praag.co.za

Tag: die blou bulle

  • Die geel Bulle

    Victor Nosi van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het namens die Bafana ’n trui wat deur al die sokkerspelers onderteken is, aan Victor Matfield, kaptein van die Blou Bulle oorhandig.

    Nosi het gesê hulle is baie in hul noppies oor die ondersteuning wat hulle van die Bulle kry.

    Jusuf Abramjee, voorsitter van die Nasionale Persklub, het by dieselfde geleentheid gesê “die Bulle is die eerste rugbyspan wat Bafana in die openbaar ondersteun. Ek hoop ander spanne gaan dieselfde doen”.

    Hy het gesê dit is elke Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid om agter die Bafana en die WB 2010 te staan.

    Die Bulle het Dinsdagaand na Australië en Nieu-Seeland vir ‘n toer van vier weke vertrek.

    “Ons wil ons ondersteuning vir die Bafana wys. Ons staan bankvas agter Suid-Afrika. Laat ons saam agter Bafana staan en dié ’n uitsonderlike Wêreldbeker maak,” het Matfield, wat die getekende sokkertrui terstond oor sy kop getrek het, gesê.

    Barend van Graan, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het gesê die hele land het die Springbokke in 1995 tydens die Wêreldbeker ondersteun. Hy het gesê “nou is dit Bafana se tyd”.

    “Ons gaan môre in ons Bafana-truie in Perth aankom om die wêreld te wys ons is trots op ons span,” aldus Van Graan.

    купить свитер для мальчика 14 летАлександр Фильчаков