Leon Lemmer: Die polities byderwetse bevordering van die mengeltaal Kaaps

LitNet is redaksioneel en administratief in Stellenbosch gesetel. Soos deesdae aan die Universiteit Stellenbosch (US) is niemand en niks vir LitNet te links nie. Sodra iemand of ‘n teks nie links genoeg is nie, ontstaan daar bedenkinge in LitNet-geledere. Sensuur word dan dikwels toegepas deur sulke tekste (artikels en kommentaar) sonder verduideliking of verskoning gewoon nie te publiseer nie. Dit is soortgelyk aan die beleid van Naspers, dus Media24, Netwerk24 en koerante soos Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport. Soos aan die US en by Naspers is daar by LitNet die neiging om alles wat nie duidelik genoeg links is nie as verregs te beskou. By hierdie drie instansies is daar die versugting om te alle tye polities “korrek”, dus byderwets, te wees. Hulle betoon lippediens aan gonswoorde soos vryheid, diversiteit en inklusiwiteit, op voorwaarde dat volgens hulle patroon gedink word. Byvoorbeeld, die huidige US, insluitende die Woordfees, laat nie regse sprekers toe nie en die De Villiers-US sal sekerlik nooit ‘n ere-doktorsgraad toeken aan enigeen wat naasteby regs is nie.

Een van die gevolge van hierdie houding is dat katvoet met Standaardafrikaans omgegaan word. Standaardafrikaans het immers danksy hoofsaaklik Afrikaanssprekende blankes tot stand gekom. In die nuwe Suid-Afrika is dit byderwets om enigiets afkomstig uit Afrikanergeledere met agterdog te bejeen. Die keersy is dat enigeen en enigiets uit nie-wit geledere met graagte omarm word. Nog ‘n gevolg is dus dat die mengeltaal Kaaps feitlik ten alle koste en kritiekloos opgehemel word. Kaaps word deesdae deur taalkundiges selfs op ‘n vergesogte manier as die oorspronklike en kerndialek van Afrikaans voorgehou, soos ek onlangs aangetoon het (Praag 11 Februarie).

Kaaps word in die plaaslike taalkundige geledere eerder as ‘n variant van Afrikaans as ‘n variant van Engels beskou, al word Kaaps uitermate met Engelse woorde besoedel en al is die sinskonstruksie soms eerder Engels of Arabies as Afrikaans. Die waarheid is dat Kaaps ‘n mengeltaal is wat êrens tussen Afrikaans en Engels geposisioneer is. Kaaps word hoofsaaklik in die Kaapstadse metropool aangetref. Die sprekers van Kaaps is feitlik uitsluitlik bruin. Polities verligtes vind dit gevolglik nodig om Kaaps so gunstig moontlik voor te stel. Dit gaan hier om lippediens aan wat by die massa in die mode is. Die massa is egter glad te dikwels nie die bakermat van wat korrek of waar of geldig is nie.

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) openbaar ‘n oorverligte mentaliteit soortgelyk aan LitNet, die US en Naspers. Daar word openlik erken dat die ATR se agenda eerder polities as taalkundig is, naamlik om eerder versoening te probeer bewerkstellig as om bv Standaardafrikaans en taalsuiwerheid te bevorder. Die besturende direkteur van die ATR, Conrad Steenkamp, het Johannes Comestor op 1 November op LitNet uitgedaag om sy besware teen die ATR op skrif te stel. Hoewel Comestor se deeglik nagevorste teks aan LitNet besorg is, was hy weens gebrek aan enige reaksie van LitNet se kant verplig om sy antwoord op Steenkamp se uitdaging op Praag (Menings, Briewe, 13 November) te publiseer. Dit het aan Steenkamp en die ATR ‘n agterdeur gebied om glad nie te reageer nie. ‘n Mens hoef jou mos nie te steur aan wat op ‘n regse webwerf gepubliseer word nie; veral nie as jy hard probeer om nie-wittes ter wille te wees nie. Die ATR kan homself dus op die skouer klop dat hy in geen opsig pogings hoef aan te wend om in die belang van Afrikaans te verbeter nie.

Die punt wat daarmee bewys is, is dat LitNet weens politieke byderwetsheid en deur die toepassing van sensuur nie ‘n forum bied vir gesonde meningswisseling oor bv Standaardafrikaans in vergelyking met Kaaps nie. Daarenteen is my ondervinding dat Praag wel bereid is om sinvolle debatte en meningsverskille oor enige onderwerp toe te laat. In hierdie rubriek toon ek aan hoe LitNet, anders as in die geval van die pro-Standaardafrikaans- en anti-Kaapsskrywe van Comestor, bereid is om tot hoogs eensydige uiterstes te gaan ter bevordering van Kaaps en die belange van bruines. Waarop dit by implikasie neerkom, is dat LitNet polities byderwets Standaardafrikaans en die bevordering en toekoms van ordentlike of agbare Afrikaans benadeel. Dieselfde geld Afrikanerbelange. Dit is seker nie die doel wat aanvanklik met LitNet nagestreef is nie.

Dit gaan in hierdie rubriek om twee onlangse boeke. Die eerste een is Kaaps in fokus (Stellenbosch: Sun Media, 2016, xiii + 145p, R225), met Frank Hendricks en Charlyn Dyers as redakteurs. Hulle het onderskeidelik ook hoofstuk 1 en 4 in die bundel geskryf. Michael le Cordeur is die outeur van hoofstruk 6. Hierdie boek is sedert Desember in boekwinkels beskikbaar. Ek het dit onder die opskrif, “Die oorsprong van Afrikaans: Kaaps of Nederlands?” bespreek (Praag 11 Februarie).

Die ander boek is Ons kom van vêr: Bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans (Tygervallei: Naledi, 2016, xxi + 601p, R250), met WAM Carstens en Michael le Cordeur as redakteurs. Carstens het slegs die voorwoord geskryf, terwyl Le Cordeur die inleiding en vier van die 36 hoofstukke (14, 16, 19 en 23) geskryf het. Hoewel hierdie boek op Versoeningsdag, 16 Desember, bekend gestel is, is dit eers sedert die middel van Februarie in boekwinkels beskikbaar. In ‘n latere rubriek hoop ek om hierdie boek inhoudelik te bespreek. Ek het dit reeds van voor tot agter gelees. In hierdie rubriek beperk ek my aandag by wat op LitNet gepubliseer is en by algemene kwessies aangaande hierdie twee boeke. Ek begin met algemene opmerkings.

Ons kom van vêr is maande laat beskikbaar gestel. Dit is dalk nie so vreemd nie. Carstens se boek, Die storie van Afrikaans, is reeds jare laat.

Ons kom van vêr is op Versoeningsdag bekend gestel. Dit is hoogs onvanpas. Onder die dekmantel van kritiek op apartheid word blankes, veral Afrikaners, deur sommige van die bruin outeurs met oorgawe sleggesê; dermate dat ek net enkele hoofstukke per dag kon lees voordat ek oorgenoeg van hierdie soort retoriek gehad het. Van die kant van die bruin outeurs is daar geen sprake van versoening nie; ook nie van enige erkentlikheid vir wat blankes oor eeue ten bate van bruines gedoen het nie. Klaarblyklik is die standpunt waarvan uitgegaan word dat blankes skuldige misdadigers en bruines onskuldige slagoffers is; dat bruines as neo-swartes in elk geval tot daardie deel van die demografiese spektrum behoort waarin daar deur hulle vir niks om verskoning gevra hoef te word nie. Blykbaar is dit evangelie dat blankes, en net blankes, om verskoning moet vra; selfs dat ‘n bruin mens as opgeleide terroris onbevlekte ikoniese status kan verwerf omdat hy beweer dat hy sy “vryheidsvegtery” in Afrikaans gedoen het (hoofstuk 30). Le Cordeur is so ingenome met Basil Kivedo se gewelddadigheid dat hy voorspel dat hierdie hoofstuk, waarvan hy die titel foutief weergee, nog “kultusstatus” gaan bereik (p xx).

Dit is onwaarskynlik dat LitNet al ooit aan boeke groter publisiteit as aan hierdie twee verleen het. Uit wat hier onder volg, blyk die omvang van die veldtog. Die hoofonderwerpe is Adam Small, bruin mense en Kaaps. Sou LitNet bereid wees om ‘n veldtog van soortgelyke omvang ten behoewe van Afrikaners en Standaardafrikaans te loods? Myns insiens is dit hoogs onwaarskynlik.

As daar iets is wat die twee boeke duidelik maak, is dit dat dit ‘n mite is dat Afrikaners en Afrikaanssprekende bruines dieselfde kultuur het. Daar is ‘n mate van oorveueling maar daar is ook groot verskille, bv bruines se buitensporige voorliefde vir foto’s van hulleself.

LitNet 19 Desember

LitNet (afdeling Boeke en skrywers) se veldtog het op 19 Desember begin met ‘n bekendstelling van Ons kom van vêr. Blykbaar is Le Cordeur die outeur van die teks, wat op 21 Desember ook in Die Burger (p 11) en die volgende dag op Netwerk24 gepubliseer is. Dit is eintlik standaardpraktyk by Le Cordeur dat hy die waarde van sy tekste so hoog aanslaan dat hy hulle graag op meer as een plek publiseer. Sy eerste sin is ‘n verwyt: “Die storie van Afrikaans het in die verlede meestal gefokus op die taal se wit geskiedenis, terwyl die taal se bruin en swart geskiedenis misken is.” Hy en Carstens het besluit om ‘n gedenkboek, opgedra aan Adam Small, saam te stel om hierdie beweerde miskenning van die bydraes van nie-wittes hok te slaan.

Hoofsaaklik bruines is deur Le Cordeur om bydraes genader. Dit herinner aan wat Samuel Johnson in 1784 gesê het: “Who drives fat oxen should himself be fat” (James Boswell, The life of Samuel Johnson, London: Everyman, 1992, vol 2, p 527). In die geval van Kaaps in fokus is die outeurs ook oorwegend bruin. Hierdie mense mag hulleself blykbaar op grond van ras of etnisiteit onderskei (soos ook in die geval van die Swart Afrikaanse Skrywersvereniging, hoofstuk 33). Dit is ook in orde as die ANC-regering hulle om dieselfde rede bevoordeel. Slegs die blankes mag eintlik nie rasse-onderskeide tref nie.

Le Cordeur beweer “ons moes streng keuring toepas om die boek tot 35 [eintlik 36] hoofstukke te beperk.” Dit lyk asof daardie keuring hoofsaaklik deur Le Cordeur as “inhoudsredakteur” gedoen is. Vir hom as outeur was daar ruimte vir nie minder nie as vier hoofstukke. Soos in die geval van sy hoofstuk in Kaaps in fokus is daar ook hier ‘n groot mate van herpublisering (bv sy hoofstuk 23). Dieselfde geld Conrad Sidego se hoofstuk 24 en Johan Coetser se hoofstuk 36. Daar is ook ‘n hinderlike element van narsisme (“sieklike liefde vir die self” – HAT). Le Cordeur se wiskunde-onderwyser het hoofstuk 9 geskryf en sy suster, ‘n oud-skoonheidskoningin, hoofstuk 13, opgeluister met bladsye foto’s van haar in haar eertydse glorie. Hoofstuk 19 handel oor ‘n gewigtige onderwerp, Wellington se krisantevereniging, met groot prominensie wat aan Le Cordeur en sy ouers verleen word, insluitende foto’s in swart-en-wit en kleur. Op teenoorstaande bladsye (308 en 309) word sy ma, Sylvia, vyf keer by die naam genoem, plus ‘n foto van haar. Ook sy pa se name word daar vermeld en meerdere kere word hulle seun, Michael, genoem en daar is ‘n verwysing na ‘n kleurfoto van die drietal wat elders in die boek verskyn. Selfadvertering neem hier sulke buitensporige afmetings aan dat dit te dik vir ‘n daalder word. Verder: Omtrent al die gebruiklike verdagtes (in hierdie konteks) het ‘n hoofstuk geskryf, bv Christo van der Rheede, Danny Titus, Llewellyn MacMaster, Henry Jeffreys, Danie van Wyk en Nico Koopman. Franklin Sonn het nie, of kon nie, ‘n hoofstuk lewer nie, maar sy aanbeveling en foto is prominent op die flapteks.

Die Afrikaanse taalkundige Wannie Carstens se naam word eerste as redakteur genoem. Hy het as teks- of taalredakteur opgetree. Dit is moontlik dat die tekste in hierdie oorambisieuse, lywige boek baie taalkundige redigering geverg het. Byvoorbeeld, Cornelius Thomas het twee hoofstukke (10 en 31) bygedra. Van sy boek oor die 1976-onluste, wat in 1997 deur die Universiteit van Wes-Kaapland gepubliseer is, het ek geskryf: “Geen eerbare akademiese inrigting sal so ‘n slordige teks publiseer nie. Dit lyk asof (feitlik) geen redigering of proefleeswerk gedoen is nie” (Praag 21.12.2014). Ons kom van vêr kan kwalik Carstens se aansien as taalkundige verhoog. Daar is so baie taalfoute dat ek vermoed dat al die kopie nie aan hom voorgelê is nie, of dat hy nie al die honderde bladsye gelees het nie, of dat sy taalkennis tekortkominge het. Ek vestig die aandag op net enkele van die taalfoute.

Die samevatting aan die begin van elke hoofstuk word verkeerdelik ‘n “abstrak” pleks van ‘n “ekserp” genoem. Hierdie fout is onverskoonbaar. Kaaps in fokus vaar beter deur die woord “opsomming” te gebruik.

“Onder andere word eerder vir mense gebruik en onder meer vir dinge” (Dalene Müller, Skryf Afrikaans van A tot Z, Kaapstad: Pharos, 2007, p 158). Die meeste outeurs is salig onbewus van hierdie onderskeid (bv xx, 18, 30).

‘n Mens dien in pleks van op ‘n direksie, raad, komitee, ens (bv 18, 57, 77). Eerder deurslaggewende as kritieke belang (33) of rol (411). Stappe word gedoen en nie geneem nie (32). Afkeer aan moet afkeer van wees (101, 109). Onbewus oor moet onbewus van wees (123). Eerder soos volg as as volg (bv 132, 149, 206). Eerder as sodanig as as sulks (150, 491). Lojaliteit tot — eerder teenoor (151). Soomlose moet naatlose wees (158). Uit huis uit moet van huis uit wees (171). Liewer klaar wees eerder as beter klaar wees (207). Ten alle tye moet eerder te alle tye wees (213). Erkenning gee eerder as krediet kry (330) of gee (423). Uit eie reg; nie in eie reg nie (343, 481). Mindere of meerdere mate moet wees meerdere of mindere mate (385). In respek moet met respek wees (429). In gemeen moet bloot gemeen wees (432, 433). Uitstaande gedig moet uitmuntende gedig wees (435). Staan uit moet eerder val op wees (464), ens.

Een van bruin mense se sjibbolets is die gebruik van was (soos in Engels) pleks van is (bv 63, 96, 101). Ook het in plaas van hê. Sjibbolet: “Uiting of handeling wat aandui of iemand tot ‘n bepaalde klas, groep of party behoort of nie” (HAT). Vernalatig is ‘n kostelike bruin sjibbolet (185, 186, 415). Richard van der Ross praat gewoonlik uitstekende Engels en Afrikaans. Op ‘n dag het hy as rektor daardie gewraakte woord in die UWK-senaat gebruik. Niël du Plessis het opgespring en gesê: “Nie vernalatig nie. Die korrekte woord is verwaarloos.”

Van my grootste stylbesware teen die boek is die ongeërgde gebruik van bronverwysings en bibliografiese besonderhede. ‘n Dosent is veronderstel om deeglike kennis van sistematiese bibliografie te hê en sorg te dra dat die inligtingsbronne in bv vakkundige artikels, verhandelings en proefskrifte ondubbelsinnig geïdentifiseer kan word. Dit moet konsekwent (bv wat die gebruik van hoofletters betref) en so bondig moontlik gedoen word. In Ons kom van vêr is daar algehele bibliografiese chaos. ‘n Elementêre reël is dat die bibliografiese inskrywing in die taal van die bron moet wees, bv Londen as plek van publikasie vir ‘n Afrikaanse maar London vir ‘n Engelse boek. “Juta & Co Ltd” (36) moet net Juta wees. Owerheidspublikasies kom onder die naam van die land (298) en nie anders nie (bv 378, 442, 475). In Danny Titus se hoofstuk is die bronverwysings ongelooflik lomp: “February skryf (February 1994:1)” (184) en “Willemse (Willemse 2016:8)” (185), maar soms korrek: “Giliomee (2016:5)” (186). Die bibliografieë van bv Le Cordeur se artikels munt uit in die onnodige herhaling van die jaartal, wat dikwels na die outeur se naam sowel as by die bron verskaf word. Barnard (252) en Naidoo (253) se artikels is in ‘n Hofmeyer- (Hofmeyr?) bundel en Loff (253) se artikel in ‘n Coertzen-bundel gepubliseer, maar bibliografiese inligting oor hierdie twee bundels ontbreek. Ook oor Price (254) is daar nie bibliografiese besonderhede nie. Inligting wat in die bibliografie verskaf is (376-378) word onnodig in die eindnotas oor Beeld, Die Burger, Le Cordeur en Pelser (379) herhaal. Kyk hoe verskil die bibliografiese besonderhede oor dieselfde bron by Jongbloed en Rabe op dieselfde bladsy (392). Dit is slordige werk. Is Kotzé 2012a en 2012c (567) nie dieselfde teks nie?

Kortom, uit ‘n taalkundige oogpunt lyk dit vir my asof Carstens nie verdien om hierdie boek in sy CV te noem nie. En dan stel hy ‘n opvolgboek in die vooruitsig (xiv). In die openbare belang behoort sowel Carstens as Le Cordeur nie toegelaat te word om weer as redakteurs van ‘n bundel op te tree alvorens hulle elementêre bibliografiese kennis en vaardigheid onder die knie het nie.

LitNet 20 Desember

Frank Hendricks se bekendstellingstoespraak op 8 Desember vir Kaaps in fokus is op 20 Desember op LitNet (afdeling Menings) gepubliseer. Soos te wagte, kom hy met hierdie aanvegbare stelling: “Kaaps nie mindere Afrikaans nie, maar volwaardige Afrikaans is.” Kaaps is glo “progressief modern.” Voorspelbaar kla hy oor die verwonding, marginalisering en stigmatisering van Kaaps. Hiervoor en vir die “neerbuigende minagting” waarmee dit gepaard gegaan het, gee hy politiek die skuld terwyl die mengeltaalaard van Kaaps ten minste deels te blameer is. Desnieteenstaande maak Hendricks aanspraak op die “waardigheid oftewel soppangheid van Kaaps én sy sprekers.” Hy haal die oorverligte Gerhard van Huyssteen aan waarvolgens daar net lof vir die boek is. Kaaps in fokus is inderdaad in talle opsigte ‘n beter boek as Ons kom van vêr. Ek brei hier nie hierop uit nie omdat ek eersgenoemde boek reeds bespreek het (kyk die verwysing hier bo) en ek hoop om die ander boek in ‘n latere rubriek inhoudelik omvattend te behandel.

LitNet 12 Januarie

Asof daar nog nie genoeg publisiteit aan die twee boeke gegee is nie, is daar op 12 Januarie met ‘n “kettinggesprek” in vier aflewerings op LitNet (afdeling Skrywersonderhoude) begin. Frank Hendricks het met Michael le Cordeur ‘n onderhoud gevoer (12 Januarie), Michael le Cordeur met Charlyn Dyers (17 Januarie), Charlyn Dyers met Wannie Carstens (23 Januarie) en Wannie Carstens met Frank Hendricks (30 Januarie). Dit lyk asof daar ‘n broederlike, susterlike of tjommistiese verhouding tussen hierdie outeurs ontstaan het, seker veral weens hulle polities byderwetse en onkritiese aanhang van die mengeltaal Kaaps. Oor die implikasies daarvan vir die heil van Afrikaans, vir die voortbestaan van Afrikaans naas Engels, bekommer hulle hulle skynbaar glad nie.

Le Cordeur plaas die klem op politiek. Volgens hom handel Ons kom van vêr oor bruines se “betrokkenheid by die struggle teen apartheid en hoe hierdie stryd in hulle moedertaal, Afrikaans [dikwels seker eerder Kaaps], geskied het. In die proses het hulle nie net ‘n bydrae gelewer tot die bevryding van hulle mense nie, maar ook ‘n groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling van Afrikaans, omdat hierdie stryd hoofsaaklik in Afrikaans geskied het.” ‘n Mens sou nogal graag besonderhede wou hê van hoe bv boikotte, optogte, oproer, vandalisme, sabotasie en terrorisme tot die ontwikkeling van Afrikaans as algemeen-beskaafde taal bygedra het.

Soos dikwels in die boek herhaal Le Cordeur die valse stelling dat bruines tydens apartheid stemloos was. Die waarheid is dat hulle stemreg gehad het maar hulle het boikotbedrewe in baie gevalle verkies om nie te stem nie. Adam Small word beskryf as “‘n ikoon wat nie eens vir die Hertzogprys sy beginsels prysgegee het nie.” Maar as ek reg onthou, het Small die Hertzogprys aanvaar. Of Small die Hertzogprys ontvang het of nie, die gekerm uit bruin geledere duur in elk geval voort.

Toe Le Cordeur in die jare sewentig aan die Universiteit van Wes-Kaapland studeer het, was die meeste dosente blank en die oorwig van hulle was myns insiens (en ek praat van eerstehandse waarneming) akademies-wetenskaplik beter dosente as die enkele bruin dosente. Le Cordeur verwys egter suiwer rasgebaseerd (soos by talle ander geleenthede), slegs na “wonderlike dosente soos Jakes Gerwel, Tony Links en ‘n bloedjong Frank Hendricks.” Elders noem hy ook uitsluitlik sy bruin dosente: Adam Small, Gerwel, Tony Links en Hendricks (Ons kom van vêr, p 225).

Le Cordeur kla oor die gebrek aan finansiële ondersteuning van die blanke owerheid vir die Wellingtonse klopse en krisantevereniging. Dit is egter die soort kultuurverenigings wat blankes deurgaans sonder owerheidsteun bedryf. Le Cordeur verwyt selektief (dus net van wittes te kant) benadeling waar daar geen benadeling was nie. Word bruin kultuur tans beter deur die ANC-regering ondersteun? As Afrikaans vir Le Cordeur van belang is, het hy beswaar geopper teen die drastiese inkorting sedert 1994 van die staatsubsidie vir bv die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)? Het hy teen die toenemende verengelsing van die Universiteit Stellenbosch, sy huidige werkgewer, beswaar gemaak, of het hy, soos sy held Adam Small, eerder die verengelsingsbeleid van Wim de Villiers openlik ondersteun? Le Cordeur “pleit dat die Afrikaanse media … hul beheptheid met ‘suiwer’ Afrikaans …laat vaar ten einde nasiebou te bevorder.” Wat myns insiens absoluut duidelik is, is dat Le Cordeur ‘n ANC-aktivis asook onmiskenbaar ‘n valse profeet van Afrikaans is.

‘n Kenmerk van Le Cordeur se skrywes is dat hy homself graag tussen sy onderwerp en sy lesers opdring. Le Cordeur antwoord soos volg op die vraag, “Voorsien jy en Wannie ‘n opvolg vir hierdie boek?”: “My eerste impulsiewe antwoord (en ook die antwoord van my vrou) sal wees: Nee, asseblief nie weer so ‘n jaar waar ek dag en nag moes werk om die boek betyds klaar te kry nie. In die proses is heelwat van my ander werk en projekte afgeskeep, wat ek hierdie jaar sal moet inhaal. Hou ook in gedagte dat ‘n omvattende boek soos hierdie (600 bladsye en 36 skrywers) [en Le Cordeur is vier van daardie 36] baie, baie tyd verg en baie duur is. Ek moes self al die fondse werf.* Fondse sou dus ‘n oorweging wees. Vir eers sal ek dus moet fokus op die ander werk op hande, maar ek sluit die moontlikheid van ‘n deel 2 nie uit nie.” Kortom, Le Cordeur is ‘n hoë en baie besige boom.

[* Op LitNet (19 Desember) word genoem dat “die SA Akademie, die Jan Marais Nasionale Fonds [Het Jan Marais Nationale Fonds], die Hiemstra Trust, die SBA [Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans] en die ATKV” hierdie projek (finansieel) ondersteun het. Dit is die enigste plek wat ek kon opspoor waar borge genoem word en wat R250 vir ‘n boek van 600 bladsye skynbaar ‘n billike prys maak. Dit is onverskoonbare redaksionele versuim dat geen erkenning, soos gebruiklik, aan die borge in die boek gegee word nie. Relevante gedagtes is of die borge enigsins tevrede met die hoogs onvolmaakte resultaat kan wees en of hulle ‘n opvolgboek sou ondersteun.]

LitNet 17 Januarie

Michael le Cordeur gesels met Charlyn Dyers oor Kaaps in fokus. Kaaps word bestempel as “die oudste variëteit van Afrikaans.” Volgens Christo van Rensburg is Khoi-Afrikaans en Kaapse Moslemafrikaans die belangrikste subvariëteite van Kaaps. As dosent in linguistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland sê Dyers: “Ek vertaal … van my [Engelse] lesings in beide Kaaps en Standaardafrikaans en my studente reageer baie positief op hierdie vorm van akademiese ondersteuning.” Sy is ten gunste van Kaaps as skoolonderrigmedium. In bruin geledere is daar klaarblyklik niemand wat sterk genoeg oor Afrikaans voel, dus in so ‘n mate moedertaalgetrou is, dat daarop aangedring word dat die UWK weer ‘n Afrikaanstalige universiteit moet word nie; selfs openlike ondersteuning vir ‘n Afrikaanse Universiteit Stellenbosch is by bruines hoogs uitsonderlik.

LitNet 23 Januarie

Charlyn Dyers gesels met Wannie Carstens oor Ons kom van vêr. Volgens Carstens is dit by uitstek ‘n boek “oor [bruin] identiteit en die uitlig van [blankes se] foute van die verlede;” sekerlik nie van die foute van die huidige swart regime nie. Hy noem dit “‘n kragtige boek!” Myns insiens dalk ook, of eerder, ‘n giftige boek. Carstens: “Diegene wat my ken, weet dat ek baie hard werk aan die regstel van die foute van die verlede.” Hy hoop dat sy betrokkenheid by die boek, in die woorde van Nico Koopman, as “herstellende geregtigheid” beskryf kan word.

“My werk was grootliks die regskaaf van die teks” (!). Later verwys hy na sy/hulle (die Carstens/Le Cordeur-span] se “puntenerige skaafwerk.” Carstens het glo “‘n redelik vitterige ingesteldheid oor taal” (!). “Michael het volle vertroue in my gehad om my kundigheid [in] en ervaring oor [van] die redigering van hoofstukke in die boek toe te pas en daardie afdeling is toe aan my oorgelaat.” Daar is besluit “om die hoofstukke wel so te versorg en aan te bied dat dit gehalte verteenwoordig. As span wou ons ‘n goeie produk lewer waarop ons trots is en wat ons weet nie afskeepwerk is nie. Die bydrae wat ons wou lewer, verg respek vir die onderwerp en daarom die eis op [van] gehalte. En daarmee was ek as teksredakteur in my element! En kon ek my rol uitleef.”

Carstens dink sommige van die hoofstukke lewer “stewige” akademiese bydraes “soos ook blyk uit die verskaf van bronne ter stawing van stellings.” Hy is blykbaar heeltemal tevrede met die chaotiese bronverwysings en bibliografiese inskrywings. “Daar was begrip vir die hoek waaruit ek ‘n bydrae gelewer het. En agterna was daar ook dankbaarheid vir my ‘gekarring’ om ‘n goeie produk te lewer. Dus: ek is ongelooflik tevrede met my bydrae tot die totstandkoming van die boek en natuurlik besonder trots op die eindproduk!” Dit lyk asof dit onmoontlik is om ‘n duik in sy ego te maak.

LitNet 30 Januarie

Die vierde en laaste “kettinggesprek” is deur Wannie Carstens met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus gevoer. Die 2012-simposium oor Kaaps waaruit die boek voortgekom het, het beoog om “die waardigheid van Kaaps en sy sprekers” te beklemtoon. In die politiek is die gelykheidsmanie, wat mense betref, veral sedert 1990/94 aan die orde van die dag. Op soortgelyke wyse word deesdae dikwels, selfs by voorkeur, beweer dat alle variëteite van Afrikaans gelyk, oftewel ewegoed, is. Vandaar Hendricks se stelling: “Standaardafrikaans is volwaardige Afrikaans en so ook Kaaps.” “Alle vorme van Afrikaans is vir my ewe reg, ewe mooi.” Dat Kaaps ‘n mengeltaal is wat erg met onnodige Engelse woorde besoedel is en dat daar in die geval van Standaardafrikaans, daarenteen, gepoog word om hom duidelik van Engels te onderskei, word glad nie deur Hendricks in berekening gebring nie. Uit die wesenlike aard van Kaaps as Engelsbesoedelde en Standaardafrikaans as nie-Engelse taal volg dit dat Kaaps en Standaardafrikaans vir sommige doeleindes onmoontlik gelyk, gelykwaardig of ewegoed kan wees, bv as verskansing teen verswelging deur Engels. Dít is die suiwer taalkundige rede waarom dit gewoon dwaas is om die toekoms van Afrikaans aan bruin mense toe te vertrou en Afrikaans op die altaar van Kaaps te plaas. Die toekoms van Afrikaans hang van moedertaalgetroues af; nie van diegene wat hulle etniese hibriditeit as model vir taalhibriditeit voorhou nie.

Hendricks is lid van die SA Akademie se Taalkommissie. Later vanjaar word die 11de uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) gepubliseer. Daarin word weens “regstelling” meer woorde uit die variante van Afrikaans opgeneem. Hendricks klop homself soos volg op die skouer: “Dat die Taalkommissie Kaaps as geldige voedingsbron vir Standaardafrikaans begin erken het, het dalk tog iets met my daarwees te make, maar die Taalkommissielede van die afgelope klompie jare moet as kollektief vir hierdie regstellingsinisiatief geloof word.” Hiermee word die histories onderskeid tussen die AWS as normgewend en die WAT as dokumentering van alle soorte Afrikaans egter verwater.

LitNet 8 Maart

Naas die bekendstelling van Ons kom van vêr in Kaapstad verlede jaar is dit nodig geag om iets soortgelyks ook in Pretoria te doen. Jacques van der Elst het die woord gevoer en LitNet (afdeling Boeke en skrywers) het sy teks op 8 Maart gepubliseer. Van der Elst het hom na sy aftrede as dosent op Potchefstroom in administratiewe hoedanighede by die SA Akademie en die Afrikaanse Taalraad bevind. Hy sing dus nootvas in dieselfde koortjie as bv Wannie Carstens en Michael le Cordeur. “Daar is opgekropte woede oor en soms stille aanvaarding van wat ‘n swart kol in die geskiedenis van die land is – ‘n swart kol wat nog steeds nie uitgewis is nie en wat dalk onuitwisbaar is?” Daar is glo “talle manifestasies van die swart kol.” Slawerny word steeds in bv Amerika en Suid-Afrika misbruik om blankes te veroordeel. Ek vra myself af: Waarom sou verwyte oor rasse-segregasie en apartheid ooit laat vaar word so lank daar mense soos Van der Elst is wat blankes met oorgawe diskrediteer?

Van der Elst praat van “verhale van revolusie, moord, teregstellings, polisiebrutaliteite,” maar hy uiter nie ‘n woord oor bv sabotasie en terrorisme nie. Van der Elst sonder die opgeleide terroris Basil Kivedo vir lof uit, bv “Hy het in Afrikaans ‘n kleefmyn gemonteer en gedetoneer” (485). Sou Van der Elst daardie loflied gesing het as sy vrou en kinders deur daardie einste kleefmyn uitmekaar geskiet is? Sou die skade en seerkry minder gewees het omdat kameraad Kivedo dit in Afrikaans gedoen het? Van der Elst klink soos Gert van der Westhuizen, wat polities byderwets wanpraktyke, bv sportkwotas en inkommers, ten alle koste probeer goedpraat.

Van der Elst glo sonder meer Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel se bewering dat die NG Sendingkerk Afrikaans “gepreserveer” het. As haar hoofstuk (6) krities gelees word, is dit baie duidelik dat die NG Sendingkerk, in sy huidige gedaante as die Verenigende Gereformeerde Kerk, Afrikaans as amptelike kerktaal vir Engels verruil het. Die Ligdraer, sy lyfblad, is in 2001 gestaak. Sedert 2004 verskyn die URCSA News in die plek daarvan. Die Algemene Sinode het “in 2008 besluit dat alle amptelike berigte, hoofartikels, aktuele sake en redaksionele kommentaar voortaan in Engels in die URCSA News gepubliseer behoort te word” (80). “Met inagneming van die multikulturele en multitalige agtergrond van die VGKSA het die Algemene Sinode van die VGKSA [in] 1997 besluit dat die voertaal en skryftaal van die VGKSA op Algemene Sinode-vlak voortaan Engels sou wees … Daarna word Afrikaans slegs gebruik op streeksinodes waar Afrikaans een van die dominante spreektale is … dit wil sê, vier uit die sewe streeksinodes” (89). Kyk hoe die VGK se amptelike dokumente in hierdie eeu van Afrikaans na Engels getransformeer het (91).

By verskeie geleenthede het ek al daarop gewys dat die beoogde samesmelting van die NG Kerk en die VGK tot die einde van Afrikaans as kerktaal kan of sal lei. Met een uitsondering het ek nog nêrens gelees dat die behoud van Afrikaans as ‘n argument teen kerkvereniging gebruik is nie. Onbesonne uitlatings soos dié van Van der Elst bevorder nie die heil van Afrikaans nie. Hoe gouer alle Afrikaners ernstig en eerlik oor hulle situasie en die toekoms van Afrikaans begin besin, hoe beter. Anders word daar in die hande gespeel van iemand soos Nico Koopman. Hy is in sy noppies met die bedenklike situasie waarin Afrikaans hom in die VGK bevind; waar, volgens hom, “ander tale spontane gasvryheid geniet” (Ons kom van vêr, p 548).

LitNet 23 Maart

Wannie Carstens… te loslit om skoene te dra, dus eerder sandale

Op 18 Maart is die boek, Ons kom van vêr, nogmaals bekend gestel, hierdie keer op Wellington, met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument as een van die borge. Een van die doelwitte was om Menseregtedag (21 Maart) te vier. Die twee redakteurs, Wannie Carstens en Michael le Cordeur, was daar, asook agt van die outeurs – almal skynbaar hoogs in hulle skik met die boek. Le Cordeur het ‘n Afrika-hempie (soos die gewoonte by bv Henry Jeffreys is) aangehad om ‘n saak daarvoor te probeer uitmaak dat hy swart is en nie bruin nie. Carstens het ewe loslit in sandale opgedaag; nie velskoene nie, want hy wil nie die indruk wek dat hy ‘n Boer is nie. ‘n Verslag oor die verrigtinge deur Willem de Vries plus talle foto’s van die byeenkoms is op LitNet (Menings, 23 Maart) gepubliseer. Dit was glo ‘n geleentheid om “mekaar [wit en bruin] te help anders maak.” In werklikheid is apartheid en by implikasie blankes, veral Afrikaners, belaglik gemaak. Daar was klaarblyklik geen erkenning vir die positiewe rol wat blankes in Suid-Afrika gespeel het en steeds speel nie.

As gespreksleier het Braam de Vries tereg gesê dat “taal een van die sterkste en blywendste merkers is van identiteit. Ons taal is ‘n manier van wees, van hoe en wat ons is.” Daarna het hy polities byderwets voortgegaan deur te praat van die “soms tragiese, pynlike, hartseer verhaal van die rol van Afrikaans van ver af tot hede.” Oor Jan Rabie het De Vries gesê: “Jan was een van ons grootste taalpatriotte en, daarom [!], een van die kwaaiste teenstanders van apartheid.” Die waarheid is egter dat Afrikaansgetroues voorheen oorwegend in konserwatiewe geledere aangetref is en dit is steeds die geval.

Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel het tereg gesê jou moedertaal “is onlosmaaklik verbonde aan jou identiteitsvorming”. Sy het verwys na die NG Sendingkerk wat in 1924 op hulle sinode gesê het van nou af wil ons graag Afrikaans hê. Sy impliseer dat daardie kerkgenootskap en by implikasie bruines pioniers van Afrikaans was. Wat sy blykbaar doelbewus verswyg het, is dat die opvolger van die NG Sendingkerk, die Verenigende Gereformeerde Kerk, veral sedert 1994 sy rug op Afrikaans gekeer en Engels as amptelike kerktaal omarm het (besonderhede hier bo).

Patrick Mettler het tereg daarop gewys dat bruin mense nie as Afrikaners of as Afrikane aanvaar word nie. Die aangewese uitweg is myns insiens om jou groep se onderskeidende identiteit en dus jou eiesoortige kultuur te aanvaar en uit te bou. Pleks daarvan is Mettler se hoop, hoewel nie sonder vertwyfeling nie, dat al die inwoners bloot mens en Suid-Afrikaner moet wees.

Volgens die oud-skoonheidskoningin (1980), Edwena Goff (voorheen Edwinah le Cordeur), vind ons ons identiteit in taal, maar “wanneer dit kom by my taal, is ek deel van ‘n nie-rassige volk.”

Marlene le Roux beweer “die seer [wat die blankes veroorsaak het] is diep … Ons kan ook nie identiteit en rassisme skei nie … Ons moet begin dink aan ‘n gedeelde identiteit”. Maar identiteit wat die moeite werd is, is myns insiens wesenlik ‘n vorm van ononderhandelbare behoort, dus iets wat nie goedsmoeds verdun kan word om ander te behaag nie.

Herman Bailey het staaltjies ten koste van apartheid en blankes vertel. Hy sê dat daar destyds nie “geld vir studies” vir hom was nie. Tog dank hy die begin van sy loopbaan aan sy opleiding as gesondheidsinspekteur aan die Skiereilandse Technikon. Wie het vir daardie studiegeleentheid betaal? Dalk die “apartheidsregime,” wat in elk geval hierdie technikon opgerig en gesubsidieer het. In sy hoofstuk in die boek kamoefleer Bailey die feit dat sy ANC-gedienstigheid sy hoogs lonende politieke loopbaan moontlik gemaak het; só lonend dat hy op ouderdom 55 kon aftree.

LitNet 23 Maart

Die gerekende akademikus, Gunther Pakendorf, het die eerste volwaardige resensie oor Ons kom van vêr op 23 Maart op LitNet (afdeling Resensies) gepubliseer. Daarmee word die ballon van selftevredenheid oor hierdie bundel die eerste keer geprik. Maar die teks word met dieselfde foto’s van dieselfde oorbeligtes en oorverligtes opgeluister.

Pakendorf begin sy resensie met verwysing na die driedelige boek, Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner, met CM van den Heever en P de V Pienaar as redakteurs, wat in 1945, 1947 en 1950 gepubliseer is. Pakendorf skryf: “Daar is darem ‘n hoekie elk vir ‘die bydrae van die Kaapse Maleier’ en ‘die inboorling en die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuur,’ maar bruin en swart mense word andersins heeltemal geïnoreer.” Pakendorf verwys ook na Sarah Gertrude Millin se valse stelling dat nie-wittes in die apartheidsera “heeltemal oor die hoof gesien is”. Dit is myns insiens verstaanbaar waarom daar in die Van den Heever/Pienaar-boek min oor nie-wittes ingesluit is. Die boek handel oor die Afrikaner en sy kultuur, die “Boere-volkslewe in al sy vertakkinge”, daardie volk en nasie wat ‘n eie taal en lewensbeskouing het, soos in die voorwoord duidelik gemaak word.

Die rede waarom Pakendorf na Van den Heever en Pienaar se boek verwys, is omdat Ons kom van vêr, volgens hom, as ‘n “soort regstellende eggo” beskou kan word. Daarin “verkry die enigsins selfvoldane voorstelling van ‘die Afrikaner’ se prestasies by Van den Heever en Pienaar van destyds ‘n spieëlbeeld”. Myns insiens is ‘n groot verskil tussen die twee bundels egter dat die oorwegend bruin outeurs, anders as wat die destydse blanke outeurs met nie-wittes gedoen het, blankes glad nie “ignoreer” (Pakendorf se woord) nie. In Ons kom van vêr word blankes feitlik deurgaans teen bruines opgestel en openlik of by implikasie afgekam. Die beeld wat Van den Heever en Pienaar van die Afrikaner gepubliseer het, geskied nie ten koste van ander ras- en kultuurgroepe nie. Dít kan glad nie van die Carstens/Le Cordeur-bundel beweer word nie. Daar is deurgaans die opstelling van ek (bruin) en jy (blank, veral Afrikaner), soos Pakendorf duidelik maak met verwysing na Dirk Opperman se gedig oor ‘n gespanne huwelik.

Pakendorf dink Carstens en Le Cordeur het met hierdie boek (glo byna ‘n “lekkerleesboek”) “‘n ryk aar raakgeboor”, maar hy sê nie of dit goud of brak water is nie. Seker eerder laasgenoemde, want hy skryf: “Inderdaad is die bundel egter in sy geheel in sy benadering tot die onderhawige tema [die newetitel van die boek is: ‘Bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans’], net soos die groot gros van sy onderdele, heel eensydig, om nie te sê eendimensioneel nie.” Pakendorf verwag tereg dat “meer genuanseerd” met die onderwerp omgegaan behoort te word omdat ‘n “verteenwoordigende beeld” van die tema nie gebied word nie.

Die “UWK-faktor” is deels vir die eensydigheid in die bundel verantwoordelik. Le Cordeur het studentemaats, mede-UWK-agitators uit die jare sewentig en tagtig, veral teologie- en Afrikaansstudente, om bydraes genader. Die gevolge is “beperkte visie” of “tonnelvisie” en polities linkse “ideologiese homogeniteit.” Die deurlopende verwysings na mense soos Allan Boesak, Jakes Gerwel en Adam Small neig om ‘n soort “ritueel” te word. Byvoorbeeld, “dit gaan hier daaroor dat Small deur hierdie eensydige en dus skewe uitbeelding getipeer word as ‘n ‘bruin’ digter wat uitsluitlik versetpoësie geskryf het”. ‘n Ander ingeboude eensydigheid wat Pakendorf waarneem, is die “streeksgebondenheid” van die bundel. Die teks het by uitstek met die Wes-Kaap te make.

In die nuwe Suid-Afrika is daar allerhande nuwe aansprake op “eienaarskap”, selfs van plase wat eeue gelede nie bestaan het nie en sedertdien in baie gevalle reeds geslagte lank in blankes se besit is. ‘n Onderdeel van hierdie opportunisme is bruines se aanspraak op die uitvinding en eienaarskap van Afrikaans. Met hierdie boek wil bruines “hulle eie kleim op die taalakker afsteek en hulle deel van die eienaarskap opeis”. Vandaar die “oorbeklemtoning van Oosterse, slawe-, Maleise, Khoi-San- en Griekwa-invloede by die ontstaan van die taal en ‘n vernalatiging [! verwaarlosing] van Europese, of van wit, invloede, net soos daar in die bundel in sy geheel eerder eensydig, indien nie eksklusief nie, op ras gefokus word”.

“Dit sou egter die opset én waarde van die boek enorm [!] bestendig en verstewig het indien die perspektief breër en die visie nie so kortsigtig was nie. Sodoende sou die kerngedagtes soos in die ondertitel vervat, heel anders daar uitgesien het, meer genuanseerd en inderdaad inklusief, weg van simpel rasse-etikette en ‘n onverkwiklike wedywering oor wie nou eintlik baas is.” Wat in die bundel gedoen word, is om blankes met beheptheid oor Afrikaanssuiwerheid te etiketteer, terwyl bruines hibriditeit, taalverbastering, ‘n Afrikaans/Engels-mengeltaal, voorstaan. Pakendorf skryf: “Suiwerheid en hibriditeit … is steeds wapens in die stryd om die eienaarskap van Afrikaans.”

Hoe effentjies bruines se historiese houvas op Afrikaans is (in teenstelling met dié van Afrikaners), blyk uit Jerzy Koch (Praag 19.09.2015) se mening dat “indien die Morawiese sendelinge nie Nederlands, later Kaaps-Hollands en Afrikaans, in weerwil van die Britse koloniale beleid van verengelsing, deurgaans as voertaal op die sendingveld aangewend het nie, bruin Suid-Afrikaners vandag almal Engelssprekend sou wees.” “Die spreekwoordelike olifant in die vertrek, by name die Engelse taal en sy invloed, kan haas nie meer misgekyk word nie.” Desnieteenstaande is daar geen woord van kritiek op Engels in die hele bundel nie. Oor die ernstige bedreiging wat Engels, met die ondersteuning van die ANC-regering, vir die toekoms van Afrikaans inhou, word geen kommer uitgespreek nie.

Dit ondersteun die vermoede dat daar by die bruin elite min werklike, diepgaande lojaliteit jeens Afrikaans is. “Die ten dele werklik inspirerende narratief van die bruin gemeenskap se rol op die terrein van die Afrikaanse kultuur en taal wat in hierdie boek ontvou, word erg [!] gerelativeer deur die toenemende rol wat Engels deesdae in die akademie – by uitstek by die UWK! – die kerk, skole en in die werksplek en elders speel … Die bruin middelklas, so trots Afrikaans, stuur sy kinders meesal na Engelse skole.” Met ander woorde, hier is daar ongetwyfeld heelwat meer as net ‘n tikkie valsheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    Ek gaan bietjie politiek nou gesels.

    Suidpunt het ‘n probleem met die woord “regs”, soos waninterpreteer deur Naspers en kie en aan PRAAG toegeskryf, want ek het onlangs ‘n toets gedoen by http://politicalcompass.org/ . “Regs” word hier beskou as diegene wat onbekeerlik ‘n vryemarkekonomie voorstaan. Globalisme. Transnasionalisme. Tannie Thatcher. Hulle staan bekend as neo-liberaliste. Darwinisties gesproke seëvier die sterkere bo die ander. Hilary Clinton se party staan niks van globalisme teen nie (goedkoop arbeid). En Trump se party fokus hoofsaaklik weer wat goed vir Amerika is. Dit het niks met nasionalisme te doen nie. Dit het alles te make met HANDELSVRYHEID. G.E.L.D. MAMMON. Of jy verkoop jou siel aan geld, soos die Neo-liberaliste, of jy verkoop jou siel aan “God die Staat” – soos by die kommuniste. Links is dus NIE Liberaal nie! Al twee is teenpole van mekaar. Die eintlike mense wat “regs” is, is NASPERS.

    Wat is PRAAG dan? Ons is nie links (kommunisties en sosialisties) nie, maar ons wil ook nie ‘n empiriale kultuur van transnasionaliste hier hê wat ons uitbuit en ander klein maatskappye kom sink nie. Die lesers hier by Praag is libertyne of fasciste. Volgens my toets wat ek afgelê het, is ek wat ekonomiese standpunte betref ‘n gematigde Fascis, wat glo die staat kan, mits dit reg bestuur word, wondere verrig. En ek is trots daarop. Ander wil juis géén inmenging van die staat of gesag meer bo hulle koppe hê nie, en hul eie kop volg – soos Jaco Steyn – hulle is hardgebakte Libertyne. Dit is hulle keuse.

    Wat Kaaps betref: dit gaan my nie help om Duitse, Deense en Nederlandse tekste en tegniese begrippe vertaal te kry nie. Dit maak nie ‘n groter wêreld van 81 miljoen Duitssprekendes, 21 miljoen Hollanders en 6 miljoen Dene en al hul wetenskaplike werke oop nie. Onlangs het ek ‘n toets by transparent.com gedoen in Duits. Ek was goor met die grammatikadeel, maar het byna volpunte vir die moeilikste deel gekry, naamlik die begripstoets, bloot omdat ek Afrikaans is. Met die suiwer Afrikaans wat ek ken, wat sterk steun op Hollands en Duits, is hierdie buitelandse tekste in “volksvreemde tale” vir my bykans sonder moeite toeganklik.

    Ek wil juis by u hoor: ek beplan om “Ons gaan ‘n taal maak” deur J.C. Steyn te koop, maar weet nie of dit die geld werd is nie. Ek gee nie om hoe dit gedruk is nie – daarvoor kan ek op my bed op my maag lê en lees. U het laas die eerste paar hoofstukke bespreek. Het u daaraan al verder gelees? Wat is u mening?

  • leonlemmer

    Nadat ek die bostaande teks na Praag gestuur het, het Michael le Cordeur oor ‘n opvoering van ‘n Adam Small-drama by die Woordfees op LitNet (24 Maart) geskryf. Weer word Small as ‘n “struggledigter” geetiketteer. Weer moet die leser ook van die persoon Le Cordeur kennis neem. Hy het by die vorige opvoering glo by die “ikoon” Adam en sy vrou gesit.

    • sussie se vissie

      U weet mnr Lemmer…daar’s mense wat glo dat om jou voortande te pluk en haasbêk deur die lewe te gaan – is vir hul ‘mooi’.
      As Hendricks dus aan Wannie Sandaalvoet verklaar dat “alle vorme van Afrikaans is ( vir hom ) ewe reg en mooi”, sal ek my hierdie dinge minder persoonlik aantrek.
      Geyk soos dit is, moet n man maar partymaal vat van wie dit kom!?
      Oor die verstommende ‘mooiheid’ van als….kan ons later in die kleedkamer oor proes*.

      * U al tandloos probeer om jou ‘mooiste’ Afrikaanse gedigte aan n gehoor voor te lees wat woorde soos ‘siesa!/pajamas/po*pol en asseblief’ – bevat?

  • Antonie Geyser

    die bruines op radiobruinmense se altyd as hulle geleentheid kry om te praat :ons het afrikaans begin, (seker toe jan en sy mense in die aand kom kuier het), ‘sweet my bra’, ‘ons gan sheeaside toe’, -‘Kkapse valaKkte’. Hulle baklei nie vir afrikaans in universiteite nie, dit ‘mak -ie saKk -ie’

  • Djy wiet mos, innie Kaap ka onse mense nog slaap! Die akademiese vlak van hierdie aangeleentheid is bo my vuurmaakplek, veral omdat ek so moes sukkel om weer Afrikaans te leer praat na jare se Royal Navy tadisies en Engels in Afrika. Klink my die probleem is moontlik nie soveel by die Kaaps as by die liberale instansies nie. Dis die lekker ding van kwansuis liberaal en seisoenaal “in” wees, – dit verg bitter min verstand, dis so uit eie redenasie, dis nie volhoubaar nie en dan gaan die volgende generasie weer in ‘n ander “liberale” rigting.

  • leonlemmer

    Die Afrikaanse Taalraad is deur mense soos Wannie Carstens (die eerste voorsitter) en Michael le Cordeur (die tweede voorsitter) beïnvloed om nie net eerder die mengeltaal Kaaps (geassosieer met bruin mense) pleks van Standaardafrikaans (geassosieer met wit mense) te bevorder nie, maar ook om nooit enige veldtog ten gunste van suiwer(der) Afrikaans te voer nie. Vir die voortbestaan van Afrikaans is dit myns insiens absoluut noodsaaklik dat Afrikaans so duidelik moontlik onderskeibaar van Engels moet wees en bly. Weens sy skewe, polities byderwetse invalshoek misluk die Afrikaanse Taalraad skouspelagtig daarin om die heil van volhoubare Afrikaans te bevorder.

    Ek lees juis vandag oor die stryd wat gevoer is om Afrikaans naas Engels as radio-uitsaaimedium op die enkele destydse bestaande kanaal te vestig. Die teenstanders van Afrikaans het aangevoer dat twee uitsaaitale op een kanaal tot die vermenging van Afrikaans en Engels sou lei. Daar is soos volg met hierdie mengeltaal gespot:

    “The Broadsaai Conforasie nightelik gives my bewerasie with sy program of tweelingual entertainhede. Night merries assail my rest met giant tweelingual stemme attemptende to bereik my bewusiousness soos a dwarsfire van machine-gewere. Night en day het become onverdraagable and Ek have vernieted my wireloos set” (Hélène Opperman Lewis, Apartheid: Britain’s bastard child, Wandsbeck: Reach Publishers, 2016, 772p; Amazon Kindle $15,96, 9223).

    Die vraag wat ek in die midde lê, is: Het die Afrikaanse Taalraad enige beswaar teen hierdie taalvermenging of neem hy ter wille van die vrede, oftewel versoening, daarmee genoeë?

    • Rooikop

      “Het die Afrikaanse Taalraad enige beswaar teen hierdie taalvermenging of neem hy ter wille van die vrede, oftewel versoening, daarmee genoeë?” Nee, hulle a) Gee nie ‘n Mo3r om nie, b) Dis eintlike die Afrikaanste Taalvernietigingsraad.

  • Antonie Geyser

    Dit is nie ‘n tikkie valsheid’ nie, dit is n aanval, gedryf deur haat wat hulle ontwikkel het teenoor afrikaners omdat ons nie hulle ‘ge-ag’ en saam met ons in die ‘kudde’ toegelaat het nie, en hulle het net nou by diegene aangesluit wat die afrikaner wil verneder, van alle mag wil ontneem op alle vlakke van die samelewing; nou gebruik hulle net hul ‘taal’ en boeke, almal moet ‘ sieke nou al tie boeke koep, die bs. glo’,

  • Wyle Chris Louw, wat via die SAUK die grootste gros van die “bruin elite” ontmoet het, het vele kere teenoor my opgemerk dat hulle deur die bank hul kinders “Engels grootgemaak het”. Ek dink nie daar is ‘n enkele elite-bruine wat al ooit sy of haar kind na ‘n Afrikaanse skool gestuur het nie.

    Die hele bruin problematiek rondom Afrikaans is vals, en word aan ons opgedring om enige vordering in die taaldebate te kortwiek. Juis daarom is Leon Lemmer se bogaande ontleding so nodig en ter sake.

    In elk geval, die gedagte dat Afrikaans ‘n “Khoi-San”-taal sou wees, is so belaglik dat geen semi-intelligente mens dit ernstig sou kon opneem nie.

    • sussie se vissie

      …..ja Dok, en ook al vele kere gehoor ‘jy kan nie oorlog-toe gaan met n sekere nasie nie’.
      En dai’s nou ma tru as Bob.

  • Suidpunt

    Herformuleer my vorige plasing: Hoe meer ons wegbeweeg van Standaardafrikaans, hoe moeiliker gaan dit vir ons wees om ander Kontinentaalgermaanse tale soos Nederlands en Duits en selfs Deens baas te raak.

    Vergelyk die volgende:

    I am eating. – Jeg sidder og spiser. – Ek sit en eet.

    He is talking with her now. – Han står og taler med hende nu. – Hy staan en praat met haar.

    Are you sleeping? – Sidder du og sover? – Sit en slaap jy? (In ‘n klaskameropset)

    In die meeste gevalle kon die Engelse en Amerikaners glad nie laasgenoemde snap nie. Waarom nie “lê” en slaap nie. Wat probeer ek bewys? Deens het nie die “-ing” soos in Engels nie, en moes, net soos Afrikaans, ander maniere gesoek het om die teenwoordige tyd aan te dui. Ek glo vas Nederduits moes hier ‘n gemeenskaplike rol gespeel het. Ander kere kry jy duidelik die “Nederlandse” metode:

    I am eating. – Jeg ‘er ved at’ spise. – Ik ‘ben aan het’ eten. – Ek ‘is aan die’ eet (meer formeel, hoewel ons “Ek eet nou” verkies).

    Afrikaans is suiwer Europees. Kom wat wil.

  • Anton Schutte

    die “Kaaps” geelbek prenjie vooraan verneetwoordig alles wat ek ag as anti-Afrikaans. Die afstootlike gedrag en spraak van jong mense, wie se broeke half mas le, wie meer met hulle fingers as met hul monde praat, wat desperaat streef na Amerikaanse en ander kultuur uitdrukking…As voorbeeld, onder die laer strata van die gepeupel is dit nogal gesog om deel van die “ugly Americans gang” te wees..En dis ook nie per toeval dat “Rap-music” en “Crap-music” rym nie.