Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) sê hy is bekommerd oor die toename in die aantal tuberkulose-infeksies en -sterftesyfer.
Die organisasie het gesê MIV verhoog die risiko om TB op te doen hoewel nie almal met die siekte MIV-positief is nie.
“MIV en vigs is algemeen in gemeenskappe waar daar sosio-ekonomiese spanning is, en die gemeenskappe ook kwesbaar is vir TB. Gesondheidsorgwerkers se kanse is ook ses keer meer as ‘n gewone mens om weerstandige TB op te doen,” het dr. Phophi Ramathuba gesê.
“Ons is bekommerd oor dokters, verpleegsters en radiograwe wat TB opdoen terwyl hulle aan diens is.”
