Die hof het geweier om appèl aan te hoor deur die Kanadese lugdienste omtrent 'n besluit van die Kanadese Vervoer Agentskap, dat mense wat funksioneel gestremd is as gevolg van oorgewig, geregtig is op twee sitplekke vir die prys van een.
Die lugdienste het 'n appèlsaak in die federale hof verloor in Meimaand en het probeer om 'n nuwe appèlsaak aanhangig te maak. Die hof se besluit om nie 'n nuwe appèlsaak aan te hoor ne, beteken dat die "een-persoon-een-tarief" beleid bly staan.
Die appèl is aangeteken deur Air Canada, Air Canada Jazz en WestJet.

Oorgewig mense het die reg om twee sitplekke vir die prys van een te kry op vlugte binne Kanada, het die hooggeregshof Donderdag bevind.