“Die droom is verwesenlik” was die opskrif van die People Daily, terwyl die Daily Metro gelui het “Ons seun, ons hoop”. Albei koerante het gratis Obama-plakkate geadverteer.
Kenia se topdagblad, Daily Nation, het ’n foto van Obama met sy vrou en twee dogters op die voorblad gehad. In die hoofartikel sê dié koerant Afrika het groot verwagtinge van die eerste swart Amerikaanse president. “Daar is heelwat verkeerd met Amerika, die wêreld en die verhoudinge tussen die twee.”
