Wilton Daniel Gregory, die 60-jarige aartsbiskop van Atlanta, het gesê dat Pous Benedict XVI in die verlede al voorgestel het dat die verkiesing van ‘n swart pous ‘n goeie teken aan die wêreld sou stuur oor die universele kerk.
Aartsbiskop Gregory, wat in 2001 die eerste swart Amerikaner geword het wat die biskoppe konferensie gelei het, en vir drie jaar die pos gehou het, het gesê dat “die verkiesing van Obama ‘n groot stap vooruit was vir die mensdom, en ‘n teken dat die probleem van rassediskriminasie in Amerika nou oorkom word.”
Soos Obama, is aartsbiskop Gregory ook van Chicago afkomstig, en was hy die vorige biskop in Illinois.
Hy het gesê dat onlangse pouse, soos John XXIII en Paul VI mense van alle nasies en rasse na Rome toe gebring het om senior posisies in die Kurie, die Vatikaanse hiërargie, op te neem. Dit het ‘n Nasionale aansig geskep van ‘n kerk wat ryk is aan diversiteit, het hy aan die Italiaanse koerant, La Stampa, gesê.

Die finale besluite omtrent toekenning van tenders moet uit die hande van politici geneem word, het ANC-president Jacob Zuma op Vrydag gesê.
Sjinese rekenaarkrakers het die Withuis se rekenaarnetwerk al verskeie kere binnegedring, en e-pos tussen regeringsamptenare in die hande gekry, het ‘n senior amptenaar aan die Financial Times gesê.
Italië se uitgesproke premier, Silvio Berlusconi, het ‘n goeie begin gemaak deur die nuwe Amerikaanse President te komplimenteer met sy mooi "sonbruin" gelaat.
Russiese koerante het Donderdag baie min aandag gegee aan Obama se oorwinning, en eerder gefokus op president Dmitri Medvedev se staatsrede.