Opvolg: sogenaamde ‘haatkampe’

Soos die lede van die PRAAG Facebook-groep alreeds verneem het, is die "rassistiese, anti-swart, Afrikaner-terreurkampe" toe eintlik net 'n paar plase waar kinders geleer word om hulself te beskerm en so 'n bietjie disipline te ontwikkel. Die arme bloedjie wat gekerm het dat hy "ontvoer" was, het van sy huis af weggeloop en onder valse voorwendsels by die kamp opgedaag. Die artikel kan op die Beeld-webwerf gelees word.

съемные протезы зубовтопкарго отзывы

Sogenaamde ‘haatkamp’

Dit is met 'n luide "haai siestog" wat ek gisteroggend in Beeld lees oor die sogenaamde haatkamp wat dan nou in Limpopo ontdek is. Soos almal seker al gehoor het, "ontvoer die leiers van hierdie 'haatkamp' jong wit kinders en leer hul om swartes te haat". Hulle word ook blykbaar geleer om goeie skuts te wees en boonop leer hulle oorlewingsvaardighede, à la die ou SAW-opleiding.

Nou, ek het drie dinge hieroor te sê:

Eerstens dink ek nie die deursnee-Afrikanerjongeling het nodig om na 'n kamp geneem te word en gebreinspoel te word om 'n afsku jeens die terroristeregime te ontwikkel nie. Ons is boonop gebore skuts wat uitmuntend skiet. Toe ek die eerste keer met my windbuks aanlê op die rype ouderdom van vyf jaar, kon ek alreeds 'n pakkie Lion-vuurhoutjies raakskiet.

Tweedens hou hierdie storie net soveel water as die beweerde rugby-rasse-aanval waarvan toe niks gekom het nie. Beide stories is so vaag dat g'n mens hond haaraf kan maak nie.

Derdens "demand" ek dat dieselfde hoeveelheid blootstelling gegee word aan die haatkampe wat in Natal ontdek is, maar g'n haan na kraai nie. Die 12-jarige "struggle-veterane" word ook geleer om wittes te haat en te verkrag en dood te maak.

Hier kom groot moeilikheid (ek sal maar liewer nie Kilo-Alfa-Kilo sê nie). Hulle is besig om verskonings uit te dink om die wapen meer offisieel teen ons op te neem en ons kan dit nie laat gebeur nie. Ons moet aandie wêreld daarbuite wys dat ons ordentlike mense is. Vredeliewend. Gasvry. Gelowig. Vreedsaam maar hardegat.

комплектующие для насосов espaАлександр Фильчаков

Oop grense is kranksinnig

Die uitspraak deur die sogenaamde minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dat  Suid-Afrika nie sy grensbeheer gaan verskerp ondanks groot getalle onwettige immigrante wat oor ons grense stroom nie, is so wêreldvreemd dat dit aan die kranksinnige grens. Trouens, vergeleke hiermee was Mbeki se alternatiewe vigssienings hiperrasioneel en wetenskaplik verantwoordbaar.

Enigeen wat nie die rampspoedige gevolge kan voorsien indien honderde miljoene armes vanuit Afrika suid van die Sahara na die kontinent se ekonomiese swaartepunt stroom nie, is nie in staat om logies te dink nie. Weereens: het ons hier met Afrikadenke te make wat, erger as in Mbeki se geval, eenvoudig nie vatbaar vir bewysvoering is nie?

Terwyl die Europese Unie oor 'n omvattende plan beskik om onwettige immigrasie te bekamp, verklaar Suid-Afrika met sy veel kleiner ekonomie wat skaars in eie behoeftes kan voorsien, 'n beleid van oop grense!

Die afgedankte navorser van die WNNR, dr. Anthony Turton, het juis gewys op die gevaar van grootskaalse etniese geweld wat in die land kan losbars as gevolg van 'n verwaarlosing van ons waterbronne. Kan 'n mens jou voorstel watter soort kruitvat Suid-Afrika gaan word indien die oopgrensbeleid tot sy logiese uiteinde van megastede bestaande uit plakkerskampe sonder skoon water of elektrisiteit lei?

Die ANC beskou dit as sy goeie reg om die land te vernietig, net soos wat Robert Mugabe dit as sy voorreg beskou het om Zimbabwe af te takel tot die treurige toestand waarin dié eens welvarende land vandag verkeer.

Die Afrikaner egter, wat meer as enige ander volksgroep in Suid-Afrika opgeoffer het om ons infrastruktuur en staat te vestig, is nie geken in dié besluit om ons land op 'n skinkbord aan die honger massas van Afrika te oorhandig nie. Moontlik was dit deel van die fyndruk op die blanko tjek wat mnr. FW de Klerk in 1994 uitgeskryf het, maar ons is nooit oor die saak ingelig nie.

Indien daar nie nou aktiewe weerstand teen die ANC se toenemend vergesogte en dikwels rassistiese beleidsrigtings kom nie, gaan ons baie vinniger as wat ons dink "transformeer" tot 'n cholerabesmette hool soos Zimbabwe.

Selfs al kom daar nie weerstand van Afrikaners wat hul geboortereg opeis om 'n heenkome in dié wêrelddeel vir hulself te beding nie, sal die blote instroming van miljoene immigrante die land vanself destabiliseer.

Wat dus ook al gebeur, is die dae van die Suid-Afrikaanse eenheidstaat, die 1910-staat, getel en sal dit waarskynlik vroeër of later begin voorbrokkel. 'n Toekomstige eie staat is die Afrikaner se enigste hoop op langtermynoorlewing soos wat die gevolge van massamigrasie, waterbesoedeling, grondhervorming, rassistiese arbeidswette en ander euwels ons land soos Zimbabwe tot in die grond afbreek.

Diegene wat dit nie begryp nie, moet maar solank padgee Australië toe.

ігри для дєвачєклобановский александр досье

Die handskoene moet nou af

Gustav Venter se Rubriek, Die eerste reël van oorlewing: Doen jou deel verwys. Die Afrikaner het reeds vantevore gedurende die 2de Anglo-Boere oorlog sy land verloor as gevolg van sy "gentlemanliness".

Daar is verskeie voorvalle waar die Boere hulle voordeel oor die Britse magte nie opgevolg het nie en as gevolg het die Britte ons land by ons afgeneem.

Vandag gaan dit nog net so beroerd. Die Afrikaner onderhandel, en hy bespreek, en hy kom met planne en alles word vanuit 'n Westerse, Christelike, beskaafde siening benader. Hy is bereid om saam te werk, om sy vyand die voordeel van die twyfel te gee.

Ons praat saam met ons vyande oor 'n tafel, ons vergader met hulle, ons behandel hulle soos ons eweknieë. Ons moet tog net nie aanstoot aan iemand gee nie. En spaar ons tog dat ons net nie as rasisste uitgekryt kan word nie. En intussen word elke geleentheid wat ons ons vyande bied, deur hulle met ope arms aangegryp en teen ons gerig.

As jy in Afrika gebore en getoë is dan leer jy vinnig dat slegs dié wat die hardste slaan, wat die langste asem het en wat die swaarste gewig kan dra die een is wat mag kan afdwing. Dis die ongeskrewe wet van Afrika. As ons dit nog nie geleer het nie, beter ons vinnig vir ons vliegtuigkaartjies Australië toe bespreek.

Venter slaan die spyker op die kop; die tyd vir mooipraat en redeneer, en soebat werk nie, mense! Dis tyd vir hard praat en harder doen. Om hoed in die hand jou saak voor 'n vyandige regering te gaan bepleit is reeds oor en oor as tydmors bewys. Net die sterk radikale aksies – nie praat – van 'n volk wat ALMAL saamstaan en na die selfdedoelwit mik, gaan werk.

Kom ons los nou maar die mooipraat en die vergaderings, ons mors net tyd. Ons het die finansiële vermoë, die intelligensie, die werkslus en die ruggraat om ons vryheid te bewerkstellig. Ons besef dit sal opofferings verg, maar ons het al tevore en ons sal weer.

Ons moet net onthou: Eenheid is mag.

casino sign upлобановский харьков класс

Nuwe misdaadplan bevat kiem van totalitarisme

Op die oog af lyk die plan vir 'n nuwe databasis wat die ANC-bewind toegang tot alle vingerafdrukke en DNS-gegewens in die land sou gee na 'n goeie manier om misdaad te bestry. Immers kom misdadigers weens gebrekkige bewysstukke en veral forensiese getuienis dikwels skotvry daarvan af in Suid-Afrikaanse howe.

Die regte van die gewone, wetsgehoorsame burger moet egter hierteen opgeweeg word. Gegewe die ANC se geskiedenis waar hy entoesiasties die Oos-Duitse bewind met sy geheimse polisie, die Stasi, asook ander soortgelyke dienste in Oos-Europa ondersteun het, kan te veel inligting in sy hande maklik tot misbruik ly.

Die ondoeltreffendheid van die strafregstelsel gaan nie net oor forensiese getuienis nie, maar ook die gebrek aan kundigheid in die polisie wat deur transformasie en regstellende aksie veroorsaak is. Een groot databasis gaan nie die kundigheid na die polisie terugbring nie.

Suid-Afrika is ook 'n multietniese land waar inligting soos DNS en vingerafdrukke maklik aangewend kan word om minderheidsgroepe soos die Afrikaner te onderdruk en te vervolg.

Afirkaners behoort hul samewerking met die owerheid om sy Grootbroerdatabasis tot stand te bring te weier. Onder normale omstandighede sou daar geen beswaar daarteen wees nie. Suid-Afrika is egter geen normale land nie maar 'n (mislukte) staat waarin die burokrasie dikwels deur een rassegroep gebruik word om 'n ander te verdruk.

online slotsАлександр Фильчаков Васильевич

Regering se spandabelheid

Hoe is dit moontlik vir parlementslede om miljarde te spandeer op kos, partytjies ens. terwyl daar duisende honger mense in ons land is? Het hulle geen gewete nie? Slaap hulle snags sonder om eens skuldig te voel oor die land se nood?

Ek het elke dag te doen met die nood in ons land. Ons gemeente werk baie hard om te voorsien, maar dit is onmoontlik om almal te help. Waar is die regering se lojaliteit? Wanneer gaan hulle ophou geld mors? Ons mediese dienste in staatshospitale is in 'n haglike toestand, pasiënte moet maande en jare wag vir 'n operasie en al wat die regering doen is eet, partytjie hou en rond reis.

Ek gaan nou op mense se tone trap, maar is dit nie a.g.v. te lekker eet en sosiaal verkeer dat daar so baie parlementslede is wat oorgewig is nie? Ek wil die regering uitdaag om te gaan kyk na die land se nood – gaan besoek een van die sentrums of sopkombuise en maak jul oë oop vir wat daar aangaan en hou op om geld te mors en gebruik sommer ook die geld wat op die verandering van straatname en „die Springbok-embleem“ gemors gaan word vir diegene in nood.

Het enige van die parlementslede al ooit 'n honger kind gesien – of wil hulle dit nie sien nie?

086 форма справкиалександр лобановский класс

Van Riebeeck was ‘n skaapdief…

Ja, dis jammer dat ons mense (ek inkluis!) soms bang of skaam is om dinge wat ons pla met mede-Afrikaners te bespreek.

 

Jare gelede (ongelukkig kan ek nie die jaartal onthou nie) het 'n vriend wat 'n boekwinkel besit, vir my die Nuwe Suid-Afrika se nuwe skoolboeke gewys.  Dit het oor Graad 4 se geskiedenisboek gegaan.  Hierdie forum het toe nog nie bestaan nie, anders het ek dit hier volledig geplaas.
 
Die boek (of hoofstuk?) se naam was "I remember…." ("Ek onthou….")  Swart "sokker-helde van weleer" het vertel hoe hulle onthou hoedat hulle op grondvelde sokker moes speel, omdat die apartheid-regime nie vir hulle grasvelde wou gee nie.  So, asof sokker nou deel van 'n land se geskiedenis moet wees.
 
Niks van die 2 Vryheidsoorloë nie; niks oor die opofferinge wat deur 'n handvol Afrikaners, ten gunste van die miljoene swartes gemaak is; niks van die skole wat deur blankes vir swartes opgerig is, en deur swartes afgebrand is nie; niks oor sendingwerk onder swartes, deur Afrikaner-geestelikes nie; niks oor die vertaling van die Bybel in swart tale, deur Afrikaner-geestelikes nie; en niks oor die groot werk wat Afrikaner-geneeshere (soos prof. dr. Chris Barnard) onder swartes gedoen het, om hul lewens te verleng en hul geboortesyfer hemelhoog op te jaag nie.
 
Nee, die Afrikaner het niks goeds gedoen nie, en verdien daarom geen ruimte in die Nuwe Suid-Afrika se geskiedenisboeke nie.
    
Maar, die ergste van als……die geskiedenis van Jan van Riebeeck!!!  Daar was 'n spotprent met Jan van Riebeeck wat 'n swart oogskerm op het, kompleet soos 'n wafferse seerower, en wat onder 'n doringdraad deurkruip om die swartmense se skape te steel.  Verbeel jou!  Geen woord oor Herrie en sy makkers wat blanke veewagters vermoor het nie, nee, die Kommandeur self was die vark in die verhaal.  Hy het persoonlik snags die arme swartes se skape uit hul doringdraad-omheinde krale gaan steel (al is draadheinings lank daarna eers ontwerp en vervaardig, en al het Bill Murray van Graaff-Reinet Suid-Afrika se eerste doringdraad maar eers sowat 70 jaar gelede vanuit Australië ingevoer).
 
Dit klink byna soos 'n moderne ANC-verhaal, waar die plaasmoorde verswyg word, maar polisiehonde wat misdadigers aankeer, veroordeel word.

стенд длятопкарго развод

Verdien ons om van Sowjetonderwys verlos te word?

10:47:34 Na aanleiding van die hoofartikel op Praag, Verlos ons van Sowjetonderwys, wil ek graag die volgende kommentaar lewer:

Dit is inderdaad so dat die vraestelle ter bespreking niks anders as breinspoeling van die Marxistiese tipe is nie. Wat my egter verwar, is die vreemde houding van ouers, onderwysers, en die VF + wat maak asof hierdie aanslag teen Afrikanerkinders nuwe hoogtepunte bereik het of selfs om een of ander rede iets anders van die onderwysdepartement verwag het. Ouers, onderwysers, die VF+ en ander belanghebbendes behoort te weet dat hierdie aanslag teen ons kinders al baie langer aan die gang is as wat ons blykbaar wil herken.

Kader Asmal, destydse minister van onderwys het reeds in 2003 “'n nuwe era van godsdiensvryheid” in Suid-Afrikaanse skole aangekondig. Naledi Pandor het dit later “transformation in education” genoem. Kan dit wees dat ons ouers nie besef wat hier gebeur het of gesê is nie, of is daar dalk ‘n dieper, meer sinistêre antwoord vir die apatiese houding van ons Afrikanerouers teenoor die huidige vlak van opvoeding wat kinders in staatskole ontvang? Dit is miskien harde woorde, maar hoe anders interpreteer mens die feit dat Afrikaners hulle kinders bly terugstuur na hierdie stelsel toe? Dink hulle regtig dit gaan beter word en indien wel, wie gaan dit beter maak?

Op hierdie punt wil ek graag vir die (staats)skoolhoofde wat vir die ouers vertel dat hulle kinders nie deel is van hierdie gemors is nie, en selfs vir die ouers wat dieselfde beweer, graag iets sê: TWAK!

 Julle lieg vir die ouers, en julle lieg vir julleself.

Daar is geen manier hoe ‘n staatskool buite die leerplanne van die staat mag of kan beweeg nie. Hoe “steur mens jou nie aan die onderwysdepartement nie”, maar skryf nog steeds die gestandardiseerde eksamens? Het julle ander handboeke as die res van die provinsie/land ?

Deel van die regering se “transformation in education” is die oordrag van ‘n “nuwe, verbeterde” waardestelsel. My vraag aan ouers: Is die waardesisteem van die regering dieselfde as dié van Afrikanerverbondsouers? Is die totale sinkretisties-georiënteerde leerplan bevorderlik vir dit wat veronderstel is om in ons huise gelëer te word? Kinders word blootgestel aan Judaïsme, Islam, Boeddhisme, voorvaderaanbidding, heksery, en en en (die lysie is nimmereindigend). Hierdie gelowe word soos ‘n kieslys aangebied vir die kinders, meestal met gelowe anders as die Christengeloof wat baie aanloklik voorgestel word.

Die gevolge van so ‘n stelsel kan duidelik gesien word: Godsdiensbeoefening word onbelangrik, ‘n eenwêreldgodsdiens, waar die God van die Bybel en Allah as dieselfde entiteit voorgestel word, kry al hoe meer aanhang. Is hierdie ‘n gesonde omgewing waarin Afrikanerkinders vir 6 ure per dag losgelaat behoort te word?

Wat van die aanslag op ons kinders se moraliteit? Kondome word uitgedeel aan laerskoolkinders, met onderrig daarin wat tot in die kleinste besonderhede geskied. “Glipsies” word vinnig reg gemaak met ‘n aborsie, wat die voorkoms van hierdie spesifieke mediese prosedure so algemeen soos asemhalng maak in baie skole. Mens kan ad infinitum  aangaan oor die probleme wat so ‘n goedkeuring van ‘n losbandige houding vanaf die owerhede tot gevolg het, maar ek glo die vigs-, aborsie-, swangerskap- en verkragtingsyfers in skole spreek vanself.

Nou hoekom dan hierdie brief as Afrikanerouers, Afrikaneronderwysers, en die VF + reeds hierdie dinge weet? Is ek, die skrywer van hierdie brief, so verwaand dat ek dink ek kan iets aan hierdie groepe mense oordra?

Nee, meneer die redakteur, ek skryf hierdie brief omdat ek voor my siel weet dat, ten spyte van hierdie klaagliedere vanaf ouers, onderwysers en die VF+ , dieselfde mense maar net volgende jaar hulle kinders na dieselfde skole met dieselfde leerplanne en dieselfde opstellers van Afrikaanse vraestelle gaan stuur. Jesus Christus het ‘n spesiale boodskap gehad (soos vervat in Markus 9:42) vir mense wat kindertjies laat struikel.

Ek reken iemand wat ‘n meulsteenfabriek het, gaan binnekort goed geld maak.

липецк очисткатопкарго развод

Verlos ons van Sowjetonderwys

10:07:33 Die eksamenvraestelle wat deur die Vryheidsfront Plus aan die lig gebring is en waarin blatante ideologiese inhoud in aardrykskundige vrae voorkom, herinner nie net aan Sowjetonderwys nie. Dit ís Sowjetonderwys.

Die ANC se begrip van onderwys is nie om kinders aan kennis bloot te stel en hulle te leer dink nie, maar om hul ideologies te breinspoel. Dat onderwys in die land konstant afdraand neig – in so 'n mate dat prominente swart leiersfigure soos Mamphela Ramphele en Wendy Luhabe erken dat die gewraakte Bantoe-onderwys veel beter was – kan niemand meer betwyfel nie.

Daarom verdien die Vryheidsfront Plus se oproep dat Afrikaners oor hul eie onderwysdepartement moet beskik wye steun. Die hoof van 'n beroemde Afrikaanse hoërskool in Pretoria sê glo gereeld aan ouers en leerlinge by vergaderings: "By dié skool steur ons ons nie veel aan die onderwysdepartement nie." Hierdie passiewe weerstand teen Sowjet-onderwys wat reeds by Afrikaanse skole bestaan, behoort nou meer aktief te word. Ons volk behoort die ANC se totalitêre onderwysstelsel sonder verdere omhaal te verwerp en aan te dring op outonome onderwys vir elke kultuurgroep soos dit in België bestaan.

Hoeveel meter Steve Biko se huis bokant seevlak verkeer, is net so irrelevant soos die aantal vierkante meter wat Josef Stalin se datsja beslaan het. Afrikanerkinders behoort te weier om sulke vrae in die eksamen te beantwoord.

Dis nou tyd vir saamstaan teen die verdrukker wat ons kinders van kennis en opleiding – om nie van hul eie kultuur en geskiedenis te praat nie – wil beroof met sy afstootlike breinspoeling in skole en eksamens. Eie, outonome onderwys is die minimum waarop ons geregtig is.

воронеж стапелитопкарго отзыв

Kongres van die Gepeupel?

07:56:25 Ek sien Praag hou vol om na die nuwe Congress of the People-party te verwys as die Volkskongres ondanks my baie duidelike uitwysing dat dit nie vir die Afrikaner aanvaarbaar kan wees nie want onder VOLK verstaan ons hedendaags 'n groep mense wat dieselfde kultuur. geskiedenis, taal en ander gebruike deel. En hierdie mense beskou hulself beslis nie as 'n "volk" nie. Hulle verwerp die begrip totaal en al al verstaan hulle dit.

Die redakteur van die Praag-nuusblad het in 'n uitgebreide repliek op my beswaar, my regstreeks daarvan beskuldig dat ek agter Naspers aanhol deur na die nuwe party as COPE te wil verwys. In die stempeiling op die Praag-nusblad is die vrae dan ook hoogsgelaai sodanig gestel: Jy stem vir "Volkskongres" en dus vir Praag of jy stem teen "Volkskongres" en saam met Naspers. Dit was 'n uiters onbehoorlike en verwronge keuse en daarom het ek dan ook nie 'n stem uitgebring nie. Deur te stem sou ek net aansien en geldigheid verleen het aan die soort gekonkel. Die lae stemmetal laat my vermoed dat andere ook so gevoel het.

Ter inligting die volgende: So 'n jaar of twee gelede het Jan-Jan Joubert, redaksielid van Die Burger, 'n rubriek geskryf waarin hy na die byeenkoms in Kliptown baie jare gelede waar die Freedom Charter deur die ANC aanvaar is, verwys het as die "volkskongres" by Kliptown. Die rubriek is ook in Beeld gepubliseer.

Ek het hom in 'n brief aan Beeld aangevat en aangevoer dat hy bra roekeloos met die begrip "volk" omgaan. Beeld het – bo alle verwagtinge in – die brief gepubliseer – nogal as die hoofbrief in die betrokke kolom. Dit is interessant dat Beeld nie weer die term "volk" so skeef gebruik het nie — ook nie nou nie.

Dit is duidelik dat dit nie ek is wat agter Beeld aanhol nie, maar Beeld wat my uiteensetting ter harte geneem het.

Maar nou vind ons dat die pro-Afrikaner organisasie, Praag, vir Jan-Jan omhels en ewe lustig saam met hom in hierdie vals koor oor die woord "volk" sing. En ek het uit verskeie dinge die indruk gekry dat Praag nou nie juis baie van Jan-Jan gehou het nie.

As Praag nou wil volhou met hierdie skewe vertolking, moet ek vra dat daar duidelik uitgewys word na watter "volk" verwys word in hierdie gebruik van "volkskongres". Dit is beslis nie die Afrikanervolk nie. Dit kan ook nie die Zoeloevolk wees nie want dit lyk my Zuma en die Zoeloes het die ANC oorgevat. Dit kan dalk die Xhosavolk wees, maar dit lyk nie die nuwe party rig hom slegs op hierdie volksgroep nie. Moet asseblief tog nou net nie praat van die "Suid-Afrikaanse volk" nie. Ten beste is daar 'n Suid-Afrikaanse nasie, maar selfs dit moet sterk betwyfel en aangevat word.

Daar is een ander aspek rondom die saak wat baie pla: Verlede week het ek in 'n kort briefie sommer lekker sarkasties geskryf dat Praag dalk tog reg is in sy gebruik van die woord "volkskongres" want ek sien die nuwe party gaan sy stigtingsvergadering op 16 Desember hou!

Die briefie het nou nog nie op die webblad verskyn nie. Is Praag nou besig om, soos Beeld, briewe wat hom nie aanstaan nie, in die elektroniese snippermandjie te laat beland? As een van diegene wie se briewe lank nie meer deur Beeld gepubliseer word nie, kan ek my nie indink dat Dan Roodt sulke optrede sal goedkeur nie.

Ek vra dus mooi: Los asseblief hierdie "Volkskongres"-ding uit. Verwys dan na die Congress-party of die Peoples Congress – of as julle dan 'n Afrikaanse woord wil gebruik, wat van Kongres van die Gepeupel? Baie nader aan die waarheid.

Hier volg Thys Human se briefie van 19 November (red.):

Dalk is Praag tog reg oor die gebruik van "Volkskongres" vir die naam van die nuwe swart politieke party. Ek sien die party se stigtingsvergadering word op 16 Desember gehou!

Dink julle hulle gaan die Gelofte ook voorlees?

хрустальные люстрылобановский александр игоревич