Is die meeste rugby-ondersteuners gay?

Watter een sou jy 'n saamrygeleentheid gee?Beeld dra ‘n berig oor Sport24, wat ‘n peiling gedoen het waarin sy lesers ‘n hipotetiese keuse gegee word. Twee rylopers staan langs die pad. Een is John Smit en hy is laat vir ‘n rugbywedstryd. Die ander is die skoonheid (aldus Beeld) Lee-Ann Liebenberg, wat laat is vir ‘n skoonheidskompetisie.

Sowat 63% van die lesers het te kenne gegee dat hulle eerder vir Smit sou oplaai as vir Liebenberg.

Volgens Beeld is dit tekenend van hoe fanaties Suid-Afrikaanse mans glo oor hul sport sou wees.

Ummm….ja. Ek is nie so seker oor Beeld se gevolgtrekking nie. Dis soos om 250kg te weeg maar jouself dan wys te maak dis jou keuse van ‘n naskeermiddel wat jou maak sukkel met die teenoorgestelde geslag.

Is daar moontlik ‘n alternatiewe verduideliking vir die uitkoms van die peiling?

Alternatief 1: ‘n Reusepersentasie Sport24-lesers is gay.

Alternatief 2: Die meerderheid wat aan die peiling deelgeneem het, is fanatiese Haaie-ondersteuners.

Alternatief 3: Me Liebenberg voldoen nie aan die groot meerderheid rugby-ondersteuners se konsep van wie vir hulle ‘n skoonheid sou wees nie. Ek is uiteraard te polities korrek om te durf spekuleer waarom dit die geval sou wees.

продвижениеАлександр Фильчаков прокурор

Roelfie ontbloot

Mnr. Roelf Meyer skryf in Rapport 20091212 “Ons was met die rug teen die muur” en nooi die lesewrs dan om te debatteer. Dit is onduidelik wie die “ons” is. Die bedoeling is seker die NP. Maar, dan verklaar drie oudministers van die NP – Delport, Venter en Fourie – dat hulle op ’n gegewe stadium van die onderhandelinge tot die besef gekom het dat “Roelf Meyer ons aan die ANC uitverkoop het!”.

Roelf vra “hoe sou dit gewees het as ons nie gedoen het wat gedoen is nie”. Wel, so ’n argument is onbewese spekulasie. Sou daar bv. meer boere gemartel en doodgemaak gewees het as die 2000 plus sedert 1993? Ek weet nie! En wat van die geweldspiraal en opwaartse kurwe in korrupsie?

Die vraag is nie of daar veranderinge moes kom , al dan nie. Reeds in die tagtigerjare het ek en ander gepleit vir grondwetlike hervorming binne die raamwerk van Arend Lijphart se konsosiatiewe demokrasie. Toe het liewe Roelf knus in die ministersbanke gesit. Die vraag is of die huidige grondwetlike bestel die antwoord is op die veelvolkige aard van die SA-bevolking?

Om die debat minder filosofies en meer konkreet te maak, wil ek ’n paar beweringe neerpen, wat as vrae op beantwoording wag:

· Dat dit ’n wanperspeisie is dat die huidige grondwet van SA minderheidsregte afdoende beskerm. Wat het van die Volkstaatsraad geword en watter effek het die Kommissie vir Gemeenskapsregte oor 6 jaar onder ANC-voorsitterskap gehad?

· Dat die reeds verworwe status van Afrikaans, soos verskans in die 1993 grondwet, in die 1996 grondwet weggelaat is. Hoekom?

· Dat die gelykheidsklousile (a.9) sodanig beperk word dat voorsiening gemaak word vir werkreservering (affirmative action) en wel te dien effekte dat honderde duisende Afrikaners in dispora leef.

· Dat alle partye – vanaf die regste VF+ tot die linkse SAKP – in terme van een en dieselfde grondwet die land kan regeer. Wat is dan die betekenis van die grondwet?

· Dat met die sertifisering van die 1996 grondwet hoofregter Shascalson verklaar het dat die 34 grondwetlike beginsels nooit weer in grondwetlike wysiginge te berde gebring kan word nie. Wat is dan die waarde van politieke onderhandeling?

· Dat die reg op selfbeskikking nie as deel van die handves van regte ingesluit is nie, maar onder ander bepalinge as artikel 235 bestaan. Hoekom?

Roelf voer geweld aan as faktor waarom die NP met hulle rue teen die muur gestaan het. Is dit vergesog om te verklaar dat die regering-van-die-dag nie die swaarmag effektief gebruik om openbare orde te handhaaf nie? Is dit tipologies van ’n falende staat en wat kan daaromtrent genoem word?

Hy blameer Afrikaners wat nie meer soos Anton Roepert nuwe groot ondernemings skep nie. Is dit nie juis ’n afdoende argument dat sakemanne nie vertroue in die ekonomiese toekoms van SA het nie en dus landuit gaan?

Wat die grondwet betref is daar nog tientalle probleme waarop ek in my artikel op die Praag-webwerf (praag.co.za) uitgewy het en waarop ek nie nou ruimte het om op in te gaan nie.

Vanuit ’n etiese standpunt moet Roelfie maar liewer bely dat hy en die NP die “pot misgesit het” en ons met die gemors gelaat het.

 

самовсасывающий насос для скважиныданильченко юрий брониславович прокурор

Was Dingaan die eerste transformeerder?

Toespraak gelewer op 16 Desember 2009 in die holkrans by die La Rochelle-geloftefeesterrein*

Op Geloftedag herdenk ons die oorwinning van die goeie oor die bose, van die lig oor die duisternis, van die regverdige en godvresende Voortrekker oor die listige, wreedaardige Dingaan. Daar is sekerlik vandag baie Afrikaners wat meen dat Dingaan weereens in ons land aan bewind is, want dieselfde soort wreedhede en gruweldade as wat by Bloukrans en Weenen teen ons gepleeg is, het in die nuwe Suid-Afrika alledaags geword.

Elke tydvak en elke revolusie word deur ‘n begrip of ‘n woord benoem. Daar was die bloedige Franse revolusie, die Oktoberrevolusie van 1917 in Rusland wat die tydvak van kommunisme ingelui het, asook Mao se kulturele revolusie wat ‘n suiwerder vorm van kommunisme en gelykheid aan Sjina moes bring. Hier by ons staan die tydperk 1948-1994 vandag bekend as die sogenaamde “apartheidtyd”. Dis geen onskuldige benaming nie, want in die woord “apartheid” het die vyande van die Afrikaner ‘n towerwoord, ‘n sjibbolet, ‘n vloek gevind waarmee ons vandag lamgelê en van alle regte en menswaardigheid beroof word.

In die toekoms, iewers, wanneer Suid-Afrika hom hopelik uit die huidige greep van boosheid en korrupsie sou ontworstel het, gaan geskiedkundiges, skrywers, filosowe, staatswetenskaplikes en gewone mense waarskynlik na dié periode verwys as die transformasietyd. Een van die beste moderne romans in Afrikaans, deur P.J. Haasbroek, speel in Kambodja af, ‘n land wat insgelyks deur ‘n fanatiese en kommunistiese revolusie verwoes is. Dit heet Die jaar nul. Tydens die revolusie van die Rooi Khmer in Kambodja het vier miljoen mense omgekom. Lede van minderheidsgroepe soos Sjinese handelaars is voor die voet uitgemoor. Die hele bevolking is aan ‘n vorm van politieke terreur blootgestel. Een van die slagspreuke van die Kambodjaanse revolusie was: “Om jou te hou, is geen voordeel nie. Om jou te vernietig, is geen verlies nie.”

Herken ons nie iets van hierdie slagspreuk in die huidige Suid-Afrika nie? Om ‘n Afrikaanse skool of universiteit te behou, is geen voordeel nie; om dit te vernietig, is geen verlies nie. Dieselfde geld ons plaasboere wat in hul duisende al aangeval is en waarna ons regering geen poging aangewend het om hulle te beveilig nie. In die groot stede, waar stedelinge insgelyks deur swerwende boosdoeners geteister word, is tienduisende en selfs honderdduisende mure met elektriese drade en lemmetjiesdraad opgerig, die stille getuienis van ons behoefte aan veiligheid en ons vrees vir die transformasieproses wat besig is om oor ons land te spoel.

Die poging om ‘n nuwe orde in Kambodja tot stand te bring – ‘n jaar nul, ‘n wêreld wat van voor af begin sonder die besmetting van die ou orde – het tot ‘n misdaad teen die mensdom gelei.. Soos die karakter Krishmi in Haasbroek se Jaar nul op bladsy 38 sê: “In die naam van die nuwe orde slaan hulle mense en word die tronke vol. Duisende is al doodgemaak uit ywer vir een of ander ideale orde. Dit lyk my onvermydelik dat elke nuwe orde sy eie drag lyding bring; daaraan kan ons nie ontsnap nie. Daarom dink ek die hel is juis orde, ‘n groot ysige orde van mense wat in rye staan soos bome in ‘n plantasie, roerloos op een plek. In die hemel sing en dans hulle… Jy maak my bang as jy van ‘n Groot Eenheid praat, Ton lon Jin.”

Nes daar in Kambodja in die laat sewentigerjare ‘n volksmoord gepleeg is om ‘n Groot Eenheid tot stand te bring, word daar vandag in Suid-Afrika deur wetgewing, staatsmag, sosiogeniëring en desnoods deur geweld, gepoog om ‘n nuwe orde en Groot Eenheid tot stand te bring. Die sentrale begrip, die groot idee, die revolusionêre strydkreet van ons land ná 1994 is: “transformasie”.

Transformasie is die kleinkind van alle kommunistiese revolusies van die twintigste eeu. Vir baie mense, veral liberale of linkse Afrikaners wat vandag die nuwe orde met soveel ywer dien, is dit moontlik ‘n aanvegbare stelling. Vir hulle is “kommunisme dood” en het dit skadeloos geword. En indien die stelling waar is, is hulle onmiddellike reaksie: “En wat daarvan? Ons het geen beswaar teen kommunisme nie, al het dit 100 miljoen mense in die twingtigste eeu in strafkampe en oorloë laat sterf. Ons enigste beswaar is teen apartheid, teen Afrikanereksklusiwiteit, teen die ou vlag en rassisme.’

Die ou vlag, selfs die kleure oranje, wit en blou van die ou Prinsevlag wat ons voorouers tesame met die Protestantse Bybel in die moedertaal en die Romeins-Hollandse regstelsel hierheen gebring het, gee aanstoot. Maar nie die rooi en geel van die hamer en sekel nie. Aand na aand sien ons dit op die TV-nuus wat deur Riaan Cruywagen in sy vertroude stem gelees word, maar ons is so gewoond daaraan, ons merk dit nie eens op nie. Lede van die ANC-regering spreek mekaar as “kameraad” of “comrade” aan en ook daarmee vind ons niks fout nie. Want het ons nie die nuwe orde, die nuwe wêreld, ons “jaar nul”, met geesdrif omhels nie? En is ons nie almal lief vir Nelson Mandela, die draer van die nommersesrugbytrui wat nou ook deur Hollywood verewig is nie, al is Mandela dan ook die skrywer van ‘n boek met die titel: “How to be a good communist”?

Dus, om ‘n verband tussen transformasie en kommunisme te sien, is geensins omstrede nie. Die voorstanders van transformasie is selfs trots op die herkoms van hul begrip; vandaar ook Suid-Afrika se noue bande met Kuba, een van die laaste plekke op aarde wat nog amptelik onder kommunistiese beheer verkeer.

Vandag, hier, wil ek egter dieper in die verlede in delf, iets wat Van Wyk Louw vir ons so mooi in ‘n gedig gestel het:

En hiermee keer ons langs die wenteltrappe

en die kartelings af na ander jare:

word druïdes van ons volste wete,

word – gemasker – beitelaars op klippe,

wentelaars van klippe tot iets minders

– ja!- as piramides: maar tog séker

hoeders van die eerste weet oor “gode”.

Verder terug as Mandela, wat vir ons transformasie en ‘n kwasikommunistiese revolusie gebring het, staan Dingaan, wie se misdadige optrede direk tot die Gelofte en die slag van Bloedrivier gelei het.

Die Gelofte, soos dit moet, fokus op ons verbond wat met God gesluit is. Dit lui: “Hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde, om ‘n gelofte aan Hom te doen dat, as Hy ons beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons dié dag en datum elke jaar as dankdag, soos ‘n sabbat, sal deurbring en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit hom behaag, en dat ons aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

In die strydkreet waarmee Dingaan sy krygers aangesê het om Piet Retief en sy geselskap dood te maak, het hy hulle volgens oorlewering as “wit towenaars” beskryf. Hierin kan ons vele dinge lees, maar vir my dui dit die begin van die transformasierevolusie aan. Immers het Dingaan met sy beskrywing te kenne gee dat Retief-hulle tot ‘n ander kultuur, taal en ras as hy behoort het en daarom verdien het om te sterf. Agterna is hulle op gruwelike wyse doodgemartel en Retief moes aanskou hoedat sy volgelinge een na die ander gefolter is en hul skedels oplaas met knopkieries verbrysel is.

Hierna is 500 vroue en kinders ook op die afgryslikste wyse vermoor. Daar word gesê dat ‘n mens nie die geskiedenis moet misbruik nie, maar is hierdie gebeure nie vandag – te midde van die geweld en transformasie wat ons tans ervaar – soveel te meer relevant en ter sake nie?

Paul Kruger se outobiografie deur D.W. Krüger, wat ‘n maand of twee gelede by PRAAG in ‘n heruitgawe verskyn het, bevat ‘n beskrywing van daardie tonele waartydens ons voorsate uitgewis is, as straf vir hul tog na vryheid die binneland in. In die woorde van Paul Kruger:

„Maar watter verskriklike tonele het ons nie in die ander laer gesien nie. Daar het die lyke van ons mense gelê wat deur ʼn ander afdeling van die Zoeloeleër vermoor is en in hulle bloed gebaai het. Die veld was wit van die vere wat die moordenaars uit die beddegoed van die waens geskud het. Daar was skape wat lewendig oopgesny is en manne, vroue en kinders op die gruwelikste wyse gefolter, vermoor, deursteek en keelaf gesny. Die aasvoëls, wat soos hulle vertel het, so ʼn Zoeloe-impi orals gevolg het, het reeds begin om die dooies te verskeur. Daar het moeders dood gelê asook sterwendes nog met die kleintjies aan die bors gedruk. Ander het met verstyfde arms hulle kinders, deurboor met assegaaie wat die lyke aanmekaar gehou het, omklem. Baie lyke is op die verskriklikste manier mishandel en geskend, en klein kindertjies het gelê waar die barbare hulle neergegooi het, nadat hulle die harsings teen die wawiele uitgeslaan het.” (PK, bll. 28-29.)

In die twintigste eeu, is daar vele boeke oor kommunisme geskryf, veral ná die Russiese skrywer Aleksandr Solsjinitsin se werke in Westerse tale vertaal is. Die strafkampe en gruweldade van kommunisme is ná byna ‘n eeu van sensuur deur die liberale media en veral die Westerse intellektuele en akademici ontbloot vir wat dit is: ‘n mensdaad teen die mensdom, maar ook: primitiewe geweld en moordlus wat in die naam van revolusie en ‘n beter wêreld met groter gelykheid botvier.

Dingaan het nie gelykheid of kommunisme nagestreef nie, maar in sy bereidheid – en sou ‘n mens sê, die gemak – waarmee hy die onskuldige Voortrekkermanne, -vroue en -kinders laat uitmoor het, was hy Suid-Afrika se eerste swart revolusionêr, ons land se eerste transformeerder. Hy het verstaan dat terreur ‘n politieke wapen is wat met welslae aangewend kon word. Waarskynlik was die keerpunt in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis die Kerkstraatbom wat die ANC op 20 Mei 1983 laat ontplof het. Dit was ‘n terreurdaad waarop selfs ‘n Dingaan trots sou kon wees, want 19 onskuldige mense het gesterf en ongeveer 200 is beseer.

Maar anders as die Voortrekkers onder Andries Pretorius in 1838, het hierdie daad van uiterste geweld nie die destydse Afrikanerleiers tot verdediging, straf en geregtigheid aangespoor nie. Dit het tot akkomodering, onderhandeling en uiteindelike kapitulering gelei.

Onlangs het mnr. Roelf Meyer, die hoofonderhandelaar van die Nasionale Party tydens die vroeë negentigerjare, in Rapport geskryf dat hy en sy regering nie anders kon as om aan die ANC en die SAKP oor te gee nie. Hoewel Suid-Afrika destyds ‘n kernmoondheid was, met waarskynlik die vyfde of sesde sterkste weermag ter wêreld, het mnr. Meyer dit goedgedink om alle beheer van die staat – ook oor die weermag en polisie – aan die ANC oor te dra. Hierdie daad van blinde en naïewe vertroue in ‘n gewelddadige en listige vyand, is presies dít wat tot die dood van Piet Retief en sy geselskap gelei het. Ook Retief het beleefd en goedgelowig op Dingaan se versoek om hul wapens buite die kraal te los, gereageer.

Op ‘n meer uitgebreide manier het ‘n onlangse geslag politici die wapens buite die kraal oorhandig en is ons vandag byna meer weerloos as daardie vroue en kinders wat niksvermoedend in 1838 langs die Tugelarivier deur die Zoeloe-impi’s verras is en ‘n verskriklike prys daarvoor moes betaal.

Die transformasie van die Suid-Afrikaanse weermag was waarskynlik die enkele mees belangrike politieke gebeurtenis van die afgelope vyftien jaar. Nie net behels transformasie direkte en verskriklike geweld soos wat Dingaan gepleeg het nie, maar as stelsel en revolusionêre program skep transformasie die potensiaal vir verdere geweld, massamoord en uitwissing.

Deur die geskiedenis het filosowe en politieke denkers daarteen gewaarsku om jou vyand se beloftes op sigwaarde aan te neem. Goedgelowigheid en gebrek aan kennis en insig word gewoonlik baie swaar deur die verloop van die geskiedenis gestraf. Een van die politieke filosowe wat in die Westerse wêreld tot vandag toe gelees word, is Machiavelli. Hy het heelwat te sê gehad oor die mistasting om goeie bedoelings aan jou politieke opponent toe te skryf.

Binne die Calvinisme is ons geneig om te dink dat alles deur God vooraf bepaal word; vandaar dan ook sekere Afrikaners wat vandag beweer dat God die ANC oor ons aangestel het om ons vir ons sondes uit die verlede te straf. Maar by die goddelike wil en predestinasie, is daar ook die menslike wil te voeg. Calvyn was van mening dat die Here diegene help wat hulleself help. Nicolo Machiavelli in Die Prins skryf só oor Italië en oor sy stadstaat Florence:

“Met ons is daar groot geregtigheid, want daardie oorlog is regverdig wat nodig is en wapens word geseën as daar geen ander hoop as op hulle is nie. Hier heers die grootste bereidwilligheid en waar die bereidwilligheid groot is, kan die moeilikhede nie groot wees nie as u bloot daardie mans volg wat ek onder u aandag gebring het. Wat meer is, hoe buitengewoon is die weë van God nie wat bo alle voorbeelde geopenbaar is: die see is verdeel, ‘n wolk het die weg gelei, die klip het water voortgebring, dit het manna gereën, alles het tot u grootheid bygedra; u behoort die res te doen. God is nie bereid om alles te doen nie en sodoende ons van ons vrye wil en daardie deel van die glorie wat aan ons behoort, te ontneem nie.”

Ek herhaal die laaste sin: “God is nie bereid om alles te doen en sodoende ons van ons vrye wil en daardie deel van die glorie wat aan ons behoort, te ontneem nie.” Vanjaar is die 172ste jaar dat Afrikaners Geloftefees hou. Terwyl ons hierdie goddelike ingryping in die lot van ons pioniervoorvaders gedenk, huldig ons terselfdertyd hul moed, intelligensie en deursettingsvermoë. Dít is die aspek waarna Machiavelli verwys as hy sê dat God ons nie van ons aandeel aan die glorie van ‘n veldslag soos Bloedrivier wil ontneem nie.

In dié opsig is Andries Pretorius ‘n interessante figuur in die hele Bloedriviersage. Hy het aanvanklik nie deelgeneem aan die Voortrek nie, maar het wel in die Oos-Kaap verskeie militêre ekspedisies teen die Xhosas aangevoer. Op dié stadium was die Voortrekkers, wat ná die slag van Italeni waar hulle weereens met verliese van die Zoeloes moes wegvlug, hulle eintlik vasgekeer in Natal, wat hulle as die Beloofde Land beskou het. Dit het gereën, hul kruit was letterlik nat en ons kan ons vandag kwalik indink in die moedeloosheid en wanhoop wat daar onder hulle moes geheers het. Maar toe kom die buitestaander, Andries Pretorius, ‘n nuwe leier. Soos Machiavelli ook in Die Prins skryf, skep hopelose, negatiewe toestande dikwels die behoefte aan ‘n nuwe leier wat soos Moses van ouds sal opstaan om sy verdrukte volk uit Egipte te lei.

Die nuwe leier moet buite die ou paradigma, die ou manier van dink en doen, kan tree. Soos ek reeds gesê het, is transformasie soos ons dit in dié land leer ken het, sinoniem met onreg en geweld. Maar geweld self skep onvermydelik buitengewone omstandighede. Immers streef die meeste mense op aarde – selfs in Afrika – vrede en harmonie na. Selfs al is jy vir jou buurman kwaad, gaan val jy hom nie met ‘n AK 47 aan en wis hom en sy gesin uit nie. Daarom verteenwoordig die geweld wat Dingaan se impi’s teen Piet Retief, asook die vroue en kinders by Bloukrans en Weenen gepleeg het, ‘n tree buite alle norme van vreedsame naasbestaan – om van beskawing nie eens te praat nie. Ook die graad van geweld wat tans in Suid-Afrika heers, is geensins normaal nie, maar skep ‘n wêreld sonder grense waar elkeen kan maak soos hy wil. Die geweldenaar, soos Dingaan, tree buite alle logiese of beskaafde denke en word iets dierliks, afskuwekkends en verskrikliks. In Joseph Conrad se beroemde novelle oor Afrika, Heart of darkness, spreek een van die karakters die beroemde woorde: “Die verskrikking! Die verskrikking!” (In Engels: “The horror! The horror!”

‘n Ander skrywer, ‘n Afrikaner wat in Engeland gaan woon het en blykbaar op goeie voet met die Britse koningshuis verkeer het, Laurens van der Post, het op 3 Maart 1954 ‘n lesing aan die Sielkundeklub van Zürich, Switserland gelewer wat agterna in boekvorm uitgegee is as: The dark eye in Africa. Die donker oog in Afrika. Hy het dié uitdrukking ontleen aan ‘n gesegde wat hy in Indonesië gehoor het, “mata kelap”, waar die mees vredeliewende en betroubare persoon skielik besete kan raak en tot geweld en selfs moord kan oorgaan. Dan word daar gesê: Sy donker oog het van hom besit geneem. Van der Post slaag nie werklik daarin om te verklaar waarom daar so ‘n donker oog veral in Afrika bestaan nie. Ons weet dat daar sedert Dingaan en sy Zoeloes se gruweldade miljoene mense op die afgryslikste maniere denkbaar in Afrika uitgemoor is. Tot vandag toe word hierdie dade van verskrikking in verslae van die Verenigde Nasies opgeskryf of hier en daar in boeke of koerante opgerakel. Hier by ons is daar plaasmoorde, huisaanvalle, motorkapings en alles wat daarmee saamhang.

Van der Post het ná die tweede wêreldoorlog bekommerd geraak oor die verandering wat hy in Afrika bespeur het en dit soos volg beskryf:

“Toe ek ná die laaste oorlog teruggekeer het, is ek geskok deur die verandering wat plaasgevind het. Gebeure wat in my kinderdae raar was, het algemeen geword: rituele moorde, mensvretery, geheime organisasies wat teen die wettige gesag agtiteer, blitsige uitbarstings van geweld en moord en soms skynbaar onverklaarbare uitbrekings in gebiede wat vir ‘n lang tyd geen onrus geken het nie. Hierdie dinge was oral besig om toe te neem, asook die ander klassieke tekens van innerlike onrus: ‘n toenemende instroming van ontwortelde mense na die stede, die groeiende aantal gefrustreerde werkloses op straathoeke, tesame met intellektuele wat nie in diens geneem kan word nie, die toename in politieke agitasie en sosiale verwarring, die skynbaar sinnelose breek van winkelvensters en onverklaarbare onluste in beskaafde strate.”

Die vraag wat ons vandag vir onsself moet afvra, is: Hoe het ons voorouers onder veel hagliker omstandighede as ons s’n vandag, daarin geslaag om die sogenaamde “donker oog in Afrika” te tem en sodoende ‘n hele beskawing in dié land te vestig? Wat was daar wat Andries Pretorius, A.H. Potgieter, Paul Kruger en ander gehad het wat ons nie het nie, of waaroor Roelf Meyer en FW de Klerk waarskynlik nie beskik het nie?

Net gister lees ek oor die huidige eerste minister van Finland, Matti Vanhanen, dat hy blykbaar op ‘n keer gesê het dat hy nog nooit raad van enigiemand anders gevra of gevolg het nie. Vir ons Afrikanerleiers wat so lief is om te vergader en te praat, met ons swetterjoel organisasies wat een en almal mekaar se raad of “modelle” volg, is dit nogal ‘n merkwaardige houding vir ‘n leier om in te slaan. Daarin lees ek egter Vanhanen se behoefte om buite die gewone – dít wat die mense sê of glo, die sogenaamde konsensus – te tree en die risiko van eie besluite te neem.

In die lewe van enige volk of enige groep mense op aarde, ‘n dorp, ‘n straat, ‘n gesin, breek daar ‘n tyd aan wanneer die gewone en aanvaarde oplossings nie meer deug nie. Dan verg dit waagmoed, durf en visioenêre leierskap. Soos Machiavelli dit gestel het: “daardie oorlog is regverdig wat nodig is en wapens word geseën as daar geen ander hoop as op hulle is nie.”

Dit klink amper asof ek u soos van ouds voor die slag van Bloedriviet tot oorlog wil oproep. Daar heers vandag groot ontnugtering onder alle Afrikaners van dwarsoor die politieke spektrum, van Breyten Breytenbach tot Eugene Terre’Blanche. Om die volgende vyf jaar in Suid-Afrika te voorspel en om te sê dat daar nie ‘n vorm van oorlog gaan uitbreek nie, is om die minste te sê, moeilik.

Die geskiedenis en die politiek van Suid-Afrika het nie veel verander oor die afgelope 200 jaar nie. Slegs die omstandighede het meer verwikkeld geraak. Die soort oorlog wat ons vandag voer, is nie meer met voorlaaiers en assegaaie nie. Dikwels is dit ‘n oorlog, nie van die swaard nie, maar van die pen. En soos hulle sê, is die pen magtiger as die swaard. Die afgelope paar dekades is die Afrikaner bowenal vasgevang in ‘n propagandaoorlog waar hy gedurig in die beskuldigdebank verkeer, hetsy oor apartheid, hetsy oor “rassisme”, uitbuiting en ander begrippe wat die ANC-bewind met groot stelligheid en behendigheid in die massamedia hanteer.

Die eerste stap, myns insiens, is om buite die gewone te tree, om die reëls en woorde waarin ons vasgedraai is, omver te werp. In die aanloop tot die eerste vryheidsoorlog het die burgers van die ou ZAR met ‘n belastingboikot begin. Daarom vind ek dit interessant dat Hermann Giliomee, die liberale historikus van Stellenbosch, onlangs dieselfde uitspraak gemaak het, dat onder soortgelyke omstandighede as dié waaronder die Afrikaner tans verkeer, ander volkere hulle geredelik tot belastingboikotte gewend het.

Soos wat ons land soos ‘n trein sonder drywer op die rand van die afgrond voortsnel, sal ons, die passasiers, vinnig moet begin planne beraam en dalk sal iemand die bul by die horings moet pak en self in die bestuursitplek moet inspring. As ons kyk hoe vinnig Zimbabwe van ‘n redelik ontwikkelde en welvarende land binne enkele jare tot ‘n mislukte staat van die Afrikatipe verval het, dan het ons ook in Suid-Afrika nie veel meer tyd nie.

Soos Machiavelli ook te kenne gee, is dit tydens krisisse wat die beste in ‘n mens en veral in leiers na vore kom. Tydens die uur van ons angs en verlatenheid vind grootse dade plaas en kan ons daarop reken dat God ons wapens sal seën. Soos keer op keer in die verlede, en veral by Bloedrivier, gebeur het. Dit is juis in die laaste oomblikke van die geskiedenis, as alles rondom ons donker word, dat wysheid oplaas na ons toe kom. Soos die filosoof Hegel gesê het:  “Die uil van Minerva sprei sy vlerke as die skemer daal.” Toevallig het ek onlangs uitgevind dat die vrouefiguur op die koepel bo die Ou Raadzaal in Pretoria van waar Paul Kruger regeer het, wel ‘n afbeelding van Minerva, die Romeinse godin van wysheid, is, dus was ons voorouers ewe bewus van haar!

Daarom moet ons nooit moed verloor nie, al gaan dinge hoe sleg en al lyk die toekoms soms vir ons duister. Ten slotte, soos die digter ID du Plessis dit so treffend gestel het:

Soet is die stryd

Jy sê die stryd is verlore,

Ons nasie te arm en klein,

Ons taal uit ‘n drang gebore

Wat een van die dae verdwyn?

My broer, dit mag heeltemal waar wees.

Wie weet wat die toekoms gaan baar?

Miskien moet ons oormôre klaar wees.

Om weer hierdie droom te laat vaar;

Maar as ons net altyd moet strewe

Na wat tot oorwinning gaan lei,

Wat baat dan die stryd van die lewe

Waarin ons onseker moet bly?

Solank jou bedoelings maar goed is,

Gaan jy jou oor neerlae kwel?

Solank jy volhard en vol moed is –

Dis tog die probeerslag wat tel!

Nee, soet is die stryd vir die stryer,

Al moet hy uiteindelik verloor;

Maar die man wat sy deelname weier,

Is die man wat sy nasie vermoor.

 

* Die La Rochelle-geloftefeesterrein is ongeveer 50km anderkant Carolina op die Amsterdampad geleë. Geloftefeeste word reeds sedert 1914 daar gehou. Vroeër jare het mense reeds op die 15de Desember daar aangekom, braaivleis en Boeresport gehou alvorens die Gelofte op 16 Desember afgelê is. Die Geloftediens en -toespraak vind in ‘n holkrans plaas waarin Boesmantekeninge te siene is, asook ‘n granietsteen wat in die wand ingemessel is met die datum “1938” en die inskripsie: “Om in 2038 geopen te word.”

осушитель воздуха адсорбционногоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Fisiologie van versoening wat faal

Vroeg vanoggend, toe Pumba my vir ‘n wandeling neem, sit hulle ingeryg daar… die werksoekers wat in ‘n lang tou sit by Langenhovenpark se informele indiensnemingsburo.

Dis Versoeningsdag, maar belangriker vir die werksoekers, Geloftedag in een van die mees Afrikaanse woonbuurte in die land. Dit ruk aan my – hordes mense wat ‘n geldjie wat hulle nie het nie opdok aan taxigeld met die hoop om ‘n paar rand te verdien. Omdat dit Versoeningsdag is, loop die staatsgesubsidieerde busse nie. Vanaand, na ‘n dag in die son sonder krane en toilette, moet hulle weer op ‘n manier by hul huise in Botshabelo en ThabaNchu kom…

Hulle – of ten minste die oorgrote meerderheid van hulle – verstaan nie dat hulle die geld wat hulle nie het nie gemors het. Ander vakansiedae is mense immers tuis en baie spring in hul tuine in. Dan kry baie werk.

Wat is vandag anders?

Vroegoggend is die radio op die SABC se aktualiteitsprogram aan. Dis Versoeningsdag voor, en Versoeningsdag agter.

Die gemeenskappe leef by mekaar verby, kennis van mekaar verdwyn, meningspeiling na meningspeiling dui daarop dat die meeste mense meen rasseverhoudinge gaan die kreeftegang.

Tot ongeveer 1988 het Suid-Afrika ‘n amptelike Verhoudingsaksie gehad. Dié aksie was hopeloos te laag gegradeer (die hoogste rang waarvoor voorsiening gemaak is was Assistent-direkteur) en met hopeloos te min personeel om ‘n beduidende indruk te maak. Om die probleem van te min mense te oorkom is hoofsaaklik gefokus op die klein groep dinamika en is hordes Verhoudingskomitees landswyd in die lewe geroep.

Sonder om in te veel detail is te gaan – die stelsel het in ‘n stramheid vasgeval met baie lede wat nie werklik verstaan het wat die funksie van die komitees, of die aksie self nie. Stelsels soos die klein groep stelsels het ‘n sikliese neiging, en daarom is daar tye waar omtrent alle energie in die instandhouding van die stelsel ingaan, en daar in wese geen uitset is nie.

Die regering se destydse desentralisasieaksie het in wese die doodsklok vir die aksie ingelui. ‘n Handjievol relatief junior amptenare het in provinsiale administrasies beland wat die aksie nie altyd goedgesind was nie, soms vyandiggesind, geen begrip van die aksie gehad het nie, dit onderskat het weens die lae gradering, of soos in die geval van die NPA botweg geweier het om die aksie te implementeer.

‘n Interessante waarneming was egter hoe verskillende mense die saak verskillend beskou het. Die TPA het sterk stem gemaak dat “alles sal regkom” as die sosio-ekonomiese gaping tussen wit en swart verdwyn het. Die Kaapprovinsie het hul stelsel van Verhoudingskomitees ten alle koste in stand gehou, en dié komitees het dikwels op infrastrukturele knelpunte gefokus en oorhoofs die standpunt ingeneem dat “alles sal regkom” as apartheid verwyder is.

In die Vrystaat is op ‘n holistiese benadering geskoei op nie-paternalistiese horisontale kommunikasie gefokus. Pretdrawwe, kultuurkonserte en vele projekte is uitgevoer met die fokus op respek vir die mooie in mekaar se kulture.

Met die voordeel van terugskoue kan maklik fout gevind word.

Die FW de Klerk-bewind het ‘n ondersoek waarmee die Maatskaplike Komitee van die Presidentsraad besig was, opgeskort. (Dit help nie om te probeer uitvind hoekom, juis op daardie kritieke tydstip nie – ek het probeer uitvind en het net ‘n skrobbering op die lyf geloop).

Weer eens, met die voordeel van terugskoue, wil dit voorkom asof nog ‘n enkel-dimensionele benadering “oorgeneem” het: Die geloof dat alles met ‘n behoorlike staatkundige model opgelos sal word. Iets wat herinner aan Kwame Nkruma se stelling, met Ghana se onafhanklikheidsaanvaarding: “Ontvang hiermee jul politieke vryheid en alles sal vir julle daarby toegevoeg word.”

‘n Opmerking jare gelede van ‘n skoolseun by die KJA het konstant by my opgekom: “Skaf net apartheid af, dan kom alles reg.” Hy het uiteindelik ‘n aktivistiese predikant van die VGK geword – op die voorpunt van die regstryd teen die NG Kerk in Afrika.

Kort hierna is die Verhoudingsaksie afgeskaf, en ‘n ruk hierna, in totale onafhanklikheid daarvan en sonder om ‘n greintjie kundigheid oor te neem, het die stelsel van Vredeskomitees beslag gekry.

Net ‘n tussenwerpsel: Die Verhoudingsaksie in die Vrystaat het nie politieke standpunt ingeneem nie, en die standpunt gehuldig dat die uiteindelike grondwetlike model die “spontane” produk van ‘n omgewing sal wees waar mense mekaar vertrou – ongeag of dit ‘n konfederale, konsosiatiewe, eenheids- of welke model ook al oplewer. Hierdie standpunt het ook nie in die lug gehang nie. Die destydse president van die RGN, dr. Tjaart van der Walt, het dit immers onverbeterlik gestel met woorde tot die effek dat geen staatkundige model, nie eens die beste grondwet in die wêreld, sal werk as die mense mekaar nie verstaan en vertrou nie.

In kort, die grondwet is die gevolg van versoening, nie die meganisme tot versoening nie.

Selfs wanneer dit op interstaatlikheid uitloop, bly goeie verhoudinge belangrik. Dit klink vreemd om dié les by die man van bloed en yster, Otto von Bismarck te leer. Bismarck se filosofie was om die vyand na ‘n oorlog nie met die vredesoperasies te verneder nie, om so ‘n meer blywende kans op Vrede te verseker. In latere jare het die keiser sy ore aan ander adviseurs uitgeleen, en is die Franse in die grond verneder deur die keiser in die troonsaal van Versailes te kroon. Hierna, by die geringste, het die Franse en hul bondgenote oorlog teen Duitsland gevoer en is Duitsland waarskynlik vir altyd die Elsas en Lotharinge kwyt.

Om die fisiologie van versoening te verstaan, is dit handig om die proses in die vorm van ‘n behaviourialistiese stelselmodel te verduidelik. In kort behels dit om die doelwit, om versoening te bereik, by die input in te voer, en dit deur verskeie prosesse te neem wat uiteindelik ‘n uitset lewer. Die lys faktore in die model genoem is nie noodwendig volledig nie, dit word bloot as voorbeeld gebruik.

Geloof:

In hierdie model word die aardse neerslag, naamlik godsdiens bedoel. Voorbeelde van godsdiensspanning is wêreldwyd maklik te vinde. Die verdeling van Brits-Indië tussen die Moslem Pakistan, Hindoe Indië en vir alle praktiese doeleindes, Boeddhistiese Sri Lanka is voor die hand liggend. Die Noord-Ierse voorbeeld word teensinnig genoem, omdat ander faktore hier meer bepalend was. Rusland het onlangs weer ‘n groot terreuraanval op ‘n trein beleef weens die optrede van Moslem-terroriste.

In Suid-Afrika word graag opgegee oor hoe ‘n verre oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulsel as Christene beskou. Tog is sake teologies baie uiteenlopend, soos die voorneme om rituale beesslagtings by die 2010-sokkerstadions te doen. Vir baie Christene, wat glo Jesus het aan die kruis die finale offer gebring, is dit ‘n gruwel.

Juridiese:

Hoewel, in beginsel, die grondwetlike model die uiteinde van ‘n versoengsproses moet wees, kan swakhede in die bestaande grondwetlike model ook verhoudinge versuur. ETA se terreur teen Spanje het nie volkome opgedroog na die Baskiese provinsies ‘n redelike vlak van outonomie gekry het nie.

In Suid-Afrika is die lomp grondwetlike beskrywing en die nog lomper wyse waarop die kwessie van regstellende aksie hanteer word, stellig een van die grootste faktore wat versoening in die land beduiwel.

Taal:

Milnerisme het ‘n historiese wond op die Afrikaner se gemoed gelaat. Wêreldwyd het taaldiskriminasie ernstige gevolge. Franco en die Turkse regering het eerder probleme geskep as opgelos deur ‘n verbod op onderskeidelik Baskies en Koerdies geplaas.

Etiek en moraliteit:

Indien eerlikheid in die proses ontbreek, gaan die proses nêrens heen nie. Met die amptelike versoeningsproses by Kovsies word uiters akademiese woorde gebruik, reuse teorieë voorgehou … wat in die lug hang en op sand gebou word. Etiek en moraliteit kan nie los van die ander elemente staan nie, en is ironies juis oneerlik as die uiteinde eers bepaal word, naamlik integrasie (hul woord) en die metodiek dan enkeldimensioneel ontwerp word om daarby uit te kom.

Kultuur:

Baie van die kwessies wat as godsdiens en taal voorgehou word, is in wese kultuuraspekte. Die jarelange stryd om Noord-Ierland het histories meer te make met die vestiging van Skotse setlaars (Protestants) wat op die inheemse Iere neergesien het. Oor tyd het die sosio-ekonomiese onderskeid vervaag.

Rituele slagtings word dikwels genoem as van die vernaamste redes waarom godsdiens- en kultuurassimilasie in Suid-Afrika nie voorsien word nie.

Histories:

Wanneer verskillende gemeenskappe verskillende en dikwels konflikterende historiese persepsies het, is daar dikwels ingeboude spanning. ‘n Tipiese gevolg is wanneer een gemeenskap berou van ‘n ander opeis, terwyl daardie gemeenskap se historiese persepsie dit nie begryp nie, of selfs voel die skoen sit aan die ander voet.

Getalle:

Internasionaal word in grondwette en die volkereg minderheidsregte erken, en daar is goeie redes hiervoor. Die Hutu – Tutsi – massamoorde is maar een manifestasie.

Ruimtelik:

Ruimtelike ordening as meganisme om spanning te verlig is ‘n wêreldwye verskynsel. Nigerië het na die Biafraanse oorlog sy binnelandse grense herskik om meer met die etniese verspreiding ooreen te stem. Pas het Indië sy voorneme bekend gemaak om ‘n nuwe, etniese deelstaat te vorm, of die Ghurkas begin ook agiteer vir ‘n eie deelstaat. Die Israels-Palestynse kwessie is ‘n teksboekmodel.

Dit slaan egter ook op die mikrovlak neer, soos wanneer twee bure se gebruike wedersyds onversoenbaar is. Die een sal ‘n bees ritueel in sy agterplaas slag, en die ander sal die DBV, die munisipaliteit se gesondheidsafdeling en ander wetstoepassers op hom probeer loslaat.

Opsommend, dit is duidelik dat al hierdie faktore nie net ‘n rol speel nie, maar baie selde nie onderling deur mekaar beïnvloed word nie.

Gebreke in die model van sosio-ekonomiese deprivasie

Hierdie model teer op die konsep dat spanning, selfs ‘n rewolusionêre klimaat, ontstaan wanneer die gaping tussen verwagtinge en die werklikheid te groot word.

Die vernaamste probleem met dié model is dat dit skematies slegs geldig uitgedruk kan word wanneer dit op ‘n grootliks homogene gemeenskap uitgedruk word.

Wanneer meer as een gemeenskap gemeet word, kan dit gebeur dat die verwagtinge van twee of meer gemeenskappe weerskante van die werklikheid kan wees. Die spanningsvlak kan dan nie gemeet word tussen verwagtinge en die werklikheid nie, maar tussen die persepsies van verwagtinge van die verskillende gemeenskappe.

Verder te dit nie net op die sosio-ekonomiese betrekking nie, maar op weer eens elke denkbare moontlike terrein. Een gemeenskap mag moontlik pres. Jacob Zuma steun is sy siening dat die nasionale Vervolgingsgesag ondergeskik aan die uitvoerende gesag moet wees, terwyl ‘n ander deel weer nog meer juridies-verwante sake los van die beheer van die uitvoerende gesag wil maak en by die onafhanklike juridiese gesag wil voeg.

Die een groep wil moontlik sterk fokus op moedertaalonderrig, terwyl dit spanning skep met diegene wat om welke rede ook al graag hul onderrig in Engels wil ontvang.

In plaas van om dié kompleksiteit op ‘n plat vlak uit te druk, is ‘n beter model dalk iets soos die vooraansig van ‘n dik kommunikasiekabel wat deurgesny is, met ‘n horde geïnsuleerde draadjies waarvan sommige so ver as wat binne die kabeldikte moontlik is.

Slot

Sonder ‘n holistiese benadering waar mense van verskillende dissiplines op gelyke voet saamwerk nie, gaan die hantering van versoening in die land gebrekkig en gefragmenteerd bly.

Het die afskaffing van apartheid alle probleme opgelos?

Toe nou nie – die meningspeilings wys anders. Die Malemas dryf skynbaar doelbewus die wig dieper in. Pansat het lank reeds bevind die owerheid self is die grootste skender van taalregte (wat in die grondwet verskans word).

Dikwels kry die media die skuld – soms verdiend maar al te dikwels as die draer van slegte tyding.

Die werksoekers hierbo genoem verstaan nie hoekom hulle vandag in die son bly sit nie. Die gaping in begrip vir mekaar is ligjare verwyder van destyds toe die regering kort-kort as die pawpaw die fên geslaan het vir oom Wymie ingeroep het. Oom Wymie op wie akademies neergesien is maar wat sonder geleerde woorde en akademiese lesings die “kenners” se brouwerk kon kom regmaak omdat hy verstaan het. Ons is weer terug met spanne institute en sentrums wat die jargon en kommerwekkende syfers uitspoeg, maar die oom Wymies wat iets daaraan kan doen het nie ‘n plek in die reusagtige kabinet of belangrike adviseurstoel nie.

Herman Toerien was die laaste hoof van die Verhoudingsaksie in die Vrystaat. Hy het afgesien van ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap ook universiteitskwalifikasies in ekonomie en Staatsreg.


справка 086 у купитьалександр лобановский супермаркет класс

Wat Emile Durkheim ons kan leer

Met die onlangse heengaan van Chris Louw het dit my – en ongetwyfeld baie ander – se aandag weer hervestig op daardie somber, introspektiewe eienskap van die Afrikaner, naamlik om ‘n mens se eie lewe te neem.

Vir vele jare was Afrikaners ‘n groep mense met ‘n hoë selfmoordsyfer. Wanhoop en uitsigloosheid was dikwels gemeld as vernaamste redes om oor te gaan tot hierdie ekstreme daad. As gevolg van die algemeenheid van hierdie verskynsel, en die feit dat die selfmoordsyfer onder swart Suid-Afrikaners verdrievoudig het sedert die Nuwe Suid-Afrika, kan ons konkludeer dat hierdie verskynsel nie soseer ‘n persoonlike of psigiese oorsaak het nie, maar ‘n sosiale oorsaak.

Sekerlik die mees toonaangewende denker op hierdie gebied is die Franse sosioloog Emile Durkheim (1858 – 1917) wat ‘n uitgebreide studie oor selfmoord gedoen het net so voor die begin van velede eeu.

Durkheim het die voorkoms van selfmoord geneem oor vier verskillende geloofsgoeperings, te wete Jode Katolieke, Protestante en ateïste, en sy bevindings het uitgewys dat die aantal selfmoorde respektiewelik toegeneem het onder hierdie groepe, met Jode die laagste en ateïste die hoogste. Interessant genoeg het Jode die hoogste persentasie geestessiektes gehad vanwee jarelange, sluimerende Jodehaat, maar desondanks was hul selfmoordsyfer die laagste.

Om hierdie verskynsel te verklaar het Durkheim gekyk na die mate van samehang in hierdie groepe en het inderdaad gevind dat die mate van sosiale steun die belangrikste bepalende faktor was. Jode se steun vir mekaar en ateiste se min steun vir mekaar was die belangrikste bepaler van selfmoord.

Durkheim het sy studie uitgebrei na die struktuur van die samelewings en nog verdere interessante gegewens ontdek. Ons kan die voorkoms van selfmoord op twee verskillende asse plaas, te wete integrasie en regulasie.

Die mate waartoe iemand geïntegreerd is in ‘n samelewing kan bepalend wees vir selfmoord. Waar persone te min geïntegreerd is, is hul kans op selfmoord hoog. Dink byvoorbeeld aan die eensames en buitestaanders. Hierdie tipe selfmoord het Durkheim ‘egoïstiese selfmoord’ genoem. Waar integrasie te hoog is, neem die kans op selfmoord eweneens toe, hoewel in hierdie geval speel idealisme ‘n rol hierby, soos die Japanese Kamikaze vlieëniers of Al-Kaida selfmoordmartelaars; ‘n verskynsel van Durkheim ‘altruïstiese selfmoord’ genoem het.

In die geval van regulasie sien ons dieselfde verskynsel na vore tree. Waar die mate van regulasie in ‘n samelewing te swak is, is die selfmoordsyfer hoog. De swak regulasie, dienslewering en derglike kenmerke van die nuwe Suid-Afrika wat wys op ‘n verval in maatskaplike regulasie, veroorsaak ‘n verhoging in die selfmoordsyfer, wat Durkheim ‘anomiese selfmoord’ genoem het (‘anomie’ beteken wetteloosheid). Waar regulasie egter te streng toegepas word, neem die aantal selfmoorde weereens toe.

Goeie voorbeelde hier is kommunistiese lande, veral onder Stalin en Mao se heerskappye het mense ervaar dat hul eie lewens geen waarde meer het nie, en dat alles wat hulle doen in diens is van die hoër ideaal, vreemd aan hul direkte belewenisse; ‘n verskynsel wat Durkheim ‘fatalistiese selfmoord’ genoem het.

As ons die psige van die volk wil red is dit ‘n goeie idee om hierdie bogenoemde paradigma wat Durkheim aan ons gebring het te begryp en te gebruik as moontlike riglyn. Net soos die Jode wat al 2000 jaar van aanvalle jeens hul groep moes afweer en oorlewingstegnieke versin, is dit tyd dat Afrikaners aan dieslefde tegnieke moet begin dink, hoewel hierdie tegnieke al eerder in die verlede toegepas was in die vorm van kerke, onderwys en taal. Ek dink dit is eerder ‘n kwessie van nuwe lewe inblaas en pogings daarstel om die rykdom van skrywers en denkers van weleer te herrys vir die jonger geslag.

Ek dink ‘n goeie begin sou wees om die woorde van Vader Kestell uit te roep, naamlik: “‘n Volk red homself”.

 

для девочкиДанильченко Юрий прокурор

Die Transformasie van Frederick Fourie

Arme professor Fourie.

Arme professor Fourie.

Nee, dit pas nie in nie.

Kom ons probeer: Arm’ professor Fourie.

Werk ook nie.

Wat ek probeer doen, is om “Arm’ professor Fourie” te neurie op die deuntjie van “Poor Professor Higgins” uit almal se gunstelingmusiekkomedie uit Hollywood se goue era, Lerner en Loewe se “My Fair Lady”.

“Arme professor Higgins,” sing dié akademikus se huishoudpersoneel terwyl hulle verbouereerd deur sy herehuis fladder. Hulle is besorgd dat Henry Higgins gaan uitbrand in sy poging om Eliza, die blommemeisie, te herontwerp as ‘n lid van die adelstand wat volmaakte Engels met die koning se aksent praat. Hulle stof af en rig in en berei voor. Hulle skink tee, dra whiskey aan, laaf, vir al wat ons weet, met suikerwater. Agteraf gons hulle benoud in hulle kwartiere. Laatnag kriewel hulle onrustig deur die gladde, koel verdiepings van die herehuis, ongesmuk in hulle Edwardiaanse kamerjasse en slaapmusse, besorg, ontsteld, ontwrig…

Maar hier is ‘n teendraadse ironie in die personeel se frenetiese optrede, beduie regisseur George Cukor se kamera. Die een wat die stang moet vasbyt in die herontwerp van die straataster is nie die bejammerde professor nie, maar die arme Eliza self. Sy word gedwing om deur eindelose repetisie haar stram tong en onbuigsame kakebeen om die vokale en konsonante van hoër Engels te kry.

Hierdie is die era – vroeg in die twintigste eeu – wat anatomie, taalkundige teorie en tegnologie in ‘n soort botsing van oorywer saamsmelt. So die professor, altyd op die spits van akademiese drif, laat Eliza, byvoorbeeld, voor die trompetmikrofoon van ‘n wassilinderopnemer staan om die onderdele van saamgestelde klanke naboots. Dit klink vreeslik, soos iets tussen die bulk van ‘n gestrande walrus en ‘n jong jakkals met intense, onverwerkte emosies: “Ieee-jaaaa-hoeee-AAAU!”

Uur na uur na uitmergelende uur. Dis waaruit haar lewe nou bestaan. Ieee-jaaaa-hoeee-AAAU! totdat haar tong voel of dit verstuit is en haar kakebeen asof dit in die potjies uitgewerk is, en dit alles in ‘n vreemde, kil, onontvanklike omgewing.

Soms is Higgins se onortodokse metodes baie moeilik om te sluk, letterlik. Hy stop Eliza se mond vol albasters en laat haar dan oefen om te praat. Natuurlik sluk sy toe een van hulle en ons kan die stremming daarvan amper aan eie nek voel as dit in Eliza (vertolk deur die verruklike maar tengerige Audrey Hepburn) se keel afbeur. Terwyl dit biologiese openinge en kanale ooprek, sny dit ook tydelik belangrike toevoere boontoe af en die arme Eliza se oë traan en rek so rond soos die ghoen self.

“Geen probleem,” beduie die professor in wat die kyker onverwags maar heeltemal te gou as bemoediging aansien. “Ons het nog baie.” En daarmee, met sy eie nimlike ongeërgdheid vul hy die voorraad albasters in die verbysterde Eliza se mond met ‘n nuwe aan. Hierdie akademikus word nie van stryk gebring nie.

Terwyl Eliza wankel van uitputting voor die trompetmikrofoon en die ontstelde bottelier, huishoudster en skoonmakers rondskarrel, gaan Higgins die goedgedrilde gang van die oujongkêrel wat verdiep is in sy studieveld. Ons sien hom op ‘n trapleer voor die rakke boeke in sy biblioteek, met skedel en meetklamp in sy hand besig om te futsel met een of ander frenologiese vraagstuk… of hy sit en skerts met sy vakgenoot, kolonel Pickering of sit en sluimer in ‘n gemakstoel met sy voete op ‘n ottoman en sy tweed-hoed oor sy oë.

Ieee-jaaaa-hoeee-AAAU! balk Eliza voort.


 

Arme professor Higgins, dag en nag, nag en dag! neurie die personeel ontsteld.

Arme professor Higgins. As hy nie slaag nie, verloor hy ‘n weddenskap. O, die druk, die spanning, die stres! Al wat Eliza het om te verloor, is haar enigste kans om ‘n trapleer te vind om uit haar agtergrond van armoede en uitsigloosheid te klim. As die Transformasie van Eliza ‘n mislukking is, sal Higgins na die episode terugkeer na sy lewe van boeke, navorsing en hartstogtelike gesprekke met vriende wat sy vak fassinerend vind. Eliza sal terugkeer na ‘n lewe onderaan die Britse sosiale voedselketting, desperaat skarrellend vir pennies en met onvervulde drome van ‘n kamer iewers, net vir haar, met “een enorme stoel” en sjokolade om te eet.

Ieee-jaaaa-hoeee-AAAU!

Henry Higgins in volle vaart met sy nuwe projek – die herskepping van Eliza – is ‘n vertoonstudie van die Transformeerder in aksie. Hy speel veral die Eerste Reël van die Transformeerder uit: Die Transformeerder is daar om ánder te transformeer; nie om self verander te word nie. In die toneelstuk word Higgins vir die eerste keer werklik uitgedaag deur die aanloklikheid van ‘n pragtige vrou en die verwikkeldhede van die Ewige Vrou. Daar is, uiteindelik, vir hom die geleentheid om deur ‘n kraak in die kors van sy selfvoldaanheid te wriemel na ‘n emosionele bevryding en al wat dit sou verg sou ‘n eenvoudige emosionele aanpassing wees. Maar nie net is hy nie bereid om dié swenk te maak nie, hy sien geen rede daarvoor nie. Verbluf deur die benaderingsverskil tussen man en vrou, hef hy wat ons kan eien as die Vrygesel se Strydlied, aan: “Hoekom kan ‘n vrou nie meer soos ‘n man wees nie? Hoekom kan ‘n vrou nie meer soos… ek… wees nie?”

Aan die einde, omvergewerp deur Eliza se oënskynlike onverklaarbare uitbarsting – “Wat sal van my word? Wat sal van my wohhhhrd?!” – en haar skielike afwesigheid – kry ons hoop dat die Transformeerder sal transformeer. “Ek het gewend geraak aan haar gesig,” mymer hy verslae.

Maar wanneer Eliza terugkeer, retireer hy in sy selfvoldaanheid in. In plaas van ‘n erkenning van ontoereikenheid en ‘n verklaring van sy toegeneentheid, wikkel hy homself terug in sy gemakstoel in, strek sy bene uit op die ottoman, kantel sy hoed oor sy oë en wil selfbehaaglik van haar weet: “Eliza, waar de drommel is my pantoffels?”

En Eliza, nuut getransformeer, pragtig, elegant met die wonderlikste elokusievermoë en onberispelike etiket, buk gedienstig om sy pantoffels op te tel en aan te dra. Die Transformasie van Eliza is afgehandel. Die tematiese musiek stoel uit die luidsprekers tot ‘n triomfantlike finale. Fin. Die drama is afgehandel.

Die einde van “My Fair Lady” was ‘n afwyking van die gewone Hollywood-voorskrif. Vervaardigers was altyd bedag daarop om vir die kyker te gee wat hy wil hê. En wat die kyker in sy en haar romantiese musiekkomedie op aandring is ‘n slottoneel waar al die vraagstukke losgeknoop is. Die komedie beter eindig waar die manlike hoofrolspeler, wat so vol manlike hoeke en lyne en strukture is, die tenger, sagte vroutjie in sy omhelsing as’t ware absorbeer en sy lippe teen hare pers in ‘n kneusende kus. Sogenaamde “oop eindes” waarin daar geen klinkklare uitslag oor die tweetjies se toekoms gebied word nie, is hartlik verfoei.

“My Fair Lady” het egter die waagstuk geneem. Die ontluikende romanse en moontlike huwelik tussen Higgins en Eliza word aan die kyker se bespiegelinge oorgelaat. Hierdie onbeklinkte einde was ‘n dobbelspel vir die skeppers van die drama. ‘n Rolprent se sukses hang af van die ywer waarmee kykers die deugde daarvan aan dié wat dit nog nie gesien het nie, besing. Indien die eerste gehore onvergenoegd sou voel, op een of ander wyse verkul so voel deur die onafgestikte einde, sou hulle die oningelyfde massas aangeraai het om die kaskenades van Eliza en Higgins te vermy.

Uiteindelik was die waagstuk tog suksesvol.

Nie net het die moontlikheid van ‘n huwelik tussen die professor en die getransformeerde grasie ontvang nie, maar ‘n ander, onsmaaklike moontlikheid is uit die weggeruim. Want die ander persoon wat om Eliza se hand gewedywer het, was die uiters aantreklike, adellike maar essensieel nuttelose lieplapper, Freddy Einsford-Hill. Teen hierdie laat oomblik in die musiekspel was Eliza ‘n karakter geliefd deur die gehoor en as die gemiddelde toeskouer sy volmag aan ‘n man sou toestaan om haar minnaar te word, is dit ondenkbaar dat dit die groen Freddy sou wees. Te slap en pap. Te buigbaar. Te kleurloos. Die gedagte aan die verruklike maar driftige Eliza onderdanig en meelopend in Freddy se pap greep was nie een wat verdra kon word nie. So, al was daar die bepaalde moontlikheid dat die verhouding tussen Eliza en die professor eenvoudig sou verteer word in die wrywing veroorsaak tussen haar drif en sy onversetlikheid, was die toekykers bereid om hulle kanse te vat. Hulle het die einde, indien nou nie ekstaties nie, dan met groot verligting en selfs dankbaarheid aangegryp.

Die gehore het die goeie nuus gedienstig oorgedra en My Fair Lady het die suksesvolste musiekspel van alle tye geword.


“My Fair Lady” se oop einde, wat tog sterk skimp in die rigting van ‘n suksesvolle verloop van die Doolittle/Higgins romanse, is nie allerweë goedgekeur nie. Dis veral ‘n sterk stem uit die verlede wat met ‘n sekere hol skrilheid, asof gekanaliseer uit die kis self, bitterlik beswaar gemaak het. En hierdie stem kon nie sondermeer verontagsaam word nie. Professor Henry Higgins, die fonetikus, sou dadelik kon plaas aan wie die stem behoort: Die skepper van Eliza en die ongeërgde professor self, die skrywer van Pygmalion, George Bernard Shaw.

Shaw is na sy graf toe voordat die komiese drama Pygmalion, My Fair Lady die Broadway-musiekspel geword het. Maar hy het wel aanpassings van Pygmalion beleef waarin regisseurs met die einde gepeuter het om darem die moontlikheid van ‘n Doolittle/Higgins versoening te akkommodeer. Dit het hom in skouspelagtige woedebui laat lostrek.

Uit radeloosheid doen hy die ongehoorde. Hy daal uit sy letterkundige hoogte neer, erg geïrriteer en knorrig, om in ‘n opstel te verduidelik wat met Eliza gebeur het anderkant die einde van die musiekspel.

Nadat hy gebrom het oor goedkoop sentimentaliste wat ‘n een-grootte-pas almal, massavervaardigde einde vir alle romantiese komedies begeer, vreet hy die gemiddelde toeskouer uit omdat hulle nie die res van Eliza se verhaal vir hulleself kon konstrueer nie. Dan, net om seker te maak dat onbekwame lomperds nie sy stilte uitbuit om sy meesterstuk se volmaakte einde aan te tas nie, stip hy presies aan wat met Eliza post-Pygmalion gebeur. Sy trou met die hopelose Freddy, en basta!

Hoewel Shaw ‘n bombastiese mens was, is hierdie geen hovaardige dekreet wat uitgevaardig word nie. Die skrywer wat hier praat is nie soseer die dramaturg wat sy regte oor die karakters wat hyself geskep het, afsteek en beskerm nie, maar die sosiale denker.

Eliza se maritale toekoms is ‘n onafwendbaarheid, redeneer Shaw. Dit is haar instink om ‘n aantreklike, aangename jong eggenoot uit te soek eerder as ‘n ongevoelige en selfvoldane, geswore ou vryloper. En instink, in Shaw se denkwêreld, is ‘n stuwing wat net omvergewerp kan word deur die grootskaalse verwringing van die individu se omgewing. Die mens se instink is soewerein. Dit is so kragtig dat die mens self onmagtig is om dit in ‘n rigting te dwing.

“Haar besluit,” skryf Shaw, “sal grootliks daarvan afhang of sy werklik vry is om te kies; en dit, nou weer, sal van haar ouderdom en inkomste afhang. Indien sy aan die einde van haar jeug gekom het, en geen inkomstesekerheid het nie, sal sy met hom trou omdat sy met iemand moet trou wat vir haar sal voorsien. Maar op Eliza se ouderdom voel ‘n mooi meisie nie dié druk nie; sy is vry om te kies en te keur. Sy word derhalwe deur haar instink in dié saak gelei.”

In hierdie onthutste skrywe van Shaw mag dit dalk oor iets so oënskynlik ligsinnig soos ‘n onwaarskynlike liefdeskomedie gaan, maar die taal wat hy gebruik en die stuwing van sy argumente, kom uit die kondisionering en filosofie van Shaw die maatskaplike aktivis. Hy het bloedarm grootgeword in Ierland. Sy agtergrond was een van wanhoop en is deurtrek met die duisend klein vernederings wat die koorsblare is wat deur uiterste broodgebrek veroorsaak word. Dit het ‘n blywende agterdog jeens die ryker klasse by die jong George Bernard ontsteek. Hierdie wantroue is so diep ingeëts dat dit nie gewyk het nie, selfs nadat Shaw homself met sy pittigheid, fanatiese werksdrang en oordonderende intellek uit Ierland na Londen verplant het, waar hyself ‘n gegoede man geword het.

In die paragraaf uit sy betoog oor Eliza hierbo, loop ons, benewens instink, ‘n ander allerbelangrike element in Shaw se antropologiese filosofie raak: Vryheid van keuse.

Shaw was ‘n humanis en oortuig van die instinktiewe goedheid van die mens. Hierdie moraliteit was nie sonder meer ooglopend sou ‘n mens na die laerinkomsteklasse in Brittanje kyk nie.


Die sosiale geur van onderbuurtes in ‘n stad soos Londen was een van verrotting, van dronkenskap, ontrouheid, geweld, misdaad en luiheid bevolk deur leeglêers, dronklappe, hoere, hoerkinders, hoereerders, buite-egtelike telge, lafaards, venynige kleindiewe… op die oog af kwalik te vereenselwig met die fier, stoere, hardwerkende wese wat Shaw geglo het van nature in elke lyf gehuisves is. As die mens eintlik goed is en hierdie ellendelinge so vrotsleg, moes daar iets met hulle gebeur het om hulle te verander, het Shaw geredeneer. As hulle instinkte betroubaar en geneig was tot die goeie, moes ‘n mag van buite hierdie mense hulle innerlike verbuig en verknoei het.

Shaw het geen huiwering om die belhamels te identifiseer nie: Die ryker stand. Shaw was ‘n sosialis, ‘n Karl Marx-vakleerling, lid van die Fabian-vereniging. Die grondslag van hulle ideologie was dat daar ‘n beperkte en vasgestelde hoeveelheid rykdom in ‘n land is en dat dit nie vergroot kan word nie. Hierdie rykdom was hoofsaaklik beperk tot ‘n klein, inhalige, suspisieuse lotjie. En terwyl Shaw-hulle besig was om so goor met dié stand om te gaan, het hulle die rykes voorts beskryf as hardgebak, lui, onproduktief en essensieel onnosel.

Hierdie rykes, het Shaw beduie, waak oor hulle rykdom deur die arm stand die vermoë te ontneem om daarin te deel. Hulle het die armes ingekraal deur armoede, ellende en ‘n gebrek aan opvoeding. Die enigste nut wat die arm stand gehad het, was om te dien as perdekrag in die masjinerie van die kapitaliste se myne, meulens en fabrieke.

Armoede is egter nie die grootste onreg nie, volgens Shaw. Nee, die arm mens word baie dieper en langduriger gekrenk. Hy word in die suiwerste deel van sy wese aangetas omdat hy die vryheid van keuse ontneem word. Die mens wat nie die ruimte in sy omstandighede het om self te kies nie, retireer in die rigting van die minste emosionele weerstand en word so die uitvaagsel, die alkoholdeurdrenkte, ouerskapontkennende, pligontduikende, ambisielose sukkelaar.

Met die matelose arrogansie van idealiste wat nie verwag dat hulle idees getoets kan word nie, het die sosialiste nie net die skobbejakke in die verhaal geïdentifiseer nie, hulle was net so kordaat oortuig van die oplossing: Die regering moes ingryp, die rykdomme nasionaliseer en die armes ophef. Want dan sal die armes die vryheid van keuse hê. En as hulle eers vry is om te kies – soos die skone Eliza te midde van haar huweliksvraagstuk – sal hulle, reken Shaw, die rigtingwysers van hulle instink volg. Omdat hierdie instink in sy suiwere vorm een is wat die goeie, die gemeenskaplike en die opbouende verkies, sal die armes produktief en ingetoë word.

Instink en vryheid van keuse! Dit word Shaw se wonderresep vir ‘n gerehabiliteerde gemeenskap. Verander ‘n gemeenskap se omstandighede en gee hulle die vryheid om reg te kies, en hulle instink sal hulle reg lei.

Elke mens se instink is vasgestel en dit is net beperkings wat deur omstandighede op hom toegepas word wat ‘n mens daarteen sal laat neig. Dis nie die mens wat verander – of verander moet word nie – maar sy of haar omstandighede. In sy opstel is dit opvallend dat Shaw nie van Eliza se “transformasie” praat nie. Haar metamorfose is vir hom ‘n “transfigurasie.” Uiterlik het sy van vorm en stand verander maar in haar wese is sy maar nog net dieselfde Eliza; nuuskierig, ongeduldig, impulsief.

Hierin lê die grootste paradoks van Shaw, die denker. Hy toon geen agting en weinig begrip vir die gedagte dat die gemeenskap ‘n Lego-model is wat deur die blokkies van afsonderlike mense saamgestel is nie. Sy voorskrif vir die rehabilitasie van die enkeling is nie een wat hy aan die wyer mensdom uitreik nie. Shaw is ‘n prototipe voorstander van groot regering wat die gemeenskap se formaat en optrede tot in mikrobesonderheid bestuur.

As bejaarde is hy, na ‘n besoek daar, in vervoering oor Stalin se USSR van die 1930’s. Met die uitsondering van Mao se Sjina en Pol Pot se Kambodja, was hierdie die mees geknelde volk in die geskiedenis. Stalin, die kommunis, was gemoeid, nie met die oppervlakkige “transfigurasie” van die Russiese gemeenskap en die lede daarvan nie maar met die diepgrypende, volslae, onomkeerbare transformasie daarvan. Maar dié ironie het verby die man wat gepleit het vir vryheid van keuse vir die armer stand, gegaan. As daar ooit ‘n stand was wat geen snars van keusevryheid gehad het nie, was dit die Sowjet-Unieburger onder Stalin. Shaw sou ongetwyfeld magma-agtig uitgebars het indien enige iemand sou voorstel die regering moes in Pygmalion ingryp om Eliza te dwing om met Higgins te trou. Só ‘n gedwonge integrasie sou hy nie geduld het nie. Maar hy vryf sy hande, grinnik goedkeurend as Stalin sy volksgenote verdruk, verarm, verhonger en vermoor om hulle te dwing om nie te transfigureer nie, maar om te transformeer.

En hier los ons vir George Bernard Shaw, sy Pygmalion, sy persoonlike frustrasies en filosofieë. Ons sien hom vir altyd uitgespalk tussen die wilde perdekrag van twee uiteenlopende ideestelsels: Persoonlike vryheid en die kinderlike geloof in regeringsingryping in die lewens van gewone mense. Henry Higgins kon sy bene uitstrek, sy kop agteroor teen die gemakstoelleuning rus en vir die getransfigureerde, ontransformeerbare Eliza vir sy pantoffels vra.

Vir Shaw, in ons gedagtes, sal daar nooit sulke rus wees nie.


As dit geskiedenis was wat Frederick Fourie wou maak – en dit was – het hy reg besluit toe hy as jong akademikus, een van die blinkste jong ekonome van sy geslag – wêreldwyd – ’n pos by die Universiteit van die Vrystaat aanvaar het. Benewens die ooglopende verskille tussen Henry Higgins, die vroeg-20ste-eeuse, fiktiewe fonetikus en Fourie, die vroeg-21ste-eeuse vlees-en-bloed jong, ekonoom, is daar ‘n sentrale ooreenkoms: Albei het ’n obsessie met die transformasie van ander ontwikkel. Henry Higgins was onwrikbaar in sy hubris dat hy beter as Eliza Doolittle geweet het wat goed is vir haar. Frederick Fourie was ewe oortuig dat hy geweet het wat tot die besondere voordeel van sy studente – en die gemeenskap in geheel – is.

Die jong Frederick kon ‘n pos op die ekonomiefakulteit van enige universiteit in die Engels- of Afrikaans-sprekende wêreld gevul het – dis hoe briljant hy is. Maar hy’t geweet dat geskiedenis nie in die Klimopplantliga nie, maar in die platteland gemaak word. Die burgerregrewolusie het ‘n studentemomentum in plekke soos Montgomery, Alabama, gekry en nie die statige, wêreldberoemde Harvard (waar Fourie sy doktorsgraad aan die verhewe Besigheidskool behaal het) nie.

Harvard kan boonop tussen die beste kandidate in die vrye wêreld kies, en in die tagtigerjare het niemand op 29 daar ‘n hoogleraar geword nie. En Fourie was haastig; haastig om nie net sy akker as akademikus te skoffel nie. Transformasie was wat in sy kop aangegaan het, ‘n sielsbranding om nie net ‘n aandeel in die omkeer van die land te hê nie, maar om in sy omgewing van keuse ‘n leiersrol daarin te speel. Op 29 word hy professor in ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Hierdie was die begin van ‘n loopbaan besaai met akademiese sterrestof. Hy het weldra sy platform as een van die vername denkers in ekonomie in die Suid-Afrika van die Nasionale Party opgerig, ‘n dosent wat sy studente nie net in die formules en esoterika van makro-ekonomiese filosofie ingelyf het nie, maar wat hulle aangemoedig en toegerus het om daardie eiesoortige en gewaardeerde eienskap – die vermoë tot selfstandige, kritiese denke – te ontwikkel.

Die kweekhuis van hierdie vermoëns was in daardie tyd vinnig besig om te ontwikkel as die besbewaarde akademiese geheim in Suid-Afrika. Die Universiteit van die Vrystaat – of sommer “Kovsies” – is as ‘n produk van die gasheerstad daarvan gesien, en onder oningeligtes was Bloemfontein ‘n geïsoleerde, akademies verstokte, sosiaal ingeteelde buitepos gesien. Dit was… platteland, nie innemend platteland soos Stellenbosch of selfs Potchefstroom nie, maar plat, beige, verbeeldinglose gramadoelas, of eintlik nie eers gramadoelas nie, want dít impliseer woestheid en chaos en dít kan ook ‘n bekoring hê, nee, hierdie was so beige en bakenloos soos die Karoo self, ‘n onopvallende plek vol onopvallende mense en nie in staat om enige vars denke te inspireer nie.

Vir die geïnisieerdes was Bloemfontein iets baie meer substansieel, ingerig met baie meer akademiese energie. Bloemfontein – en derhalwe Kovsies – wás nog altyd afgesonder, maar nie nadelig so nie. Stad en universiteit het eerder daarby gebaat om verskans te wees teen die politieke aktivisme van ander, meer metropolitaanse instellings. Hierdie was onbeweeglik Nasionale Party-hartland, en gelate daarin. Tog was die akademiese stuwing daarin nie blote stertjie gespeel agter ander, hoër aangeskrewe akademiese sentra aan nie. En onder die visionêre rektorskap van Wynand Mouton was daar vervarsing, ‘n akademiese en institusionele energie.

Dit was nie vreemd dat die universiteit – plattelands soos dit is – ‘n gesagsryke landboufakulteit opgebou het nie, maar die universiteit het ook ‘n voerband geword van gehalte medici, musikoloë, regsgeleerdes en teoloë.

Ook in die ekonomiefakulteit, beman deur onverskrokke skrywers en denkers, die jong Frederick Fourie een van hulle, was daar ‘n groeiende meesterskap van die dissipline. Dit het saamgeval met die toenemende betreding van die vryemark deur die Afrikaner in die laaste kwart van die vorige eeu. Kovsies het ‘n belangrike bron van vakkenners in die formele ekonomie geword.

Die ander blanke universiteite het steeds in ‘n effens neerhalende houding teenoor Kovsies gehad, maar daar was ander oë, afgunstige oë, wat uit die periferie na die instelling geloer het. Die Nasionale Party se beste afsonderlike-ontwikkelingspogings ten spyt, kon swart universiteit nooit daarin slaag om hulleself as volwaardige akademiese instellings te vestig nie. As daar ‘n sleutel was om ‘n universiteit wat hoofsaaklik deur swart administrateurs en swart vakkundiges beman is en uitsluitlik deur swart studente bygewoon is, te ontwikkel, is dit net nooit gevind nie. As Kovsies ‘n gewas was wat in Bloemfonteinse turf gegroei het, was swart universiteite spruite wat die vrug gedra het van die vasteland waarin hulle geplant was. Intellektuele laksheid onder dosente, die nukkerigheid van studente wat ingeskryf was maar nie wou studeer nie, en die onvermydelike Afrika-styl verval was die kenmerke van hierdie kampusse.

Die universiteit van Qwa-Qwa in Puthditjhaba was een van hulle. Van die oomblik wat die linte gesny, die toesprake gemaak en die sleutels oorhandig is, het die siersteenkampus in die rantjies begin verval. Die akademiese vlammetjie het van meet af flou gebrand en van daar af net gekwyn. Hierdie was nooit – en is steeds nie – ‘n instelling wat gegradueerdes van enige gehalte aan ‘n gretige beroepsmark sou verskaf nie. Dis ‘n Afrika-universiteit soos iets wat in Kampala of Harare of Windhoek gevind kan word. So anders as die polsende, uitdagende, veeleisende vakluifabriek ‘n skrale vier ure se ry om Lesotho daarvan af.


Vir idealistiese swart leerlinge het Kovsies iewers op die horison as ‘n soort Camelot vol toekomsbelofte geglinster. Met die afskaffing van die groepsgebiede- en ander apartheidswette, kon ‘n swart leerling, met die nodige hoë universiteitvrystellingspunte, ‘n werkende begrip van Afrikaans, ‘n stewige werksywer en onblusbare ambisie aan Kovsies gaan studeer. Vir die paar wat skrander genoeg en vasberade genoeg was, het dit die Heilige Graal van geleenthede verteenwoordig: Om deur blanke dosente aan ‘n blanke universiteit onderrig te word.

Dit is onwaarskynlik dat Frederick Fourie so lank by die eksklusiewe en afgesonderde universiteit sou gebly het. Die horisonne was net nie breed genoeg om hom en sy rusteloosheid te bevat nie. Maar toe swiep die winde van veranderinge oor Suid-Afrika en begin ook loei om die hoeke van Kovsies, die bastion van Afrikanerskap. Hier, uiteindelik, was die geleentheid om sy plek in geskiedenis in te rig.

Dit was natuurlik onmoontlik dat die land se skielike transformasie onder swart beheer nie in die universiteite gereflekteer sou word nie. Die idee dat daar ‘n hoeveelheid, selfs één, universiteit vir Afrikaners gereserveer sou word, is met mening verwerp. Daar sal swart universiteite wees en daar sal gemengde universiteite wees.

Liberaliste, en Frederick Fourie is onteenseglik een, nog eufories na die ANK-oorname, het hierdie as ‘n eenvoudige, ‘n natuurlike, proses gesien. Dit was die begin van die Tydperk van Transformasie, en transformasie, in die liberale denke, beteken noodwendig integrasie. Nie net sou die universiteite desegregasie ondergaan nie, studente sou saam leer, saamspeel, saambly… En dit sou so maklik wees, nou dat die kunsmatige, apartheidsontwerpte grense tussen rasse verwyder is.

Almal – wel, elke liberalis – weet tog dat saamwees die natuurlike stand van die mens is. Mense is gemaak om bymekaar te wees. Afsonderlikheid – segregasie! – is onnatuurlik, ‘n mensgemaakte euwel waarteen die mens van nature gekant was. Dit was net met doringdraad en uitgebreide wetgewing – as jy al die apartheidswette op mekaar sou stapel sou dit dié kamer van daardie muur tot teen daardie muur, van vloer tot plafon gevul het – en met pantserkarre en rookgranate en sambokke en polisiehonde wat die rasse verhoed is om te integreer. Maar apartheid is nou net ‘n sooibrandepisode in die geskiedenis. Daar ís geen apartheid meer nie.

Dis asof Madiba self gekom het en die doringdraadheining tussen die rasse gepak het, so aan die hoekpaal gegryp het en eenvoudig daarmee weggemarsjeer het sodat die pale, droppers, doringdraadvlegsels as’t ware uit die grond gevlieg het. En nou ís daar geen wetgewende skeiding tussen mense nie.

Op die Kovsie-kampus wag die liberale administrasie toe dat die rasse, in ‘n ekstatiese ontploffing – ‘n ware ontploffing! – van nuutgemunte vryheid net sou… saamkom, dronk van vreugde dat die natuur nou net sy gang sou gaan. Daar sou nie meer hierdie versmorende, strakke skeiding wees nie; nie meer wit en swart skole nie, nie meer wit en swart woongebiede nie, nie meer wit en swart universiteite nie. Suid-Afrika sou ophou om soos ‘n kil, onnatuurlike skaakbord te lyk, met ‘n duidelik-afgetrekte wit blok langs ‘n skerpomlynde swart blok. Die hele bord sou ‘n nuwe kleur kry – nie wit nie en nie swart nie maar daardie hemelse vaal – wit en swart gemeng – daardie vaal wat die liberalis geglo het kan net in ‘n anderwêreldse Elysium bestaan. Weg met rigiditeit! Weg met onnatuurlike versperrings tussen mense. Weg met swart blokke en wit blokke. Weg met wit en swart universiteite.

Dit gaan oor nasiebou, gaan dit nie? En vir ‘n nasie om gebou te word moet daar Transformasie wees. En Transformasie vereis Integrasie. Hierdie integrasie is veral nodig waar segregasie op sy hewigste was en Kovsies was niks anders as ‘n bastion van afsonderlikheid nie. Maar hoe stoer ook al, niks sou makliker as transformasie, volledig met integrasie, wees nie:

Skryf eenvoudig etlike duisende swart studente in, staan terug en kyk hoe seepglad hierdie wonderlike proses – gestimuleer deur niks meer as die natuur nie – sommer net gebeur.

O hulle kon dit sien!, sien in hulle koppe. Wit studente en swart studente wat mekaar ontdek! Wat nie genoeg van die rykdom van mekaar se kulture – dis wat hulle dit deurgaans genoem het: Die rykdom van mekaar se kulture – kon kry nie. Vriendskappe sou wit-met-swart blom, romanses ook… Studiegroepies sou saamgesmelt wees, bestaande uit nie wit of swart of wit én swart nie – maar bloot uit mense wat almal dit erns het met akademie.


En in die koshuise! Vreugdevreugdevreugde… ‘n Hoër lojaliteit sou ontstaan as die alewige ras of kultuur. Hier is ons nie wit of swart nie. Hier is ons Karee-manne. Hier is ons Reitz-manne.

So skryf hulle toe etlike duisend swart studente in en staan weg vir die onafwendbare proses, die natuurlike proses van integrasie om plaas te vind. Hulle wag vir daardie sja-ZAMM! oomblik, jy weet. Jy gooi al die onderskeibare bestanddele saam – wit en swart, soos wit en swart dolosse – in ‘n leerboepenssakkie, skud dit, gooi dit uit op die grond, staan weg en sja-ZAMM! die wit en swart word verswelg in ‘n wolk van blitsende energie en wanneer dit verdwyn is daar nie meer wit of swart nie. Net die hemelse vaal.

Die liberale administrateurs bring toe die duisende wit en duisende swart studente bymekaar en staan weg. Sja-ZAMM! Dis soos toordery, soos een of ander okkultiese alchemistiese uitwerking want in een oomblik toe is al die wit studente dié kant en al die swart studente aan die anderkant. En doen wat die administrateurs wil, wit en swart verseg om vaal te word. Dit is heeltyd dieselfde. Oral waar jy kyk sien jy wit en swart in groepies, maar nie in wit-én-swart groepies nie; wel in wit groepies op hulle eie en swart groepies op húlle eie. Die natuurlike proses van integrasie was ‘n volslae misoes. Dis asof die natuur self dwarstrekkerig geword het, wispelturig en onbeskof.

En selfs goeddeurdagte maatreëls deur die administrasie het nie net nié gewerk nie – dit het as’t ware in die administrateurs, die beplanners, die ideoloë se gesigte ontplof. Soos die reëlings met die klasse. Natúúrlik het hulle die taalbeleid verander. Kovsies was na alles ‘n tradisioneel Afrikaanse universiteit. En hoeveel swart studente sou bereid gewees het om klas te draf in Die Taal? Nie veel nie, was die ooglopende antwoord. So toe word klasse in Engels ook aangebied. En hier –sjaZAMM! – skeiding. Swart studente ontvang hulle lesings in Engels en die blankes hulle s’n in Afrikaans.

Van saamwoon in koshuise is daar nie sprake nie. Die administrasie het – soos hulle daaroor gedink het – die heel natuurlike, liberale maatreël getref om die rasse behoorlik te skommel en toe by koshuise in te deel. Van daar af was dit oorlog, rasse-oorlog, wat met groot entoesiasme geveg is, totdat die studente volgens hulle eie protokol die koshuise tussen die rasse opgedeel het. Die swartes bly in koshuise met nuwe name soos Villa Bravado en Tswelopele. Die wittes bly in plekke met name soos Karee, Roosmaryn, Armentum en Reitz.

In 1998 is die Kovsie-rasse-oorlog verby. Die pragmatiese rektor, Stef Coetzee, het kort daarna, by ‘n dinee, vertroulik teenoor kollegas gebieg:

“Hoe het ons vrede bewerkstellig? Maklik. Ons het laat die studente self besluit.”

Die liberale administrateurs, vir wie vrede ‘n ideaal ondergeskik aan integrasie is, is laag en hard getref deur hierdie terugslag en het die oplossing onverpoosd in deurtrapsessies herkou. Uiteindelik het hulle besluit die natuur moet net ruimte, ‘n bietjie tyd, gegun word om haar werk te doen, om die onvermydelike te vermag. En dan – miskien nou nie sja-ZAMM nie maar uiteindelik – net waar jy kyk, wit-en-swart boesemvriende, wit-en-swart studiegroepe, wit-en-swart paartjies, sportspanne, koshuise… Net ‘n tydjie en die Afrikaner-studente sal die klewerige suspisies en hulle ingeteelde afkeure ontgroei. Want een ding wat die administrasie vas geglo het, so vas as wat hulle in die inherente goedheid van die mens glo, is dat die wantransformasie op Kovsies die Afrikaner-student se skuld was. Maar gee net tyd. Wanneer hulle eers, vry van hulle huise se vooroordeel en vry van die vrees wat Apartheid in hulle ingepers het, sien hoe vry en los en uitbundig en warm swart studente is, sal hulle Transformasie aangryp en met die ywer van die nuwe bekeerling toepas. Gee net tyd. Tyd en opvoeding.

So, toe gee die administrateurs die studente tyd. Maar hulle gee nie net tyd nie, hulle preek die vreugdes van Transformasie by elke geleentheid. Hulle sê dosente aan om dit in hulle lesings in te werk. Met byeenkomste en openinge en geleenthede, hef die universiteitspersoneel verkondig hulle die lof van Transformasie.


Transformeer, transformeer, transformeer my seun, my dogter, en die aarde is joune en die volheid daarvan.

Die geleentheid om te studeer en in koshuise tussen mense van hulle eie kultuur te leef, was transformasie genoeg vir die studente. Die volgehoue opvoeding in die reëls en sub-reëls van diversiteit en versmelting het geen noemenswaardige uitwerking op hulle gehad nie. Swart studente het in swart koshuise gewoon en hulle klasse in Engels gedraf. Wit studente het in wit koshuise gewoon en hulle lesings in Afrikaans ontvang.

Ideale transformasie-oplossing of nie, daar was vrede op die kampus, soveel so dat Kovsies in daardie tyd onnutsig gekug het oor die Taal-oproer op ‘n kampus soos Maties en hulle benadering as ‘n voorbeeld vir die Stellenbossers aangebied het om te volg. In die skemer van sy ampstermyn het Nelson Mandela die universiteit as ‘n model van transformasie aangeprys.

Hierdie tydperk, die Era van die Ongemaklike Vrede, het ook ‘n wending gebring in die beroepslewe van Frederick Fourie, wat toenemend uit die klaskamer geseties het in die magsgange van die administrasie in. Sy vroeë loopbaan in administrasie het niks gedoen om die glans van sy prestasies te laat taan nie.

In die middelpunt van sy vroeë loopbaan as administrateur is ‘n knap bestuursveldtog wat allerweë as “Die Omdraaistrategie” bekend staan, geloods. Die Kovsies van die laat negentigs het gekraak om die vloed nuwe studente te akkommodeer en die krisis is in die balansstate gereflekteer. ‘n Span is saamgestel om die universiteit finansieel te restoureer. Frederick Fourie word as die werklike versiende beplanner en sweepklapper in hierdie poging gesien. Deur versigtige beplanning en doelgetroue toepassing is kostes besnoei, universiteitsorgane gekonsolideer en nuwe inkomstebronne ontgin. Die projek was ‘n glinsterende sukses en het gesorg vir ‘n paar gloeiende paragrawe in Fourie se CV.

In 1999 word hy vise-rektor en dis die tyd van wag, van sy kans af wag. Die waarheid is dat Frederick Fourie nooit hart en siel in die pragmatiese skietstilstand tussen die rasse op die kampus geglo het nie. Hierdie was nie ‘n volledige omwenteling nie; nie ‘n voltooide proses nie. Daar was onbeklinkte besigheid. Want in wese was hy nog altyd ‘n transformeerder, ‘n pelgrim op reis en met innige geloof in ‘n staat van nie-rassigheid, ‘n aanbidder wat neurie in die Tempel van Transformasie. Hierdie groot gemeenskapsommeswaai het hy gesien as ‘n toestand waar geen ras ‘n ander sou domineer nie. Hy het eerlikwaar, onwrikbaar, geglo in die ideaal van multi-kulturalisme. En wat hy op die Kovsie-kampus gesien het – wit eenkant, swart anderkant – was allermins dit. Dit het vir hom soos ‘n slenter gevoel, ‘n skuiwergat waardeur die administrasie hulle verantwoordelikheid kon ontduik.

Sy politiese instink was fyn genoeg gestel om te weet dat die regering boonop nie onbepaald deur die maatreëls op die kampus tevrede gehou kon word nie. Vrede en transformasie sonder integrasie sou nooit genoeg wees nie. Die regering, veral toe Mandela weggesyfer het uit die regering en die openbare oog uit om deur die kil Thabo Mbeki opgevolg te word, het toenemend vanuit die hoogte gebrom. Transformasie is nie afgehandel voordat daar integrasie is nie, en met integrasie word bedoel dat daar nie een staatskoshuis sal wees waarin net blankes woon nie. (‘n Eksklusiewe swart koshuis is integrasie genoeg.)

Frederick Fourie was ‘n ridder wat sy kruistog ontdek het: Die Finale Transformasie en Integrasie van die Universiteit van die Vrystaat. In 2003, na ‘n inisiasie as waarnemend in die rol, word hy die rektor. Hy sou dit vir vyf jaar wees voordat sy ampstermyn stompaf kortgeknip is. Dit sou die mees skouspelagtige verrysenis van enige rektor in die publieke oog wees, en ook die mees verpletterende val en mees beskeie onttrekking.

Die Verrysing en Val van Frederick Fourie is ‘n parabool wat in die pers afgetrek is deur twee onderhoude wat hy met Rapport se Hanlie Retief gevoer het. Die eerste onderhoud het in Rapport verskyn op die 1ste Maart 2003, net nadat hy die septer opgeneem het, en die tweede, presies vyf jaar later, net voordat hy in die politieke nag van ‘n sabbatsjaar wat uitgebrei sou word na sy aftrede, weggesluip het. In die eerste is hy besig om uit te styg na nuwe hoogtes; in die tweede is sy loopbaan ‘n vlammende tuig wat ongekende dieptes inpeil.

Die beeld uit die eerste onderhoud is van ‘n man wat weet hoe om sy verskyning te maak. Sy verskeidenheid gedaantes, veral die paradoksale daarin, word beklemtoon. Hy is die briljante akademikus, die voortreflike ekonoom en administrateur, die tjellis in die simfonieorkes… maar hy is ook die toermotorfietsryer in sy leerpak; ‘n onortodokse Riccardo Semmler-tipe bestuurder, alleenloper, rebel, vraesteller. Hy is intelligent, sensitief, sielvol, maar ook reguit, uitdagend, onkonvensioneel… hy is dit alles, maar Frederick Fourie is nie beskeie nie.

Hierdie is ‘n man wat daarvan hou om in beheer te wees, die dirigent eerder as die instrumentalis. Hy vertel hoe hy grense versit, ‘n bouer is… en oral waar hy kom “verander ek dinge.” Hierdie is die taal van die Transformeerder.

Maar die subteks, nou deur die lense van terugskouing gelees, vertel ook van ‘n man met ‘n behoefte aan aanvaarding, iemand wat bereid is om die pot te roer solank die pap nie op sy hande spat nie; wat sal verstoot en dan benoud sal wees dat hy verwerp sal word. Hierin, sekerlik, lê die swakheid van die held – die messiaanse versugting, of is dit aanmatiging? – om alles vir almal te wees.


Frederick Fourie het nog net altyd met alles wat hy aangepak het, geslaag, en ‘n mens ontleed net jou swakhede wanneer jy misluk. Vir hom sou hierdie kosbare eiekennis te laat kom.

Teen die tyd van sy aanstelling het hy reeds geweet dat die Endlösung van Transformasie sy mandaat van die regering sou wees. Daar is nie te subtiel nie gedreig dat Kovsies sál integreer, of die hand op die regeringsubsidiekraan sou ‘n kramp ontwikkel. Daar was baie op die spel, maar Frederick Fourie het nooit eers mislukking oorweeg nie.

Laat daar Transformasie wees! En let daarop dat hy nie blote transfigurasie – soos Eliza Doolittle s’n – in gedagte gehad het nie. Dít was reeds ‘n afgehandelde proses. Die Nuwe Getransfigureerde Swarte was die hele kampus vol, oorgetrek en toegeknoop en ingesluiter in oorgroot yshokkietruie of stywe T-hemde met logo’s van hulle nuwe lojaliteite daarop, en in die alomteenwoordigende handelsmerk-jeans, die hardloopskoene met die dik gegote sole wat aan gestolde malvalekkers herinner, en agter die Police-donkerbrille, onder die agterstevoor pette, selfoon in die hand, duime wat tekskodes op die toetsbordjies uitroffel. En hulle het die houding gehad, daardie studentepostuur wat ossilleer tussen nors en histeries, tussen verspotheid en koel alwetendheid.

Ja, die swart studente was getransfigureer en het, sover Billabong, Nike en Nokia dit kan doen, soos wit studente gelyk. Maar hulle het so op hulle eie gelyk want, behalwe vir die geleenthede waar kampusformaliteite die rasse in gedwonge bonhomie saamgekraal het, was die getransfigureerde swart studente eenkant, op hulle eie, en die wit studente aan die ander kant op hulle eie.

En dit kon nie wees op die kampus van Frederick Fourie nie.

Hy het voorwaar vir baie kans gesien, want van meet af is hy verstrengel in daardie twee uiteenlopende magte wat so gerem het aan George Bernard Shaw: Die idee van die vrye menslike wil, en die geloof in owerheidsinmenging om die mens vry te maak. Die oorheersing van een ras oor ‘n ander – wit oor swart of swart oor wit – sou vir hom in sy eie gevorderde vraestel ‘n plukpunt beteken het.

Nee, hy wat Frederick Fourie is sóú die universiteit transformeer, en die soutsuurtoets vir transformasie sou die integrasie van die koshuise wees. Wat meer is, na die proses sou die rasse besef het dat dit is hoe hulle dit wíl hê. Hulle sou teen hulle wil gerangeer word, maar hulle vrye wil sou behoue bly. Hy het dit regtig geglo.

Frederick Fourie was van plan om ‘n omelet te bak sonder om die eiers te breek.

Dit was presies wat Stalin se sosialiste se oogmerk was, en waarvoor Shaw hulle so bewonder het. Húlle het geheime polisie, strafkampe, tronke, doringdraad, mure en wolfhonde gehad om dit mee te bereik. Tot Frederick Fourie se beskikking was…

… die Gesprek.

Dis reg. Frederick Fourie en sy administrasie sou doen wat millennia se sosiale wetenskap nie kon regkry nie en wat moderne neuro-wetenskap sê onmoontlik is: Hulle sou ‘n hele gemeenskap vat en die bedrading van hulle almal se breine herlei. En dit met die Gesprek, deur eenvoudig met mekaar te praat.

“Die geheim van dié kampus se sukses, vertel hy, is eenvoudig: hulle praat met mekaar. Nagte om. Skeidsmure is afgebreek, ‘n gemeenskaplike basis geskep vir township-ouens én boerseuns.” (Komende uit Hanlie Retief se eerste onderhoud met hom.)

Dis toe hy nog daardie heerlike, onskuldige vertroue in die liberale idee gehad het dat hoe beter mense uit diverse rasse mekaar se kulture leer ken, hoe gretiger sal hulle wees om tussen mekaar te leer en te woon.


Frederick Fourie se Quijotiese kruistog in diens van die liberale Heilige Graal – integrasie – is vol van daardie verbysterende maar fassinerende liberale paradokse. ‘n Skrander akademikus, met laserskerp analitiese vermoëns, word oornag omgekook na ‘n formuleprewelende, onhandige, struikelende liberalistiese sosiale aktivis.

Die verstommendste van alles is die liberaliste se onvermoë om die noodsaak van integrasie te verduidelik. In sy tweede Hanlie-Retief-onderhoud prewel Fourie onsamehangend daaroor: “Dis in belang van hul lewens en loopbane om gemaklik te wees met swart mense, om pêlle van hulle te maak, om met hulle te netwerk. Wat help dit om jou kind groot te maak om in Orania te gaan bly?”

Hiermee trek hy met die grootste stompsigtigheid ‘n streep deur amper vier eeue se Afrikaner-ervaring met swartmense. Dit is die perpetuering van nóg ‘n stokkerige liberale mite: Dat Afrikaners niks van swartmense en hulle kultuur weet nie. Daarom aanvaar die linkses dat Afrikaners nie die vermoë het om saam met swartes te werk nie. Die ironie is dat hierdie Boerseuns is van wie hy praat, wat van doeketyd af saam met swartmense groot geword het, wat klonkies vir plaaskamerade gehad het, wat saam met hulle op die lande geswoeg het en – les bes – hulle taal kan praat…

Nee, Afrikaners het ‘n instinktiewe manier en gemaklikheid om saam met swartmense te werk. Die onvermoë wat hulle het, is om na werk ‘n blyplek met hulle te deel.

Fourie het duidelik dieselfde onvermoë. Sy transformasiestrategie is nie vanuit ‘n HOP-huisie in Mangaung geloods nie. Sy tuiste was in ‘n onbeskroomde blanke spogdeel van Bloemfontein. Dis hier waar hy sit en Richard Strauss luister in ‘n afgesonderde studeerkamer in ‘n huis met ‘n badkamer vir bykans elke inwoner terwyl hy die mening formuleer dat ‘n koshuis openbare gebied is en die koshuislid se enigste privaatheid agter die vyftig millimeter hout van sy kamerdeur is. Frederick Fourie, getrou aan die Eerste Reël van Transformasie, is nie daar om self te verander nie, maar om toe te sien dat ander aanpas.

Hierdie studeerkamer sal vir hom toenemend ‘n veilige spelonk word wanneer hy vlug van die oerwoud wat die kampus geword het. Want, die waarheid is, anders as sy omdraaistrategie vir die kampusfinansies, het sy transformasiepogings van meet af vasgeval. Vir die eerste keer in sy lewe het hy getas vir ‘n oplossing, ‘n maatreël, ‘n skuif wat die weerstand tot transformasie sou laat verdroog en wegwaai, maar elke keer vat hy mis.

Die blanke studente is nie net ongemaklik oor die idee van integrasie nie, hulle is onthuts daaroor. En boonop het hulle begin om hulle weerstand te koördineer. Doen wat hy wil, praat soos hy wil, die rektor kan hulle net nie beweeg om, anders as hy, leefruimte met swart studente te deel nie.

Goed en wel, alles te verwagte, maar toe word hy geskok met dieselfde afsku in integrasie – afkomstig van die swárt studente.

Boonop het partypolitiek nes geskop op die kampus en ‘n swerm veglustige roofvoëls gebaar. Die swart studente het saamgeswerm onder die vaandel van SASCO en die blankes het gehoor gegee aan die basuin van die VF+.

Dis skielik of die hoogleraar, die man wat alles om hom verander, die briljante ekonoom, sy tydsberekening verloor het. Voorheen het alles waaraan hy geraak het, in goud verander. Nou het dit in muisvalle verander. Elke keer as hy sy hand uitsteek om iets te beweeg, is dit asof hy ‘n muisval afstel. Dit klap, kletter en knal om hom.

In die beste liberale tradisie het hy van die Groot Gebaar gemoduleer na die Oproep tot Redelikheid tot die Ingrype uit die Hoogte in die individuele student se lewe.

Dis asof ‘n mens die twee spoke van George Bernard Shaw kon sien toutrek vir sy siel. Dis Vrye Keuse teen Sentrale Ingryping. En wanneer ‘n maatskaplike transformeerder se pogings in suigsand geklem word, soek hy ‘n sintese tussen dié twee uiteenlopende ideale. Die bevolking, begin hy redeneer, kan net vry wees om te kies as die owerheid hulle elke besluit vir hulle neem.


Vyf jaar in die loop van sy kruistog af, is Frederick Fourie se administratiewe loopbaan in chaos. Praat, praat, praat, het niks gehelp nie. Gestrenge maatreëls is afgekondig. Kwotas is afgekondig: ‘n Persentasie van elke koshuis se kamers sal gereserveer word vir ander rasse. Gevolg: Daardie persentasie beddens bly onbeset. Wit en swart meng eenvoudig nie.

Arme professor Fourie! Arme professor Fourie! Dis die Afrikaanse pers wat soos Higgins se huispersoneel verbouereerd om die rektor van Kovsies neurie. Arme professor Fourie!

Teen die begin van 2008 was Frederick Fourie ‘n dowwe afbeelding van die flambojante, arrogante diepspoortrapper wat vyf jaar tevore met ‘n Basoetoekombers oor sy skoot op die verhoog gesit en luister het na die lofsange tydens sy inhuldiging as rektor. Sy leiersblus was uit. Dis nie soseer dat sy beste pogings, gestu deur sy beste bedoelings, deur ‘n party verwerp is nie – dis dat ál die partye (wit en swart) sy leiershand weggeklap het. Hy het misluk, dis al, en nou was daar net die wag wat oorbly, die wag dat die onvermydelike golf van sy mislukking oor hom en die Kovsie-kampus sou spoel.

En toe – Deus ex Machina – die Reitz-video.

Die bekendmaking van ‘n ironiese, komiese video wat deur vier lede van die blanke Reitz Kamerwonings gemaak is, het vir die Groot Transformeerder ‘n reddingshalm gegee om aan te gryp. Die onvergenoegdheid en weerstand teen integrasie kon gedeflekteer word na die opkomende jong – blanke! – Woody Allens toe. Met onbetaamlike haas is die video gekyk, veroordeel en die makers daarvan sonder die gebruiklike ondersoek, of selfs ‘n eenvoudige gesprek met hulle, met die kampusbanvloek getref.

‘n Media vreetkoors het ontstaan en Frederick Fourie het die kans aangegryp. Sy Groot Transformasie-kruistog was gedoem en sou gedoem bly, maar hy het die kans gehad om bo alle twyfel sy liberale geloofskentekens te demonstreer. Hy het, soos enige linkse administrateur, agter die nuttigste van alle verskonings ingekoets: Dis alles die Afrikaner se skuld, dis alles die Afrikaner se skuld.

Maar as hy aanprysing vir sy sak-en-asvertonings in die openbaar verwag het, is hy gou geskok. Die god-uit-die-masjien het toe as demoon uitgedraai. Dis asof die lug om hom nou self uit muisvalle bestaan het. Klap! Kletter! Knal! Beweeg hy ‘n millimeter, klap dit hom raak; deins hy ‘n aks in die ander rigting, klap ‘n ander hom daar raak.

Uit regse kant is hy veroordeel oor die gelatenheid waarmee hy vier seuns aan ‘n kil lot kon uitlewer. Aan linkse kant is hy verguis omdat hy so misluk het in sy transformasiepoging dat vier wit seuns jou sweerlikwaar hulle reg op vryheid van spraak kon aanwend om presies wat hulle dink uit te druk.

Integrasie, word daar gesê, is die tydperk tussen wanneer die eerste swarte opdaag en die laaste blanke padgee. Seermaakwoorde dié, woorde wat hy so graag sou wou omstoot met sy Groot Transformasie. Maar hulle maak nou veral seer omdat hulle so waar is. Reitz se blankes is uitgeboender en eers sou ‘n “Instituut vir Diversiteit” daarin opgerig word. Tans word dit deur swartes bewoon.

Die rektor, na sy sabbatsjaar en daaropvolgende aftrede, is opgevolg deur ‘n bruin rektor wat ewe koel in ‘n boek vertel hoe hy Afrikaans wil vernietig…


En wat van die studente, daardie Eliza’s wat moet bulk – “Ieee-jaaaa-hoeee-AAAU!” – voor die mikrofoon? Die Afrikaners, eenvoudig genoeg, moes soos tsoenamislagoffers toekyk hoe hulle erfenis wegspoel. Die swart studente wat wel hard wou werk, ernstig wou studeer, wat ambisie gehad het – hoeveel daar van hulle ook al is – moes toesien hoe hulle hoop op ‘n hoëgehalte-opvoeding verwelk. Die Qwa-Qwa kampus is nie opgehef tot tradisionele Kovsie-standaard nie. Kovsies, in die mate wat die een die ander volg, het ‘n satellietkampus van Qwa-Qwa geword.

Frederick Fourie wou geskiedenis maak en geskiedenis maak, dié het hy. Hy sal altyd bekend staan as die rektor wat sy loopbaan gestrand het op die rotse van die onhaalbare. Die transfigurasie van ‘n universiteit – net soos Eliza Doolittle s’n – is moontlik. Dis maklik om ‘n swart universiteit van ‘n witte te maak. Maar rasse-integrasie is onmoontlik. Solank as wat die student enige vryheid het om te kies, sal hy tussen sy eie bly.

Frederick Fourie was die hamer waarmee ‘n vierkantige staalpen in ‘n ronde granietgat moes ingeslaan word. Dit kon nie gebeur nie en die hamer is in die poging vernietig.

Hanlie Retief wys vir ons in haar tweede onderhoud met hom ‘n gebroke man; een wat goedsmoeds aan die huil raak, wat verbysterd prewel oor die skokke wat hy nie verstaan nie, wat voel dat hy deur niks minder as natuurwette verraai is nie. Hy drink sy enkelmout-whiskey, luister na Der Rosenkavalier… So verdwyn hy van die politieke verhoog af, verpletter, verguis, verslae…

In sy mislukte poging het hy die Eerste Reël van die Transformeerder gebreek. Hy het self verander.

Die Transformasie van Frederick Fourie is afgehandel.

вихревой насос дляФильчаков прокуратура харьков

Feloftegees, ekskuus, Geloftefees sonder weerga

Pa Jan is lankal nie meer daar om gevra te kan word dat hy op sy Namakwalandse manier opklaar watter storie by watter storie bymekaar hoort nie. Toe Pa Jan ons ontval het was die uwe maar nog baie jonk en dan luister ‘n man mos nie altyd met die nodige aandag nie.

Om seker te maak niks word weggelaat nie, word alles maar bymekaar gehark en in een storie ingeklits.

Toe dominees Hofmeyr sy emeritaat neem en met mev. Dominees see toe versit, was dit eintlik vanselfsprekend dat oom Skjeuns Terblans die nuwe voorsitter van die Buskruitbultgeloftefeeskomitee sou word. Oom Skjeuns is immers die baas van die plaas Skuinskraal waar die Geloftefees elke jaar gehou word.

Alles gaan goed met die reëlings, maar om ‘n gerekende spreker te kry was nou nie al te maklik nie. Maar oom Dwerg Botha se vrou se suster is met ‘n proffie getroud, en ‘n proffie is ‘n proffie en hy moet deug.

So gebeur dit dat ‘n telegram gestuur word, en ‘n telegram terugkom, waarin prof. Josias de V. Koekemoer laat weet hy neem die uitnodiging met nederigheid aan, en sal die komitee hom oor die reis- en hotelreëlings inlig?

Die komitee is nogal uit die veld geslaan. Almal het aanvaar die prof en sy eggenote sal op eie stoom daar kom, en by die familie tuisgaan. Maar niemand weet wat die protokol eintlik is nie, want ou dominees het altoos die reëlings self getref.

Die uiteinde is die proffie kom met die trein, en dat plek vir hom in Buskruitbult se enigste hotel, die Grand Hotel, bespreek is.

“Verbeel jou, watter gerespekteerde mens loop bly nou in daai hotel? Dit raas tot laataand by die buiteverbruik, en daarna uit die kroeg… so het ek verneem. Ta’ Sarie se losieshuis is ‘n veel fatsoenliker plek.”

Toe die trein stoom-stoom Buskruitbult se stasie inkom, wag die hele Geloftefeeskomitee op die perron. Twee passasiers klim af – oom Piet de Necker wat by familie in die stad gaan kuier het, en die prof.

Die prof word ontvang soos ‘n president op staatsbesoek in die buiteland. Oom Piet, ‘n regte platjie en baie gewild, word ook gul gegroet maar dis al of die prof so veel as moontlik mense en afstand tussen hom en oom Piet wil inkry, tot oom Piet saam met tant Hettie daar weg is.

Elkeen stap met ‘n stuk bagasie in die hand, oor die straat na die Grand Hotel. Hier word gou ‘n teetjie saam met die prof in die lounge genuttig.

“Is julle nie bang om aan oom Piet se hand te vat nie?” wil die prof weet.

“Nou hoekom dan?” vra dr. Cornelissen.

“Ek weet min van siektes, maar dit klink my erg as iemand nou net uit die sanatorium kom waar hy vir aansteeklike cactoblastis behandel is.”

Op slag weet almal oom Piet wou seker die kompartement vir homself gehad het vir ‘n privaatheid, en dat hy toe die arme prof die vreeslike klomp bol wol in die kop in loop praat het.

Toe word die prof ‘n rustige nag toegewens, en die Geloftefeeskomitee verkas want daar is nou baie werk om gedoen te word.

Die portier besorg die prof en sy bagasie by sy kamer op die boonste verdieping en in die verste hoek van die kroeg af.

Bedagsame mense, dié Geloftefeeskomitee.

Die volgende dag, toe die Gelofftefeeskomitee die prof by die hotel gaan groet en na die saligheid van sy nagrus verneem, moes hulle tot hul ontsteltenis verneem die prof het dou voor dag uitgeboek, en is sommer so met die melktrein vort. Die portier brom iets van dringende familiesake, maar dit maak g’n niks sin nie, want as ‘n man dringend in die stad wou kom, wag ‘n man vir die Trans Karoo wat tienuur deur Buskruitbult ry, en la-a-a-a-nk voor die melktrein in die stad aankom.

Agterna het die storie wel stuk-stuk uitgekom, en toe alles aanmekaar gelas is, klink dit so:

Die proffie het hom in die basin gewas en tussen die lakens ingeskuif, toe hy skielik grootoog word. Daardie jare was ‘n en suite-badkamer ‘n rariteit, en nog te meer op Buskruitbult. Hy trek sy japon aan, en is gang op, en gang af op soek na die vertrek met die prentjie van die mannetjie op. Maar kry niks.

Dis toe dat hy die klokkie vir die portier lui, en toe dié dikbek opdaag (die proffie het gemeen die fooitjie vir die tasse dra is ook vir die Geloftefeeskomitee se rekening) toe is die portier nie links nie. Of dalk juis links, soos met vandag se politiek.

Dalk, vir al mens weet, nog verlangs aangetroude familie van oorle Dingaan ook nog, dié dat hy nie so ooghare vir die proffie het wat oor Bloedrivier kom praat nie. Dus help hy nie die proffie reg en wys hom die regte deur waar die mannetjie al vervloë afgeval, en niemand gebodder het om dit weer terug te sit nie. In hotelle met sulke reputasies is dit gewoonlik nie nodig nie, omdat almal mos sal onthou.

Maar die portier neem die proffie na die prof se kamer se venster, trek die gordyn effens oop en beduie na die gemakkie wat doer agter in die agterplaas tussen die kerkhof se sipresse skuins in die yl maanverligte nag sy staan gekry het.

Die proffie bedank die porier fooitjieloos, en staan lank na die gedoentejie doer in die agterplaas en tuur.

Toe besluit hy, dit moet maar vir ligdag wag.

Maar skaars het die prof die lakens opgetrek, of hy is weer grootoog, en kort daarna staan hy weer voor die venster.

Seker so met die vierde opslag, tref dit die prof hy gaan mos nie weer die sokkies wat hy die dag op die trein aangehad het weer tydens die ekskursie nodig kry nie, en hy kry ‘n briljante idee.

Kort hierna is die ligte in die kamer uit, en ‘n ruk later die venster opgeskuif, en eers een, en toe nog een, vlieg die kouse by die venster uit in ‘n kakiebosbegroeide bedding in.

En toe hét die prof heerlik geslaap, kon die portier die Geloftefeekomitee met ‘n skoon gewete inlig.

Wat hy versuim het om te vermeld, was dat die proffie die volgende oggend, toe die sonnetjie die kamer helder verlig begin warm bak, nie wakker geword het nie, maar hom wawyd wakker geskrik het. Die een kous, so sien hy dadelik, het ‘n gaatjie by die toon gehad en toe hy dit so in die rondte geslinger het om dit by die venster uit te lanseer, het dit gelol… so sien hy toe dadelik.

Hy smokkel die portier behoorlik die kamer in.

“Kyk, ek gee jou tien pond as jy dit silwerskoon was en vir niemand sê nie.”

Die portier se mond hang oop terwyl hy die nuwerwetse kunswerke teen die muur betrag.

“Mastah, ek gee vir mastah daai tien pond terug en nog tien pond as mastah vir my sê hoe mastah dit reggekry het.”

En dis glo net hier waar die proffie se dringende gesinsake aandag moes geniet.

Die Geloftefeeskomitee sit toe in die pekel. Buskruitbult kon nog nie ‘n nuwe dominees kry wat die beroep aanvaar nie, en vandat die skoolhoof by mev. Pretorius betrap is, sal hy g’n deug as hoofspreker by die Geloftefees nie.

“Oom Skjeuns sal moet instaan,” verklaar Brand van Schalkwyk, die ondervoorsitter en tesourier.

Hiermee het almal konsensus, ook oom Skjeuns wat besef daar is nie tyd vir dwars trek nie, en ook heimlik geëerd voel.

Vandag kry Buskruitbult en omstreke ‘n Geloftefees sonder weerga, besluit oom Skjeuns heimlik, min wetende dat hy profetiese denke had.

Knap voor die verrigtinge moes begin, tref die grootheid van die okkasie vir oom Skeuns. Die oop skuur is volgepak. Die gehoor sit op enige soort sitding wat hulle kon saambring, van riempiesstoele tot kombuisstoele. Ook die skousaal se opslaanstoele wat so ses-ses aanmekaar vas is wat oom Skjeuns geleen en aangery het, is volgepak van mense wat te min sitgoed vir die groot gesinne gebring het.

Buiteom is ‘n groot verskeidenheid treppies en ander rygoed getrek waarin en waarop mense sit vir wie daar nie in die “saal” plek was nie. Oom Skjeuns besef hy sal hard moet praat, en juis toe oorval ‘n benoudheid hom, en sy keel raak droog.

Oom Skjeuns sit om kombuis toe om ‘n watertjie te gaan haal, en kom juis net daar aan toe die bo-deur oopvlieg en die huishulp die skottelgoedwater uitskiet. Oom Skjeuns kry ‘n voltreffer. Hy staan nog bedremmeld toe tannie Skjeuns op hom afkom: “Nee Skjeuns, almal is so ernstig en jy maak nog grappies!”

Kort hierna kan oom Skjeuns egter droog aangetrek agter die baal wat as kateder dien instap.

“Broeders en susters, verleen my ‘n oomblik om namens my gesin u algar hier op Skjeunskraal te verwelkom.

“Namens die skoukomitee, net ‘n ernstige versoek vooraf. Die skoukomitee versoek dat u, as u aan die baklei sou raak, u tog nie die skoustoele moet gebruik om mekaar mee te moker soos wanneer ons Sap- en Natvergaderings hou nie. Die skoukomitee wys daarop dat die heel rye begin min raak.”

En toe val oom Skjeuns weg met ‘n Geloftefeesrede soos nog nie tevore op Buskruitbult of omstreke gehoor is nie.

Oom Skjeuns wy uit oor die volk se hoogtepunte, en laagtepunte deur die geskiedenis. Met elke hoogtepunt, spring oom Skjeuns so ‘n flink sprongetjie die lug in, en die gehoor se koppe knik na bo.

Met elke laagtepunt, sak oom Skjeuns so agter die baal weg, en bly ‘n rukkie daar.

Dan sit die gehoor eerbiedig met geboë hoofde.

Dis tog al so asof oom Skjeuns in die begin so ‘n bietjie senuagtig was, maar later is hy so driftig, hy klink soos die orakel homsigselwers.

Trouens, so geesdriftig – hoewel effe skeef die lug in – is ‘n hoogtepuntsprong, dat die gehoor besonder geesdriftig hul koppe die lug inruk, hul bolywe ruk eintlik agteroor.

Ook twee lywige tantes wat op ‘n treppie gesit het, ruk agteroor – en daar wip die disselboom gat oor kop!

Pa Jan vertel dit was te aardig – die ene niekerbokkers, toe rol die twee tantes deur die stof.

Niemand trek ‘n bek nie, en ‘n klomp jong manne draf nader, help die twee tantes op, stof af, tip die treppie weer reg, en pak ‘n paar swaar plaasimplemente op die disselboom, en die twee tantes kry weer hul sit.

Oom Skjeuns het intussen ‘n liederlike laagtepunt beleef, en die heel tyd agter die baal verkeer. Toe hy hervat, is sy spronge met heelwat minder veerkrag en al skuinser die lug in. Sy laagtepunte agter die baal is ook langer.

Toe bars ‘n jong man in die “saal” kliphard los: “Nou kan julle my skiet, maar nou gaan ek eers lag!”

Toe dawer dit, soos die mense wat die tantes se petalje kon sien, uitbars van die lag.

Oom Skjeuns beleef egter vir die duurte van die lagbui weer ‘n laagtepunt.

Toe sake weer stigtelik is, en oom Skjeuns meen om homself van agter die baal uit te lanseer, lanseer hy hom te skjeuns uit, en slaan lankuit op die stoor se vloer neer. En hy kom nie weer op nie.

‘n Ondersoek ter plaatse deur die lid vir Gesondheid van die Geloftefeeskomitee kondig aan: “Hy is flou, ek dink ons verdaag.” Dr. Cornelissen was nog nooit ‘n man vir lang vergaderings nie, en as hy ‘n kans soos hierdie kry om sake kort te knip, dan benut hy dit.

Een van die jong manne het agter die baal gaan ondersoek instel. In die somers neig giftige slange mos om in bale te gaan skuil, en as mens so raas, kan ‘n giftige slang mos heel befoeterd raak en naderhand iemand pik.

Sy graafwerk in die baal lewer egter ‘n heel ander buit.

“Kyk net hier!” brul hy. “Oom Skjeuns het met elke laagtepunt bietjie versterking kom neem!” en hy lig sy buit – ‘n amper leë brandewynbottel, omhoog.

дитячі іграшки інтернет-магазинДанильченко Юрий Брониславович компромат

Saambly en die Bybelse huwelik onder die loep

‘n Polemiek woed tans oor saambly. Van “die kerk” word verwag om standpunt in te neem. Beter gestel: van kerke soos die NGK word gevra om leiding te gee. Aangesien daar ‘n duisternis van kerke is, sal kerke se antwoorde radikaal verskil. So sal “inheemse kerke” en ook Europees-geïnspireerde kerke, soos die Mormone (die Kerk van Jesus Christus van die heiliges van die laaste dae) van Amerika, selfs ruimte bied vir een-man-en-vele-vroue.

In die kader van die Christendom is dit beter om van ‘n Bybelse karakter van die huwelik as van ‘n Christelike karakter van die huwelik te praat. Die probleem rondom die idee van ‘n Christelike huwelik is dat, sedert Konstantyn die Grote, die kerklike en staatlike huwelik saamgeval het. Dit is die moment toe die Christelike geloof die staatsgeloof van die Romeinse owerheid geword het.

Met die helenisering van die Christendom, onder die leiding van die kerkvaders, het die band met die Judaïsme vervlak, en het die staatlike huwelik eensklaps nou ook ‘n Christelike huwelik geword. Dit het beteken dat twee huweliksmaats net kan saambly as die staatlike huwelik in die kerk voltrek is. In wese trou ‘n predikant ‘n paartjie in die kerk kragtens ‘n sanksie wat die staat aan hom/haar verleen het. Die predikant is dus ‘n staatlike huweliksbevestiger, of staatsamptenaar vir die duurte van die seremonie.

Die Christendom is ‘n veel later ontwikkeling van die Messiaanse beweging van Jesus en van die Jerusalembeweging van Jakobus as die Christelike kerk. Jesus was ‘n Jood; het in die Sinagoge aanbid, en die Jesusbeweging was daarop bedag om die koninkryk van JHVH te laat kom. Die implikasie hiervan was die omverwerping van die Romeinse juk van onderdrukking. In wese is die Griekse Christendom wat van sy Joodse wortels vervreem is, ‘n nuwe godsdiens. Wie dus vanuit die ontstaanswortels van die Christendom na die huwelik kyk moet dus by die Eerste Testament begin.

Die eerste vorm van die Bybelse huwelik waarvan ons weet is die verbintenis van twee persone uit en kragtens twee families. Dus ‘n huwelik soortgelyk aan die moderne inheemse bantoehuweliksvorm. Die vrou se produktiewe vermoë tot gesinsvorming was die waarborg vir die konstante in en van die huwelik. By gebrek aan ‘n vermoë om kinders te hê moes die familie van die vrou in die huwelik ‘n alternatief bied. Kinders wat uit die plaasvervangende vrou gebore is, is geag die kinders van die onvermoënde vrou te wees. Hierdie is die leviraatsgebruik in huweliksverbindinge.

Onder die invloed van die humanistiese individualisme het die huwelik as verbintenis tussen twee families ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Eerstens word dit toe ‘n verbintenis tussen twee huweliksmaats. Toe het die huwelik ‘n twee-eenheidsgemeenskap van een man en een vrou geword. Daarmee het die familiekonteks van ‘n huwelik binne die raamwerk van twee families vervaag.

In nog ‘n later ontwikkeling van die humanisme is die huwelik ‘n verbintenis van twee persone. Dit kan twee mans of ook twee vroue wees.

Wat dus uitgekristalliseer het is die privaatregtelike karakter van die moderne huwelik as ‘n verbintenis van twee persone.

Nader omskryf: ‘n huwelik is ‘n spesiale samelewingstruktuur van twee persone wat onder die leiding van die liefde seksuele omgang en verkeer moontlik maak.

Hierdie verbintenis kan wees ‘n privaatregtelike kontrak tussen twee persone, hetsy in die staatlike sin, of heeltemal privaat of in die openbaar bevestig by wyse van ‘n godsdienstige aksie. Laasgenoemde kan getipeer word as privaatregtelike godsdienshuwelike.

In die Bybelse konteks kan die huwelik net ‘n verbintenis wees van een-man-en-een-vrou. Die kwalifikasie van een-man-en-een-vrou, of twee persone van teenoorgestelde geslagsidentiteite, korrespondeer met die skeppingsorde. Mans en vrouens se geslagorgane verskil van mekaar en die verkeer tussen man en vrou is gerig op gesinsformasie. Dus: trou en vermeerder.

In ‘n moderne staat moet die staatsregtelike karakter van die huwelik ook voorsiening maar vir privaatregtelike huwelike, by byvoorbeeld tradisionele gemeenskappe of godsdiensgroeperinge.

As formele saambly gepaard gaan met ‘n plegtige verbintenis tussen twee persone wat seksuele verkeer moontlik maak onder die leiding van die liefde, maar dan nog nie met ‘n staatsregtelike karakter nie, dan kan geen besware daarteen geopper woorde nie.

Wat “ortodokse” ouers vir hulle kinders moet sê is dat seksuele verkeer tussen twee mense in prinsipe ‘n huweliksband daarstel; ‘n huweliksband wat, as dit verbreek word, op egbreek neerkom.

слюнявчики для детей купитьДанильченко

Kosmopolitaanse fundamentalisme

Ek het wyle Chris Louw se laaste rubriek in die Beeld gelees. Louw se afsterwe is tragies en ek wonder hoeveel sy persoonlike wanhoop oor nie net sy persoonlike situasie nie, maar ook sy wanhoop oor die toekoms van die land, met sy selfmoord te make gehad het. (Wás dit selfmoord – waar kry hy ‘n AK-47, vra ek myself af?)

In sy laaste rubriek maak hy ‘n hele aantal geldige punte, maar hy skryf tog enkele dinge waarmee ek nie heeltemal saamstem nie, byvoorbeeld as hy die volgende sê: “Ek kan my kwalik voorstel dat ek wil gaan eet waar daar net Afrikaners is, amper soos Sondag se nagmaal by die Gereformeerde kerk op die loom Aranos van my jeug.” Voorts skryf hy “En daarby vind ek dit moeilik om my met wit rassiste – gewoonlik mense wat ’n volkstaat voorstaan – te identifiseer, bloot oor die stomme eenogigheid waaruit alle vooroordele spruit.”

Toe ek nog op skool was en afsonderlike ontwikkeling steeds amptelike beleid was, was daar tog enkele plekke wat “internasionaal” was. “Internasionaal” was ‘n eufemisme vir “veelrassig.” Van die restourante op die Jan Smutslughawe was veelrassig. So ook die restourant op die boonste verdieping van die Carltonsentrum in die middestad van Johannesburg, asook sekere plekke in Hillbrow. Mens kon ook by plekke soos Sun City in die voormalige tuislande vryelik met diegene van ander rasse meng.

Dit was vir ons wat in ‘n gesegregeerde samelewing grootgeword het, aanvanklik baie vreemd om te sien hoe sit swartes aan die tafel langs jou. Ek onthou hoe ek my verstom het aan die tafelmaniere by ‘n eetplek in die vroeë dae van Sun City, maar dit was tog op ‘n manier ‘n nuutjie gewees.

Daar is uiteraard diegene wat dit baie meer as net ‘n blote nuutjie gevind het, en selfs sover gegaan het om later van tyd met swart eggenotes te trou, en in swart of gemengde gebiede te gaan woon toe klein apartheid eers afgeskaf is.

Die probleem met alle nuutjies is egter dat dit gou oorwaai. Toe raswetgewing eers volledig geskrap is, het ons vinnig agtergekom dat daar ‘n hele aantal geweldige groot nadele is aan rassevermenging. Een enorme nadeel is die bykans ongelooflike toename in misdaad wat daarmee gepaard gegaan het. So ook het standaarde in baie gevalle in duie gestort agv die vermenging, byvoorbeeld in hospitale.

Ek kan vandag eerlikwaar sê dat ek nie saam met wyle Chris Louw stem nie. ‘n Kosmopolitiese samelewing hou slegs ‘n bekoring in vir ‘n besondere soort persoon, en dan slegs in samelewings waar die meerderheid blankes is. Londen en New York is kosmopolitiese stede wat leefbaar is omdat die meeste van die res van die land blank is, en omdat dinge gevolglik meestal werk en wette daar afgedwing word. Lagos is stellig ook kosmopolities maar daar is geen manier dat selfs die mees liberale blanke hom daar sal gaan vestig nie. Die groot meerderheid blankes, in Suid-Afrika, Europa en Noord-Amerika, verkies egter om in blanke gebiede te gaan woon. Dit was vir my wonderlik lekker om in voorstedelike Pennsylvania te woon vir ‘n ruk en dikwels nie een swart gesig die hele dag lank te sien nie.

In die VSA is daar ‘n bekende verskynsel bekend as “white flight.” Sodra die eerste paar swart of “Hispanic” gesinne ‘n gebied of skool binnekom, slaan die blanke inwoners op die vlug. Die buurt verloor blitsvinnig sy blanke inwoners, behalwe diegene wat te arm is om te trek. Ek twyfel of ál daardie Amerikaners potensiële Ku Klux Klan lede is. Dit is veel eerder ‘n heel natuurlike begeerte om jou te assosieer met mense wat soos jy lyk en wat jou waardes deel.

Ek kan eweneens sê dat ek geen haat vir swartes koester nie, maar dat dit vir my die mees natuurlike ding is om my met mense wat soos ek lyk, te wil assosieer. Kennelik vind sommige swartes blankes ook onaantreklik, maar die negroïede voorkoms staan my hoegenaamd nie aan nie. Ek voel geen aangetrokkenheid tot hetsy Afrikane, hetsy hulle kultuur nie. Dit geld nie slegs vir inwoners van Afrika nie. Ek sal dikwels die kanaal verander as ‘n Amerikaanse program of rolprent met swartes as die hoofkarakters op die kassie verskyn, meestal omdat ek glad geen aanklank by hulle en hul kultuur kan vind nie.

Bostaande geld selfs vir diegene wat die hoogste opgee oor hoe kwansuis nie-rassig hulle sou wees. Die optrede van die liberaliste weerspreek hul eie woorde dikwels. Hulle sal hoog en laag sweer oor hoe lekker dit sou wees om in ‘n township te kuier, hoe bykans al hul vriende swart is en hoe kleurblind hulle sou wees. Nietemin is hulle meestal met ‘n blanke getroud, en woon hulle in ‘n relatief-lelieblanke gebied. Daar is ‘n dissonansie tussen wat hoe die liberalis sê en hoe hy optree, met ander woorde.

Wat my aanbetref is Chris Louw verkeerd in dié opsig dat dit kwansuis rassisties sou wees om met jou eie soort te wil assosieer, al is dit binne ‘n volkstaat. Dit is ook so dat die liberales en linkses hul eie eenogigheid aankleef en inderdaad anti-blanke rassisme pleeg. Hiermee bedoel ek dat dit ‘n aartssonde is in die oog van ‘n liberalis om gehoor te gee aan jou natuurlike instink om met mense soos jy te wil assosieer. Vir die liberalis is die enigste toelaatbare lewensmodel ‘n multikulturele een, waar doelbewuste rassevermenging die enigste eerbare optrede is.

Op sy eie manier is hierdie ook ‘n soort fundamentalisme, en eintlik ook niks anders nie as anti-blanke rassisme nie, omdat dit eenvormige witheid verwerp en ‘n mengelmoes teen alle koste nastreef. Enige iemand wat kettery pleeg teen hierdie fundamentalisme word onmiddelik met die rassiswoordjie gebrandmerk.

 

радиоуправляемые вертолетикиФильчаков прокурор отзывы

Waar is God in ons politieke smart en pyn?

Geloftefeeste op 16 Desember is om die draai. In diepte gaan dit om ‘n kontrak, ‘n soort verbond tussen God en mens. In hierdie geval ‘n gemeenskap van gelowige Afrikaners wat in 1838 die dood in die oë gekyk het.

Die vraag wat menige gelowige hom/haar in SA afvra is hoe dit moontlik is dat die God van Bloedrivier, wat die Afrikaner deur soveel smart en pyn gelei het, kan toesien of toelaat dat ‘n volk wat die vaandel van die geloof hoog gedra het, oorgegee word aan ‘n owerheid soos wat ons het? Dan is daar die vryheidsoorloë en uiteindelik die konsentrasiekampe wat verdere vrae oproep. En, wat van Israel wat as volk in ‘n Noordryk en Suidryk verdeel is en na die grondgebiede van vreemde gode weggevoer is. Een wat van die sg. haulokast?

Daar is eintlik nie ‘n antwoord hierop te gee nie. Elke antwoord is subjektief en ‘n rasionalisasie. Daar hang eintlik ‘n misterie oor alles. ‘n Onverklaarbaarheid. Dit gaan ook gepaard met verset wat dreig om die oorhand te kry. Dit is ‘n verset wat dreig na verwyte in die rigting van die transendente! Dus verwyte wat gerig word aan God wat, volgens sommige, afwesig is.

Om verdere sout in die wonde te smeer is daar ‘n verhaal te vertel van ‘n eenvoudige vroutjie in Georgia, een van die latere deelstate van die kommunistiese Sowjet-Unie. Sy was arm. Sy het by ‘n klerewassery gewerk. Sy was diepgelowig. Sy het deels as skoonmaker in die Russies-Ortodokse Kerk gewerk. Sy het daagliks op haar knieë voor die altaar gebid vir ‘n kind. Sy het toe reeds vier miskrame in vier jaar gehad. Sy het beloftes aan God gemaak wat sy sou hou. As God ‘n seun vir haar sal gee, belowe sy om die kind in die vrese van die HERE groot te maak. Ja, nog verder, sy sou die seun in die kerk en vir geloof grootmaak. Hy sou priester word.

Wonder bo wonder het sy verwag. Dit was ‘n swaar swangerskap. Die kind het gedurig gedreig “om af te kom”. Maar, ‘n seuntjie is gebore. Hy het ‘n fisiese gebrek gehad. Hy is met ‘n slap armpie gebore. Die liggaamlike gebrek het uiteindelik geestelike letsels gelaat. Hy het waterpokkies oorleef.

Sy moeder het woord gehou. Uiteindelik het sy hom na die Russies-Ortodokse teologiese seminarium in Tiflis (nou Tbilisi) gestuur. Hierdie seun was egter nooit lus vir die teologie nie. Hy het ook nie oor die persoonlikheidseienskap vir die bediening beskik nie. Hy was egosentries. Koppig. Hy het gevoel dat die lewe hom iets skuld. In akademiese geselskap het minderwaardig gevoel. Terselfdertyd was hy brutaal en wreed.

Op ‘n dag tel hy ‘n tydskrif op en lees artikels oor die kommunisme. Hy voel dadelik aangetrokke tot die idees van Trotsky, Karl Marx en Lenin. Hy assosieer so sterk met die ondergrondse beweging teen die regering van die Tzar, dat hy as teologiese student onder sensuur geplaas en uitgeskop word. Hierna was hy ‘n dissipel van die godlose kommunisme.

Na die Russiese Rewolusie van 1917 word hierdie jongman in 1920 deur Lenin aangestel as Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party. ‘n Magtige posisie. Hierdie jongman wat bestem was vir die teologie het in die teologie van die rewolusie opgegaan. Hy was Josef Stalin (1879-1953). Sy doopnaam is Ioseb Besarionis dze Jughashvili.

Na Lenin se dood in 1924 neem Stalin die leisels oor. Hy volg sy magsoorname op deur meedoenloos van die leiers van die Kommuniste Party ontslae te raak. In die 1930’s sleep hy stigtersvaders van die USSR hof toe omdat hulle “vyande van die volk” (the people) was. Sy terreur was spesifiek ook gerig op die intellektuele elite van die Russiese volk. Sy akademiese armoede het hom wraaksugtig gemaak.

Terwyl Josef Stalin deur sy moeder letterlik van God “afgebid” is en bestem was vir die teologie, het hy in lewe as dialektiese materialis en ongelowige, meer as enige iemand anders in die geskiedenis Christene doodgemaak en kerke in museums omskep.

Hoe rym dit alles? Miskien is daar ‘n leser hiervan wat kan verduidelik!

стоимость брекетов на зубыАлександр Фильчаков Васильевич

Gee Ierland ‘n kans

Suid-Afrika se “nasionale” sokkerspan, die Banana-Bananas, het glo ‘n moeilike groep teenstanders in die loting vir die 2010 Sokkerwêreldbeker ontvang. As mens na die Bananas verwys, beteken ‘n moeilike teenstander uiteraard enige span wat nie uit die onder-10 leerlinge van ‘n skool vir blindes bestaan nie.

Ek is geen sokkerkenner nie, maar vir my lyk die probleem met die Bananas na iets wat uit twee komponente bestaan: hulle kan nie doele aanteken nie, en kan ook nie keer dat hulle teenstanders doele aanteken nie.

Die aanhalingstekens om die woord “nasionale” is eweneens nie om dowe neute daar nie. Siende dat daar geen Suid-Afrikaanse nasie is nie, is dit nie duidelik presies wie Bafana-Bafana eintlik verteenwoordig nie. Is dié span verloorders moontlik een of ander satiriese metafoor vir die totale onbevoegdheid van die ANC regime in enige iets wat hy aanpak?

‘n Nasionale span is hy beslis nie. Met Afrikaners soos ek het die Bananas en inderdaad die ANC op dees aarde niks uit te waai nie, en ek vermoed laasgenoemde geld ook vir Xhosas of bruinmense. Nasionalisme is immers nie iets waarmee die gemiddelde Afrikaan of selfs Benni McCarthy hom gemaklik voel nie. McCarthy speel veel eerder vir sy Europese klub as om homself in die verleentheid te kry deur vir die patetiese Bananas uit te draf, net om 100% gewaarborg te wees om ‘n loesing te kry.

Dit sou moontlik beter gewees het as daar verskillende stamsokkerspanne gewees het – ‘n span vir Zoeloes, Xhosas, Tswanas en – hier is ‘n radikale gedagte – selfs een vir Afrikaners! Laasgenoemde sou natuurlik nooit toegelaat word nie, want die Afrikanerspan sou bes moontlik jaar na jaar die liga gewen het, ongetwyfeld van rassisme beskuldig word, en dan getransformeer word na ‘n span met 80% swart spelers wat sou sorg dat hy laaste in die liga eindig.

Gevolglik sit FIFA en SAFA met die embarraserende situasie, uniek in die geskiedenis van die Sokkerwêreldbeker, dat die gasheerland se toeskouers hulle vrek skaam vir die plaaslike span. Op lagwekkende wyse weier baie van die plaaslike toeskouers om kaartjies te koop na die Bananas se eie wedstryde, en kies plaaslike toeskouers eerder om Brasilië en ander spanne te ondersteun.

Ek het dus ‘n voorstel vir die organiseerders van 2010 se SWB. Die Bananas gaan hulself slegs verneder en die standaard van die toernooi na benede rem. Die Bananas staan tot sokker soos wat Schabir Shaik tot eerlikheid staan. Hulle moenie daar wees nie. Hulle hoort nie eens in die sesde liga van ‘n Europese toernooi vir parapleë nie.

Daar is wel ‘n ander span, Ierland, wat deur ‘n blatante gekierang deur Thierry Henry van Frankryk, wat hom eerder sou tuisvoel op die rugbyveld, van ‘n plek in die toernooi ontneem is. Om Ierland en die Bananas te vergelyk, sou wees om Michelangelo se handvaardighede met beeldhouwerk met Julius Malema se houtwerktalent te vergelyk.

Ek doen dus ‘n beroep op die Bananas om die eerbare ding te doen. Wees eerlik oor julle terkortkominge, synde ‘n algehele gebrek aan enige vermoë om sokker te speel, en onttrek uit die toernooi ten gunste van Ierland. Ierland sou minstens die kans hê om een doel aan te teken, wat een meer is as die Bananas.

 

теннис турнир атрФильчаков прокурор

Daar is lewe anderkant Eskom

Op 18 Junie vanjaar skryf ek ondermeer dat die potensiaal wat in ‘n digitale ekonomie opgesluit lê tans rondom ons ontvou. Verouderde infrastrukture word reeds as ‘digitale hindernise’ beskou.

Wêreldwyd word hierdie hindernisse deur politieke – en tegnologiese druk bevraagteken. Die Dept van Mineraal en Energiesake se nuwe beleidsraamwerk, van wat vandeesweek afgekondig is, bevestig dat Suid-Afrika uiteindelik in pas begin kom met ander lande vir sover dit kragopwekking aanbetref.

Die opheffing van Eskom se monopolie onthef hom van die verpligting om man alleen die verantwoordelikheid te dra vir die land se kragsekuriteit of inderdaad om die miljarde rande te voorsien om daardie verpligting na te kom.

Nuwe verskaffers mag nou tot die mark toetree om krag aan die nasionale kragnetwerk te lewer en die staat mag selfs aan Eskom ‘beveel’ om bepaalde kragstasies te bou sou die behoefte daarvoor ontstaan. Waar die geld vandaan sal kom sal nie Eskom se probleem wees nie.

Die fyner besonderhede moet nog uitgestippel word, maar dit is reeds duidelik dat ‘n nuwe en opwindende mark vir gedesentraliseerde stelsels ontstaan het. In die nabye toekoms kan ‘n sakekompleks, winkelsentrum, hospitaal, universiteit, aftreeoord of fabriek sy krag self opwek met moderne tegnologie. Vandag is klein gasturbines beskikbaar wat meer betroubare en goedkoper krag as die munisipale netwerke, gerugsteun deur Eskom, kan lewer.

Hoëspoed gasturbines wat wrywingloos op lug – en magneetlaers loop het ‘n ontwerpleeftyd van tien jaar en langer. Hoe betroubaar is jou yskas? Myne loop reeds vir langer as 25 jaar sonder enige diens aan die bewegende dele. Die konsep van hierdie klein turbines met slegs een roterende onderdeel, is om presies dieselfde graad van betroubaarheid te handhaaf.

Hopelik sal dit eersdaags moontlik wees om jouself as diensverskaffer te laat registreer. Deur ‘n finansieringspakket van R200 miljoen met ‘n finansiële instelling te beding vir die aankoop van 500 stelle met ‘n gesamentlike vermoë van 50 Megawatt kan mens dan vinnig ‘n speler in die mark wees. Dan huur mens die toestelle by die instelling, presies soos die sogenaamde bruikhuurooreenkomste met motors. Waar Sasolgas beskikbaar is, bestaan geen brandstofprobleme nie. Anders word ‘n ondergrondse tenk geïnstalleer en periodiek soos by vulstasies gevul.

Wêreldwyd word daar reeds na ‘n elektrisiteitsrevolusie verwys. As gevolg van verwaarlosing van die ekostelsel gaan die wêreld se kragopwekkingsnywerheid tans deur die geboortepyne van ‘n diepgaande revolusie en die vraag onstaan of die huidige energiebeplanners en leiers daarvoor opgewasse gaan wees. Vandeesweek het Suid-Afrika die eerste tree op daardie pad gegee.

Vroeër was die elektrisiteitsektor (in Thomas Edison se woorde) “…’n natuurlike monopolie.” Algaande het dit ‘n politieke speelveld geword. Vandag het dit nie meer ‘n bestaansreg nie, want die stelsels is afgeleef, is onbetroubaar en het onbetaalbaar duur geword.

Tradisioneel was dit gereken dat ‘n land se energiesekerheid verband hou met sy vermoë om genoegsame reserwekapasiteit gereed te hê sodat sy ekonomiese groei nooit belemmer sal word nie. Met moderne tegnologie kan addisionele kapasiteit binne weke na spesifieke groeipunte geneem word in klein inkrementele stappies, liewer as die reusagtige koolstofspuwende monsters wat die moderne verwysingsraam geword het.

Hoewel nie in kousale verband nie, bestaan daar ‘n korrelasie tussen elektrisiteitsverbruik en ekonomiese groei. Teen ‘n beplande ekonomiese groeikoers van 4% per jaar verdubbel die BBP oor sewentien jaar. Verdere korrelasies bestaan tussen tussen bevolkingsaanwas, verstedeliking, verhoging in lewenstandaard en kragverbruik. Tensy die land se opwekkingsvermoë dus in verhouding uitgebrei word, skei die grafieklyne in al vier gevalle.

Hiervolgens moet Suid-Afrika se huidige vermoë teen 2026 met minstens 50% gegroei het om tred te hou met die demografiese en ekonomiese werklikhede sodat ‘n ekonomies/politieke spanningsituasie voorkom word. Die huidige vermoë van ongeveer 40 Gigawatt moet dus in stappe van I Gigawatt per jaar tot 60 Gigawatt oor twintig jaar uitgebrei word.

 

As gevolg van die verlies aan tyd oor die afgelope vyftien jaar is Eskom ooglopend nie daarvoor voorbereid nie. Die tyd het dus nou finaal aangebreek om Eskom se monopolie te beëindig en die gapings in die grafieke te vul. Die volgende wenke sal verder meehelp om die aankomende krisis die hoof te bied:

 

· Eerstens en seker die vernaamste is om die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en transformasie ondergeskik te stel aan ‘n beleid van energiesekerheid. Ek is bewus van kontrakteurs en konsultante wat beweer dat meer tyd aan die aard en struktuur van swart bemagtigingsvennootskappe bestee word as aan die tegniese of finansiële aspekte van hul tenders en is hulle derhalwe onwillig om hul dienste aan Eskom beskikbaar te stel. Die belange van swart instansies wat deur kontrakte bevoordeel gaan word kry dus meer aandag as die meriete van tenderaars se aanbiedings. Hierdie aspek is ‘n ontsettende mors van tyd en geld wat die fokus vervaag en besluitneming vertraag. ‘n Balans moet gevind word tussen die bereiking van energieteikens en transformasieteikens, met die oorwig swaar op eersgenoemde. So nie, gaan dit die land baie duur te staan kom. Soos verteenwoordiging en transformasie grondwetlik nie vir die land se inligtingsdienste geld nie, behoort dit ook nie vir die energiesektor te geld nie. Energiesekerheid is gans te ingewikkeld, veral mbt die loopbaansekerheid en stabiliteit van tegniese vaklui wat aan tien jaar of langer projekte werk en waar ervaring en kundigheid deurslaggewend is. Vir die energiesektor, en dus vir die land as geheel, is politieke inmenging op ‘n spesialisgebied fataal, aangesien die ekonomiese en politieke stabiliteit van die land, deur onervare energiebeamptes se gebrek aan insig, ervaring of optrede in gevaar gestel kan word.

 

· Soos die geval was met die telekommunikasiebedryf, kan alternatiewe diensverskaffers op die been gebring word om krag aan munisipaliteite en/of nywerhede en sakeondernemings te verskaf. Eskom moet voortaan verplig word om sekere van sy substasies te verkoop of te verhuur sodat nuwe diensverskaffers op gedesentraliseerde basis kragopwekking stelsels daarop kan oprig en Eskom van die verpligting onthef om krag aan die gebied wat deur daardie substasies bedien was, te voorsien.

 

· Nog ‘n nasionale energieprojek is ‘n aardgas kragstasie wat aan die Kaapse weskus opgerig kan word om aardgas vanuit die Koedoeveld in die Atlantiese Oseaan te gebruik. Oorweging kan geskenk word om die gas langs die weskus na Kaapstad per pypleiding te neem om die energie-arm Weskaap daarmee te bedien en vandaar na Mosselbaai om Mossgas se kwynende gasreserwes aan te vul. Gas in die Kaap sal die behoefte aan elektriese krag vir verhitting wesenlik verminder en duisende nuwe werksgeleenthede skep.

 

· Instandhouding van bestaande kragstasies kan aan klein spesialismaatskappye wat nie aan SEB-maatreëls onderworpe is nie en wat die nodige kennis en ervaring besit, geprivatiseer word.

 

· ‘n Spesiale aansporingsmaatreël kan aangekondig word wat nywerhede, supermarkte, sakegeboue, tegnoparke en veiligheidsoorde in staat sal stel om hul eie opwekkingskapasiteit aan te koop en te bedryf. Assuransiemaatskappye kan ook verlagings in premies vir verlies van bederfbare produkte aan sulke maatskappye oorweeg.

 

настенно потолочные светильникиФильчаков прокуратура харьков

Elkeen se Boetman-ervarings

‘n Ruk gelede was daar ‘n artikel oor navorsing oor die spesiale soort trauma waaraan baie Suid-Afrikaners ly – viktomonologie – post-traumatiese woede wat nie weggaan nie. Ek het self by hieroor geskryf.

By my het hierdie verklaring op vrugbare grond geval. Ek en ‘n destydse kollega het in ‘n stadium gevoel dis nie reg dat ons kontemporêre digters dit wat die Afrikaners / Afrikaanses se wese so ingrypend tref soos plaasaanvalle en plaasmoorde, ignoreer tot die mate dat dit nie deel van die Suid-Afrikaanse poësie uitmaak nie. Vorige ingrepe soos die Groot Trek, Bloukansmoorde en die Anglo-Boere-oorlog is immers poëties verewig.

Maar ons kon geen erkende digter kry om iets daaroor te skryf nie, en probeer toe maar op ons lomp manier self die wiele aan die rol sit. Dié projek het die Kerkblad gehaal, en toe ‘n dubbelblad in die Farmers Weekly (ja, in Engels).’n Paar van die “gedigte” is ook gepubliseer.

Maar toe, na die farmers Weekly-artikel, begin die mense bel. Familie van die slagoffers. Ontstellende verhale, skokkend ontstellend, en ek word bewus van en ontleed die saak – hier is met ‘n eiesoortige soort trauma te make. Die oorlewende slagoffers gaan na sielkundiges en psigiaters wat ewe-eens bel en sê: “Hier is iets diepers, iets anders …daar moet gespesialiseerde mense wees om hierdie aspek aan te spreek.”

Ons elkeen het sy eie Boetman-verhaal. Myne miskien dat ek reeds vroeg die slagoffer was toe ek moes plek maak vir ‘n Afrikaanse, wit manlike klerk op adjunk-direkteursvlak wat nou ‘n bekende en luidrugtige ANC-politkus is, terwyl my saak na omtrent 14 jaar “onafgehandel” by die Openbare Beskermer is. Na ‘n positiewe tussentydse verslag nou ook al ‘n hele klompie jare gelede is die “Openbare” Beskermer ‘n “Toe Beskermer” soos ‘n toegeklapte skulp, en kan skynbaar niks die verslag “loskry” nie. Nie eens Zuma se trieng-trieng nie, en die VN se Mensregteraad hanteer dit ook op ‘n wyse dat ‘n mens dit nie kan agterkom nie.

Intussen het die saak in sy maai in verjaar, en gaan dit net om daai dingetjie, “closure,” kry.

Want ‘n handves van menseregte werk nie baie lekker vir ‘n gestremde kind as sy pa nie kan werk kry nie.

Maar dan is daar nog mense, soos Mirida Fitzpatrick, wat sê wit mense kla met die brood onder die arm.

Spiek fôr jôrself, niggie.

Viktomonologie word nie net materieel gemeet nie. Verliese word ook aan waardigheid, byvoorbeeld, gemeet. Ontneem ‘n man sy vermoë om vir sy gesin te sorg, en dra vir hom geld en kospakkies aan, en kyk wat bly van sy waardigheid oor. Of gee vir hom ‘n slaappilletjie as hy nie raad weet oor waar om die geldjie te kry vir sy gestremde kind se broodnodige terapie nie. Of studiegeld vir sy ongestremde kind se studies in ‘n rigting wat hom minder blootstel as sy pa.

Want sy pa het ook loop luister na grootbek-politici wat gesê het van sekere dinge wat “nooit” gaan gebeur nie. Gaan studeer Politieke Wetenskap en sulke rigtings, want ons het mense soos julle so bitter nodig.

Wat my persoonlik verskriklik die bliksem in maak is dat die Kemptonparkers, met stywe pensioene, steeds kan ontken dat hulle ore aangesit is, dat hulle bitter baie mense uitverkoop het, en dat Roelf en Pik boonop nog openlik sê hulle stem vir die ANC.

Ja, mense, ek het buitemuurs in 1994 – dus in die nuwe grondwetlike bedeling, Staatsreg ook gaan swot, en moenie vir my kom wolhaarstories aandra dat ons nou die “beste grondwet in die wêreld het” nie en dat die kollektief van individuele regte “modern” is en die beste minderheidswaarborge bied.

En moenie vir my kom vertel ons grondwet is op die Indiese geskoei sonder om by te voeg dat dit wat die Indiese grondwet ingebou het om minderheidsregte te beskerm, in die Suid-Afrikaanse weggelaat is nie. In kort, moenie brouwerk met *&^stories probeer regverdig nie.

Want dit is onwaar. Indië se interne staatsgrense is aangepas – soos die Nigeriese, om met geografiese modelle beter beskerming aan groepe te gee. En ‘n paar setels op nasionale vlak is vir die pre-Indiese inboorlingbevolking gereserveer.

En gaan lees maar oor die regte – ook soos in kontemporêre regspraak neerslag vind, hoe die Amerikaners regte aan hul Indiaanse bevolking verskans. En ag ja, as julle moeite het om iets te vind, veral in Afrikaans, soek maar net op die uwe se blog.

Sê dit nie iets as die naïewer of gelaaide “regverdigings” vir die behandeling wat die Boetmans te beurt val van vroue kom nie – Ilse Bigalge, Zelda Jongbloed en nou Marida Fitzpatric.

Ja, ‘n jaar gelede het die uwe ‘n arbeidsregkursus met onderskeiding voltooi, en wat vreeslik vassteek en moeilik met die Staatsreg wat vroeër verwerf is afgaan, is dat almal vir regstellende aksie kwalifiseer, maar dat ongestremde, wit mans met wetgewing spesifiek uitgesluit word.

Wat beteken dit? Dat vroue wat dit wil regverdig nie kwalifiseer om menings te lug nie, want hulle is nie aan die ontvangkant daarvan nie.

Solank die Roelfs en die Pikke onboetvaardig is, so lank gaan Tim du Plessis preek dat dit nie help om die “blaming game” met daardie “onderhandelaars” te speel nie. Tim is reg dat dit nie help nie, en Tim is reg dat mens moet kyk hoe om dit ten beste aan te spreek. Dit neem egter nie die trauma van verlies weg nie, veral as ‘n mens weer en weer bloedneus kry nie.

En intussen moet jy ‘n fort in stand hou, en ‘n gewapende reaksiemag betaal om jou gesin te beveilig. ‘n Gesin wat jy geskep het toe sekere dinge “nooit” sou gebeur nie.

En om dan nog op ‘n mens se gevoel te speel oor “kyk net na die plakkerkampe” (weet Marida en kie hoeveel wit mense woon al daar?) laat my dink aan die laaste diens wat ek by ‘n vorige predikant bygewoon het.

Dié dag preek hy oor “stres” wat so verkeerd is want ‘n mens moet al jou vertroue in die Here stel. Maar iewers raak hy deurmekaar en al die “stres-simptome” wat hy noem is eintlik suiwer depressie. En gaan vertel nou vir iemand met depressie hy is eintlik besig om te sondig deur depressie te hê…

Dan gaan nog mense soos Boetman dit nie maak nie.

 

оборудование для обслуживанияДанильченко

Politici leer stadig

Politici leer stadig. Indien ooit. Dit is die jaar 1970. Min of meer, want ek kan die dag en datum nie presies onthou nie. Maar die gebeurtenis is in my brein ingegraveer. Ek is jonk, ambisieus en begeester. Die plek is die stadsaal van Pretoria. Die geleentheid: die kongres van die Nasionale Party van Transvaal is in sitting. Daar hang spanning in die lug. Die eerste tekens van ‘n breukspul sweef reeds rond.

Die knelpunt waaroor dit gaan is die reg van die Nieu-Seelanders om Maori’s in hulle besoekende span na SA in te sluit. ‘n Belaglike saak, sou ‘n mens dink. Hoe kan SA nou voorskryf aan ‘n buitelandse moondheid wie in ‘n nasionale span ingesluit mag word, al dan nie. Daar is twee kampe: die Hertzog-mense teenoor die uitwaartse beleid van John Vorster. Albert Hertzog redeneer dat dit die dun wig is wat die dyke sal breek. Vorster is die Eerste Minister. Die tragiek van die saak is nie die tema waaroor dit gaan nie, maar hoe die politieke voorbokke van die NP dit hanteer het.

John Vorster volhard dat die sportbeleid nie verander nie. Hertzog vra hoedat die sportbeleid dieselfde kan bly as Maori’s voorheen nie welkom is nie, maar voortaan welkom sal wees.

Die kongres is egter, soos menige vorige keer, ‘n rubberstempel van die leierskap. ‘n Ordemosie word voorgestel dat daar gestem word. Daar word nie oor ordemosies gepraat nie. Daar is ook nie per geslote stembriefie gestem nie. Dit is hande-opsteek. Diegene wat daarteen gestem het dat Maori’s nie die land mag besoek nie, moes opstaan, hulleself identifiseer (naam, kiesafdeling, ens.). Die teenstemme se name en besonderhede is in Die Transvaler, die destydse mondstuk van die NP, gepubliseer. Hulle is geïntimideer, geïsoleer en geostraseer. Die netto-resultaat: Albert Hertzog, Jaap Marais, Willie Marais en ander LV’s verlaat die NP en stig die Herstigte Nasionale Party.

Intussen het baie water in die see geloop. Die dyke het gebreek. Daar is boedel oorgegee. Die Afrikaner is ernstig verdeel. Die jaar is 2009. Die geleentheid: die Vryheidsfront se Jeugkongres vind in Orania plaas. Tot dusver het die VF op kampusse, soos op Pretoria, die morele hoëgrond beset. Daar is heethoofde onder hulle. Daar is ongeduld oor die gebrek aan vordering. Die een wil dit en die ander wil die pas volgens die bevele van die senior leiers markeer. Intussen was daar die rebellie van die vorige leier van die Jeugarm. Soos tipiese politici word daar gekonkel oor wie die gedissiplineerde en uitgestote rammetjie-uit-nek Van Rensburg moet vervang. Daar word koppe getel. Daar word gevind dat die voorkeurkandidaat van die leierskap nie die paal gaan haal nie. Wat doen een van die senior leiers van die VF? Presies soos verwag kan word! Hy gebruik die lat om orde te skep. Die Gauteng-jeugarm word ongrondwetlik verklaar, omdat hulle nie volgens die “boek” van voorskrifte betyds binne die spesifieke tydraamwerk gereorganiseer het nie.

Die resultaat? Onmin. Tweespalt. ‘n Uitstappery. Die solidariteit is verbreek. Nog meer: die broederskap verkrummel en nog ‘n dyk breek.

Bogenoemde twee gevalle herinner my aan my kuier in 1968 by staatspresident “Blackie” en tant Nellie Swart op hulle plaas “De Aap” naby Brandfort in die Vrystaat. Ons gesels oor leierskap. Ek vra: “Watter leier is na u mening die grootste van hulle almal”. Ek het bedoel Afrikanerleier! Oom Blackie was gou om te antwoord: “Twee name staan uit. Dr. H.F. Verwoerd en dr. D.F. Malan.” Hy vertel ‘n verhaal met ‘n lewensles vir ware leierskap.

Dit is die jaar 1947. Die verkiesing van 1948 loer om die hoek. Die Verenigde Party van Smuts is aan die stuur. Die Afrikaners is verdeel tussen Sappe (die VP), die Afrikanerparty van Klasie Havenga en die gesuiwerde Nasionale Party van J.G. Strydom (die latere eerste minister). Die Hoofleier van die Nasionaliste is dr. D.F. Malan. Hy is oud-predikant. Hy is self bejaard. Die plek: dit is die Raadsaal van die Vrystaatse Republiek in Bloemfontein. Die tema: die wenslikheid van samewerking tussen die Nasionale Party van D.F. Malan en die Afrikanerparty van Klasie Havenga. Daar is duidelik twee kampe. Die “hardegat” gesuiwerdes, onder die leiding van J.G. Strydom (die leeu van die Noorde) en ondersteun deur H.F. Verwoerd en mev. Ebel Jansen (vrou van die toenmalige Goewerneur-generaal) is teen ‘n politieke alliansievorming met die Afrikanerparty. Dr. D.F. Malan, ondersteun deur dr. Eben Dönges verwoord die noodsaak van samewerking.

Die spanning laai op. Twee onversoenbare standpunte staan teenoor mekaar. Die donker houtpanele en swaar skilderye aksentueer die historisiteit van die oomblik. En dan gebeur die onverwagte: iemand uit die “liberale Kaapse kant” ten gunste van samewerking staan op en beledig die brullende Leeu van die Noorde. Dit lyk asof die swaar gordyne skielik versteen. Hiermee neem J.G. Strydom nie genoeë nie. Hy staan op. Grom dat hy hom nie sal laat beledig nie. Gryp sy breërandhoed en aktetas en stap dubbeldeure se kant toe. Toe Strydom opstaan, toe volg H.F. Verwoerd en mev. Jansen. Die konsekwensie is duidelik: skeuring is aan die orde van die dag. Nog ‘n dyk breek. Verdeel en heers …

Dr. Malan steun met sy swaar kop op sy hand wat onder die ken staan gemaak is. Hy sien hoe Strydom die middelpaadjie afstap. Hy besef die krieke aard van die moment. Toe Strydom die antieke koper-deurhandvatsel vasvat om die deur oop te maak en finaal uit te stap plof die hand van Malan op die stinkhouttafelblad neer. Hy blaf ‘n skor bevel uit: “Hans, kom terug … ek het jou nodig … ek sê kom terug!”.

Hans Strydom, die Leeu van die Noorde, het omgekyk en diep in die oë van Malan ingekyk en die opregtheid raakgesien. Strydom het sy greep op die handvatsel verslap. ‘n Paar sekondes stilgestaan en die oomblik oorweeg. Hy het met afgemete tree na dr. Malan terug gestap en sy sitplek ingeneem. Verwoerd die denker en die vurige Mabel Jansen het gevolg. Die geredekawel is gestop. Daar is eenparig besluit om in alliansie met die Afrikanerparty te gaan. Die verkiesing het gekom en gegaan en dr. D.F. Malan het op sy bejaarde leeftyd van bykans tagtig eerste minister van die Unie geword. Oom Klasie, soos ek hom as kind geken het, is die portefeulje van Finansies gegee. So het die “goue jare” van aanvanklike NP-bewind begin.

Later het J.G. Strydom met die aftrede van dr. D.F. Malan die eerste minister geword. Ja, D.F. Malan het ook geweet dat daar ‘n tyd is om uit te tree, om die leierskap aan iemand anders te gee. Die begaafde Hendrik Frensch Verwoerd het nog later eerste minister geword en ‘n republiek uitgeroep. Met die steek van ‘n dolk in sy hart, het die Afrikaner stelsel matig doodgebloei …. tot waar ons vandag is. In sak en as!

 

радиоуправляемые вертолетикиФильчаков Александр Васильевич