Afrikaanse voetspore en bestemming

Antwoorde hieroor uiteenlopend. Daar is diegene wat 'n vorm van samewerking met die owerheid en gesagstrukture voorstel, sommige lê klem op 'n eie geografiese gebied en nog ander vra vir meer daadwerklike aksie in die huidige opset, veral wat die alledaagse omgang met die taal en kultuurgoedere betref. Daar is natuurlik 'n saak uit te maak vir baie van hierdie voorstelle, maar ek verwys weer na my voorstel gedurende November 2008 op hierdie webwerf in Die antwoorde op die dinge oor watter moontlike metodes ons kan gebruik om verantwoorde antwoorde te probeer kry op situasies waarmee ons gekonfronteer word. Ek dink die eis vir 'n min of meer eenvormige antwoord op die huidige situasie is onontbeerlik. Maar waarin lê hierdie eenvormige antwoord? Maklike antwoorde hierop is ons nie beskore nie. Ek wil tog die een en ander hieroor opmerk:

  • Die debat oor eie grondgebied kom lank en diep en ek wil nie nou hier oor die meriete al dan nie hiervan debatteer nie. Realisties gesien: ons moet net oortuigend antwoord op die vraag wat die moontlikheid is dat so 'n werklikheid ooit toegelaat sal word om te bestaan, veral as dit enigsins blyk 'n betekenisvolle sukses te wees.
  • Die klem op aksie rondom Afrikaans as taal en kultuurverskynsel is bo twyfel, maar ons moet oppas. Ek haal die Spaanse skrywer Carlos Ruiz Zafón se openingswoorde aan uit sy mees onlangse boek, uit Spaans vertaal as "The Angel's Game" : "'n Skrywer vergeet nooit die eerste keer wanneer hy 'n paar munte of 'n aanprysing aanvaar het in ruil vir 'n storie nie. Hy vergeet nooit die ydelheid in sy bloed wat hom laat glo dat, indien hy sy gebrek aan talent vir ander kan wegsteek, die droom van die letterkunde hom sal voorsien van 'n dak oor sy kop, 'n warm bord kos aan die einde van die dag, en dít wat hy die meeste begeer: sy naam op 'n stukkie papier wat hom waarskynlik sal oorleef. 'n Skrywer is veroordeel om daardie moment te onthou, aangesien hy van daardie oomblik af gedoem is en sy siel 'n prys het." (my vertaling).  Hoe waar is dit van die moderne Afrikaanse letterkunde en kultuur? As ek so om my kyk het ons eerlike "kultuur" met iets om die lyf, broodnodig.
  • Die reeds gemaakte voorstelle in bogenoemde debat wys duidelik uit: die nakom van ingeligte verantwoordelikheid, in die een of ander vorm van aksie, en deursettingsvermoë (wilsoortuiging) is ononderhandelbaar. Daarsonder kan ons net sowel nie begin nie.
  • En oor fundamentele keuses: Johann Rossouw raak hieraan in sy bespreking van R.W. Johnson se onlangse boek oor Suid-Afrika na Apartheid (South Africa's Brave New World: The Beloved Country Since the End of Apartheid), veral Afrikaners se sug na deelname aan die hoofstroom. (Sien: Glasoog, Beeld BY, 11 Jul 09). Hierdie keuses en, belangriker, hulle geskiedenis (hoe het ons gekom tot in hierdie situasie), kan nie uit eerlike besinning uitgelaat word nie, beide op fundamentele gronde en daarom ook uiteindelik op die vlak van hulle praktiese uitkomste

Aanvaarde besigheidsteorie sê ons moet versigtig wees dat struktuur nie die pas aangee en strategie volg nie. Dit hoort andersom. Dit beteken dat daar duidelikheid (eenvormige antwoorde hierbo) moet bestaan oor die bestemming terwyl ons voetspore trap. In die besigheidswêreld is dit waarskynlik waar. In die samelewing ook, maar dalk sit ons nou met 'n situasie wat (vir eers) om strukture vra bloot ter wille van oorlewing. As daar hiervoor 'n saak uitgemaak kan word, is die instelling van alternatiewe strukture iets om verder te verken. Dit geld nie net strukture rondom taal en kultuur nie, maar ook in die praktiese sfere van onderwys (op alle vlakke), diensteverskaffing, sosio-maatskaplike ondersteuning en opheffing, ensovoorts. Daarvoor is daar gesprek en koördinasie nodig, ook om prioriteite te bepaal. Neels de Ridder maak in sy artikel opmerkings rondom finansiering hiervan – uit verskeie persoonlike gesprekke ter plaatse en enkele in die buiteland, is ek glad nie oortuig van die feit dat befondsing van hierdie voorstelle onmoontlik is nie, veral as jy weet waar en by wie om te soek en jy benut vaardige agente en woordvoerders. Dieselfde geld vir kundigheid om dit te doen. Johann Wingard se artikel oor die Boere en die Russe skets so 'n tipe prentjie. Dit is egter 'n ander, weliswaar noodsaaklike, onderwerp. In kort kom dit daarop neer dat niemand (individue en organisasies) meer kan sit en wag dat iets vir ons gedoen word nie; ook nie dat ons beloftes in dié verband in ruil vir samewerking kan aanvaar nie – daarvoor het die praktyk en geskiedenis te veel lesse te leer. Aangesien niks ooit werklik eindig nie, staan ons optrede in die alhier in die oordeel van tyd. Sou ek my naam onder aan die uiteindelike uitkoms hiervan wou teken?

хороший стоматологлобановский александр биография

Al dra ‘n aap ‘n goue ring…

Image

Obama heet nou Okeke

'n Dieretuin in die Duitse stad Dresden, moes die naam van een van hulle ape verander van 'Obama' na 'Okeke' nadat 'n swart groep gewaarsku het dat die oorspronklike naam 'n rassistiese belediging impliseer. Die nuutgebore aap is in Maart na die Amerikaanse president Barack Obama vernoem.

"n Woordvoerder van die Dresdendieretuin sê die naam is nou amptelik verander en is so bevestig op 'n Engelstalige webtuiste bekend as The Local. Obama het Dresden verlede maand, in Junie, besoek.

Tahir Della van die Inisaitief vir Swart Duitsers (ISD) het gesê "Swart mense word deurlopend gekonfronteer met assosiasie met die diereryk en die primitiewe."

Die dieretuin sê hulle kies die name vir nuutgebore diere om in dieselfde jaar almal met dieselfde letter te begin. In 2009 is dit die letter O en die opsigter het gedink 'Obama' sal 'n positiewe eerbewys aan die Amerikaanse president wees.

Aanvanklik het die dieretuin nie ag geslaan op kritiek teen die naam nie, maar toe uiteindelik bes gegee.

фишер прайс купитьлобановский класс харьков

Afrikaans en trots daarop

Moenie dink jy is 'n verraaier as jy met die klerk in die bank Engels praat terwyl jy Afrikaans prekend is nie; dit wys net dat Afrikaanssprekendes respek het vir hulle medelandgenote en ander tale. Leef Afrikaans. Ek droom nog steeds in Afrikaans al praat ek Engels met my kollegas wat nie iets anders as Engels en Oshivambo verstaan nie. Ek is en bly en sal altyd Afrikaans wees.


дизайн веранды влобановский александр игоревич

Elf nuwe gevalle van varkgriep in SA

Sewe van die elf nuwe gevalle het 'n geskiedenis van reise na ander lande wat deur varkgriep getref is, het die gesondheidsdepartement gesê.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ges6e dat varkgriep, wat amptelik as die H1N1-virus bekendstaan, die snelgroeiendste pandemie ooit is en dat dit voortaan sinloos sou wees om elke geval te tel, het die SAUK insgelyks berig.

play 21 forлобановский александр компромат

Twee eeue van gulsigheid

Twee eeue van onreg deur Engelse (en die Weste) voorwaar.

Ná ek die artikel goed laat insink het, raak dit in my opinie al hoe duideliker hoe die groot wêreldmoondhede eintlik bang geword het vir die Afrikaner en wat hy kan verrig in Afrika. Was ons nie dalk die nuuste wêreldmoondheid van Europese oorsprong in onwikkeling nie.

Dalk 'n nuwe 'Amerika'? Dan sit ons ook nog op die kontinent met al die minerale waar agter die Weste, Rusland en China aan is.

Dit was 'n bedreiging, want wat kon gebeur as ons die minerale vir onsself gebruik. Ons militêre potensiaal was duidelik vir almal, dus sou ons maklik ons stempel in Afrika kon afdruk en ons het ook – niks kon ons keer nie. Net die Weste en onsself.

Die Britte het die hoofrol gespeel in ons ondergang, seker omdat hulle hulself wou posisioneer as die regeerders hier onder in Donker Afrika, of met behulp van 'n korrupte marionet wat hul dan sou kon voorsê.

So is dit maar net weer 'n storie oor Britse/Amerikaanse/Westerse gulsigheid?

палатка ценыtopcargo отзывы сотрудников

As komedie werklik word

As groot liefhebber van slapstick komedie was “The Onion Movie” (ook bekend as “The News Movie”) vir my ‘n treffer. Die spot word gedryf met almal en alles, soms bietjie smaakloos, maar heeltyd snaaks.

Een van die snaaksste oomblikke in die fliek was toe ‘n gemaskerde rower, gewapen met ‘n rewolwer, ‘n bank binnestorm. Die kassiere begin onmiddellik kontant in ‘n sak pak, maar die rower merk verontwaardig op dat hy nie geld soek nie, maar ‘n betrekking by die bank, sodat hy kan werk en sy eie geld kan verdien. Rewolwer in die hand, masker op die gesig, dring hy aan om onmiddellik in diens geneem te word. Skreeusnaaks!

Slapstick is meestal snaaks omdat dit heeltemal oordrewe is, maar tog raak aan werklikhede. In Suid-Afrika word sulke oordrewe situasies egter werklikheid. Tydelike mynwerkers hou hulle bestuurders gyselaar onder in die myne totdat die topbestuur permanente poste aan die werkers belowe! Moet ons lag of huil? Of moet ons dringend, aktief daaraan werk om Afrikaner selfbeskikking ‘n werklikheid te maak?

ігридля дівчатФильчаков

Winkelketting in Nederland weier Marokkane

Albert Heijn to go-filiale op treinstasies in Nederland weier om verder medewerkers van Marokkaanse afkoms in diens te neem. ''Dringend! Geen Marokkanen!' is die besliste boodskap van die winkels in Amsterdam Westtunnel, Amsterdam Lelylaan en Den Haag Centraal Station.

Die oproep om Marokkaanse werknemers uit te sluit staan in 'n oorsig van die personeelafdeling waarin hulparbeid uiteengesit word.

Die lys is Donderdag 4 Junie per per e-pos na 31 Albert Heijn to go-winkels gestuur.

'n Anonieme medewerker van AH to go het gesê bepaalde filiaalbestuurders vind dat daar 'meer as genoeg Marokkaanse jong mans werk'. "Dit kan as 'n bedreiging vir klante voorkom."

Die hoofkantoor van Albert Heijn is egter 'ontsettend verskrik' omdat hulle geen "onderskeid tussen mense van verskillende etniese afkoms tolereer nie", het 'n woordvoerder gesê.

Die direkteur van die Nederlandse Bureau voor Discriminatiezaken beplan glo verdere stappe aangesien dit lyk na diskriminasie.
установка самовсасывающего насосадепутат лобановский

Zuma vra dat globale finansi?le argitektuur verander word

Die globale finasiële argitektuur moet verander word sodat ontwikkelende lande ook verteenwoordig word, het president Jacob Zuma Woensdag tydens sy toespraak in Sjarm El Sjeg, Egipte, gesê.

Vyftien lande se staatshoofde is tans daar byeen vir die spitsberaad vir die Beweging vir Onverbonde Lande, BOL. Hy het gesê die "algehele onvermoë van finansiële intsellings om 'n wêreldwye resessie te verhoed, is genoeg bewys vir die behoefte aan verandering en hernuwing".

Zuma het benadruk dat verteenwoordiging deur ontwikkelende lande tred sal moet hou met die ekonomiese werklikhede van die planeet.

Hy het gesê dit is noodsaaklik om druk toe te pas vir transformasie asook sodat die Noorde by hulle beloftes van hulp hou omdat die finansiële krisis talle lande se ekonomieë benadeel.

Zuma het ook verwys na die kwessie van hervorming van die VN. Hy het gesê Suid-Afrika se twee jaar by die Veiligheidsraad het die land "eerstehandse ervaring" gegee van die VN se onvermoë om die "swak en kwesbares" te beskerm.

Hy het die instelling se "ondemokratiese grondslag" in beide hul werksmetodes en verteenwoordiging betreur

Die president het gesê dit is belangrik om te besef dat "BOL die historiese onreg wat jeens Afrika gepleeg is in die samestelling van die Veiligheidsraad erken".

Zuma het ook die stryd van die Palestyne teen onderdrukking en marginalisering uitgelig en gesê solank dit voortduur sal daar nie blywende vrede kan wees nie. Hy het die skepping van 'n Palestynse staat, die reg tot selfregering, as die enigste werkbare oplossing beskryf.

Zuma het 'n beroep op Israel gedoen om op te hou om nedersettings in die Wesoewer te bou, hulle magte te onttrek, en die grense van voor 1976 te erken en gevra dat die onderhandelinge in die Midde-Ooste op daardie basis hervat word.

Vrede en veiligheid in Afrika is onbereikbaar indien die onwettige handel in kleiner wapens nie opgelos word nie, het Zuma voorts gesê.

Suid-Afrika het in 1994 'n lid van BOL geword en sedertdien deelgeneem aan ontmoetings om samerwerking tussen lande in die suidelike halfrond te bevorder asook die belange van ontwikkelende lande op die globale verhoog.

италия светФильчаков прокуратура харьков

Betogers versper pad tussen Sun City en Brits

Een persoon is beseer en drie is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandagoggend met rubberkoeëls op 'n skare betogers losgebrand het naby Rustenburg, het die SAUK berig.

Honderde inwoners van Lekgalong, Lethabong en Ikageng het die pad tussen Sun City en Brits met brandende bande afgesper.

Die SAUK se nuusspan het berig dat die polisie genoodsaak was om op die woedende skare te vuur.

Inwoners is klaarblyklik ongelukkig oor 'n gebrek aan dienslewering en beweerde korrupsie van die plaaslike munisipale raad.

Superintendent Lesego Metsi van die SAPD het aan Sapa gesê hy probeer nog bevestiging vir die insident kry.

no deposit win real moneyФільчаков прокурор