Ramos by NUK om Motlanthe in te lig

Transnet het Maandag gesê dat die nuwe hoofuitvoerendebeampte van Absa, Maria Ramos, 'n ANC nasionale uitvoerende komiteeraadsvergadering bygewoon het om president Kgalema Motlanthe in te lig omtrent haar besluit om uit te tree uit Transnet.

Woordvoerder John Dludlu het gesê sommige mense in die media het gespekuleer oor die feit dat Ramos, voorheen die groepshoof van Transnet, gesien is by nasionale uitvoerende komitee van die ANC.

Ramos en die bankgroep se voorsitter, Gill Marcus, het die ANC se NUK-vergadering bygewoon om verhoudinge tussen die party en private instansies op 'n goeie voet te hou, het die ANC Maandag gesê.

DA leier, Helen Zille het Maandag aan Absa gevra om te verduidelik waarom die ANC en Absa 'n goeie verhouding het.

"Daar is geen rede hoekom die regerende party 'n baie goeie verhouding behoort te hê met private instansies wat moet tender vir staatskontrakte nie en -dienste nie," het Zille gesê.

"Die ANC het reeds die grense tussen party en staat vervaag. Dit blyk nou dat die ANC vasberade is om die grense tussen staat, party en besigheid ook te wil vervaag."

Maandag het die ANC sekretarisgeneraal, Gwede Mantashe gesê : "gedissiplineerde kaders van die ANC gee wel kennis wanneer hulle rondbeweeg."

Dit het verwys na Ramos wat die ANC ingelig het da sy bedank het uit Transnet.

"Wat ons met die inligting maak is nie belangrik nie…" het hy gesê.

"Absa was 'n privaatinstelling wat nie aan die ANC behoort het nie" het hy gesê, maar "Maria Ramos en Gill Marcus was histories lede van die ANC, en daarom is dit belangrik vir ons om die verhoudinge op goeie voet te hou, al het ons geen beheer oor hulle nie."

slots to play for free with bonusesАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae