Die stamme se mense, wat van die minsbevoorregte mense in die Indiese gemeenskap is, het bymekaargekom vir die vieringe naby ‘n standbeeld van Mahatma Ghandi in die Morabigronde in Jharkhand se hoofstad, Ranchi, het die IAMS-nuusagentskap berig.
Stamleier, Bahurra Ekka, het gesê dat Obama, ‘n Afro-Amerikaner, se oorwinning ‘n groot stap was in die stryd teen rassediskriminasie.
“Dit is ‘n rooiletterdag in die geskiedenis van die wêreld” het ‘n plakkaat gelees by die byeenkoms.
Die stamme se mense, ook bekend as adivasis, of oorspronklike inwoners, maak sowat 8 % van Indië se 1,2 miljard mense uit. Jharkhand is een van die Indiese state wat ‘n groot bevolking van dié mense het, omtrent 26,3 % volgens die 2001 sensus.
Lede van Indië se stamgemeenskap is hoofsaaklik arm, met min grondbesit, ten spyte van 'n regstellendeaksiebeleid wat al vir dekades in plek is. Hulle leiers kla steeds oor rassediskriminasie.
“Swartmense het altyd teenstand in die wêreld gekry” het Bahura Ekka, ‘n stamleier gesê. “Ons glo dat met rassediskriminasie tot ‘n einde sal kom met Obama se oorwinning in die presidentsverkiesing.”
“Ons het gekies om die oorwinning te vier voor die standbeeld van Ghandi, wat die eerste persoon was om die stryd teen rassediskriminasie in Suid-Afrika te begin” het Ekka gesê.
