Obama, die verlosser

’n Droom, ’n held, ’n verlosser: Keniaanse koerante het diep gedelf om woorde te vind vir sen. Barack Obama se verkiesings­oorwinning om die inspirasie wat die volgende Amerikaanse president in sy pa se geboorteland verteenwoordig, oor te dra.

 

“Die droom is verwesenlik” was die opskrif van die People Daily, terwyl die Daily Metro gelui het  “Ons seun, ons hoop”. Albei koerante het gratis Obama-plakkate geadverteer.

Kenia se topdagblad, Daily Nation, het ’n foto van Obama met sy vrou en twee dogters op die voorblad gehad. In die hoofartikel sê dié koerant Afrika het groot verwagtinge van die eerste swart Ame­rikaanse president. “Daar is heelwat verkeerd met Amerika, die wêreld en die verhoudinge tussen die twee.” внутреннее освещение помещенийФільчаков прокурор