPD tot die nuwe ontplooiingsdatum oor drie of vier jaar aan die grens gaan aanbly nie.

Minister Nathi Mthethwa kan niemand verkwalik wat sy beloftes van ‘n omvattende landelike beveiligingsplan wat op hande is, met ‘n knippie sout neem nie. Dat dié plan nou nog nie gefinaliseer is nie, terwyl plaasmoorde al in 1994 hande begin uitruk het, is doodgewoon skandalig. Boonop het van ander beloofde strukture, soos dit wat in plek sou wees voor die kommando’s uitgefaseer sou wees, dadels gekom.

Of hierdie plan soos die water in steeds droë krane gaan realiseer hang ongelukkig nie van regeringspraatjies af nie. Veel meer sal die hofsaak van Vrystaat Landbou rigtinggewend wees, soos verskeie ander onlangse hofsake waarin die regering die kous oor die kop gekry het omdat versuim is om sy grondwetlike verpligtinge jeens sy burgers na te kom.

комбинированные печи для баниФильчаков Александр Васильевич

Ope brief aan Praag

Is dit net ek of is hier ‘n hewige anti-Afriforum/Solidariteit sentiment? Die agbare heer L.I. Bertijn vertel eers hoe groot geskenk Zuma aan die Afrikaners is en dan weer watter selfbehepte skollies die bestuur van Afriforum is!

Mis ek iets? Net omdat Afriforum hul gedistansieer het van die VF+, iets wat ek kort na die Cornelius Janse van Rensburg-storie al gedoen het, moet hul nou uitgewerp word in die buitenste duisternis en as melaats behandel word?

Is ons weer terug by die kwessie van as iemand nie met jou saamstem nie, te hel met hom? Mense ons kort…nee, ek pleit vir ‘n vernuwing in denke! Dr. Roodt moet asb nie dat PRAAG in die selfde geïsoleerde toestand raak as die HNP nie. Dit is n pad na nêrens! Eendrag maak nog steeds mag. Laat ons van mekaar verskil sonder om te etiketeer en sonder om te isoleer! Laat PRAAG van krag tot krag gaan.

Daar sal baie water moet vloei voor ek weer VF+ stem, maar ek wens Mulder en Mulder geen teenspoed toe nie, inteendeel.

As die toekoms leer dat hul al die tyd reg was en ek verkeerd, sal ek meer as gewillig wees om my dwaling te erken en met trots te volg.

slotsДанильченео

Die soektog na leiers

Soos wat mens by mede-Afrikaners aan huis kom om hulle as kiesers te registreer, word mens soms gevra oor watter kwaliteite volksleiers moet beskik. Dit is ‘n baie goeie vraag en iets om ernstig oor te besin.

Dit wil uit gesprekke voorkom of ‘n leier se christelike beginsels vir meeste volksgenote belangrik is. Ek is nie seker wat daarmee bedoel word nie. Ekself sal nie belangstel in iemand se teologiese siening of kerkverband nie, dit sal vir my meer belangrik wees om te weet of hy of sy ‘n Christen is wat sy of haar geloof in die daaglikse handel en wandel uitleef. Daar is die gevaar van vormgodsdiens en ek sou graag iemand wou hê, wat soos ‘n Dawid van ouds, ‘n “man na die hart van die Here” is.

Vroeër jare het mense nogal waarde geheg aan persone wat ‘n dinamiese spreker is. Iemand met ‘n mooi diep stem soos Dr Malan wat die volk kon inspireer en motiveer. Persoonlik verkies ek iemand wat verstandig en sinvol kan kommunikeer, sê maar soos Dr Verwoerd. Moses was ‘n groot leier en nie ‘n goeie spreker nie.

Omdat daar ‘n groot verskil tussen teorie en praktyk is, verkies ek eerder iemand wat iets bou wat waterpas en haaks is bo iemand wat referate aanbied oor een of ander esoteriese onderwerp. Die persoon wat ‘n oog het vir wat prakties uitvoerbaar is vir een saak, kan dit ook toepas op ‘n ander saak.

Dit het te doen met die manier waarop iemand se brein werk.

Kipling het geskryf van “walk with kings, but don’t lose the common touch”. ‘n Leier moet tuis voel by gewone Afrikaners en gereeld by hulle aan huis kuier. Dit is by hulle eie huise waar mense gemaklik voel en openlik gesels oor wat hulle dink en voel. Die leier wat slegs meng met die vooraanstaandes skep die indruk dat hy neersien op sy eie volk. Daar bestaan ook ‘n gevoel onder vele van ons mense dat die vooraanstaandes dink hulle is beter of slimmer as die res van die volk. ‘n Doringboom van Waterberg is verkieslik bo ‘n seder van Waterkloof.

Persoonlik verpes ek skynheiligheid, valsheid en oneerlikheid. Lieg eenkeer vir my en ek beskou jou as ‘n gewoonte leuenaar. Ek het meer tyd vir ‘n teertou wat opreg is as vir ‘n laventelhaan wat vals is.

Natuurlik is ‘n leier, soos die naam aandui, iemand wat voorloop en die voorbeeld stel. Die persoon  wat net opdragte gee en dit self  nie wil of kan uitvoer nie, wil ‘n diktator wees. Dink aan ‘n skaapwagter wat voor loop om goeie weiding te soek en uitkyk vir bedreigings.

‘n Leier moet ook verantwoordbaar wees, hy moet ontslaan word as hy nie sy verantwoordelikheid nakom nie. Hy is immers die dienaar van die volk en is deur die volk aangestel.

In die verlede het ons passief toegekyk hoe politieke partye op hulle koukusse leiers kies en ons het geen inspraak daarin gehad nie. Die laaste politieke leier wat ‘n volksleier was, was seker Dr. Verwoerd.

Hiermee wil ek almal uitnooi tot ‘n sinvolle gesprek oor toekomstige leiers en leierskap. As ons nou reeds ons gedagtes in orde kry, kan ons goeie besluite neem wanneer die tyd kom om leiers te kies.

пескоструй купить вОлександр Фільчаков прокурор