Jare gelede (ongelukkig kan ek nie die jaartal onthou nie) het 'n vriend wat 'n boekwinkel besit, vir my die Nuwe Suid-Afrika se nuwe skoolboeke gewys. Dit het oor Graad 4 se geskiedenisboek gegaan. Hierdie forum het toe nog nie bestaan nie, anders het ek dit hier volledig geplaas.
Die boek (of hoofstuk?) se naam was "I remember…." ("Ek onthou….") Swart "sokker-helde van weleer" het vertel hoe hulle onthou hoedat hulle op grondvelde sokker moes speel, omdat die apartheid-regime nie vir hulle grasvelde wou gee nie. So, asof sokker nou deel van 'n land se geskiedenis moet wees.
Niks van die 2 Vryheidsoorloë nie; niks oor die opofferinge wat deur 'n handvol Afrikaners, ten gunste van die miljoene swartes gemaak is; niks van die skole wat deur blankes vir swartes opgerig is, en deur swartes afgebrand is nie; niks oor sendingwerk onder swartes, deur Afrikaner-geestelikes nie; niks oor die vertaling van die Bybel in swart tale, deur Afrikaner-geestelikes nie; en niks oor die groot werk wat Afrikaner-geneeshere (soos prof. dr. Chris Barnard) onder swartes gedoen het, om hul lewens te verleng en hul geboortesyfer hemelhoog op te jaag nie.
Nee, die Afrikaner het niks goeds gedoen nie, en verdien daarom geen ruimte in die Nuwe Suid-Afrika se geskiedenisboeke nie.
Maar, die ergste van als……die geskiedenis van Jan van Riebeeck!!! Daar was 'n spotprent met Jan van Riebeeck wat 'n swart oogskerm op het, kompleet soos 'n wafferse seerower, en wat onder 'n doringdraad deurkruip om die swartmense se skape te steel. Verbeel jou! Geen woord oor Herrie en sy makkers wat blanke veewagters vermoor het nie, nee, die Kommandeur self was die vark in die verhaal. Hy het persoonlik snags die arme swartes se skape uit hul doringdraad-omheinde krale gaan steel (al is draadheinings lank daarna eers ontwerp en vervaardig, en al het Bill Murray van Graaff-Reinet Suid-Afrika se eerste doringdraad maar eers sowat 70 jaar gelede vanuit Australië ingevoer).
Dit klink byna soos 'n moderne ANC-verhaal, waar die plaasmoorde verswyg word, maar polisiehonde wat misdadigers aankeer, veroordeel word.