Afriforum kanselleer fees glo weens ‘regses’

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Woensdagoggend aangekondig dat hulle nie dié jaar die gratis AfriForum-fees by die Voortrekkermonument gaan aanbied nie. Kallie Kriel, hoof uitvoerende beampte van AfriForum, het aan Centurion Rekord bevestig dat die konsert na agt jaar gekanselleer is. Die gratis fees, wat die afgelope agt jaar mense van regoor Pretoria getrek het, het

Lees verder: Afriforum kanselleer fees glo weens ‘regses’

Bangkok-bomaanvaller geïdentifiseer

Thailand se junta-hoof het verklaar dat die owerhede op soek is na ’n verdagte wat op CCTV-beeldmateriaal geïdentifiseer is, het AFP berig. Hy is naby die toneel van Maandag se bomontplof­fing in Bangkok opgemerk wat die lewe van minstens 20 mense geëis het en meer as 100 mense beseer het. Premier Prayut Chan-O-Cha het gesê

Lees verder: Bangkok-bomaanvaller geïdentifiseer

Palestyn geskiet na mesaanval

’n Palestynse man is Maandag deur die Israeliese polisie doodgeskiet nadat hy een van hul makkers by ’n militêre deursoekingspunt in die besette Wes-Oewergebied met ’n mes aangeval het, het Reuters berig. Die voorval volg twee dae nadat nóg ’n Palestynse man doodgeskiet en ’n ander gewond is nadat hulle volgens Israeliese owerhede mesaanvalle op

Lees verder: Palestyn geskiet na mesaanval

Vrae na skokdood in privaathospitaal

’n Centurion-gesin het geweet dat hul pa se lewenslyn nie lank is nie, maar dat hy aan septiese skok dood is – en dit in ’n privaathospitaal – is vir hulle ’n bietjie dik vir ’n daalder. Daarom het Dalene Johannsen van Zwartkop, Centurion dié week besluit om ’n klag van nalatigheid teen die Unitas-hospitaal

Lees verder: Vrae na skokdood in privaathospitaal

Teoloë byeen om Kairos-dokument te herdenk

Verskeie plaaslike teoloë en teoloë uit onder meer Noorweë, Zambië en Latyns-Amerika het in Soweto byeengekom om die verskyning van die Kairos-dokument dertig jaar gelede te herdenk. Dié byeenkoms kom te midde van ‘n wêreldwye Christelike beweging teen Israel se hantering van die Palestynese kwessie en ‘n soortgelyke dokument ter ondersteuning van Palestina. Verlede jaar,

Lees verder: Teoloë byeen om Kairos-dokument te herdenk

Meer as 100 beseer toe Shosholoza ontspoor

Meer as 100 mense is glo beseer toe ‘n trein in die vroeë oggendure gedeeltelik ontspoor het buite Kimberley in die Noord-Kaap, het IOL berig. Die Shosholoza-passasierstrein van Johannesburg na Kaapstad het vroeg Woensdagoggend buite Kimberley ontspoor. Die trein is blykbaar deur een van die nuwe Afro-4000 lokomotiewe getrek. Die woordvoerder van ER-24, Werner Vermaak.

Lees verder: Meer as 100 beseer toe Shosholoza ontspoor

Vliegongeluk by Meksikaanse grens eis vier

Vier mense is in ‘n vliegtuigongeluk Sondag dood toe twee klein vliegtuie in suidelike Kalifornië in Amerika naby die Meksikaanse grens gebots het. Een van die vliegtuie is ‘n twee-motorige Sabreliner en die ander een ‘n enkel-motorige Cessna 172, het AFP berig. Die ongeluk het naby die Brown Field-lughawe in San Diego gebeur, het die

Lees verder: Vliegongeluk by Meksikaanse grens eis vier

Wrakstukke van Indoniese vliegtuig opgemerk

Wrakstukke is Maandag vanuit ’n Indonesiese soek- en reddingsvliegtuig in die Papoea-provinsie opgemerk wat vermoedelik dié is van ’n vliegtuig met 54 mense aan boord wat vroeër neergestort het, het Reuters berig. Trigana Air Service se ATR 42-300-vliegtuig het Sondag vermis geraak. Dit is die jongste in ’n reeks lugrampe in Suidoos-Asië. Yunus Wally, die

Lees verder: Wrakstukke van Indoniese vliegtuig opgemerk

Namibiese president lê klem op SAOG se kragvoorsiening

President Hage Geingob het by sy intreetoespraak by die SAOG-spitsberaad in Gaborone gesê die armes kan nie natuurlike hulpbronne, demokrasie of grondwette eet nie. “Ons mense kan nie natuurlike hulpbronne eet nie. Ons mense kan nie demokrasie eet nie. Ons mense kan nie goeie grondwette eet nie. Demokrasie is egter die voorwaarde om in ons

Lees verder: Namibiese president lê klem op SAOG se kragvoorsiening

Buitelandse student by kultuurfees gesteek

’n Buitelandse student by die Universiteit van Namibië (Unam) is Vrydag in ‘n parkeerarea op die hoofkampus in Windhoek met ’n skerp voorwerp gesteek. Die student is ’n Zambiese burger en die onder­onsie was oor ’n selfoon. Die student verkeer tans in ‘n stabiele toestand. Uman se woordvoerder het ontken dat die voorval enigiets met

Lees verder: Buitelandse student by kultuurfees gesteek