Russiese koerante ignoreer Obama se oorwinning

ImageRussiese koerante het Donderdag baie min aandag gegee aan Obama se oorwinning, en eerder gefokus op president Dmitri Medvedev se staatsrede.

Die Amerikaanse verkiesing was sekondêre status gegee deur verskeie groot dagblaaie, met ‘n grootliks feitelike weergawe van die uitslae van die verkiesing en donker voorspellings oor die toekoms van Russies-Amerikaanse verhoudings.

Groter aandag was gegee aan die Kremlinleier se toespraak, waarin vir groter wetgewingshervormings gevra is wat die presidensiële mandaat sal uitbrei.

In die regeringskoerant, Rossiiskaya Gazeta, het Mikhail Margelof, voorsitter van internasionale aangeleenthede, ‘n baie pessimistiese beskouing gegee.

“Ek dink Obama sal met die verloop van tyd verstaan, of dit sal aan hom uitgewys word, dat konfrontasie met Rusland nie vir Amerika enige voordele sal inhou nie,” het hy gesê.

“Op die oomblik bestaan sy span uit mense wie se houding jeens Rusland nie baie vriendelik is nie,” het hy bygevoeg.

справку пндДанильченко Юрий Харьков