Kop op die blok s?: Haaie gaan vertrap word op Loftus

Image

Gustav Venter

‘n Haai swem nie so lekker op droë grond nie. En die ongemak kan ‘n foltering word as die vis boonop deur ‘n trop beeste vertrap word. Dít is wat Stefan Terblanche môre gaan leer wanneer hulle, dorsale vinne pronkend na ‘n paar wenslae, die Blou Bulle tussen die horings op Loftus moet kyk.

Protesteer soos wat Haaie-afrigter John Plumtree wil, sy span neem te veel dinge vanselfsprekend aan. Die vernaamste daarvan is dat die plaasvervangers wat die Pretoriaanse Springbokke se plekke moet warm hou, nie die Blou Bul-rugbyfilosofie mooi ingestudeer het nie. ‘n Mens kan hierdie mistasting verstaan: Die Bulle het deurtrek met stywesiekte gelyk teen die Leeus en die WP. Frans Ludeke is egter ‘n boer wat al hoe meer tuis lyk in die bulkraal en hy weet wat die regte doepa is om slym uit die oë en stramheid uit die spiere te verdryf.

Vir die Haaie om te wen, moet hulle ‘n voorpak geskoei op ‘n tradisionele voorspelerlees tem, en dit is juis hier waar hulle gaan vasval. Daar is min te kies tussen die voorrye, maar van daar af is die Blou Bulle die ene brahmaan. Dit is veral te betwyfel of die Haaie se basketbaltipe slotte, Albert van den Bergh en Steven Sykes, die brekerbenadering van Wilhelm Steenkamp en Flip van der Merwe sal kan weerstaan. En hoewel die Haaie ‘n gebalanseerde losdrietal, vol flair en werksywer, het, sal Pedrie Wannenburg hulle te gereeld terugdryf, sal Dewald Potgieter se kortpadrugby hulle verskrik en sal Deon Stegmann net te veel balle van hulle af wegbrüssouw.

Die Haaie floreer as daar bloed in die water is, wanneer die spel losrafel en goedkoop balle rondlê van waar hulle tussen ongeorganiseerde agterspelers kan inkom. Die Blou Bulle se agterlyn het egter te veel struktuur. Burton Francis verstaan die bestanddele van die Blou-Bul-resep al hoe beter en weet hoe om die pap aan te maak. Nie net sal die Pretoorsdorpers se agterlyn nie in die verdediging skiet gee nie, hulle het genoeg karwatskrag om self pak uit te deel, met veral Jaco Pretorius wat nou wys dat hy weer begin verstaan waar die doellyn is.

Praag se voorspelling: Die Haaie se drie drieë is te min om ‘n Blou-Bul-oorwinning te keer.

русская народная рубашка для девочкиалександр лобановский харьков класс

Australi? is die toevlug van ‘wit rassiste’ teen Semenya

In ‘n persverklaring wat Vrydag deur die ie ANC Jeugliga, ANCYL, vrygestel is, sê hulle dat “al die gerugte [oor Caster Semenya se geslag] uit Australië kom; ‘n plek waar rassistiese Suid-Afrikaners heen vlug omdat hulle nie onder ‘n swart, demokratiese regering wil leef nie.

“Dit is dus duidelik dat die aanvalle op Semenya van dié rassiste afkom wat nie kan glo dat ‘n swart vrou Suid-Afrika se naam hoog dra nie,” het die ANCYL in die verklaring gesê. 

Die Jeugliga dê voorts hulle sal nooit aanvaar dat Semenya ‘n hermafrodiet is nie. “Daar bestaan in Suid-Afrika en die regdenkende wêreld nie so iets [soos ‘n hermafrodiet] nie.” 

Die ANCYL sê daar is “nooit wettige mediese toetse op Semenya uitgevoer nie” Hulle het druk op die IAAF geplaas om hulself sonder verwyl van media-gerugte oor Semenya se tweeslagtigheid te distansieer. 
тамбов тележкитопкарго отзывы

Seun skiet onderwyser

'n 13-jarige seun is in hegtenis geneem en word aangekla van poging tot moord nadat hy sy onderwyser met sy pa se vuurwapen geskiet het.

Kaptein Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die onderwyser aan die Omar Ebrahim-laerskool in Pretoria is in 'n ernstige toestand in die hospitaal.

"'n Leerder het by die betrokke onderwyser gekla dat die verdagte iets uit sy sak gesteel het. Die onderwyser het glo die kind hieroor geslaan die seun het kwaad geraak."

Die ontstoke gr.7-leerder het toe huis toe gegaan, die kluis se sleutel gevind en sy pa se vuurwapen uitgehaal.

Hy is daarna terug skool toe en die onderwyser, wat in een van die skool se gange gesit het, in sy regterarm geskiet.

"Die verdagte het nie van die toneel gevlug nie," het Ndlazi gesê.

Die seun is in hegtenis geneem vir poging tot moord en sy pa sal van nalatigheid aangekla word.

стоимость укладки ламинатаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Die kop op die blok s?: Springbokke wen Drienasies met naelskraapoorwinning oor NS

Daar is een rede, ‘n ooglopende rede, hoekom die Springbokke môre se toets teen die All Blacks, en daarmee saam die Drienasies-silwerware, gaan wen: Hulle is, doodeenvoudig, die beste span op die planeet. Goeie spanne, selfs beste spanne, kan ook ‘n grys oomblik hê. Om die waarheid te sê, dis haas onvermydelik. Die Springbokke het hulle s’n verlede week in Australië beleef. Maar môre is dit kil, genadelose besigheid soos gewoonlik.

Wanneer die vure in al die stoomketels aangesteek is, is die Springbokke ‘n span sonder kwesplekke. ‘n Getraumatiseerde Britse en Ierse Leeuvoorpak sal nou nog bewerig vertel hoe dit voel om verpletter te word deur die skrumkrag van die Springbokke. In die vakgebied van lynstaanspel het Victor Matfield die handboek, nee die ensiklopedie, geskryf. So, die Springbokke sal genoeg vastefasetbal bekom om hulle spelmatrys op die armsalige Kiwi’s af te dwing. Fourie du Preez en Morné Steyn is dodelike opeveldskoppers. Bryan Habana en Ndungane is opgekook genoeg om elke hoë bal te jaag op snuffel vir losspringers waarmee hulle chaos gaan veroorsaak.

Want, maak geen fout nie, môre gaan die Springbokke hulle gepatenteerde doodwurgrugby speel. Ons weet dit en die All Blacks weet dit. Wat die Kiwi’s nie weet nie, is wat hulle daaromtrent gaan doen. Hulle sou so graag die spel wou lostorring, die Springbokke met hulle voorspelers op die agtervoet wou verjaag en die afbreekspel domineer. Maar daar is twee stokke in hulle speke: Bakkies Botha gaan hulle seermaak en die Bok-voorspelers gaan hulle pap speel. En in die afbreekpunte gaan hulle ook weinig vreugde smaak. Die gewoontedief, Heinrich Brüssouw, het telkens hierdie jaar vir Richie McCaw flou gespeel en gaan dit Saterdag weer doen.

Die res van die Springboktaaklys gaan uit verdediging bestaan, en sonder JP Pietersen wat te spandabelrig is met drieë wat hy aan sy buitekant oop los, gaan die All Blacks opkikkers sweet vir elke vyfpunter.

Hierdie is ‘n toets wat ‘n ou bekende chronologie gaan voortsit: Die All Blacks gaan te lank vat om aan te pas by die krag en presiesheid van die Springbokke en gaan eers tot verhaal kom wanneer hulle vyftien punte of meer agter is. Die Springbokke gaan dan die hortjies toemaak en hulle voorsprong verdedig. Kort voor die einde, vrygewig soos hulle is, sal hulle vir Dan Carter of een van die vleuels toelaat om ‘n drie te druk.

Te min, te laat, soos ander meer geroemde Suid-Afrikaanse toegewings.

Môreaand drink ‘n vierkantige, roeskopvoetbalkaptein vonkelwyn uit die Drienasies-kelk.

free video slot gamesлобановский класс

11 September 2001

Image

Dinsdag, September 11, 2001, en inwoners van New York drentel weg of staan en kyk hoe die een toring van die Twin Tower-kompleks brand. 'n Rukkie later sou die tweede vliegtuig in die ander toring vasvlieg.

Negentien man verbonde aan die Al Kaidanetwerk, het daardie oggend vier passasierstralers gekaap en twee daarvan in die World Trade Center in New York laat vasvlieg. Geboue naby die kompleks is ook beskadig.

Die derde straler het in die Pentagon in Arlington County, Virginia, vasgevlieg en die vierde het neergestort nadat passasiers die vliegtuig van die kapers oorgneem het en in 'n veld in Somerset County, Pennsylvania probeer land het.

Ongeveer 3 000 mense is in die terreuraanvalle dood. 

 

кофта обманка для мальчика купить для школыданильченко юрій Харків

Derde vas in Vodacom-bedrogsaak

'n Derde persoon is in hegtenis geneem in die Vodacom-bedrogsaak, het die hof vir gespesialiseerde handelsmisdaad gehoor.

Dié verdagte is 'n vrou wat na bewering in Orange Farm woon.

Sy sou aanvanklik op haar eie in die hof verskyn het, maar sal in 'n latere stadium by haar mede-beskuldiges, Mbokodana Khoza en Mbusi Bhengu in die beskuldigde bank aansluit.

Khoza en Bhengu het Vrydag in die hof verskyn en hul saak is uitgestel.

Die staat voer aan dat dié twee mans deel van 'n sindikaat was wat miljoene rande uit die bankrekenings van kliënte gesteel het.

Vroeër is gesê dat Khozana bewering sy posisie as ingenieur misbruik het, deur SMS-boodskappe met bankbesonderhede te onderskep en geld uit die rekeninge te steel.

tiarasДанильченко Юрий Харьков

Zuma dink Malema kan groei as leier

President Jacob Zuma het herken dat die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, soms te ver gaan.

"Ek het van Malema se uitbarstings met hom bespreek. In sommige gevalle, as jong man, gaan hy oorboord”, het Zuma tydens ‘n onderhoud op MTV Base gesê.

Zuma sê Malema kan geleer word om te groei as leier.

"Ons moet met hom gesels en kry om te groei tot 'n leier word wat ons wíl ken", het Zuma gesê.

Volgens Zuma sal Malema se dade ‘n groot invloed om die komende jeugliga-verkiesing hê.

Malema is tans betrokke by ‘n hofsaak aangaande aanmerkings wat hy gemaak het wat voorstel dat die vrou wat Jacob Zuma aangekla het van verkragting, die seks met Zuma geniet het. 

“Diegene wat ‘n goeie tyd het sal wag tot die son opkom, vra vir ontbyt en geld vir ‘n taxi. Daardie vrou het gevra vir ontbyt en taxi-geld”, het Malema vroeër vanjaar gesê.

Malema is bekend vir sy kontroversiële uitlatings.

Hy het al die leier van die DA, Helen Zille, ‘n "rassistiese klein meisie" genoem, en ook na Mbhazima Shilowa, Cope se medeleier, verwys as ‘n ‘sekuriteitswag wat nie kinderonderhoud betaal nie’.

In Februarie vanjaar het hy om verskoning gevra vir aanmerkings wat hy oor Naledi Pandor, die voormalige minister van onderwys, se ‘vals aksent’ gemaak het. 

Hy is ook berug vir sy stelling dat die jeugliga sal doodmaak vir Zuma.

 

липецк прессыФільчаков Олександр Васильович

Malawi het rekordmielieoes, maar steeds hongersnood

Image

Honger kinders ontvang voedselhulp

Malawi het so pas 'n rekordmielieoes gehad, maar die VN se Wêreldvoedselprogram vra dringend geld om 500 000 hongeres in die land vir 'n hele jaar te voed.

Volgens Ann Callanan, 'n direkteur van die Wêreldvoedselprogram, "Soek ons skenkerondersteuning van 5,2 miljoen dollar om die WVP in staat te stel om aan die voedselbehoeftes van die geteikende begunstigdes tot Desember 2010 te voldoen."

Callanan het gesê dat in weerwil van 'n rekordmielieoes van 3,3 miljoen ton, "hierdie nasionale oorskot nie outomaties en direk na brose groepe, soos die chroniese siekes en weeskinders afwentel nie."

Die brose begunstigdes – wat op 535 000 beraam word – sluit Vigslyers in, asook pasiënte wat behandeling vir tuberkulose ontvang en kinders wat ondervoed is.

"Ons het desperaat skenkers se aanhoudende ondersteuning nodig om aan die behoeftes van die begunstigde-kategorieë te voorsien wat moontlik nie die geleentheid gaan hê om voordeel uit die voedseloorskot te trek nie," het sy bygevoeg.

Malawi het vanjaar 'n rekordmielieoes gehad, wat aan intensiewe besteding aan kunsmis en ander landbou-insette toegeskryf word.

Voedselsekerheid bly egter 'n dringende kwessie vir die Malawiërs wat deur armoede geteister word en ongeveer 45 persent van die 13 miljoen inwoners verteenwoordig.

светильники для освещенияtopcargo отзывы сотрудников

IAAF lugtig n? rassisme-aanklag

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies, IAAF,  kon nie die bewerings bevestig wat Vrydag deur die Sydney Morning Herald berig is nie.

Dié koerant het berig dat die vroue 800m wêreldkampioen Caster Semenya glo beide vroulike én manlike geslagsorgane het.

Nick Davies, ‘n woordvoerder van die IAAF, het gesê hulle het die uitslae van Semenya se geslagstoetse ontvang, maar dat hy nie in staat is om die resultate te bespreek nie.

"Ek het eenvoudig nog nie die uitslae gesien nie," het Davies in ‘n e-pos aan AP geskryf. “Ons het wel die toetse van Duitsland ontvang, maar dit behoort eers deur ‘n span kenners bestudeer te word en ons sal dus nie in ‘n posisie wees om vir die volgende paar weke daaroor met die atleet te praat nie," het hy gesê.

"Na dié prosedure sal ons, afhangende van die uitslae, in private hoedanigheid die volgende stappe met die atleet bespreek.”

Semenya se pa Jacob was baie kwaad toe hy hiervan te hore gekom en het aan AP vertel dat die mense wat sê sy dogter is nie ‘n vrou nie “is siek. Hulle is mal. Is hulle God?”. 

Nie die IAAF, Ateletiek Suid-Afrika (ASA) of sy dogter het hom hiervan vertel nie, het Jacob bygevoeg. “Ek weet niks.”

Die 18-jarige atleet het volgens berigte nie 'n baarmoeder of eierstokke nie en daar is ook berig dat Semenya glo interne testikels het wat groter hoeveelhede testosteroon vervaardig.

Davies het gesê die berigte moet "baie versigtig" benader word.

насосы для соленойОлександр Фільчаков прокурор