praag.co.za

Kongres van die Gepeupel?

Written by

in

Die redakteur van die Praag-nuusblad het in 'n uitgebreide repliek op my beswaar, my regstreeks daarvan beskuldig dat ek agter Naspers aanhol deur na die nuwe party as COPE te wil verwys. In die stempeiling op die Praag-nusblad is die vrae dan ook hoogsgelaai sodanig gestel: Jy stem vir "Volkskongres" en dus vir Praag of jy stem teen "Volkskongres" en saam met Naspers. Dit was 'n uiters onbehoorlike en verwronge keuse en daarom het ek dan ook nie 'n stem uitgebring nie. Deur te stem sou ek net aansien en geldigheid verleen het aan die soort gekonkel. Die lae stemmetal laat my vermoed dat andere ook so gevoel het.

Ter inligting die volgende: So 'n jaar of twee gelede het Jan-Jan Joubert, redaksielid van Die Burger, 'n rubriek geskryf waarin hy na die byeenkoms in Kliptown baie jare gelede waar die Freedom Charter deur die ANC aanvaar is, verwys het as die "volkskongres" by Kliptown. Die rubriek is ook in Beeld gepubliseer.

Ek het hom in 'n brief aan Beeld aangevat en aangevoer dat hy bra roekeloos met die begrip "volk" omgaan. Beeld het – bo alle verwagtinge in – die brief gepubliseer – nogal as die hoofbrief in die betrokke kolom. Dit is interessant dat Beeld nie weer die term "volk" so skeef gebruik het nie — ook nie nou nie.

Dit is duidelik dat dit nie ek is wat agter Beeld aanhol nie, maar Beeld wat my uiteensetting ter harte geneem het.

Maar nou vind ons dat die pro-Afrikaner organisasie, Praag, vir Jan-Jan omhels en ewe lustig saam met hom in hierdie vals koor oor die woord "volk" sing. En ek het uit verskeie dinge die indruk gekry dat Praag nou nie juis baie van Jan-Jan gehou het nie.

As Praag nou wil volhou met hierdie skewe vertolking, moet ek vra dat daar duidelik uitgewys word na watter "volk" verwys word in hierdie gebruik van "volkskongres". Dit is beslis nie die Afrikanervolk nie. Dit kan ook nie die Zoeloevolk wees nie want dit lyk my Zuma en die Zoeloes het die ANC oorgevat. Dit kan dalk die Xhosavolk wees, maar dit lyk nie die nuwe party rig hom slegs op hierdie volksgroep nie. Moet asseblief tog nou net nie praat van die "Suid-Afrikaanse volk" nie. Ten beste is daar 'n Suid-Afrikaanse nasie, maar selfs dit moet sterk betwyfel en aangevat word.

Daar is een ander aspek rondom die saak wat baie pla: Verlede week het ek in 'n kort briefie sommer lekker sarkasties geskryf dat Praag dalk tog reg is in sy gebruik van die woord "volkskongres" want ek sien die nuwe party gaan sy stigtingsvergadering op 16 Desember hou!

Die briefie het nou nog nie op die webblad verskyn nie. Is Praag nou besig om, soos Beeld, briewe wat hom nie aanstaan nie, in die elektroniese snippermandjie te laat beland? As een van diegene wie se briewe lank nie meer deur Beeld gepubliseer word nie, kan ek my nie indink dat Dan Roodt sulke optrede sal goedkeur nie.

Ek vra dus mooi: Los asseblief hierdie "Volkskongres"-ding uit. Verwys dan na die Congress-party of die Peoples Congress – of as julle dan 'n Afrikaanse woord wil gebruik, wat van Kongres van die Gepeupel? Baie nader aan die waarheid.

Hier volg Thys Human se briefie van 19 November (red.):

Dalk is Praag tog reg oor die gebruik van "Volkskongres" vir die naam van die nuwe swart politieke party. Ek sien die party se stigtingsvergadering word op 16 Desember gehou!

Dink julle hulle gaan die Gelofte ook voorlees?

хрустальные люстрылобановский александр игоревич

Comments

Leave a Reply