Kerkpleinposkantoor ontruim vir ‘gifpakkie’

’n Pakkie wat glo gif bevat het, het tot die ontruiming van die poskantoor in Kerkplein in Pretoria aanleiding gegee.

Kliënte en personeel het omstreeks 16:00 Woensdagmiddag die poskantoor ontruim terwyl die brandweerdienste die perseel ondersoek het, het Kedibone Molopyane, die poskantoor se woordvoerder aan Sapa gesê.

“Die pakkie is deur ’n kliënt ontvang wat poskantoor-beamptes oor die verdagte vloeistof binne die pakkie in kennis gestel het.

Die beamptes het die nooddienste en polisie vir sekuriteitsredes oor die verdagte pakkie in kennis gestel.”

Die man het sy pos by sy posbus kom uithaal toe die wit vloeistof daar uitgeloop het. Hy is na die hospitaal geneem en is vir waarneming oornag gehou.

‘n Gedeelte van die gebou is deur ambulanse en brandweerwaens afgesper. Die gebou is sowat ‘n uur later heropen nadat die perseel weer veilig verklaar is.

“Dit was negatief,” het Console Tleane, die woordvoerder van die stad Tshwane gesê.

Die poskantoor sal weer Donderdag vir sake oop wees terwyl toetse op die verdagte vloeistof gedoen sal word om die inhoud daarvan te bepaal.

турецкийДанильченко Юрий Брониславович компромат

TB neem toe sê SAMV

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) sê hy is bekommerd oor die toename in die aantal tuberkulose-infeksies en -sterftesyfer.

Die organisasie het gesê MIV verhoog die risiko om TB op te doen hoewel nie almal met die siekte MIV-positief is nie.

“MIV en vigs is algemeen in gemeenskappe waar daar sosio-ekonomiese spanning is, en die gemeenskappe ook kwesbaar is vir TB. Gesondheidsorgwerkers se kanse is ook ses keer meer as ‘n gewone mens om weerstandige TB op te doen,” het dr. Phophi Ramathuba gesê.

“Ons is bekommerd oor dokters, verpleegsters en radiograwe wat TB opdoen terwyl hulle aan diens is.”

инструментАлександр Фильчаков прокурор

DA dien honderde klagtes by MRK in

Die Demokratiese Alliansie beplan om 351 klagtes teen die ANC-Jeugleier, Julius Malema by die Menseregtekomissie (MRK) in te dien, omdat hy ‘skiet die boere’ gesing het.

Die name van die 351 boere is deur die DA in die Noordwes versamel. Hulle klagtes sal na verwagting Donderdag aan die MRK oorhandig word.

“Die mense wat in die landbou sektor werk en hulself met die term ‘boere’ identifiseer, is nie rêrig geïnterreseerd in politiek nie. Dis hoekom dit so ongereeld is om só ‘n heftige reaksie van hulle te kry,” het Leandi Erasmus, die DA se provinsiale direkteur gesê.

“Ons word oorval met oproepe deur boere wat vrees vir hul plase en families.”

Teen Woensdagmiddag het altesaam 351 boere klagtes teen Malema ingedien.

Die DA beplan om 351 individuele klagtes te lê. Elke klag sal gaan oor die feit dat Malema gesê het ‘boere’ moet geskiet word omdat hulle ‘verkragters’ is. Só ‘n verklaring deur Malema stel baie mense se lewens in gevaar.

Die Sowetan het berig dat Malema ‘skiet die boere’ gesing het, toe hy onlangs studente by die Universiteit van Johannesburg toegespreek het.

Malema staar ook verskeie hofsake voor die gelykheidshof in die gesig omdat hy die liedjie gesing het.

Die ANC sowel as die Jeugliga en AfriForum was verlede week in ‘n woordewisseling betrokke omdat AfriForum probeer het om ‘n lys met 1600 name van mense wat in plaasaanvalle gesterf het, aan Malema te oorhandig.

play cluedo onlineФільчаков Олександр Васильович

Swart verpleegster sit agter Facebook-haatspraak

‘n Swart verpleegster in ‘n Klerksdorpse hospitaal sit agter die anti-blanke haatspraak wat daar onlangs op Julius Malema se bewonderaarsblad op Facebook gepleeg is.

‘n Senior polisie-offisier in Johannesburg het vanmiddag teenoor praag.co.za gesê: “Ons weet wie sy is en dat sy die oproep aan swartes om blankes te vermoor en blanke vroue te verkrag, op Facebook geplaas het. Ongelukkig kan ons nie nou haar identiteit bekendmaak nie, want die ondersoek gaan steeds voort.”

Die polisie-offisier wil ook die publiek gerusstel dat daar geen rede tot paniek is nie. “Sulke pogings om rassehaat aan te blaas word deurlopend deur die polisie se inligtingsafdeling ondersoek en indien daar ooit sprake is van ‘n komplot, sal ons onmiddellik optree.”

Blykbaar is die polisie die afgelope paar dae oorval deur oproepe, veral deur blanke bejaardes, wat bevrees is dat hulle aangeval kan word.

Die verpleegster het haar as ‘n swart man by name Thato Mbateti Mbateti voorgedoen.

Oor die afgelope paar dae is daar in die gedrukte media gespekuleer dat die oproep om volksmoord op blankes dalk deur blanke agents provocateurs geplaas kon gewees het. Die onthulling dat ‘n swart hospitaalpersoneellid daarvoor verantwoordelik is, kan dus as opspraakwekkend beskou word.

promote instagram gratisФильчаков прокурор

Die geel Bulle

Victor Nosi van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het namens die Bafana ’n trui wat deur al die sokkerspelers onderteken is, aan Victor Matfield, kaptein van die Blou Bulle oorhandig.

Nosi het gesê hulle is baie in hul noppies oor die ondersteuning wat hulle van die Bulle kry.

Jusuf Abramjee, voorsitter van die Nasionale Persklub, het by dieselfde geleentheid gesê “die Bulle is die eerste rugbyspan wat Bafana in die openbaar ondersteun. Ek hoop ander spanne gaan dieselfde doen”.

Hy het gesê dit is elke Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid om agter die Bafana en die WB 2010 te staan.

Die Bulle het Dinsdagaand na Australië en Nieu-Seeland vir ‘n toer van vier weke vertrek.

“Ons wil ons ondersteuning vir die Bafana wys. Ons staan bankvas agter Suid-Afrika. Laat ons saam agter Bafana staan en dié ’n uitsonderlike Wêreldbeker maak,” het Matfield, wat die getekende sokkertrui terstond oor sy kop getrek het, gesê.

Barend van Graan, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het gesê die hele land het die Springbokke in 1995 tydens die Wêreldbeker ondersteun. Hy het gesê “nou is dit Bafana se tyd”.

“Ons gaan môre in ons Bafana-truie in Perth aankom om die wêreld te wys ons is trots op ons span,” aldus Van Graan.

купить свитер для мальчика 14 летАлександр Фильчаков

Engels versterk deur immigrante en predikante

Die 1820-setlaars kom in Algoabaai aan (skildery deur Thomas Baines)Somerset het besef dat sy grensbeleid kan slaag as daar baie blankes in die Suurveld in die Oos-Kaap kon bly. Sulke mense was daar: baie Britte het weens armoede en werkloosheid na ander lande geëmigreer. Sowat 90 000 wou Kaap toe gaan, maar sowat 5 000 het toestemming gekry om te kom.

Toe die immigrante kom, was Somerset met verlof. Hy het sy waarnemende goewerneur, sir Rufane Dunkin, gevra om die Engelse, Skotte en Iere apart te plaas. Dunkin het die 350 Iere toe na Clanwilliam gestuur! Dié nedersetting het misluk, maar van die Iere het in dié geweste agtergebly en verafrikaans.

Die meeste Skotse en Engelse setlaars het tussen April en Junie 1820 in Algoabaai geland. Afrikanerboere het gou hul nuwe landgenote met ossewaens na hul plase gebring — die Skotte na Baviaansrivier en die Engelse na die Suurveld. Baie setlaars het niks van boerdery geweet nie. ‘n Groep Londenaars, spottend die Cockney gardeners genoem, het slote van 60 centimeter gegrawe om wortelsaad te saai, uie onderstebo geplant, en mieliestronke pleks van pitte.

Min Britte het na die Kaap gekom. Die bodemgesteldheid en klimaat het dit nie so geskik vir landbou gemaak nie. Die Kaap kon dus nie deur middel van immigrasie verengels word nie.

Maar daar was ander metodes. Die owerheid het destyds predikante aangestel, en terwyl Somerset in 1820 met verlof in Engeland was, het dr. George Thom van Caledon hom gehelp om bekwame predikante en sendelinge vir die NG Kerk te vind. Britse studente in teologie is na Nederland gestuur om die taal te leer. Veral Skotse predikante het gekom.

Met die verlof van Somerset het 24 afgevaardigdes van twaalf gemeentes die eerste NG Sinode op 2 November 1824 in die konsistorie van die Groote Kerk gehou. Volgens die reglement was die naam van 1824 tot 1842 Nederduitsch Hervormde Kerk in Zuid-Afrika. (Die Sinode van 1842 het dit verander na Nederduitsch-Gereformeerde Kerk.) Somerset en sy geesgenote het sterk gedink aan die moontlikheid om die NG Kerk en die Presbiteriaanse Kerk te verenig. Dit was gelukkig onmoontlik weens die kerkorde wat De Mist in 1804 uitgevaardig het, maar ook omdat die gevoel van die Afrikaners teen die Skotse predikante mettertyd al hoe sterker geword het.

‘n Paar Afrikaners het in die 1820erjare in Nederland vir predikant gaan studeer, maar hulle was nie genoeg nie, en op die Sinode van 1834 was 12 van die 22 predikante uit Skotland afkomstig en net agt was gebore Afrikaners. Teen 1836 was daar elf jong Afrikaners wat in Europa vir predikant geleer het terwyl drie met hul studie klaar was. Die baie Skotse predikante het kommer laat ontstaan of die jong Afrikaners ‘n werk in hul land kon kry.

Die Ringe van Kaapstad en Swellendam het toe vertoë aan die Britse regering gerig en dié het in 1838 geantwoord dat gekwalifiseerde Afrikaners voorkeur sou geniet wanneer die owerheid predikante aanstel. Die Ring van Graaff-Reinet, met net Skotse predikante, wou die versoek nie steun nie onder meer omdat daar in die Oos-Kaap mense was wat Nederlands en Engels wou hê.

Van 1843 af kon die NG gemeentes self leraars beroep. Soveel afgestudeerde Afrikaners uit Nederland het bygekom dat die kerk in daardie stadium nie meer deur die leraars verengels kon word nie. Party afstammelinge van die Skotse predikante het selfs verafrikaans soos van die Thoms, Murrays, Frasers en McGregors.

освещение торгового залаФільчаков прокурор

Oorsaak en gevolge

Die parlementêre Skoor en sy provinsiale kleintjies het al dikwels stem dik gemaak oor geld wat weens onbekwaamheid, nalatigheid of bedrog verlore gaan. Skoorlede het dit ook nie maklik nie, en word dikwels deur weerbarstige burgemeesters, ministers en ander geminag deur nie op te daag nie, swak voorberei op te daag, of doodgewoon die lede se intelligensie te onderskat.

Dit is daarom nie verbasend nie, dat Skoorlede, ook ANC-verteenwoordigers, dikwels begin stem dik maak.

In die verlede is weerbaristiges wat versuim het om voor Skoor te verskyn, al gedagvaar.

‘n Algemene probleem is egter dat probleme wat Skoor en sy provinsiale verlengstukke identifiseer, dikwels net onaangeraak bly. Die voorsitter van die provinsiale Skoor, Themba Godi van die APC, het nou baie belastingbetalers se frustrasie verwoord toe hy na die moord verwys waarmee amptenare wegkom.

In plaas daarvan dat salarisontvangende amptenare vir hul brouwerk vasgevat word, kry hulle berading en moet hulle werksessies bywoon. Godi vind dit lagwekkend.

Onlangs het die minister van Samewerkende Regering verbaal onder belastingbetalersverenigings ingeseil en die skuld vir die diensleweringsprobleme geplaas op hierdie verenigings wat belastinggeld in trustrekenings inbetaal. Minstens betaal hierdie mense, anders as die minister wie se eie munisipale rekening reeds R40 000 in die rooi was voor hy begin opdok het.

Die insiggewende egter, is dat die minister erken het die probleem lê by die kwaliteit raadslede en amptenare wat die ANC aangestel het.

Sedert 1994 is al dikwels met groot fanfare aangekondig dat die regering met programme gaan begin om sake reg te ruk. Ook mnr. Jacob Zuma, toe presidentskandidaat en sy kornuite het voor die algemene verkiesing aangedui hulle gaan van onbevoegde en korrupte amptenare en burgemeesters ontslae raak. Een van Zuma se aanhangers, die huidige Vrystaatse Premier, Ace Magashule, het dit voor die verkiesing by ‘n Salga-kongres gesê en is uitgelag.

Die gelag, so lyk dit, het nog nie bedaar nie. Intussen is oproer oor dienslewering – wat al baie jare sporadies selfs wydverspreid losbars – nou skynbaar besig om in omvang toe te neem. Trouens, al hoe meer ontevredenes het agtergekom dat die regering wél ‘n Achilleshiel het, naamlik die komende Wêreldsokkerbeker.

Terwyl die regering skynbaar onaangeraak voel oor Julius Malema se haatspraak teen boere en die erge vlaag plaasmoorde, is dit die pure tande as aan die sokker geraak word.

Al word niks nou reggeruk nie, word daar minstens deeglik in geslaag om die regering se aandag te trek, al is dit in die vorm van dreigemente, rubberkoeëls, traangas en pepersproei.

Die kieserskorps het net hulself te blameer. In ‘n demokrasie is ‘n kieser veronderstel om teen ‘n regerende party te stem wat ruim aan beloftes, maar suinig met dienslewering omgaan. ‘n Party wat homself met verkiesingsbeloftes uit die moeilikheid lig, behoort ook nie meer as een keer daarmee weg te kom nie.

In Suid-Afrika werk dit skynbaar anders, en opstokers soos Malema verrig die nuttige rol om te verseker dat verkiesings etniese sensusse bly waardeur die ANC se regerende posisie vasgemessel word.

поршневой компрессоралександр лобановский класс

Strategie vir die Afrikaner

‘n Strategiese analise van die huidige risiko’s en geleenthede vir die Afrikaner

ANC

Sterk punte
  • Meerderheidsgroep
  • Grondwetklousule van RA
  • Geniet die wereld se simpatie oor hulle so “gely” het onder apartheid
  • Geldmag en mynhuise staan agter hulle, solank hulle nie die myne nasionaliseer nie
  • Verryk hulle eie gesinne en vriende deur besigheids- en staatskontrakte
  • Maak die landswette
  • Neem rykdom van die Afrikander deur verskeie (wettige) metodes
  • Indiërs en kleurlinge verleen beperkte breinkrag
  • Praat hulle uit die moeilikheid uit deur te sê wat die hoorder wil hoor
  • Blanke kennis en toerusting in die SANW
Swakhede
  • -Kan nie dienste lewer nie
  • Korrupsie
  • Misdadigheid deel van kultuur
  • Gebrek aan opleiding, kan nie die land of ondernemings bestuur nie, meeste kan skaars lees of skryf
  • Derdewêreldse aansien as agterlike Afrika-mense
  • Arrogant
  • Kom nie beloftes na nie, maar het baie gemaak
  • Maak baie skuld
  • Kan nie kriminele vervolg en toesluit nie
  • Kan nie grense beveilig nie
  • Kan nie weermag op hulle eie in stand hou nie
  • Kan nie self welvaart skep nie
  • Meer swakhede as wat hier voor plek is
Geleenthede
  • Nasionaliseer die landbougrond
  • Nasionaliseer die myne
  • Nasionaliseer die banke en ander besighede
  • Plunder witman se rykdom verder
  • Word ryk uit grondstowwe
  • Internasionale investering
  • Internasionale handel
Bedreigings
  • Geldmag is reeds besig om groeiende opposisie te finansier (aanname)
  • Eie mense soek dienste wat hulle nie kan lewer nie
  • Ekonomie kan nie sonder dienste vooruitgaan nie
  • Land het nie onbeperkte rykdomme om te kan plunder nie
  • MIV
  • Land verloor kundigheid
  • Myne begin al hoe minder produksie lewer agv swak dienste en RA
  • Kan verloor in ‘n verkiesing, regeer nie meer die land nie

Afrikaner

Sterk punte
  • Ekonomiese magsblok
  • Goed opgelei
  • Kan organiseer en uitrig
  • Weermagkennis
  • Besit baie grond
  • Hou nog meeste instansies in stand deur hulle teenwoordigheid
  • Monopolie op voedselvoorsiening
Swakhede
  • Minderheidsgroep
  • Wêreld sien ons as boelies wat ander as slawe gebruik het onder apartheid
  • Kan nie met mekaar saamstem nie
  • Vyandig teenoor eie mense met ander sienings
  • Leierskapskrisis
  • Slawe van mynhuismaatskappye (ons doen die werk, hulle maak die geld)
  • Ligte wapens
Geleenthede
  • Stig van ‘n Volksraad/AO wat na die belange van die Afrikaner kan omsien
  • Daar is ‘n nuwegenerasiewêreldling wat nie veel weet van apartheid nie wat simpatiek teenoor ons kan wees
  • Internasionale mark, ons was so gewoond aan sanksies, dat ons nie aan die buitelandse markte dink nie
  • Grondwet
  • Belastingweerhouding
  • Stig van ekonomiese groeipunte waar min swartes is
  • Privaat opleidingsinstansies (binne groeipunte)
  • Volksmaatskappye skep werk (binne groeipunte, trek Afrikaners, verbreek geldmag se houvas, fokus op uitvoere)
  • Finansier opposisie vir die ANC, verdeel en oorwin
  • Verswak SANW deur poste vir blankes in volksekuriteitsmag te omskep
  • Organiseer rondom voedselmonopolie, skop die huidige verspreiders uit (nog ‘n volksmaatskappy)
  • Eie grondgebied
Bedreigings
  • Verlies van grond
  • Totale verlies van rykdom deur ekonomiese plundery en wanbestuur (Zim-effek)
  • Misdaad
  • Grondwetklousule van RA knou geleenthede
  • Taalregte onder druk
  • Dienste word nie gelewer nie
  • Standaard van opleiding daal
  • Minder geleenthede om universiteit toe te gaan agv kwotas
  • Die regering se skynvriendskap met die Afrikaner terwyl hulle aanhou plunder pasifiseer baie
  • Myne begin al hoe minder produksie lewer agv swak dienste en RA (wat is volgende op die “plunderlys” van die ANC)
  • Plakkerskamp of emigrasie baie se voorland
  • Meer bedreigings as wat hier voor plek is

Strategie

Om waarde uit hierdie stategiese analise te verkry, behoort ‘n entiteit te beplan om op sy sterk punte te fokus en sy geleenthede te gebruik. Tersefdertyd moet risikobestuur toegepas word op sy swak punte sodat sy bedreigings nie realiseer nie. Om jou opponent te neutraliseer, behoort jy hom aan te vat op sy swak punte sodat sy bedreigings realiseer en jy sy geleenthede kan oorneem.

Hieruit kan gesien word dat ‘n groep met baie sterk punte (soos die ou SA) maklik oorgeneem kan word indien groot swakhede in die modering gevind kan word. Om sukses te behaal, gaan dit nie soseer oor baie sterk punte nie, maar oor min swak punte. Dit is ekonomiese en politieke oorlogvoering, en ons moet dit goed leer ken.

Hierdie dokument behoort elke jaar bygewerk te word soos wat die strategiese landskap verander. Hierdie ontleding is gegrond op die SWOT-metode wat in die meeste groot maatskappye gebruik word.

free football bet no deposit requiredАлександр Фильчаков Васильевич

Swak kliëntediens in die Kaapse toerismebedryf

Alhoewel die Weskaap enorme toerismepotensiaal het, laat diegene in die toerismebedryf se diens dikwels veel te wense oor. Ek sou dog dis ‘n gegewe dat, sou jy wil geld maak uit toerisme, jy moet werk wanneer ander mense op vakansie is, nie waar nie? Jy moet veral nie nee sê wanneer ‘n toeris op jou drempel opdaag en aan jou sy geld wil oorhandig nie.

Skynbaar werk dinge egter nie so in die Kaap nie. Gaan probeer gerus om ‘n oop restaurant te kry op die 1ste of 2de Januarie enige plek buiten die Waterfront in Kaapstad, byvoorbeeld in Hermanus. Dis godsonmoontlik. Desember is die besigste tyd van die jaar vir die Kaapse toerismebedryf. Daar is hordes Vaalies soos ek asook Pommies en Duitsers daar op vakansie. Ons wil almal ons geld aan die Kapenaars en hul restourant-eienaars gee, maar o, weë, klaarblyklik sien hulle dit nie as belangrik om oop te wees wanneer hulle die meeste besoekers kan kry nie. Dit herinner my aan Italië, waar baie eetplekke toe is tussen 12 en 4, omdat die eienaars self middagete wil eet. Hoe onredelik tog van my, ‘n blote toeris, om iets anders van die luigat Taljaners en Kapenaars te verwag.

Ook lyk dit my maak hulle soveel geld dat hulle nie juis belangstel daarin om besprekings af te neem nie. Ek probeer hierdie week per epos ‘n bespreking maak vir Sondag (let wel: dis ‘n langnaweek, dus kan hulle weer eens baie toeriste verwag), by ‘n epos-adres wat ek op restaurants.co.za gekry het. Ek kry ‘n antwoord terug van iemand wat my inlig dat die persoon nie meer daar werk nie. Halloooo!!!! Nie “jammer, meneer, sy werk nie meer hier nie, kan ek jou help?” nie, nee, ‘n blote fok-jou epos. Ek is duidelik besig om die persoon te irriteer met my lastige navraag. Ek probeer toe maar weer, na ‘n ander, algemene adres toe. Kry ‘n kortaf antwoord dat my epos na die restourantbestuurder gestuur sal word. Tot vandag toe niks gehoor nie, nodeloos om te sê. As ek hulle baas was, sou sulke luigatte se loopbaanvooruitsigte uiters beperk gewees het, maar aan die ander kant is die bestuurder self stellig ewe lui.

Ek gee toe maar moed op, en stuur eergister ‘n ander epos aan ‘n ander plek, wat ek eers op die onredelike uur van 10 uur in die oggend probeer bel het, sonder sukses. Raai-raai: het ek ‘n antwoord gekry, twee dae later? Nee. Beide hierdie plekke is groot ondernemings met bekende handelsname, maar verwerdig hulle hulself om ag te slaan op ‘n blote toeris? Moenie glo nie.

Miskien is daar ‘n rede waarom slegs sommiges die Groot Trek aangepak het. Smaak my die luies het agtergebly.

online betting gamesОлександр Васильович Фільчаков