Zuma vra dat globale finansi?le argitektuur verander word

Die globale finasiële argitektuur moet verander word sodat ontwikkelende lande ook verteenwoordig word, het president Jacob Zuma Woensdag tydens sy toespraak in Sjarm El Sjeg, Egipte, gesê.

Vyftien lande se staatshoofde is tans daar byeen vir die spitsberaad vir die Beweging vir Onverbonde Lande, BOL. Hy het gesê die "algehele onvermoë van finansiële intsellings om 'n wêreldwye resessie te verhoed, is genoeg bewys vir die behoefte aan verandering en hernuwing".

Zuma het benadruk dat verteenwoordiging deur ontwikkelende lande tred sal moet hou met die ekonomiese werklikhede van die planeet.

Hy het gesê dit is noodsaaklik om druk toe te pas vir transformasie asook sodat die Noorde by hulle beloftes van hulp hou omdat die finansiële krisis talle lande se ekonomieë benadeel.

Zuma het ook verwys na die kwessie van hervorming van die VN. Hy het gesê Suid-Afrika se twee jaar by die Veiligheidsraad het die land "eerstehandse ervaring" gegee van die VN se onvermoë om die "swak en kwesbares" te beskerm.

Hy het die instelling se "ondemokratiese grondslag" in beide hul werksmetodes en verteenwoordiging betreur

Die president het gesê dit is belangrik om te besef dat "BOL die historiese onreg wat jeens Afrika gepleeg is in die samestelling van die Veiligheidsraad erken".

Zuma het ook die stryd van die Palestyne teen onderdrukking en marginalisering uitgelig en gesê solank dit voortduur sal daar nie blywende vrede kan wees nie. Hy het die skepping van 'n Palestynse staat, die reg tot selfregering, as die enigste werkbare oplossing beskryf.

Zuma het 'n beroep op Israel gedoen om op te hou om nedersettings in die Wesoewer te bou, hulle magte te onttrek, en die grense van voor 1976 te erken en gevra dat die onderhandelinge in die Midde-Ooste op daardie basis hervat word.

Vrede en veiligheid in Afrika is onbereikbaar indien die onwettige handel in kleiner wapens nie opgelos word nie, het Zuma voorts gesê.

Suid-Afrika het in 1994 'n lid van BOL geword en sedertdien deelgeneem aan ontmoetings om samerwerking tussen lande in die suidelike halfrond te bevorder asook die belange van ontwikkelende lande op die globale verhoog.

италия светФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae