VF Plus begin ruggraat wys

16:42:29 Vandag se voorval waarin twee munisipale raadslede van die Vryheidsfront Plus uitgejaag is, gee blyke van 'n welkome aanvallende houding aan die kant van die Vryheidsfront Plus. Die DA se houding, daarenteen, verdien kritiek omdat dié party in die Groter Pretoriaraad (ons weier om die aaklige T-woord te sê) blykbaar wil hê dat die twee jong raadslede, Conrad Beyers en Cornelius Janse van Rensburg, dissiplinêr verhoor moet word omdat hulle dit gewaag het om ANC-lede en veral die helde wat hulle vereer "terroriste" te noem.

Was dit nie Nelson Mandela wat gesê het dat "sommige terroriste staatshoofde word" nie? Mandela en Moeammar Kadaffi is twee goeie voorbeelde van staatshoofde wat op een of ander stadium van hul politieke loopbane hulself tot terreur en geweld teen burgerlikes gewend het. Ten minste het Mandela nie gepoog om sy rol in die besluit om die Kerkstraatbom te plaas te ontken nie. Die benaming "terroris" pla hom kennelik ook nie.

Dis daarom moeilik om in te sien waarom die ANC-lede in Pretoria so onsteld raak as hulle terroriste genoem word, gegewe die vele mense in hul party wat in die verlede – en die hede, as mens Julius Malema in ag neem – terreur, intimidasie en geweld as praktiese politiek beskou het.

Die reaksie van die Vryheidsfront Plus-raadslede op die naamsveranderings wat vir historiese straatname in Pretoria beplan word, is ook heeltemal geregverdig. Die ANC in Pretoria is reeds jare lank besig met 'n uittartende houding jeens die inheemse Afrikanerbevolking van dié stad. Eers was dit die naam van die stad wat moes verander na die gedrogtelike "gespikkelde koei" of "plek van die aap" of wat dit ook al mag beteken. Nou is straatname in die oustad van Pretoria, wat die hart van die Afrikaner se republikeinse verlede verteenwoordig, in die visier van die magsbehepte ANC-raad.

Dat die ANC besig is met kulturele vandalisme en 'n vorm van sielkundige terreur jeens die mense wat grotendeels die salarisse van die munisipale diktators betaal, is gewis. Dat raadslede wat die Afrikanerbelang in die raad verteenwoordig dit in dié terme verwoord, is onvermydelik want hulle kiesers, asook die miljoene Afrikaners in Pretoria en elders verwag dit van hulle.

Terwyl die Vryheidsfront Plus in die onlangse verlede 'n mate van versigtigheid en diplomasie aan die dag gelê het, het die DA met sy meer aggressiewe benadering vele Afrikanerstemme gelok. Deur die onhoudbare aanvalle op Afrikaans en die Afrikaner in Pretoria vierkant te konfronteer, kan die party net veld wen.

домики для детейданильченко юрий брониславович прокурор

FW de Klerk se papegaairympie

17:35:59 FW de Klerk se verklaring dat Suid-Afrika hom op vele "suksesse" sedert 1994 kan roem, getuig van die wêreldvreemdheid wat dié politikus se bydrae tot die geskiedenis tot dusver gekenmerk het.

Watter "suksesse" sou dit wees? Die "sukses" van ongebreidelde geweldsmisdaad wat reeds die lewens van 500 000 mense geëis het? Of die "sukses" van omgekeerde rassisme in die vorm van transformasie en rassevoorkeure wat kundige blankes uit die land verdryf en ons jeug se kanse op universiteitsopleiding bederf?

Of verwys die voormalige president dalk na uitkomsgebaseerde onderwys en die algemene ineenstorting, veral in swart onderwys, waar linkse en polities korrekte figure soos Mamphele Ramphele en Wendy Luhabe reeds verklaar het dat die destydse Bantoe-onderwys hulle veel beter vir hul loopbane in die akademiese en sakewêrelde toegerus het?

Mnr. De Klerk het 'n eenpartystelsel nagelaat wat deur die radikale groep ballinge oorheers word aan wie hy holderstebolder oorgegee het. Na sy mening is dit seker ook 'n reuse-"sukses". Die huidige skommelinge in die regerende party kom neer op 'n kapteinskapsverwisseling aan boord van die Titanic.

Mnr. De Klerk se lafhartige oorgawe sonder om hoegenaamd enige van Suid-Afrika se politieke of historiese geskille op te los, het Suid-Afrika in die drukgang na 'n Zimbabwe geplaas. Hy het ook verraad teen sy eie mense gepleeg en ons hele toekoms in 'n kranksinnige waagstuk oor sy eie vermoëns om die 1994-verkiesing te wen, verwed.

Terwyl die Britse koerante wat oor sowel Lancaster-huis as Kemptonpark met sterre in hul oë oor "die koms van demokrasie na Suider-Afrika" berig het, deesdae die skrif aan die muur sien, is FW de Klerk nog besig om die Britse rympie van 1990 op te sê.

Indien die Afrikanervolk binne die volgende paar jaar finaal – soos die blanke Rhodesiërs – uit sy geboorteland verdryf word en daar as gevolg van die absurde grondhervorming hongersnood ontstaan, sal FW de Klerk persoonlik daaraan aandadig wees.

Het dit nie tyd geword dat De Klerk sy papegaairympies staak wat deesdae so anachronisties op die oor val nie?

Voordat hy hom roem op enige fiktiewe "suksesse" in die land, behoort hy sy eie – historiese en groteske – mislukking te erken.

печь для бани купитьФильчаков прокурор отзывы

Amerika is g’n leier nie

Indien daar ooit rede was om te vermoed dat die VSA nie hulle leierskapsrol in die wêreld begryp nie, was gister se stemuitslag wat die hulppakket sou goedkeur om die wankelende finansiële stelsel te red, 'n goeie rede om te glo dat die reus nie opgewasse is nie.

Tydens die debat het kleinlikhede oor partyverskille geseëvier en Bush se besondere swak leierskap is uitgelig nadat sy pleidooie aan die Republikeine om die pakket goed te keur, met twee-derdes verwerp is. Terwyl die wêreld asem opgehou het vir Washington om die vallende kaartehuis te keer, het partypolitieke eiebelang oorheers.

Politieke loopbane is voorop geplaas en danksy die gebrek aan leierskap, kon die nee-stemmers nie tot ander insigte gebring word nie. John Boehner, voorsitter van die Republikeine in die huis van verteenwoordigers, het glo emosioneel geraak soos hy sy party probeer aanspoor het om die hulppakket in te stem.

Toe hy sien dat sy party sy versoeke ignoreer het hy die skuld op die Speaker, Nancy Pelosi, geplaas vir haar eensydige toespraak. Pelosi het al die stemme wat sy belowe het, gebring, maar dit was nie genoeg om die reddingsplan deur te dra nie.

Senator John McCain en Senator Barack Obama, die twee kandidate wat beplan om oor te neem, was nie eens naby Washington nie, en was soos ware akteurs besig om hulle persoonlike aansien elders te poleer sonder om daaraan te dink dat een van hulle die gevolge van die stemmery eersdaags sal moet behartig.

Nie een van die twee het blykbaar oor die aangeleentheid kommentaar gelewer nie. McCain wou nie reageer nie en het op sy vliegtuig geklim na Iowa sonder om met die media te praat. Obama het 'n paar woorde gesê maar sy ondersteuning vir die hulpplan was ten beste louwarm. Sy veldtogbestuur het opgemerk dat hy nie enige druk op Demokrate uitgeoefen het om die pakket heelhartig te steun nie.

рваные джинсы на мальчика купитьФільчаков прокурор

Die gevare van demokrasie

In die laat tagtigerjare het die destydse Afrikaner-establishment wat uit die NP-Broederbond-Naspers-triade saamgestel was die Britse siening van Afrikapolitiek huidjie en muidjie oorgeneem.

Daarvolgens kan al die ekonomiese, etniese, politieke en ontwikkelingsprobleme op die vasteland opgelos word deur 'n stelsel van eenvoudige meerderheidsregering soos dié wat tans in Suid-Afrika geld.

Anders as wat die moderne sendelinge in Whitehall egter glo, het demokrasie tot dusver nie die wondermiddel vir Afrika geblyk te wees wat voorspel is nie. In die onlangse verlede het ons gesien hoe 'n demokratiese magstryd in Kenia en Zimbabwe tot konflik in beide lande gelei het. Voorheen was daar die Ivoorkus waar 'n verkiesing insgelyks tot burgeroorlog en die ineenstorting van die land se ekonomie gelei het.

Op 4 Augustus vanjaar het ons voorspel dat Zuma en die hofsaak teen hom 'n grondwetlike krisis gaan veroorsaak. Hoewel die korrupsiesaak teen hom voorlopig laat vaar is, het die magsentrum in die land reeds na die ANC-hoofkantoor in Luthuli-huis verskuif. Die land word reeds deur die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC regeer, pleks van die kabinet en die parlement.

Trouens, hoewel die nuwe president wat vandag aangewys sal word Kgalema Motlanthe gaan wees, is die hele land daarvan bewus dat Jacob Zuma die werklike leier verteenwoordig met Motlanthe wat eenvoudig sy sitplek vir hom gaan warm hou.

Die verafrikanisering van Suid-Afrika vorder met rasse skrede, want die verval van die Westerse institusionele raamwerk terwille van mag wat rondom 'n persoon sentreer, is byna volkome. Demokrasie, net soos elders in Afrika, is besig om in ons land 'n opvoering of 'n siniese klug te word wat veronderstel is om Brittanje en Amerika of beleggers op die aandelebeurs te beïndruk, maar wat vir die mense van die land byna geen voordeel meer inhou nie.

In hul voortgesette naïwiteit is daar mense en instansies wat glo dat 'n skeuring in die ANC en die ontstaan van twee groot swart partye wat mekaar by die stembus beveg vir Suid-Afrika net vrede en voorspoed kan bring.

Die potensiaal vir onstabiliteit en 'n uiteindelike meedoënlose geveg wat tot onluste en wapengeweld aanleiding kan gee, gaan by dié mense verby. In die roes van "demokratisme" soos die Amerikaanse senator Pat Buchanan dit al bestempel het, sien hulle geensins die tekens van naderende spanning en die verval van demokratiese instellings raak nie.

By gewone Afrikaners heers daar reeds kommer – selfs vrees – oor die moontlikheid van 'n uitgerekte magstryd tussen die Mbeki- en Zuma-faksies wat uiteindelik deur massas ondersteuners op voetsoolvlak met geweld uitgespook gaan word.

'n Scenario soortgelyk aan dié van ander Afrika-"demokrasieë" soos die Ivoorkus, Kenia en Zimbabwe het in Suid-Afrika baie moontlik geword.

Dis dringend noodsaaklik dat Afrikaners moet hergroepeer en hulself moet organiseer ingeval geweld en wanorde tydens aanstaande jaar se verkiesing sou uitbreek.

Demokrasie, anders as wat Brittanje en haar napraters in die SA media voorhou, lei meer dikwels tot konflik in Afrika as wat dit blywende vrede en voorspoed veroorsaak.

Dat Suid-Afrika tans 'n spanningsvolle en eventueel rampspoedige tydvak betree, sal net wêreldvreemdes en veral Afrikavreemdes ontken.

купить ползунки для новорожденных недорого киевФільчаков Олександр Васильович

Tsvangirai ontmoet sy 1994

10:55:50 Watter frappante ooreenkoms is daar nie tussen die sogenaamde onderhandelings in Harare 'n week gelede en dié in Kemptonpark in die vroeë negentigerjare nie!

Net soos FW de Klerk, het die Zimbabwiese opposisieleier Morgan Tsvangirai drome oor magsdeling gedroom en gemeen dat die ooreenkoms vir sy opponent 'n wesentlike kompromie beteken het.

Tans blyk dit helder dat Robert Mugabe steeds al die leisels in sy hande hou. Hy beheer steeds die weermag en polisiediens as voorsitter van die Nasionale Veiligheidsraad in Zimbabwe, soos elders hier berig word.

Ondanks sy 13 kabinetsposte en adjunkpresidentskap, beskik Tsvangirai grotendeels oor raadgewende magte terwyl Mugabe steeds die uitvoerende gesag monopoliseer.

Brittanje en die res van die internasionale gemeenskap is deur die oëverblindery in Zimbabwe gerusgestel en die land dra nou die stempel van "demokrasie" waaroor almal so begaan is.

Magsdeling bestaan nie in Afrika nie. Inteendeel, sover ons kan sien bestaan daar net verskillende grade van oorheersing en diktature op ons vasteland.

Die Zimbabwe-voorbeeld, asook Suid-Afrika waar die ANC 'n soortgelyke magsmonopolie as ZANU-PF geniet, toon aan ons dat ooreenkomste dikwels nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.

Die Harare-ooreenkoms van 2008 lyk reeds baie soos die grondwet wat by Kemptonpark bereik is. Woorde op papier kan nie 'n oppermagtige leier en sy guerillabeweging wat hom as politieke party voordoen aan bande lê nie.

паркет на полтопкарго отзыв

Ons sien deur die gebeure

Wel die onlangse gebeure met Zuma se vervolging bewys net hoe vol gate en vrot wet en orde in die land geword het.

Daar is nie meer n regstelsel nie, of daar is maar met 'n groot fasade om een persoon tot voordeel van 'n ander te vervolg.

Moordenaars en verkragters word beskerm, sekere "mense" word beskerm terwyl slagoffers in die tronk beland net omdat hulle hulself verdedig het teen plaasaanvallers, rowers of inbrekers.

Ons sal onsself moet verdedig, kom wat wil.

game casino downloadлобановский александр

Toemaar Tim…

Wanneer Dan Roodt weer as Boere-Afrikaner saam met Zoeloe Zuma braai, sal hy dalk Tim du Plessis, Rapport se redakteur, se kierangs uit die vuur kan verwyder, deur vir sy vooroordele van die verlede verskoning te vra.
 
Dis so duidelik soos daglig dat Tim berou toon vir sy ondeurdagte diskriminasie teen mnr. Zuma.
 
Die Engelse en Joodse gemeenskappe moet egter self ekskuus aanteken vir hul Eurosentriese rassisme teen Afrikaan Zuma, want Dan Roodt gaan dit definitief nie namens hulle in Engels doen nie.
 
Al wat Dan vir hulle kan doen, is om vir versagting te vra, aangesien die slim Engelse en Joodse blankes in Suid-Afrika reeds hul eie volkstate oorsee het, en daarom onverantwoordelik hier ter plaatse opgetree het – omdat hulle vinnig uit die land kan vlug terug na hulle tuislande, wanneer hulle moet maai wat hulle in die buiteland saai.

Sterkte Tim, en moet nou nie verder bekommerd of bang wees nie. Ons sal vir jou opkom as misleide mede-Afrikaner. Dit gebeur in die beste families as jy te veel koerant lees, eerder as om met die ware Jacob self te gesels.пломбирование молочных зубовФільчаков Олександр Васильович прокурор

Die na?ewekindsindroom

Prof. Amanda Gouws van die Universiteit van Stellenbosch raak in Vrydag, 19 September 2008 se Volksblad die volgende kwyt met verwysing na Angus Buchan:

“Die kompleksiteit van die probleme en die geweld waarmee ons in Suid-Afrika worstel, verg ‘n baie meer gesofistikeerde benadering as ‘n terugkeer na patriargale waardes, gegrond op interpretasies van die Bybel.”

Ek is ‘n bevryde vrou met geen rasende begeerte om enige man onderdanig te wees nie – nes prof. Gouws is ek dus ook maar skrikkerig vir fundamentalistiese interpretasies van die Bybel.

Maar om nou te wil reken ‘n “meer gesofistikeerde” benadering sal Suid-Afrika se wa vol ellendes deur die drif trek, is tipies van die dwase, onrealistiese praatjies van ‘n liberale akademikus wat op planeet droomland woon.

Prof. Gouws, hoe gesofistikeerd moet jy optree as ‘n koeël deur jou liggaam trek? As ‘n mes in jou geplant word? As jy verwurg word met bloudraad? As jy beroof word, verkrag word, besteel word, gekaap word? As jou vingers met ‘n tuinskêr afgesny word?

Hoe gesofistikeerd moet ‘n mens oor geweld praat en dink, oor werkloosheid, swak onderwys, patetiese dienslewering, korrupsie, erger as ooit apart-hate, haatspraak, minagting vir die regstelsel, wetteloosheid, verval op alle vlakke …

Die lys van Suid-Afrika se probleme is inderdaad lank, maar regtig, dit is nie kompleks nie. Die wit ou of vrou in die kar langs jou by die verkeerslig kan vir jou die antwoord gee. Maar natuurlik sal jy hom/haar nie glo nie, want hul kleur is verkeerd. Hulle is bevooroordeeld. Hulle is rassisties. Hulle dink nie gesofistikeerd genoeg nie.

Die eenvoudige antwoord, prof. Gouws, is dat ellende, chaos en ‘n gemors die gevolg is as onbevoegde, onbekwame, oneerlike, korrupte swart dwase toegelaat word om ‘n land te regeer en die leiersposisies te beklee.

Die antwoord is eenvoudig, prof. Gouws: as ‘n laer kultuur, bloot vanweë sy getallemassa, ‘n hoër kultuur oorheers, is dit nag vir almal.

Die antwoord is eenvoudig, prof. Gouws: ‘n terugkeer na basiese waardes is nodig. Waardes soos eerlikheid, integriteit, dissipline (waarvoor jy so bang is), hardwerkendheid, moraliteit. Hierdie waardes het absoluut vere uit te waai met ‘n terugkeer na patriargale waardes of fundamentalistiese interpretasies van die Bybel, waarvolgens die vrou die man onderdanig moet wees.

Die antwoord is eenvoudig, prof. Gouws: demokrasie werk nie in Afrika nie. Die Afrikaan ken net een soort regering, en dis ‘n diktatuur, maak nie saak watter soetklinkende naam daaraan gegee word nie.

Jy praat van ‘n “beraadslagende demokrasie” en van “waardes wat in die Grondwet beskerm word”. Waar woon jy, prof. Gouws? Is Stellenbosch in die Republiek van Suid-Afrika? Elke dag sien en lees en hoor ‘n mens watter klug ons sogenaamde demokrasie is, hoe ons Grondwet nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.

Maar ja, jy sal waarskynlik die mees gesofistikeerde koptoertjies uitvoer voor jy die eenvoudige waarheid in die oë sal kyk en erken.

Enigiemand wat glo die blanke kan deur “demokratiese” weë (onder meer die Parlement) vir hom ‘n veilige plek onder die Afrika-son beding, ly in ‘n erge mate aan die naïewe-kind-sindroom, of sal ons dit hernoem: die liberale-akademikus-sindroom. Of dalk moet ons prof. Gouws vereer, siende dat sy soveel gedoen het om hierdie sindroom te bevorder: die prof. Amanda Gouws-sindroom.

игри девочкамлобановский харьков класс

Totsiens, Thabo!

Ek was verlede Vrydagoggend op die pad toe ek na sy edele regter Nicholson se uitspraak geluister het. Ek het die uitspraak half verwag –  die feite is dat die onbekwaamheid van die NVG om reëls en prosedures te volg direk aanleiding gegee het tot die bevinding.

Sover ek verstaan het Jacob Zuma 'n aansoek op die rol vir iewers in November, waarin hy vra dat vervolging permanent teen hom gestaak word.  Bloot uit die feite – en nie omdat ek  saamstem dat 'n  veelwywende dief met st 8 sy verhoor  gaan ontwyk en my land daarna in die grond in gaan regeer nie –  moet ek aan u stel dat sy aansoek gaan slaag.

Daar bestaan 'n beginsel in ons gemenereg, lank voor 1994 al, dat vertraagde geregtigheid geen geregtigheid is nie. Al wat Jacob moet aandui is:

1.    Daar was 'n buitengewone vertraging in sy vervolging;
2.    Die vertraging was vanweë skuld (lees onbevoegdheid) aan die kant van die vervolgingsgesag;
3.    Die vertraging het tot sy nadeel gestrek.

Goed. Ek dink enige regdenkende mens verstaan dat daardie aansoek sal slaag.  Dit sal natuurlik tot gevolg hê dat enige vorm van appèl wat die NVG mag oorweeg teen Nicholson  se uitspraak, onmiddelik gestaak sal word – daar is dan geen prosessiële gebreke meer in enige aksies van die NVG nie, maar 'n beslissing dat geen klagtes gebring mag word nie, ongeag die prosedure.  Ewigdurende stilswye word dan opgele teen die owerheid – danksy hul eie onbekwaamheid.

 Natuurlik sal dieselfde partye wat tot dusver hulle bes gedoen het om die regstelsel af te kraak dan groot lof hê daarvoor. Verwag uitsprake soos: "Geregtigheid het geseëvier" , "Die onafhanklikheid van die regbank is bevestig", en so meer.

Julius Malema, (die anti-imperiale intellektuele Afrikareus met die groot wit imperialis, Julius Caesar, se naam) sal ons natuurlik trakteer op 'n klomp ou Sowjetretoriek. Gelukkig het  ek nou al geleer om te lag vir hom – ek sien geen bedreiging in sy vermoëns om 'n aanslag teen my mense te koördineer nie. As hy die daad by sy woorde wil voeg – ek wag vir hom.  (Net soos wat ek lag as iemand my "rassisties" noem – dit beteken niks.)

Wat my baie opgewonde maak, is die stryd wat die ou uitsprakie oor geregtelike prosedures binne die ANK ontketen het.

Die Europees-geskoolde (" I am an African") pyprokende swart filosoof het toe sy Moses teëgekom.  Wie het dit veroorsaak?  Mens sou verwag dat dit die imperiale / koloniale / rassistiese / "hunker na apartheid"-witmense was? Verrassing! Sy eie ou mensies het hom tot 'n val gebring!

Totsiens Thabo – welkom in Afrika.  Elke keer as jy wil huil oor die verlies van jou mag, en die  blinde woede skop binne jou, en jou genetika skree: " Apartheid!  Rassisme!" –  onthou wie dit aan jou gedoen het.  Nes jy, is hulle "Africans". Wat my met my ou wit velletjie aanbetref – my tone krul, en krul, en krul van lekkerkry – al weet ek dat Zuma ons gaan Zim.

пародонтоз зубовалександр лобановский супермаркет класс

Mboweni speel die rassekaart

Die goewerneur van die SA Reserwebank, Tito Mboweni, het gister buite alle norme vir 'n sentrale bankier opgetree by 'n aandeelhouersvergadering.

Om dan boonop die rassekaart te speel deur te sê dat die kritiese vrae van aandeelhouers 'n rassemotief sou hê, is heeltemal verregaande.

Toe Mboweni – wat in die vakbondwese opgang gemaak het – destyds as goewerneur van die Reserwebank aangestel is, het heelwat wenkbroue gelig, want hy het kwalik oor die ekonomiese kennis of lakoniese rustigheid wat gewoonlik met sentrale bankiers geassosieer word, beskik.

Intussen het die media Mboweni egter opgebou as iemand van statuur en gesag, amper asof hy sy tande by die voormalige Duitse Bundesbank geslyp het.

Gister se vertoning het egter laat blyk dat daar agter die fasade van Reserwebankgoewerneur baie min grasie en oordeelsvermoë skuil. Soos Mugabe, is Mboweni net nog 'n Afrikadiktator wat nie daarvan hou om vrae te beantwoord nie.

Te midde van die huidige globale finansiële krisis, kan dit Suid-Afrikaners min vertroue in die finansiële stelsel gee indien die hoof van ons sentrale bank homself in die openbaar oorgee aan uitbarstings van kinderlike woede en outokratiese gedrag.

Indien Mboweni nie eens aandeelhouers kan hanteer nie, hoe op aarde gaan hy 'n moontlike krisis aanspreek waarin die publiek se spaargeld by 'n groot bank of verekeringsmaatskappy, of dalk ons geldeenheid se waarde, in die weegskaal mag wees?

Mboweni het gister sy reputasie dermate geskaad dat mens net kan hoop dat hy vroeër sy uittrede aankondig as wat hy blykbaar beplan.

Nooit weer moet die Reserwebank se goewerneur 'n regstellende-aksie-aanstelling wees nie. Die goewerneur moet bo alle verdenking en sy gedrag as verteenwoordiger van die land se geldstelsel moet te alle tye onbesproke wees.

Ons sentrale bankier behoort op meriete aangestel te word, nie op grond van velkleur nie.

Mboweni se kleinsielige opmerkings oor ras spreek nie net van minderwaardigheid en die besef dat hy eintlik onbevoeg is om die pos te beklee nie, maar verteenwoordig ook 'n verleentheid vir Suid-Afrika.

бачок расширительныйОлександр Васильович Фільчаков