Selle van ‘n vrou wat aan leukemie oorlede is, is gedekodeer, en die wetenskaplikes het die DNS van haar normale, gesonde selle vergelyk met die wat deur kanker aangetas was. Daarna het hulle 10 mutasies opgespoor, wat klaarblyklik abnormale groei aanhelp, en die selle verhoed om teen normale tempo te groei wat die selle in staat stel om chemoterapie teen te staan.
Mutasies is genetiese foute, en die wat wel gevind is in die navorsing is nie ingebore nie, maar het later in die lewe ontstaan, soos wat meeste mutasies is wat kanker veroorsaak. Slegs 5 tot 10% van kankers word geag as van oorerflike oorsprong te wees.
Die nuwe navorsing, wat gekyk het na die hele genoom, al die DNS, en gemik het om al die mutasies in ‘n spesifieke kanker vas te stel, het heelwat verskil van vorige studies wat gekyk het na minder gene vir spesifieke mutasies. Die projek, wat maande geneem het, en 'n miljoen dollar gekos het, was moontlik gemaak deur onlangse nuwe tegnologie wat dit makliker en goedkoper gemaak het om 100 miljoen DNS deeltjies te toets as wat dit gekos het om voorheen 100 stukkies DNS te toets.
Die studie was gedoen by die Washington Universiteit in St. Louis en is in die joernaal Nature gepubliseer. Dit is die eerste verslag van genoomkanker en navorsers sê daar is nog baie op pad.
