Die Internasionale Rwandese Misdaadhof probeer nou al jare lank om ’n klompie sleutelfigure in die volksmoord van 1994 aan te keer. Die hof is in 1995 in Tanzanië op die been gebring deur die Verenigde Nasies (VN) om diegene wat verantwoordelik was vir die volksmoord vir hul dade te laat boet. Amper ’n miljoen mense is dood in die konflik tussen Hutu’s en Tutsi’s wat Rwanda oor ’n tydperk van 100 dae in 1994 geteister het.
Die swart diamante se fenomenale opkoms
Die jongste verslag van die All Media Products Survey (Amps) toon dat Suid-Afrikaners se inkomste oor die afgelope sewe jaar meer as verdubbel het. Swart verbruikers beskik nou oor 46,5% van verbruikerspotensiaal, in vergelyking met 40,4% vir blankes. Hierdie syfer gaan na verwagting oor die volgende vyf jaar verder styg.
Mbeki is ?bereid tot 3de termyn?
Die ANC-president, Thabo Mbeki, het so pas gister sy bereidheid om as derde termyn as dié party se leier aan te bly oor die SAUK-radio herhaal.
ANC-takke het begin met die proses om kandidate vir partypresident te benoem in aanloop tot die partykonferensie in Desember waar ’n nuwe leier gekies sal word. Die leierskapstryd het reeds verskeie binnegevegte in die party tot gevolg gehad en daar heers interne verdeeldheid as gevolg daarvan.
Wie ook al as die ANC-leiers verkies word, sal ook waarskynlik Suid-Afrika se nuwe president word.
Skaamtelose sokkerbase
Die Premier Soccer League (PSL) het R70 miljoen opsy gesit as “’n teken van dankbaarheid” vir hulle onderhandelaars se aandeel in die verkryging van borgskappe. Irvin Khoza, voorsitter van die PSL, het die nuus gister aangekondig. Volgens hom sal die bedrag “proporsioneel verdeel word tussen lede van die onderhandelingspan en ander rolspelers.”Ha?ti was MIV-poort tot VSA
Gekwalifiseerdes verlaat Afrika
Minder as 10% van geneeshere wat sedert onafhanklikheid in 1964 in Zambië opgelei is, is nog in daardie land werksaam. Die orige 90% het geëmigreer, hoofsaaklik na Europa en die VSA. In Chicago is daar tans meer dokters wat in Sierra Leone gestudeer het, as in daardie Afrikaland. Daar is ook meer dokters van Benin in Frankryk werksaam as in die hele gesondheidstelsel van Benin.
Hierdie mediese voorbeelde dui maar op een faset van die vaardighede wat die Afrika-vasteland verloor. Daar word gereken dat ’n derde van Afrika se universiteitshulpbronne bestee word aan die opleiding van mense wat daarna na die Weste uitwyk. Hierdie probleme is verlede week in Tripoli bespreek tydens die byeenkoms van die Afrika-universiteitevereniging. Sowat 150 afgevaardigdes van regoor die vasteland het die vergadering bygewoon. Die tema van die byeenkoms was “Die Afrika-brein-kwyn: hoe om dit te bestuur – samewerking met die diaspora.”
Zille vra vir meeluisterbande
Die Kaapse burgemeester, Helen Zille, het die polisie versoek om na die meesluisterbande betreffende die stad se “spioenasie”-skandaal te luister.
Sy het Maandag dié versoek in ’n brief gerig aan die provinsiale kommissaris Mzwandile Petros nadat die polisie die bande aan joernaliste teruggespeel het.
Sy het in ’n verklaring gesê dat Petros die bande aan die Weskaapse premier, Ebrahim Rasool en die leier van die Onafhanklike Demokratie, Patricia de Lille, “voorgelê” het.
Egypt launches nuclear program
President Hosni Mubarak said that Egypt is to build several nuclear power stations, relaunching a nuclear program frozen more than 20 years ago. Mubarak said a decree would be issued in a few days’ time to establish a higher council for the peaceful use of nuclear energy, the official MENA news agency reported. Mubarak said
British minister detained
Britain’s first Muslim Minister has decribed his disappointment after he was detained at a US airport, where his hand luggage was analysed for traces of explosive materials. Shahid Malik, MP for Dewsbury and International Development Minister, was returning to Heathrow after a series of meetings and talks on tackling terrorism, when he was stopped at
Czech landreform revisited
During the enforced nationalisation of the hard-line 1950s, one class who came in for particular persecution were the ‘kulaks’ or wealthier, propertied farmers. As part of their efforts to destroy them, the Communists are believed to have displaced over 4,000 such farming families. Now – a full 50 or more years later – there are
