Onbetaalde Zim soldate maak amok

Geweervuur het uitgebreek in Harare, waar soldate wat nie hulle salaris gekry het nie geldwisselaars aangeval het en met polisie gebots het.

AP se verslaggewers het straatgevegte tussen onbewapende soldate en polisie wat wapens en oproerknuppels gehad het, gesien.

Maandag se geweld is die tweede keer in 'n week wat die soldate geldwisselaars aangeval het en hulle kontant gesteel het uit frustrasie omdat hulle nie hulle salaris by die bank kan trek nie.

Honderde mense het saamgedrom. Sommige het met klippe gegooi en ander het die polisie aangehits.

Mense kan slegs klein bedrae geld elke dag uit hulle bankrekeninge trek vanweë 'n kontanttekort in die land. Dikwels is die geld nie genoeg om 'n brood mee te kan koop nie.

абразивный инструмент дляДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae