Die plan beklemtoon Portugal se toewyding daaraan om in skoner energie te belê, ten spyte van die globale finansiële krisis wat verhoed dat regerings die ambisieuse planne van die EU in plek kry om aardverwarming teen te werk.
Volgens die ooreenkoms, wat die naweek met die Frans-Japannese motorvervaardigers gesluit is, sal 320 voertuig-laaipunte teen 2010 in werking wees oor Portugal, en dit sal verhoog word na 1300 ten 2011.
Maatskappye en motoriste wat elektriesemotors koop, sal vrygestel wees van pad- en ander voertuigbelastings, en individue sal kwalifiseer vir inkomstebelastingvoordele.
Die regering gaan ook verwag dat 20% van openbare voertuigaankope zero-uitlaatgas voertuie moet wees.
Ten spyte van stadige ekonomiese groei en versigtigheid ten opsigte van openbare uitgawes, is Portugal besig met 'n grootskaalse program om op tot 60% van sy elektrisiteit teen 2020 van wind, son en ander skoon bronne te kry.
Die EU het voorgestel dat koolstofdioksieduitlaatgasse teen 2020 met 20% gesny moet word, maar pogings om die hervormingspakket teen Januarie aanvaar te kry is ondermyn deur die globale finansiële krisis.
Volgens die Portugese plan, sal Renault –Nissan Portugal met elektriese karre voorsien van vroeg in 2011. Die karre het 'n ry-afstand van 160 kilometer op 'n elektriese lading. Die karre sal eers aan Portugal voorsien word vir 'n jaar, voordat die alliansie begin om dit wêreldwyd te bemark.
